Laagskiet met silencer

User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: Laagskiet met silencer

Post by Jagtersdok »

Eks bly ek kon jou dryf om weer daai wiskundige breinselle van jou se roes af te stof FM hehehehe

Nee wat dit is net great om te weet ons kan almal met mekaar ding deel en sodoende elkeen se vernuf, kennis en resultate te bevorder
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
theterminator

Re: Laagskiet met silencer

Post by theterminator »

manne

gaan kyk na die volgende artikel  "A Look at the Rigidity of Benchrest Barrels"  op Lilja Precision Rifle barrels se website dan sal almal verstaan dat die loop wel buig en dat dit al buig voordat 'n kd opgesit is
hulle verduidelik alles en die formules hoe om dit uit te werk daar
die antwoorde wat ons medelede hier skryf gaan die mense net nog meer deurmekaar maak
as julle iets oor knaldempers wil weet vra my ek het al meer as vyf gemaak
die harmonieks verander maar 95%  van gewere met kd's op skiet beter na die kd opgesit is
dit gaan die meeste van die tyd oor die "nut behind the bolt"

groetnis
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: Laagskiet met silencer

Post by Jagtersdok »

Terminator

Wat in daai artikel staan glo ek is iets wat meeste van ons al geweet het. Soos dit baie duidelik s? heel ann die begin sommer is dat die vertikale wip direk in verhouding is tot die gewig van die loop. Almal weet dat 'n stywer of bullbarrel beter skiet, maar dit goon nie oor die loop buig nie, dit gaan oor die vibrasie wat baie minder is so jou muzzle deflection is baie minder met 'n meer stabiele harmonics in die loop. N?rens in die hele artikel is daar ges? dat die loop buig nie, dit praat van deflection wat veroorsaak word deur die krag van die "ontploffing", dryf en druk agter die projektiel terwyl in die loop. Soos ek ges? het oplyning en konsentrisisteit is die mees belangrike aspekte van akuraadheid.
Hierdie qoute uit die artikel.
"Hanging 15 pounds of barrel from a short receiver thread shank is a good way to stretch threads and mess up a conventional bedding job too. " Dit wys juis die buig ,as daar is, is nie genoeg nie en daar neuk jy die skroefdraad op by die aksie.

Hy praat herhaaldelik van die gewig, lengte, diameter, krag verhouding
Soos ek ges? het, die verplasing van gewig oor die spulpunt, center of gravity.
"Another advantage to the short barrels is the relocation of the center of gravity towards the shooter. In my opinion a muzzle heavy rifle is hard to control on the sand bags and may cause some vertical stringing in a group."

Laastens, die deflection waarvan hy praat  isn nie genoeg om 3 of 10 duim laer te skiet nie, sou dit dan nou die buig wees, wat dit nie is nie.

So verskoon maar as ek jou nie gaan raad vra oor knaldempers nie, want die informasie wat jy hier probeer aanhaal het niks te doen met dat die loop buig agv 'n knaldemper en daaroor laer skiet nie, maar dit gaan oor die stiffnes van die loop en die totale vibrasie. In teen deel wys dit dat die gewig die gootste rol speel saam met diameter selfs al kom dit by rigidity

" Fluting a barrel removes weight, up to one pound or so depending on flute size. It also lowers a barrel's moment of inertia value but not by very much. Some have the mistaken idea that fluting alone increases the stiffness of a barrel. This is not true. The fluted barrel of a given weight and length will be stiffer than an unfluted barrel of the same weight. The fluted barrel will not be stiffer than the same taper and length barrel that is not fluted though. "
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
DSBW
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 344
Joined: Wed Aug 19, 2009 7:56 pm

Re: Laagskiet met silencer

Post by DSBW »

Jagtersdok

Stem heelhartig saam met jou, kon ook nerens in die artikel verwysing na die buig van 'n loop vind nie. As ons dan nou moet artikels aanhaal, daar is 'n baie goeie "reference work" beskikbaar, geskryf deur Robert Rinker, die naam is "understanding firearm ballistics", volledig, tegnies, verstaanbaar en gesaghebbend geskryf.

DIe punt is, as "silencers" in watter formaat ookal die loop sou buig, sou akkuraat skiet eenvoudig nie moontlik gewees het nie, met enige loop, ek praat nie eers van die dun standaard jag lope nie. Die volledige verduideliking oor "barrel harmonics" is tegnies, en onderwerp aan interpretasie, feit bly, dit is resonansie van metaal wat resultate met of sonder knaldempers beinvloed, en nie die buig van die loop nie, daar is oorgenoeg tegniese artikels (onder andere die artikel onder bespreking) wat dit bevestig.

Ek dink 'n ou moet maar navorsing doen oor die goete, soos Francois gedoen het, as jy dit regtig wil of moet verstaan.

Dawie
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: Laagskiet met silencer

Post by Monrique (SJ) »

theterminnator

Hoeveel KD het jy al altesaam gemaak, (presies) ? Weet jy hoeveel is n micron? Gaan google nog n paar sites en kom vertel ons weer asb. met inligting wat lig op die onderwerp kan plaas en wat sin maak. n Vertalende woordeboek sal dalk help vir die brits.

Groetnis

SJ
theterminator

Re: Laagskiet met silencer

Post by theterminator »

wat beteken defleksie?
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Laagskiet met silencer

Post by JACQUES BOTHA »

Terminator .
Ja ek sukkel ook met disleksie....
Manne as julle nie krom lope wil he nie  halveer jou loop dan het jy n 2 keer sterker en reguiter loop as voorheen..
Dit beteken hoe korter jou loop hoe meer reguit is hy of hoe.....

Manne ons krap in ons neuse, die tegniese dinge maak sin vir almal en meer sin vir die wetenskaplikes..
vir die manne wat al duisende skote deur n silincer gejaag het...Maak dit saak of die loop krom of reguit is, solank hy reguit skiet, Ek vat enige krom loop wat reguit skiet .....en sit n silincrer daarop ...hoekom..Want dis hoe ek dit wil he...en ek dit geniet....
Raak ons nie te Tegnies nie....
Hoeveel revs oet n projektiel loop om op sy beste te perform of hoeveel revs hol hy oor hy uit sy jacket uit hol??????????????????

groete
JB
Shoot straight and tell the truth!
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: Laagskiet met silencer

Post by Jagtersdok »

JB

Dit is so dat al wat eintlik saak maak is dat die geweer reguit skiet, tog is die vraag gevra en die regte antwoord gegee.
Iemand het eendag ges? mens moet mooi dink voor jy 'n uitlating maak want dit kan katastrofiese gevolge h?. En wat mmy nogals dwars in die krop steek as jy 'n man probeer help om sy vraag te beantwoord met defnitiewe feite en en 'n ander man kom met irrelevante informasie wat geen betrekking het op die gestelde probleem of een van die ander vrae nie, homself afmaak as die enigste bron van inligting en dan is hy boonop nog verkeerd ook nie.

Defleksie is die afwyking vanaf die normale statiese punt, of baan of die normaal.

Die defleksie wat in die artikel beskryf word is die maksimum afwyking vanaf die normaal, wat te wee gebring word deur die krag van die ontbranding en druk en in ossilasie/frekwensie/harmonics/vibrasie/wip uitgedruk word. Dit word beinvloed deur die rigidity/hardheid/styfheid/digdheid/van die staal hoe veel of min ossilasie sal plaas vind in ALLE rigtings.

Die defleksie wat hier van gepraat word is nie die statiese variansie wat gebeur sou jy ;n eksterne krag op 'n buigbare item sit en tot 'n volgende statiese KONSTANTE bring nie

Maar ek is nou klaar gesels oor die topic ek het die feite geplaas en hoop daqt die gene wat na die antwoord gesoek het gerusdheid oor die saak gekry het
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: Laagskiet met silencer

Post by Piet Breedt »

My .22 250 is baie akkuraat, maar vandat ek n KD opgesit het, is hy nog meer akkuraat.

Hier is 4 skote wat ek geskiet het om te sien of alles reg is voor ek verlede Vrydagaand gaan jakkalse en Ystervarke skiet het.

Die 2 skote omring met swart was geskiet op 200m, en die ander 2 op 350m. Die plakkertjie is 32mm in deersnee.

Image
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: Laagskiet met silencer

Post by Monrique (SJ) »

Theterminator.

Mens kan nie n vraag met n vraag antwoord nie. As jy weet van KD's af sal jy nie sulke onwaar stellings maak nie, en soos jy beweer en ek haal aan "as julle iets oor knaldempers wil weet vra my ek het al meer as vyf gemaak" stel ek glad nie belang om een van die KD's te wil he wat jy gemaak het nie.  :o :o

Ek het probeer om iemand te help met raad wat gevrais en hy kan self besluit op dit wat gese is wat die meeste sin maak en ook bietjie logies is en tot n slotsom kom.

Groetnis
SJ
Danie Lombard .243

Re: Laagskiet met silencer

Post by Danie Lombard .243 »

Goeie genade, wat 'n topic.

Buig 'n loop, ja of nee.

My ondervinding. Ons moet eers loer van watter staal lope gemaak word. Spring loaded steel of memory steel soos die ystermanne hom noem. Iets soos bv EN 28 B en EN 32 B graad staal. Hoe koolstof staal. Sal eendag as ek lus het vir baie tik die koolstof teorie vertel. Dit is dieselfde tipe staal wat jy in 'n ewenaar/diff sal vind by die sy aste/side shafts. Die staal kan die funksie verrig soos by torsion bars, soos by vere. Dit kan twist en flex en na die spanning voltooi is weer terugkeer na sy normale posisie. VAndaar die naam Memory steel. Buig die loop dan as die patroon deur die loop beweeg, as jy die loop beskou vanaf 'n kant aansig? Nee, nie so 'n buig nie.
Dit werk so. Dink jul nie dat die partoon wat deur die loop beweeg spin nie, en teen 'n paar duisend revolusies per sekonde. Daai patroon word gedwing om te spin d.m.v. die groefdraai. As die patroon so gedwing word om te spin is daar 'n neiging om die loop te laat wil saam spin, maar dit kan nie. Ons weet tog hoekom. Dit word vasgehou deur die aksie. Wat moet die loop nou doen om te kopenseer? Dit moet "flex" of wring. Nie buig nie. Van die kant gesien buig 'n loop nie. Maar van voor gesien, koes net vir die patroon, flex die loop. Hy twist.Hy trek torque soos by die vliegwiel van 'n enjin. Rev di eenjin op en die enjin kantel eenkant toe in die rubber mountings, en waneer die vliegwiel ophou om te versnel en 'n eenvorimige soep hadhaaf stabiliseer die enjin homself weer in die rubber mountings en die enjin le weer gelyk. Dit is tog ook 'n feit dat 'n loop homself altyd mooi stewig vasdraai/vashou in die aksie se thread met elke skoot. Dink so daaroor. Verander die rigting van 'n geweer se groefdraai maar nie die thread rigting van die aksie nie. Dus die deel waarin die loop vas skroef in die aksie in. Wat gaan gebeur? Na 'n klomp skote sal die loop homself los draai. Vars moeilikheid. Sit 'n gewig voor aan die loop en jy steur nou die aanvanlikie flex van die loop. Die normale beweging van die loop word nou gehinder deur 'n medium wat die aanvanklike lengte en gewig van die loop se flex/twist verander.

Feit. Skote val laer op die teiken na die opsit van 'n KD.

Gaan loer in die Somchem herlaai data boek na die skets oor hoe 'n loop flex/twist. Hul wys hom mooi daar.

Dink ook so daaroor. As 'n loop nie kon flex en beweeg het nie, sou ons nie kon skiet nie. Gewone staal wat nie kan flex nie sal in jou gesig bars en kraak sou jy die skoot aftrek onder die geweldige drukking en spanning wat deur die ontbrandende gasse en spin krag, gyroscopic force,  van die patroon gemaak word.

Sjoe, alweer 'n kort verhaal.

En ek is ook oop vir komentaar en hulp en raad, sou jul dink en tikkerasie bollie.

Vriend van my het vir Denel Krygkor gewerk, ek sal hom bietjie meer raad vra oor die metaal van die roere. Sal my metalurg oom ook vra vir hulp en raad.

Gaan my kort loop .308 20" lank met 22mm deursnee by die kroon toets hof hy ook laagskiet met die KD. Sal laat weet.
Soet wees

Danie
Last edited by Danie Lombard .243 on Thu Jul 08, 2010 8:35 am, edited 1 time in total.
User avatar
KSV
Hero Member
Hero Member
Posts: 1386
Joined: Wed Nov 25, 2009 11:02 am

Re: Laagskiet met silencer

Post by KSV »

Hier is 'n link na so 'n clip soos verduidelik deur Varmintall.

http://www.varmintal.com/amode.htm

Dis wat hy gedoen het voor hy afgtree het.

Before retiring in 1990, I worked at the Lawrence Livermore National Lab for 30 years. The last few years I was the Advanced Engineering Analysis Group Leader in Weapons Engineering Division. We analyzed very complex structures. Physics developed the concepts and engineering made them deliverable. It was a great job and it was rewarding to help win the Cold War.

Dan nog net 'n interesante stukkie op sy wepblad.

http://www.varmintal.com/aengr.htm

Groete
Hein
Last edited by KSV on Thu Jul 08, 2010 8:41 am, edited 1 time in total.
Mooiloop!
Hein van Kathu
[glow]Kalahari Sands Varminting[/glow]
Danie Lombard .243

Re: Laagskiet met silencer

Post by Danie Lombard .243 »

BAK GAT Kalahari sand jakkie jagter!! :D

Jou link wat jy gekry het wys dit mooi.

Manne,  'n loop buig.

Dankie Kalahari.
User avatar
KSV
Hero Member
Hero Member
Posts: 1386
Joined: Wed Nov 25, 2009 11:02 am

Re: Laagskiet met silencer

Post by KSV »

Danie,

Ek het dit so twee jaar terug al gesien en vanoggend na jou post, onthou daarvan.

Kalahari Groete
Hein
Mooiloop!
Hein van Kathu
[glow]Kalahari Sands Varminting[/glow]
User avatar
Wismit
Hero Member
Hero Member
Posts: 576
Joined: Wed Jun 09, 2010 1:47 pm

Re: Laagskiet met silencer

Post by Wismit »

Ek wil ook graag weet: "so what" of die loop nou buig, wring, draai of spring.

Al die inligting is baie interresant maar vir my irrelevant.

Solank my 30-06 en 308 skiet waar hulle moet, is die saak reg!!
.22 Barretta
7.65 Tangfolio
9mm STAR
12Br Mossberg
.22 CZ
.303 Lee Enfield
.308 Howa
30-06 Musgrave
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: Laagskiet met silencer

Post by Freek »

HOOR,HOOR! :) 
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
Danie Lombard .243

Re: Laagskiet met silencer

Post by Danie Lombard .243 »

Nou ja, goeie topic inderdaad.

Majuba, Freek, Wismit en ander.

As ons na normale jag en selfs ongedierte jag kyk is jul stellings waar, juis en korrek. Die standaard om jaggeweer se vermoe om akkuraat te skiet staan bekend as "1MOA on 100yds". 1 duim groepeering op 100 yards, 2" op 200yards ens. ens. So what as die loop buig, dat hy maak wat hy wil

MAAR?

as ons na kompitisie skiet kyk is loop buig, wip, flex en al die tegniese dinge wat irrelevant is by jag BAIE RELEVANT.
Die verskil tussen 3" groepeer en 1" groepeer by kompitiese skiet maak dat jy 2de of 12de eindig.
As jou roer 3" groepe skiet sal jy steeds met dit kan jag, selfs jakkies. 'n Ou moenie met so 'n roer op die skietbaan probeer kompenteer met tegnies sensitiewe manne met lope wat harmonies wip, buig en flex en in pas is met hul handladings se vermoe om perfek te resoneer met die frekwensie van die loop se staal nie. Dit neem 'n doelgerugte skut ure by die skiet bench en laai tafel om so 'n lading te ontwikkel wat die loop se nodus elke keer so wring dat die patroon met elke skoot die kroon op die selfde wip posisie verlaat. Vir die wat dit nog nie gedoen het nie, glo my, dit hou jou besig. Veral as die roer nie wil saamwerk nie.
En party roere wil nie saam werk nie, of nee, hul is plein beneuk.

Dit is hoekom daar verskillende tipe wapens vervaardig word. Party vir militere aplikasie, ander vir normale jag, party vir ongedierte jag, sniper roere en kompitisie roere. Elk het sy plek en elk het sy vermoe. So het elk sy wip ens. Ja, en sy prys ook. You pay peanuts you get monkeys.

So het elke ding sy plek, courses for horses.

Ek stem tog in 'n mate saam met julle dat die tegniese punte nie hoort by jag nie.
Maar dan is daar ouens soos myself en ander wat snags onself aan die slaap huil as ons gunne nie half en kwart duim groepe skiet op 100 meter nie.

Dankie vir mede skuts, jagters en forum lede wat kan saam gesels, verskil en debateer op 'n etiese manier. Dit is mos hoe ons skieters moet wees. As die son opkom in die ooste skyn hy op ons almal se hoofde, nie net op die manne met die 243's en 270's nie maar op almal.

Selfs oor die manne met die .303 Enfields ook. :D ;D ;) Dit is sommer net 'n grappie. Moet my nie moer nie asb!

Soet wees jul almal.

Danie
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: Laagskiet met silencer

Post by Jagtersdok »

Danie

Daai buig van die loop is mos die barrelwip/ossilasie/harmonics waarvan ons nog die heletyd praat is dit nie?

Die oorspronklike andwoord op die vraag was dat die geweer laag skiet omdat die knaldemper die loop af buig en daarom laat laer skiet en dit is nie so nie. Die knaldemper buig nie die loop nie. Die goed wat hier aan gehaal is en veral die grafiese voorstelling wat Kalahari gegee het, verduidelik presies wat ek ges? het van die ossilasie van die loop in verskeie rigtings asgevolg van die krag en dan ook hoe die digdheid en gewig tesame met die krag die frekwensie bepaal wat dan spesifieke ossilasie form/shape sal te we? bring.

maar die knaldemper buig nie die loop af om laer te skiet nie, dit is oor dieselfde sterkte opwaartse krag wat nou swaarder gewig moet opwaarts verplaas.

En boys ja daar is van ons wat daarvan hou om op langer afstande kopskote te gooi en vir dit moet jy die goed verstaan, selfs weet met watse rpm die projektiel spin om te kan bepaal hoeveel die wind joe koe?l gaan lig of af druk en verplaas na kant toe
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
User avatar
B C
Newbie
Newbie
Posts: 33
Joined: Wed Jun 02, 2010 7:26 pm

Re: Laagskiet met silencer

Post by B C »

Nie te min, dis LEKKERRRRRRRRR om met 'n knaldemper te skiet! Dankie almal, ek hoop nie die onderwerp het gemoedere te veel opgesweep nie!
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Laagskiet met silencer

Post by Christo »

B C wrote: Nie te min, dis LEKKERRRRRRRRR om met 'n knaldemper te skiet! Dankie almal, ek hoop nie die onderwerp het gemoedere te veel opgesweep nie!

BC

Ek stem saam met die lekker.
Die onderwerp het te tegnies vir my begin raak, selfs die website waar ek gaan loer het was ver bo my akademiese vermo? en het ek begin wonder oor die intelektuele vermo? benodig om skiet te geniet.

My ou "common" gewere skiet meestal baie lekker en droom(l) ek om gouer as eendag ook 'n geweer te h? wat beter kompetisie kan skiet.

Christo
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Laagskiet met silencer

Post by Francois Marais »

Manne

OK, so party manne se geweerlope buig en ander manne se geweerlope buig weer nie........BAIE INTERRESANT.

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Laagskiet met silencer

Post by Christo »

Francois Marais wrote: OK, so party manne se geweerlope buig en ander manne se geweerlope buig weer nie........BAIE INTERRESANT.
Seker te doen met die hoeveelheid/Dosis Viagra wat nodig is  ;D
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
Danie Lombard .243

Re: Laagskiet met silencer

Post by Danie Lombard .243 »

HE HE HE! Ou Christo, mooi man. ;D

Se gou, as ek fyn gemaalde viagra gebruik in die dop, hoeveel is gelykmatig aan 69gr S356?? Sal dit my loop meer of minder laat opwip en buig as die skoot afgaan? EN hoe lyk die druk, is dit hoog met die tipe dryf middel?? Moet ek dan liefs nie 'n KD opskroef nie?

Hierdie topic raak nou oulik.

;D ;D ;D
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Laagskiet met silencer

Post by Christo »

Danie .243 wrote:
Se gou, as ek fyn gemaalde viagra gebruik in die dop, hoeveel is gelykmatig aan 69gr S356?? Sal dit my loop meer of minder laat opwip en buig as die skoot afgaan?

;D ;D ;D
Hang gewoonlik af

van die ouderdom van die loop.
Danie .243 wrote: EN hoe lyk die druk, is dit hoog met die tipe dryf middel?? Moet ek dan liefs nie 'n KD opskroef nie?

;D ;D ;D
Gewoonlik maak die gewig agter die loop hier saak. Wat die KD betref behoort 'n lekker kussing die verskil te maak.

;)
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: Laagskiet met silencer

Post by Jagtersdok »

Terminator

Al het ek en jy nou nie saam gestem oor die meganisme waarom 'n geweer met die knaldemper laer skiet nie wil ek net vir jou s? jy MAG WARAGTIG waar 'n knaldemper bou. Jou goed werk soos 'n bom.

Ook baie dankie vir jou goeie, vinnige en betroubare diens Clarence. Ek sal jou silencers oral en vir almal aan beveel.

Manne ek het een op my 243 en my 270 gesit. Die 243 se groepering was 4 skote wat met 10c toe gemaak kan word. Die 270 het ek net doppe gefireform en gevoel en ek sal julle s? die knal is met 65%+ sagter en die recoil is basies non existing.

Ouens die knaldempers is elke cent werd.

Clarence weereens dankie

Neels Niemand
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
Post Reply