Page 2 of 2

Re: Brood en Botter

Posted: Sun Feb 08, 2009 10:03 pm
by tafjak
Tomma

Ek ken geen Tomma nie, soek so bietjie reaksie van jou kant af. :) Lyk vir my dat ek dit darem reggekry het.

Goed so ou maat!

Taffie

Re: Brood en Botter

Posted: Sun Feb 08, 2009 10:33 pm
by Freek
Dankie vir die verwysing Rednat, ek sal Japie bietjie uit die slaap gaan hou... As jy nie omgee nie, e-mail my sy kontak besonderhede andersins as hy hier geregistreer is sal ek probeer om hom in die hande te kry.

Ek het 'n ou "Cape Gun" (JP Sauer & Son - 10 x something/16 boor side by side kombinasie) wat ek een of ander tyd wil restaureer, ken julle manne geweersmede in SA wat sulke detail werk kan doen?

Re: Brood en Botter

Posted: Sun Feb 08, 2009 10:59 pm
by rednat
Freek

Japie se telefoon 0533912 vra vir 5140.

Manne wat restourasie doen is skaars en duur. Ons probeer dus maar selfs. Wees net baie versigtig wat jy doen --- foutiewe restourasie kan die waarde geweldig skade berokken. Gesels met Kevin Healy by Bloemfontein Custom Rifles, Bloemfontein  --- hulle ken hul werk.

Moet net asb nie vir die SAP gee nie --- ek sal dit dan liewer by jou oorneem.

Re: Brood en Botter

Posted: Sun Feb 08, 2009 11:18 pm
by Freek
Kyk rednat om so 'n job self aan te pak vir 'n "pen-pusher" soos ek is gewaarborg om op 'n "disaster" af te stuur... ek het dood eenvoudig net te veel respek vir die ou roer om haar so te loop staan en vermorsel. ;)

Ek sal Japie more kontak baie dankie.

Re: Brood en Botter

Posted: Mon Feb 09, 2009 6:57 am
by johan
Freek ek het presies so n JP Sauer in 99.5%kondisie,is joune ook "hammerless"?
Manne ons ouroer manne kaap nou die brood en botter besigheid,Hein maak asb vir ons n ouroer plekkie op die site oop,ons sal dit geniet ;D

Re: Brood en Botter

Posted: Mon Feb 09, 2009 8:09 am
by JACQUES BOTHA
Jong julle gesels so lekker oor die roere ek dink ons moet n nuwe gespek begin met die opskrif VERSAMELAARSITEMS: Ek raap al die info op alhoewel ek nie kennis oor die ou roere het nie. My skoonpa het n "capegun " hy wil hom laat toestop en toeswys en vol gate boor, dalk moet ek al die info kry en hoor of hy dit wil swaai vir iemand wat belangstel..

Re: Brood en Botter

Posted: Mon Feb 09, 2009 9:34 am
by Freek
Jakes nou laat jy my alweer wakker skrik - Tomma jammer dat ons jy gesprek so kom onderskep met iets anders, jy wou nou weer oor wat gesels?

Johan myne het hamers en is in so om en by 80% werkende kondisie, ek wil die dame stuur vir 'n pedikeur, 'n manikeur totdat ek haar uiteindelik sal kan goedkeur... ;D Die roer is in 'n besonderse goeie kondisie vir haar tyd maar ja soos enige iets het sy nou oor die jare 'n paar plooie op gebou wat ons aan aandag sal moet gee.

Sy is nog nie op my naam nie maar wel in veilige bewaring by die geweersmit. Ek wag huidiglik vir 'n paar vuurwapen aansoeke en sodra hulle uit gesorteer is, is my plan om haar ook dan wettig op my naam te kry. Sodra dit gebeur het kan ons begin met die TLC. ::)

Re: Brood en Botter

Posted: Mon Feb 09, 2009 9:54 am
by Freek
Jaques jy moet met jou skoonpa gesels en hom op die regte pad help...hy moet nie die fout maak om ons historiese erfenis sommer so te laat vaar nie. Hier op die site is 'n hele paar versamelaars wat die ou geweer met ope arms sal ontvang indien hy haar nie wil hou nie.

Rednat is een van hulle en dan kan julle ook gerus kontak maak met oom Jappie Louw (TOK) van die Noordkaap. Rednat het my na hom verwys en ons het vir die eerste keer vanoggend telefonies met mekaar gesels. Die ou kerel is lief vir gewere en hy ken elke een se pedigree, ons het omtrend gekuier... as die baas my nie kom herhinner het dat ek vandag by die werk is nie sou ons seker nou nog gesels het. ;D

As hierdie manne nie die roer wil he nie Jakes, gee haar dan vir my...my kluis is soos 'n TAXI, daar is altyd plek vir nog een.

Re: Brood en Botter

Posted: Mon Feb 09, 2009 12:06 pm
by baasjan
KYK ONDER VUURWAPENS ONDER DIE SUBHOFIE GEWERE DAAR IS NOE PLEK VIR HIERDIE GROOT GESELS

ERFGOED, MOOIGOED, SWARTKRUIT EN LOODGOOIERS

WAT VAN 'N MOOI FOTO OF IETS.

ASB.in Openbaring staan : jy gee nie 'n vuurwapen aan die SAP om te vernietig nie.

As jy homself nie wil h? nie, s? net ons neem hom oor teen 'n twakgeldjie of selfs 'n vakansiegeldjie ( Johan ) of selfs meer.

Re: Brood en Botter

Posted: Mon Feb 09, 2009 12:43 pm
by tafjak
Daai goed maak net rook!!!!

Julle sal die gat in die osoonlaag verdubbel per jaar met darie goed. Wonder hoe weet julle of julle iets raakgeskiet het. Al wat ek weet is dat as Andries Pretoruis 'n 243 gehad het sou ons self die vee moes steel.

Die grond wat ek op bly se naam is Pretoruiskop (Petoorskop), die ou het glo hier groot geword. Hier is ook 'n opslagplek van Ingelse bomme. My oupa het jare gelede vir water geboor en moes die boor skuif na die eerste ontploffing. Scheepers het hulle so aan die hol gehad dat hulle glo die helfte vergeet het.

Taffie

Re: Brood en Botter

Posted: Mon Feb 09, 2009 1:18 pm
by Freek
Nee blikskottel taffie... :D :D :D :D :D :D ;D...jy moet my nie so laat lag nie man die werkmense loer hier by my kantoor deur in en fluister goed in mekaar se ore omdat ek so op die vloer rol en lag.

Maar ja ek kan my self net in dink hoe sou 'n 243 in 'n paar boer hande perform het...die vlaktes sou seker leeg gewees het vandag.

Re: Brood en Botter

Posted: Mon Feb 09, 2009 4:54 pm
by Tomcat
Hier lyk my is nou manne wat van die regte roere praat. 243 natuurlik. Se vir jou daai roer is n autopilot. Nie soos n sogenaamde kruppeltwee met 35gr punte nie. Gamo se reeks windbukse skiet omtrent dieselfde gewig punte en is dam so n bietjie goedkoper 8)

Tomma

Re: Brood en Botter

Posted: Mon Feb 09, 2009 7:47 pm
by Freek
Ou Tomma, hoe meer ek die roer raak lees en hoe meer ek aan hom dink hoe meer begin hy in my hart kruip... Dis mos die idiale ligte klein kalliber met genoeg oemf in sy g*t vir die job. Jy weet my dogtertjie is aan die groot word en my gedagtes begin al hoe meer en meer aan die 243 vas suig, dit sal mos die regte kaliber wees om 'n meisiekind mee te leer skiet en jag. Wat dink julle?

Re: Brood en Botter

Posted: Mon Feb 09, 2009 8:41 pm
by Kruger
Ek dink jy is doodreg. Ek het op 'n vorige plek gelees sy is nog klein (hoop dit gaan nou beter met haar), maar ek dink jy moet sommer dadelik een bestel vir haar - vir Kersfees natuurlik. Dan sal jy maar so van tyd tot tyd 'n paar skote met hom moet skiet net dat die loop nie toegroei nie. Alle grappies op n stokkie, ek dink n 243 is een van die beste kleiner allrounders. Ek het meer koedoes met n 243 geskiet as met al die ander kalibers saam. Net jammer van daai doughnut probleem.

Re: Brood en Botter

Posted: Mon Feb 09, 2009 9:05 pm
by johan
Kruger jy besef natuurlik dat 90% van daai doughnut probleem by die herlaai bank begin.........en kan eindig..........dis baie jammer dat Hennrikie so skaars is.Ek is in elk geval baie seker van my saak dat Raynie in elk geval beter weet.......kom asb Raynie veduidelik ons weer van die snyery en die expanderball en die s-tipe sizing die.

Re: Brood en Botter

Posted: Mon Feb 09, 2009 9:06 pm
by Kruger
Laat loop ek sal graag wil weet.

Re: Brood en Botter

Posted: Tue Feb 10, 2009 6:11 am
by Freek
Kruger sy is nou eers 11 maande maar dis mos hier waar 'n mens al die fondasie begin gooi... ;) Ek dink dit kan werk, sal solank die roertjie fiks hou met jakkalas jag ens. My vrou behoort ook makliker te byt aan die gedagte dat dit ons dogter se geweer gaan wees, pa moet hom net fiks hou in tussen tyd... ;D

Verduidelik bietjie meer in detail die doughnut probleem? Ek het iewer hier rond raak gelees dat dit noggal 'n uitdaging kan wees om hierdie kaliber reg te herlaai.

Re: Brood en Botter

Posted: Tue Feb 10, 2009 10:36 am
by WillJak
Taf, hoe weet ek dis raak as ek met die rookpaal skiet? Jy HOOR hom val broer. As daai stuk lood so lank soos jou duim en omtrent net so dik hom slaan, dan HOOR jy hom slaan??

Re: Brood en Botter

Posted: Wed Feb 11, 2009 7:35 pm
by tafjak
Willem

Nee, ek het nie geweet nie, dog altyd dit is die stuk lood wat agter die teiken val. :D

Taffie