Page 2 of 2
Re: Prosopis doringbome (suidwes doringboom)
Posted: Tue Nov 13, 2012 8:32 am
by Danie01
Ons boer ook in Britstown distrik teen ongers rivier en sukkel met dieselfde probleem. Ons werk die baie bome met en sonder die hulp van die staat, daar was al verskillende gifstowwe gebruik, so ook diesel en daar is baie van hierdie gifstowwe wat net jou tyd mors en probleem groter maak, want vir elke boom at nie vrek nie is jy twee agter.
Soos ek my pa verstaan het, het hul juis jare terug hierdie bome ingvoer vir skaduwee en kos, maar dit was nie die regte een nie, die een wat hul moes inbring, sou nie so vervuil en versprei nie. Party manne glo dit goeie kos vir die bokke, die peule, maar dit vernietig als onder hom en soos genoem sukkel ons om jakkalse en veral rooikatte uit die bome te kry, elf skaapwerk raak moeilik en kampe moet partymaal meer as eenkeer deurgegaan word net om al die skape in die kraal te kry.
Moet asb nie die boom plant nie, dit n groot pes wat die waarde van n hele paar plase al laat val het, wens tog die staat kan meer aandag aan hierdie probleem gee, dit was inelkgeval hulle wat die boom land in gebring het, dit nou soos ek dit verstaan.
Groete
Danie
Re: Prosopis doringbome (suidwes doringboom)
Posted: Tue Nov 13, 2012 8:49 am
by Frikkie Coetzee
Danie
Jou Oupa en my Ma het baie oor die ding gepraat.
Soos ek onthou was daar twee soorte bome en het die goed gebaster en ons met die gemors gelos. Hulle het onder andere die vliegies ingebring om die peule te vreet maar dit lyk soos " too little too late".
Die peule is soet en maak n dier vet, maar daar waar hy mis groei die bome by hulle honderde
Die bome het by ons in Britstown al met die Ongers afgekom.
Frikkie
Re: Prosopis doringbome (suidwes doringboom)
Posted: Tue Nov 13, 2012 9:15 am
by Danie01
Frikkie
Ja hul het jarre gesukkel met die bome en nogsteeds, eintlik meer want van die nuwe boere gee ook nie die aandag aan die bome soos dit hoort nie en die probleem vererger. Die vliegies of kewertjies eet hul nogal, maar soos jy s?, too little too late!!
Kyk 'n bok, perd, bees of donkie los nie daai peule uit nie, dit dam net te lekker soet. Self toe ons klein was het ons ook peule gekou as jy so in die veld geloop het, self gestry oor wie se boom is wie sin, hehe. Weet die mense het al met vliegtuie gespuit en als, maar kon nie werklik n verskil maak nie.
Danie
Re: Prosopis doringbome (suidwes doringboom)
Posted: Tue Nov 13, 2012 1:45 pm
by Jean Marais
Kerels
Ek weet nie of julle die metode al probeer het nie, maar ons het dit destyds baie suksesvol op ons plaas in die Vrystaat toegepas om te ontbos vir landerye.
Grou 'n redelike dikkerige wortel van die boom oop en sny/saag hom af. Maak dan 'n 2lite koeldrankbottel vol water wat gemeng is met 'n STERK oplossing kopersulfaat (CuSO4)(blou fetterjoel) . Steek die afgesnyde wortel punt binne in die oplopssing. Die hele boom vrek, wortle en al. Ons het groot Bloekombome so doodgemaak.
As jy nie die wortel wil oopgrou nie, kap 'n stuk van die bas oop, en trek hom so 'n ent af, amper soos jy 'n piesang sal skil. Neem 'n redelike dik awegaarboor, en boor 'n skuins gat in die stam in. Prop die gat vol kopersulfaat kristalle, en trek die bas weer toe oor die gat. Doen so twee of drie van die gate per boom. Glo my, hy vrek wortel en tak.
Hoop dit werk vir julle. Ek het geen idee wat kopersulfaat se kostes is nie, so moontlik is daar dalk goedkoper metodes.
Groete
Jean
Re: Prosopis doringbome (suidwes doringboom)
Posted: Tue Nov 13, 2012 5:59 pm
by MEERKAT
Jean
Gaan verseker die gat boor metode met kopersulfaat probeer, en sal terugvoer gee na einde van seisoen. Die blou fetterjoel klink half bekendterig uit die army dae............
Baie dankie
Groetnis
MEERKAT
Re: Prosopis doringbome (suidwes doringboom)
Posted: Tue Nov 13, 2012 6:11 pm
by johans
Vlakvark wrote:
Hey, hierdie is nie die soek hoekie nie.
gaan betaal jou skoolgeld

Re: Prosopis doringbome (suidwes doringboom)
Posted: Tue Nov 20, 2012 10:48 am
by stan man
boor n gat tot in die kern. meng diesel en roundup en spuit dit in die gat. slaan dan n hout prop in die gat en verf hom toe met n emalje verf. dit het al vir my goed gewerk.
Re: Prosopis doringbome (suidwes doringboom)
Posted: Thu Nov 22, 2012 8:16 am
by Coenie (Swift)
Meerkat,
Dit word reeds genoem in post Molopo, dis duur maar werk baie goed die ouens gebruik dit in Ghaap se berg om die swarthake en enige iets te beheer. Ons het by vriend bietjie gekry en dit werk by ons vir Prosopis, was so 10-15 bome gewees. Glo jy sal groot skaalse sukses met dit het en bespuiting is vinnig.
Johans sover my inligting is Prosopis geklasifiseerde indringer en mag niemand hom dus vestig nie.
Groete
Re: Prosopis doringbome (suidwes doringboom)
Posted: Thu Mar 14, 2013 3:36 pm
by bonzo
Meerkat
Ek gebruik Garlon en diesel en dit werk goed. 1 liter Garlon in 20 liter diesel. Ek sit maar die mengsel in 'n handspuit en
spuit 'n ring reg rondom die stam . Die ring moet darm net so breed wees soos wat die stam dik is. Jy hoef nie die hele boom te bespuit nie. Ek het by my nog nie 'n boom gekry wat die behandeling oorleef nie.
Soos die manne sê - dit kan duur raak as jy 'n woud het.
Bonzo
Re: Prosopis doringbome (suidwes doringboom)
Posted: Thu Mar 14, 2013 6:39 pm
by Lamtjop
Bonzo, jy bedoel nie dalk 1 liter Garlon op 200 liter diesel nie?
Re: Prosopis doringbome (suidwes doringboom)
Posted: Fri Mar 15, 2013 10:09 am
by bonzo
Lamtjop
Nee , jy lees reg. Dis 20 liter diesel.
Re: Prosopis doringbome (suidwes doringboom)
Posted: Sun Apr 28, 2013 8:34 am
by Tarzan
MEERKAT wrote:Johans
Ons boer in Beaufort wes distr. Die bome vervuil 'n area redelik gou en soos die manne se jy roei hulle baie moeilik uit. Alvorens ek van die boompies vir jou sal stuur sal ek voorstel dat jy moontlik oorweeg om wilde olienhout boompies te plant vir skaduwee, baie gehard, immergroen relatief min water nodig, bome mors minimaal blare . Boompies in sakke +- 2-2.5m hoog, ideaal vir skaduwee by veesuiping en as koelte boom rondom woning. Kan foto's van sak bome en 5 en 45 jaar oue bome opsit indien daar belangstelling is.
Groetnis
MEERKAT
Meerkat,kan jy fotos stuur van die wilde olienhoutplantjies. Ek probeer hulle kweek van saad maar vir een of ander rede is ek nie suksesvol nie. Kweek jy self?