Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Ek help graag ou maat, as ek kan. As ek nie kan nie, vind ons uit, maar ?rens sal ons 'n antwoord kry op al die moontlike kwessies. Ek ga jou bel hier oor die naweek, smaak my ek moet Sondag gou oorskiet daar na jou toe, maar ek sal eers bel. Dan kan jy my sommer 'n mini kursussie gee, jy's mos nou uiters geleerd met die jakkals goete.
Fox Driver wrote:
...Dan kan jy my sommer 'n mini kursussie gee, jy's mos nou uiters geleerd met die jakkals goete...
Dawie
Laat ek jou een ding vertel, alles is nie soos dit klink of lyk nie. Ons moet oppas vir wie ons ons ore uitleen. Gelukkig het ek al een en ander jakkalsie in my lewe geskiet. En hopelik begin ek besef wat en wie om te glo!
Dit daar gelaat, ek is nog hier in Okahandja se w?reld, maar ry seker more terug. Sal lekker wees om te gesels, ek het so bietjie 'n opinie rondom die besigheids vorm ingewin.
Jammer hierdie onderwerp was so stil die afgelope tyd. Ons wou egter eers seker maak dat die "ding" reg afskop met alles in plek en daar is om di? rede gewag vir die Myl 108 Trippie om 'n stigtings vergadering te hou. Die besigheids-vorm wat ons ondersoek om te stig, is 'n nie-winsgewinde diensorganisasie. Volgens Frinam hou dit 'n verskeidenheid van voordele in wat onder meer insluit dat daar vir sekere uitgawes BTW terug geeis kan word.
SJ wrote:
...Is daar dalk al enige terugvoering oor die groep en of als op dreef is?...
SJ
Ek is oortuig dat daar potensiaal en sin in so 'n besigheid sal wees. Die probleem is egter die administrasie, ek sien nie daarvoor kans nie. A.g.v. die tyd wat dit in beslag sal neem, sal ek nie vir die huidige my volle aandag daaraan kan gee nie. Wie weet, miskien voorkant toe? Of is daar iemand anders wat die leisels sal opneem?