Page 9 of 12
Re: 2012 SKIETSTOEL KOMPETISIE
Posted: Tue Apr 03, 2012 8:12 pm
by Geno
Geluk aan al die wenners! Manne, daai stoele is BAAS, ek's heeltemal tevrede met myne!
Re: 2012 SKIETSTOEL KOMPETISIE
Posted: Tue Apr 03, 2012 8:13 pm
by Freek
Dan die laaste prys gaan vir die man wat die grootste belegging gemaak het aka meeste kaartjies gekoop het. Ek is ongelukig beveel om my woorde te tel en liewer nie aan te kondig hoeveel kaartjies hy gekoop het nie.
Baie geluk aan Hugo en dankie vir jou ondersteuning, dit het verseker gehelp om die geleentheid so bietjie wind onder die seile te gee. Jy kan dan kies watter van die volgende pryse jy wil h?, LIGHTFORCE 170MM RIFLE MOUNTED LIG of FOXPRO SPITFIRE. Sien uit om te hoor wat jou keuse gaan wees...
Re: 2012 SKIETSTOEL KOMPETISIE
Posted: Tue Apr 03, 2012 8:15 pm
by JACQUES BOTHA
geNO TIK JJY NOU STADIGER MET DIE EEN HAND?
Re: 2012 SKIETSTOEL KOMPETISIE
Posted: Tue Apr 03, 2012 8:16 pm
by Hugo
Whoooooooohoooooooooooooooo!!!!!!!!
Ag Freek ek se vir jou dankie! Jy kan mar se hoeveel ek gekoop het, dit pla my nie te veel nie.
Re: 2012 SKIETSTOEL KOMPETISIE
Posted: Tue Apr 03, 2012 8:16 pm
by Freek
Jakes, jy was maar stil gewees tydens die kompetisie, waarmee hou jy jouself besig? Hoe gaan dit met oom AM, sien julle mekaar nog?
Re: 2012 SKIETSTOEL KOMPETISIE
Posted: Tue Apr 03, 2012 8:19 pm
by Henk100
Mense
Eerstens wil ek vir Freek dankie se vir al die moeite wat hy aan die dag gele het.
Tweedens aan hierdie forum en almal wat dit moontlik maak om so 'n goeie forum te bedryf wil ek dankie se.
Dan vir Koos met sy ondersteuning aan die jag bedryf, hoop my 300 woorde is al vol.
Ek is nou die tweede Namibier wat met trots 'n stoel moet verdedig.
Ek kan met trots se dat ek bly is en trots is dat ek 'n lid van die forum is.
Ek het die laaste tyd net so nou en dan die forum gelees en nie werklik deelgeneem nie. Dis nie dat ek nie wil nie, maar weens werk omstandighede.
Weereens dankie en hoop ons kan die kompitiesies nog ver vat.
Net so sou ek graag by wou wees met die Transvalers wat so sukkel met die ongediertes.
Jaracal groete.
Henk100
Re: 2012 SKIETSTOEL KOMPETISIE
Posted: Tue Apr 03, 2012 8:20 pm
by Marc
Freek wrote:
OK manne, lyk of die netwerk verkeer so bietjie af gekoel het. Kom ons probeer weer...
Manne wat 4 kaartjies en meer gekoop het kry ook 'n netjiese toe knoop hemp met JARACAL en skietstoel logo's geborduur, hierdie manne is dan:
1. Ghoon
2. Marc
3. Janneman
4.Hugo
5.Francois du Toit
6.Die Jakkalsman FX3
7.Klasie
8.Boogjagter
en dan ook Francois Marais vir sy getroue samewerking... sy hemp virdien hy met lof

Baie geluk Francois, stuur vir my jou size en pos adres asb.
Dankie Freek
Kan ek myne kom afhaal voor Huntex

Manne sal my dan dalk beter herken

Re: 2012 SKIETSTOEL KOMPETISIE
Posted: Tue Apr 03, 2012 8:24 pm
by JACQUES BOTHA
Freek
Dis maar moeilik in die nuwe kantoor, maar ek lees in die nag van 11 tot 12 so om net by te bly..
En soms dwaal ons mar met die onderwerpe--dan lees ek meer selektief.
Maar ek sal weer bykom so met diet tyd..
Thanks nogmaals
Ek het AM lanklaas gesien of gehoor...
Groetnis
Mooiloop
Jacques
Re: 2012 SKIETSTOEL KOMPETISIE
Posted: Tue Apr 03, 2012 8:24 pm
by Freek
Wanneer presies is die Huntex? Die verskaffer het my belowe, vroeg in volgende week(Maandag/Dinsdag) het ek die aflewering, as dit betyds gaan wees vir Huntex dan is jy meer as welkom Marc.
Re: 2012 SKIETSTOEL KOMPETISIE
Posted: Tue Apr 03, 2012 8:28 pm
by JPS
20-22 April
Re: 2012 SKIETSTOEL KOMPETISIE
Posted: Tue Apr 03, 2012 8:38 pm
by Pikkie
Freek
Baie dankie vir al jou opofferinge en moeite met die kompetisie, dit was lekker om deel te neem. Weereens geluk aan al die wenners van die stoele, hemde en al die ander pryse. Ek hoop Checkers het uitvekoping vir die 1450 rolle single ply.
Pikkie
Re: 2012 SKIETSTOEL KOMPETISIE
Posted: Tue Apr 03, 2012 8:45 pm
by Freek
Manne, ek bedank julle vir julle samewerking vanaand en ek is bly vir die deelnemers wat die skietstoele gewen het. Ek glo en vertrou dat julle waarde uit hierdie produk gaan put.
Sou graag almal wou help maar ongelukig kan mens net so veel gee. Hopelik volgende jaar kan ons weer so maak en dan kry iemand anders weer 'n beurt. Die pryse gaan deur die loop van die volgende 2 weke uit gestuur word, ek vra weer dat al die deelnemers seker maak dat julle vir my julle pos adresse deur gestuur het, hetsy met e-mail of PM.
Die manne wat die skietstoele gewen het, bel my asb. tydens kantoor ure sodat ons finale reelings kan tref met die vervoer en aflewering van julle pryse.
Ek hoop regtig dat almal hierdie poging in 'n positiewe lig anvaar en dat ons volgende jaar weer so kan maak.
Mooi loop en groete.
Freek
082 878 5208
Re: 2012 SKIETSTOEL KOMPETISIE
Posted: Tue Apr 03, 2012 8:52 pm
by Marc
Freek wrote:
Wanneer presies is die Huntex? Die verskaffer het my belowe, vroeg in volgende week(Maandag/Dinsdag) het ek die aflewering, as dit betyds gaan wees vir Huntex dan is jy meer as welkom Marc.
JPS wrote:
20-22 April
Ek bel na volgende week iewers, dan maak ek 'n draai
BAIE DANKIE vir die geleentheid en ek's bly daai stoele het goeie base gekry
Groetnis
Marc
Pikkie wrote:
Freek
Baie dankie vir al jou opofferinge en moeite met die kompetisie, dit was lekker om deel te neem. Weereens geluk aan al die wenners van die stoele, hemde en al die ander pryse. Ek hoop Checkers het uitvekoping vir die 1450 rolle single ply.
Pikkie
heheheheheee

Re: 2012 SKIETSTOEL KOMPETISIE
Posted: Tue Apr 03, 2012 9:04 pm
by Wielie Waps
Baie geluk aan almal wat iets gewen het.
JB ek was nr 1 - ek moes iets doen om die ys te breek.
Damn maybe next time.
Re: 2012 SKIETSTOEL KOMPETISIE
Posted: Tue Apr 03, 2012 9:14 pm
by Freek
Manne, net 'n laaste ding voor ons hierdie hoofstuk toemaak. Eintlik is dit die heel belangrikste, ek wil nie krediet vat vir enige iets wat met hierdie kompetisie te doene het nie. 'n Mens doen hierdie dinge uit en uit vir die liefde en passie van die saak, so in kort was ek maar net gebruik as 'n instrument. As julle iemand wil bedank dan moet dit gaan aan ons Vader in die Hemel wat hierdie geleentheid toelaat waar ons mekaar kon help. Sonder Sy wil kan ons maar alles probeer en niks sou slaag nie. So kom ons eer en bedank Hom vir alles wat hier gebeur het en dat Sy hand oor die verugtinge gehou is en nogsteeds gehou word.
Lekker aand.
Re: 2012 SKIETSTOEL KOMPETISIE
Posted: Tue Apr 03, 2012 9:24 pm
by KLASIE
Freek
Daar praat jy nou die waarste woorde alle eer aan ons Hemelse Vader vir sy goedheid en ek het Hom darm baie dankie gese vir die geluk wat my te beurt geval het, en aan my mede wenners baie geluk . Dit was regtig chaos in my huis toe ek die goeie nuus gekry het en toe vergeet skoon om vir Hugo en HENK100 EN AL DIE ANDER WENNERS GELUK TE SE MA GELUK ALMAL
KAN NIE WAG VIR DAAI STOEL NIE!!!!!!!!
Re: 2012 SKIETSTOEL KOMPETISIE
Posted: Tue Apr 03, 2012 9:49 pm
by Marc
Freek wrote:
Manne, net 'n laaste ding voor ons hierdie hoofstuk toemaak. Eintlik is dit die heel belangrikste, ek wil nie krediet vat vir enige iets wat met hierdie kompetisie te doene het nie. 'n Mens doen hierdie dinge uit en uit vir die liefde en passie van die saak, so in kort was ek maar net gebruik as 'n instrument. As julle iemand wil bedank dan moet dit gaan aan ons Vader in die Hemel wat hierdie geleentheid toelaat waar ons mekaar kon help. Sonder Sy wil kan ons maar alles probeer en niks sou slaag nie. So kom ons eer en bedank Hom vir alles wat hier gebeur het en dat Sy hand oor die verugtinge gehou is en nogsteeds gehou word.
Lekker aand.
AMEN !
Re: 2012 SKIETSTOEL KOMPETISIE
Posted: Thu Apr 05, 2012 6:13 am
by foxbat25
Baie geluk aan al die wenners, eendag as ek groot is soek ek ook my eie bakkie en 'n skietstoel.
Re: 2012 SKIETSTOEL KOMPETISIE
Posted: Thu Apr 05, 2012 8:32 am
by Freek
Foxbat25, jy het klaar genoeg roere. Bou die Hilux om in 'n jag bakkie, verduidelik vir die baas dit sal meer waarde uit die voertuig haal...
Ek neem aan jou goodies vir die kompetisie gaan deur die local courier roete.
Re: 2012 SKIETSTOEL KOMPETISIE
Posted: Thu Apr 05, 2012 8:49 am
by BLOK
Baie geluk aan al die wenners. Weet julle sal daai stoele goed gebruik. En dan n groot dankie aan Freek vir die hou van die kompetiesie.
Re: 2012 SKIETSTOEL KOMPETISIE
Posted: Thu Apr 05, 2012 12:14 pm
by foxbat25
Freek, ek dink nie my baas sal verstaan nie. Ons sal die gewone courier metode gebruik, dan spaar ons darem posgeld.
Re: 2012 SKIETSTOEL KOMPETISIE
Posted: Thu Apr 05, 2012 4:37 pm
by theedge
Geluk aan die manne - Hugo jy moet maar die ander prys vir die stoel eienaar gee en die stoel hou LOL
Re: 2012 SKIETSTOEL KOMPETISIE
Posted: Fri Apr 13, 2012 8:37 am
by Freek
Manne, ek het die hemde en kepse gister ontvang so ek gaan oor die naweek begin pos. Hugo het ook darrem sy roeper gekry, kort nou nog net 'n stoel en 'n lig...

Die skietstoele is gereed en aflewering sal binnekort gebeur.
Sal later 'n fototjie opsit van hoe die klere lyk.
Mooi naweek vir julle.
Re: 2012 SKIETSTOEL KOMPETISIE
Posted: Fri Apr 13, 2012 8:58 am
by Marc
Freek
Skreeu ma waneer ek kan kom afhaal
Mooiloop
Marc
Re: 2012 SKIETSTOEL KOMPETISIE
Posted: Fri Apr 13, 2012 9:01 am
by Freek
Marc, gee my 'n lui asb. ek is by die huis vanmiddag.
Groete
Freek
082 878 5208