PMP Probleme in die algemeen
- Louis Kriel
- Hero Member

- Posts: 1980
- Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm
Re: PMP Probleme in die algemeen
Ja Gho ek het twee weke terug n oproep van S&O gekry toe se hulle ek kan my 243 dies kom koop. Het Saterdag my eerste ladings getoets en dit was flippen nice groeperings gewees selfs die PMP doppe het driekwart duim 5 skoot groep gelewer. Lyk my die Howa vreet als wat ek hom voer!
-
Louis Oli5
- Newbie

- Posts: 12
- Joined: Sun Apr 06, 2014 8:08 pm
Re: PMP Probleme in die algemeen
Manne daai is nog niks ,hoe voel julle oor dat net 15 uit 20 van die nuwe patrone skiet(pmp).Dit het met 3 bokse namekaar gebeur.My vriend se 30-06 asook my 270.
-
470rigby
- Hero Member

- Posts: 572
- Joined: Tue Feb 18, 2014 7:00 am
Re: PMP Probleme in die algemeen
Wat die groeperings by die pro-am skiet aanbetref, ek was nog nie daar nie, maar ek verneem dis 3 skoot groepe. Statisties beteken dit niks, ek het al 2mm groepe gekry met 3 skote met gewere wat normaalweg 35mm skiet.
- Armand9
- Sr. Member

- Posts: 324
- Joined: Tue Sep 21, 2010 12:36 pm
Re: PMP Probleme in die algemeen
Kan iemand nie vir PMP wys hoe om 'n v-max te copy nie. Hulle sal geld maak nou! 
-
Johan Nel
- Hero Member

- Posts: 2173
- Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm
Re: PMP Probleme in die algemeen
Kan nie heeltemal saamstem nie. As ek 'n twintig drieskoot groeprings skiet waarvan meer as vyftig persent kleiner as 25mm op 100m is, kan ek 'n bepaalde afleiding maak. As ek alternatiewelik dieselfde doen en ek kry sleg 10% groeperings wat kleiner as 25mm is op 100m, kan ek weer 'n alternatiewe afleiding maak.470rigby wrote:Wat die groeperings by die pro-am skiet aanbetref, ek was nog nie daar nie, maar ek verneem dis 3 skoot groepe. Statisties beteken dit niks, ek het al 2mm groepe gekry met 3 skote met gewere wat normaalweg 35mm skiet.
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
- Laurence J. Peter
- BLOK
- Hero Member

- Posts: 5982
- Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm
Re: PMP Probleme in die algemeen
Armand9 wrote:Kan iemand nie vir PMP wys hoe om 'n v-max te copy nie. Hulle sal geld maak nou!
Ons was daar het die voorstel gemaak ook. Hulle het gese daar is nie mark nie en dat te min plaaslik verkoop sou word. Op ons aanvraag oor hoeveel koels per jaar verkoop moet word om die vervaardigings kostes te dek en hulle antwoord daarop kom ons net tussen die persone wat teenwoordig was meer as dubbeld die hoeveelheid opmaak vir die regverdiging.
Dit was nou al seker twee jaar terug en nogsteeds het hul geen terugvoering hier op die forum kom gee soos hul beloof het nie.
Dit het my laat wonder is die mense werklik hardu vir besigheid en navorsing oor dit te doen.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"
204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"

- VdWalt
- Hero Member

- Posts: 3412
- Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm
Re: PMP Probleme in die algemeen
Ek het na aanleiding van sy post op die forum vir JCM
'n pm gestuur op die 23ste April.
Hy het hom nog nie eers gelees nie.....
'n pm gestuur op die 23ste April.
Hy het hom nog nie eers gelees nie.....
-
470rigby
- Hero Member

- Posts: 572
- Joined: Tue Feb 18, 2014 7:00 am
Re: PMP Probleme in die algemeen
Jy's reg Johan, maar as jy net een drieskoot groep skiet, soos wat hulle doen, beteken dit niks
-
Carl
- Hero Member

- Posts: 4793
- Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Re: PMP Probleme in die algemeen
Ek sien in die uitslae van die laaste 2 kompetisies was die 270W (Bethal) en die 303BR (?) die wen geweer. Met die inherente akkurate kaliber erens op posisie 3 of 5. Hier is duidelik groot fout!
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution

- fanie.myburgh
- Sr. Member

- Posts: 497
- Joined: Fri May 30, 2014 4:51 pm
Re: PMP Probleme in die algemeen
My pa het n nuwe 223 Howa gekoop, ons het toe drie pakkies pmp patrone gekoop, hy wil nie nuwe doppe koop en dit relaai nie. Hy het laas naweek paar springbokke gaan skiet en die patrone van die een pakkie het die slagdoppies stukkend geslaan. Daar was nie meer recoil op die geweer nie en ook nie fout met die akkuraatheid nie. as hy net die dop uithaal sien hy die slagdoppie is stukkend. ek sal kyk of hy vir my fotos kan aanstuur.
wat dink julle kan dit wees??
wat dink julle kan dit wees??
- Geno
- Administrator

- Posts: 13645
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: PMP Probleme in die algemeen
Paar manne hier al oorgekom. Toemaar, PMP sal sê die fout lê by die wapen.fanie.myburgh wrote:My pa het n nuwe 223 Howa gekoop, ons het toe drie pakkies pmp patrone gekoop, hy wil nie nuwe doppe koop en dit relaai nie. Hy het laas naweek paar springbokke gaan skiet en die patrone van die een pakkie het die slagdoppies stukkend geslaan. Daar was nie meer recoil op die geweer nie en ook nie fout met die akkuraatheid nie. as hy net die dop uithaal sien hy die slagdoppie is stukkend. ek sal kyk of hy vir my fotos kan aanstuur.
wat dink julle kan dit wees??
Goed, beter, 6millimeter!
- Philip J
- Hero Member

- Posts: 925
- Joined: Fri Mar 14, 2014 8:58 pm
Re: PMP Probleme in die algemeen
Hallo almal.
Ek moet net my stuiwer ook in die armbeurs gooi.
Toe ek begin herlaai het vir my 6mm Musgrave het ek op dieselfde dag ook 'n groep geskiet met PMP patrone (bruin boksie), net om te sien of die hele "hype" rondom herlaai die waarheid was.
Wonder bo wonder het my eie (heel eerste) selfgelaaide patrone 'n heel respektabele 18mm groep gegee. En die PMP? 'n Volle 73mm!
Nodeloos om te sê, maar ek was oortuig. 'n Jaar of wat terug, moes ek 'n bees met 'n gebreekte been in die veld gaan skiet. Het kort tevore 'n pakkie PMP patrone gekoop omdat ek nog doppe wou hê en nie doppe alleen kon in die hande kry nie. Dog toe ek gaan sommer die bees met 'n PMP klop, dan spaar ek op my herlaaide patrone. Die skoot was raak, reg op die kroontjie. Groot was my verbasing toe die bees neerslaan, maar amper dadelik weer opstaan. Deur die teleskoop kon ek duidelik die merk van die koeel op die kop sien, maar geen bloed nie. Nadat ek die bees met 'n Hornady neer gesit het, het ek koeel fragmente onder die bees se kopvel gekry, maar geen penetrasie deur die skedel nie.
Net om die finale spyker in die kis te slaan, het ek nou my patrone gaan weeg. As ek aanvaar Hornady se punte weeg darem naby aan dieselfde, en dat ek die kruit reg afgeweeg het (redelik seker daarvan), dan verskil PMP se doppe met soveel as 9 grein van mekaar. Geen wonder die groeperings wil nie mooi reg kom nie.

Groetnis
Philip
Philip
- Ratel
- Hero Member

- Posts: 1879
- Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm
Re: PMP Probleme in die algemeen
Weet dis 'n ou draad die maar die vet weet Phillemon Maak Patrone moet hulle QA agter mekaar kry. Het onlangs twee pakkies 223 rak ammo geskiet om doppe te maak (
) Drie mis fires uit veertig rondtes. Een het die slagdoppie gebars en rook by die grendel uit laat kom. Twee rondtes wou nie nie vuur nie, Dit blyk dat die slagpen die doppie net merk (te harde slagdop). Nodeloos om te se na dese glo ek PMP is net goed vir een ding. NIKS.
Maak 'n verskil
-
wlm
- Hero Member

- Posts: 2454
- Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm
Re: PMP Probleme in die algemeen
PhilipPhilipJ wrote:Hallo almal.
Ek moet net my stuiwer ook in die armbeurs gooi.
Toe ek begin herlaai het vir my 6mm Musgrave het ek op dieselfde dag ook 'n groep geskiet met PMP patrone (bruin boksie), net om te sien of die hele "hype" rondom herlaai die waarheid was.
Wonder bo wonder het my eie (heel eerste) selfgelaaide patrone 'n heel respektabele 18mm groep gegee. En die PMP? 'n Volle 73mm!
Nodeloos om te sê, maar ek was oortuig. 'n Jaar of wat terug, moes ek 'n bees met 'n gebreekte been in die veld gaan skiet. Het kort tevore 'n pakkie PMP patrone gekoop omdat ek nog doppe wou hê en nie doppe alleen kon in die hande kry nie. Dog toe ek gaan sommer die bees met 'n PMP klop, dan spaar ek op my herlaaide patrone. Die skoot was raak, reg op die kroontjie. Groot was my verbasing toe die bees neerslaan, maar amper dadelik weer opstaan. Deur die teleskoop kon ek duidelik die merk van die koeel op die kop sien, maar geen bloed nie. Nadat ek die bees met 'n Hornady neer gesit het, het ek koeel fragmente onder die bees se kopvel gekry, maar geen penetrasie deur die skedel nie.
Net om die finale spyker in die kis te slaan, het ek nou my patrone gaan weeg. As ek aanvaar Hornady se punte weeg darem naby aan dieselfde, en dat ek die kruit reg afgeweeg het (redelik seker daarvan), dan verskil PMP se doppe met soveel as 9 grein van mekaar. Geen wonder die groeperings wil nie mooi reg kom nie.
Dis PMP se varmint-koeels, Cassie kla verniet dit is reeds beskikbaar.
- Ratel
- Hero Member

- Posts: 1879
- Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm
Re: PMP Probleme in die algemeen
Ja nee ek het agter gekom daai PMP 223 rondtes is 'n jakkals se beste vriend.wlm wrote:PhilipPhilipJ wrote:Hallo almal.
Ek moet net my stuiwer ook in die armbeurs gooi.
Toe ek begin herlaai het vir my 6mm Musgrave het ek op dieselfde dag ook 'n groep geskiet met PMP patrone (bruin boksie), net om te sien of die hele "hype" rondom herlaai die waarheid was.
Wonder bo wonder het my eie (heel eerste) selfgelaaide patrone 'n heel respektabele 18mm groep gegee. En die PMP? 'n Volle 73mm!
Nodeloos om te sê, maar ek was oortuig. 'n Jaar of wat terug, moes ek 'n bees met 'n gebreekte been in die veld gaan skiet. Het kort tevore 'n pakkie PMP patrone gekoop omdat ek nog doppe wou hê en nie doppe alleen kon in die hande kry nie. Dog toe ek gaan sommer die bees met 'n PMP klop, dan spaar ek op my herlaaide patrone. Die skoot was raak, reg op die kroontjie. Groot was my verbasing toe die bees neerslaan, maar amper dadelik weer opstaan. Deur die teleskoop kon ek duidelik die merk van die koeel op die kop sien, maar geen bloed nie. Nadat ek die bees met 'n Hornady neer gesit het, het ek koeel fragmente onder die bees se kopvel gekry, maar geen penetrasie deur die skedel nie.
Net om die finale spyker in die kis te slaan, het ek nou my patrone gaan weeg. As ek aanvaar Hornady se punte weeg darem naby aan dieselfde, en dat ek die kruit reg afgeweeg het (redelik seker daarvan), dan verskil PMP se doppe met soveel as 9 grein van mekaar. Geen wonder die groeperings wil nie mooi reg kom nie.
Dis PMP se varmint-koeels, Cassie kla verniet dit is reeds beskikbaar.
Maak 'n verskil
- Philip_R
- Hero Member

- Posts: 613
- Joined: Tue Jul 23, 2013 12:22 pm
Re: PMP Probleme in die algemeen
Het vrydag oggend n groot bobbejaan mannetjie op 150m met n 300gr pmp soft uit my .375 H&H geskiet, skoot was mooi in die bors maar ek was erg verbaas dat hy nie eers deur die bob is nie.
Gelukkig was dit nie 'n bwb of eland nie, daar is nie n manier hoe daardie punt iets grooter behoorlik sou dood nie. Ek is seker n oordentlike 243 punt sou beter penetreer het.
[IMG]//images.tapatalk-cdn.com/15/08/11 ... f7e669.jpg[/IMG]

As jy nie iets met "Force" regkry nie, Gebruik jy nie genoeg "Force" nie....
Musgrave 375 H&H,
Howa .308 Win
Krico 223 Rem
Musgrave 375 H&H,
Howa .308 Win
Krico 223 Rem
-
PietBe
- Newbie

- Posts: 29
- Joined: Tue Apr 22, 2014 6:14 am
Re: PMP Probleme in die algemeen
PMP kwaliteit is nie meer wat dit was nie. Ek het vandag 4 uit 10 primers "duds" gehad
- Boersonderroer
- Sr. Member

- Posts: 346
- Joined: Fri Nov 14, 2014 7:01 pm
Re: PMP Probleme in die algemeen
Ek het so week gelede my laaste paar ProAmm winkel patrone uit geskiet en op die laaste een wou die slot nie oop maak na die skoot geloop het nie. Moet se die recoil was ook heelwat meer wat my laat wonder het of daai patroon nie dalk bietjie oor max gelaai was nie.
7x64 Brenneke CZ 550 Lux
204 Ruger Howa Stainless Bull
12ga Mossberg 500
.22LR Stevens
9mm P CZ P-07 Gen2
204 Ruger Howa Stainless Bull
12ga Mossberg 500
.22LR Stevens
9mm P CZ P-07 Gen2
-
308Win
- Sr. Member

- Posts: 493
- Joined: Sun May 12, 2013 1:15 pm
Re: PMP Probleme in die algemeen
Nie net dood nie. Ook duurder as CCI R80/100. PMP s'n R120/100PietBe wrote:PMP kwaliteit is nie meer wat dit was nie. Ek het vandag 4 uit 10 primers "duds" gehad
- Fanta300
- Hero Member

- Posts: 3627
- Joined: Wed Jan 23, 2013 9:38 pm
Re: PMP Probleme in die algemeen
Waar koop jy CCI teen daai prys?
Lynx 300WM, Musgrave .308 Plank , BSA .303, Stevens .22, Howa .308, Musgrave .308, S&W.38 Sp, Beretta .22 Pistool, Shadow12Br Semi., BRNO 375 H&H. CZ 75 Compact, BRNO (Mod 2) .22, BRNO ZKK 270Win, CZ 243W.
-
Johan Nel
- Hero Member

- Posts: 2173
- Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm
Re: PMP Probleme in die algemeen
Waar koop jy PMP teen daai prys? Jy word gerook!!