Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Yip net soos JB se, my 87gr is nou kaput, nou gebruik ek die 75gr V maxe. Nog nie veel met hul geskiet nie, nog net een jakkie, wil vir my voorkom of hul "DALK" 'n krommer trajek het as die 87gr.
Sluk ook maar swaar aan daardie ene, miskien van 550m af, as dit vroer gebeur moet jy RED BULL gooi pappa, daai 75's loop soos die wind.
Ek spot sommer oor die 75gr se trajek. Hul loop soos 'n haai met 'n hout katrol. Soos 'n parafien jet. Net so 'n vaal rookie agter sy gat.
YIP! die 87gr het ek altyd so 3350fps gestoot.
Tans gooi ek 52gr S361 in 'n Win dop met FED 215 magnum primers saam die 75gr V maxe. Spoed is net onder die 3500fps. Lekker plat trajek. O ja, my chrony is nie gekook nie, en ek lees hom reg. Het vanoogend die .308 deur hom geskiet om te double check en hy meet 'n korrekte 2750fps met die 155gr .30kal match punte.
Ou Taff. As ek daar by die gun shop kom en hul het koele dan vat ek wat ek kan kry. Kon laas nie 87 V maxe kry nie toe vat ek die laaste 4 pakkies 75 gr's. Hul lyk my tog te oulik. Ander aand 'n jakkie met die 75 gestamp, oo la la lekker flenters, die woef se baadjie.
As daar nou 'n koe?l is vir 'n 243, dan is dit 'n 75Vmax. Ek het basies wat beskikbaar is in 'n 243 geskiet, maar geen koe?l maak my so bly soos 75Grein Vmax nie. Kan hulle net nie altyd in die hande kry nie. Nie die akkuraatste nie, maar die mooiste trajek.
Ek is nie spoedvraat nie, maar kry darem so 3650fps op hulle.
Mooiloop
As ek mag ,moet nie bang wees vir die 68gr Bergers nie,loop soos stroop.Het nog n paar 87 gr V Max(400) maar gooi nou die Bergers ,loop so lekker ek het nog n 1000 bestel.
Hallo Manne
Ek hoop almal het n wonderlike Kersfees gehad!
Ek het met Dok gepraat en ons moet so bietjie begin kyk weer na n datum vir ons toetsie. Ek het nie veel op die skinkbord vir Januarie nie so laat weet maar hoe lyk julle dinge.
dis lekker dik van die sneeu hier in new york. gistraand 2ft sneeu hier geval!!
wout, bly om te hoor ons toets is nog aan! ek sien nou al uit om uit hierie koue plek uit te kom en trug wa dit warm is en wa n man kan braai... jusss, mis ek nou die huis...
julle moet gooi met daai datums, daai arme drifter van my se gat jeuk seker al kwai om weer n grondpad te vat!! hy ken juis dai mareetsane - piet plessis pad uit sy kop uit! as hy da verby annelie se drankwinkel stoot slat hy oor autopilot toe!!
my gewig is nog agter die impalas met goeie doodmaakvermoee op mediumwild met minimale vleisskade. dalk moet ons spanne opmaak voor die tyd, lat ons weet waar le die manne se 'allegance' voor die tyd! hehe!
Ek staan steeds agter die Impala punte, so ja, sit my in die Impala span En as hul nie werk nie ?? dan sal ek maar my kop in skaamte moet laat sak en berus by die feite. Maar tot dan is ek 'n Impala man.
Welkom terug ou maat. Hoop julle het n lekker tydtjie gehad!
My jongste word drie en my skoonsus se ooievaarspartytjie is op die 29. Ek het niks aan die gang op die 5 Feb nie, so dis reg met my. Kom ons hoor wat se die ander manne.
Groete
Wout
Die datums is vir my uit soos daai koekies wat jul ken. 15 Jan Komp skiet. 22 Jan span oefening vir streeks skiet komp. 29 Jan streeks span skiet komp. My boude is vas. Jul sal dus sonder my moet gaan klippe stoot.
Ek sien uit na hierdie hoogs wetenskaplike eksperiment. Volg die post van die begin af. Soos die Ingilsman s? "The proof is in the eating."Iemand moet mooi asseblief die feite op kamera vasl? dat ons die onteenseglike bewyse kan sien.
Nou goed kerels
Stel voor van die Donderdag na die Sondag? Johan kan jy al se hoe jou dinge gaan loop? Ek glo jy gaan die bepalende faktor wees.
Daan, Stef het n punt beet daar! Wat het van Sondagjeuk geword? Dok sal dit reg wees as jy vir Johan by Lanseria kan optel, of moet Geno dit doen, hy is ook naby?
laat weet maar.
Wout
Al my naweke of prop vol. Belowe. Ek het net die komende naweek oop. Die naweek van die 5de Feb is hier 'n jak jag kursus by my oppie plaas.
Jul maters sal moet gaan sports maak sonder my, alhoewel my lus behoorlik uithang vir die Impala toets.
Jul het wel my volle ondersteuning, en ek glo steeds in die Impala punte. Ou Stefan, sorg net dan jou kettie "flat out" hol. Daai punte soek BAIE fps om te job.
Ek lees met groot aandag die plasings t.o.v. die artikel
O gonna, smaak my my span (Impala span) raak nou dunnerig... Daan dankie dat jy dam in "gees" daar gan wees ma dit sou gehelp het as jy daar was en moed ingepraat het...lyk my nou ek sal die skoot moet aftrek...
Nou hoe staan die spanne? Wout, waar le jy? En jy Geno? En Johan?
Ek stel my Drifter beskikbaar vir vervoer. Johan jy moet net laat weet of land jy op Jan Smuts of op Lanseria, sal jou optel. Reg so met die ander manne?
Danie, sal die Impalas 110gr reg wees teen so 3145f/s of moet ons hom nog meer aanjaag?
Manne
Kom ons doop die Impala-span die Alpha-span en die manne daarteen die Bravo-span en ons opserveerders die Whiskey-span(hoop dis reg so met jou Geno, as jy nog nie met hom te doen gehad het nie sal jy hom verseker ken na die naweek, die "Keep on Walking-span"!). Stefaans, Oom Jo van die druiwe is mos ook n Impala man, ons kort nou nog net n man teen(Bravo-span) wat vir Dok sal bystaan, sal met my broer praat. Stefaans, jy is welkom om met jou drifter tot hier(Lichtenburg) te en hom dan te los by die Mazda(Western Auto) om die nodige olie in te tap en ratteles uit te sort vir die pad terug. Ek sal maar nog n Toyota beskikbaar stel. Stel voor elke span vat n ete of twee(is dan veratwoordilik vir die maak en voorsiening van daai ete) Die Whiskey-span sal Saterdag middag/aand vir n skaapbladskenkel swartpot aanbied vir julle genot(hoop dit is reg so Geno).
Ek stel n Blesbok/Rooibokram tot die beskikking van die toetsie beskikbaar en julle is welkom om nog te skiet vir julle self na hartelus. Soos ek laas gese het is jakkalse, rooikatte, luiperds, bruin hayhena, bobbejane is op die huis. Daar is ook n volledige vleisverwerkingsfaseliteit indien iemand sy goed daar wil bewerk.
Groete
Whiskey-Wouter uit!