Impala punte vir JAG

Post Reply

Is die IMPALA, as n ligte "solid", dodelik genoeg op ver afstande met minimale vleisskade?

Nee - met ondervinding (nie die skut se skuld!!)
4
9%
Nee - net my raaiskoot, geen ondervinding
3
7%
Nee - my mening (sonder Jag-ondervinding) na eie toetse en navorsing
3
7%
Ja - met ondervinding en faktore soos genoegsame spoed
10
23%
Ja - net my raaiskoot
6
14%
Ja - my mening (sonder Jag-ondervinding) na eie toetse en navorsing
2
5%
Neutraal - ek stel nie belang nie
1
2%
Neutraal - ek wag op die uitslag van die JARACAL Forum se toets op die IMPALA's
14
33%
 
Total votes: 43

User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Impala punte vir JAG

Post by Francois Marais »

Taffie/Danie
Yip  net soos JB se, my 87gr is nou kaput, nou gebruik ek die 75gr V maxe. Nog nie veel met hul geskiet nie, nog net een jakkie, wil vir my voorkom of hul "DALK" 'n krommer trajek het as die 87gr.
Sluk ook maar swaar aan daardie ene, miskien van 550m af, as dit vroer gebeur moet jy RED BULL gooi pappa, daai 75's loop soos die wind.

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
Danie Lombard .243

Re: Impala punte vir JAG

Post by Danie Lombard .243 »

BWHA HA HA!!!

Jul twee ou grap makers Taff en FM.


Ek spot sommer oor die 75gr se trajek. Hul loop soos 'n haai met 'n hout katrol. Soos 'n parafien jet. Net so 'n vaal rookie agter sy gat.


YIP! die 87gr het ek altyd so 3350fps gestoot.

Tans gooi ek 52gr S361 in 'n Win dop met FED 215 magnum primers saam die 75gr V maxe. Spoed is net onder die 3500fps. Lekker plat trajek. O ja, my chrony is nie gekook nie, en ek lees hom reg. Het vanoogend die .308 deur hom geskiet om te double check en hy meet 'n korrekte 2750fps met die 155gr .30kal match punte.

Ou Taff.  As ek daar by die gun shop kom en hul het koele dan vat ek wat ek kan kry. Kon laas nie 87 V maxe kry nie toe vat ek die laaste 4 pakkies 75 gr's. Hul lyk my tog te oulik. Ander aand 'n jakkie met die 75 gestamp, oo la la lekker flenters, die woef se baadjie.


Mooi gaan.
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13648
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Impala punte vir JAG

Post by Geno »

Oom Taffie, jammer, maar ek moet oom bietjie gas gee...
tafjak wrote: 3500fpd
Ook net 'n .243 wat so stadig skiet.
Die "fpd" is seker afkorting vir "feet per day"  :D
My ou 308 gooi dan seker so 2800 voet per jaar. ;)

Mooitik,

Eugene
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Impala punte vir JAG

Post by tafjak »

Danie

As daar nou 'n koe?l is vir 'n 243, dan is dit 'n 75Vmax. Ek het basies wat beskikbaar is in 'n 243 geskiet, maar geen koe?l maak my so bly soos 75Grein Vmax nie. Kan hulle net nie altyd in die hande kry nie. Nie die akkuraatste nie, maar die mooiste trajek.
Ek is nie spoedvraat nie, maar kry darem so 3650fps op hulle.
Mooiloop
Mooiloop en Geseende Kersfees!
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Impala punte vir JAG

Post by tafjak »

Geens
3500fpd
........ek sien jy slaap wakker! Ek laat ook nie sulke kanse verby gaan nie! :D
Mooiloop en Geseende Kersfees!
User avatar
Namib
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 255
Joined: Thu Mar 04, 2010 12:04 am

Re: Impala punte vir JAG

Post by Namib »

More julle

Is ons nie op die Impala punte nie? :D :D :D :D :D ;D

As ek mag ,moet nie bang wees vir die 68gr Bergers nie,loop soos stroop.Het nog n paar 87 gr V Max(400) maar gooi nou die Bergers ,loop so lekker ek het nog n 1000 bestel.

Sterkte
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7559
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Impala punte vir JAG

Post by Wouter Roets »

Hallo Manne
Ek hoop almal het n wonderlike Kersfees gehad!

Ek het met Dok gepraat en ons moet so bietjie begin kyk weer na n datum vir ons toetsie. Ek het nie veel op die skinkbord vir Januarie nie so laat weet maar hoe lyk julle dinge.

Groete

Wout
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Impala punte vir JAG

Post by Stefan764 »

naand maats!

dis lekker dik van die sneeu hier in new york. gistraand 2ft sneeu hier geval!!

wout, bly om te hoor ons toets is nog aan! ek sien nou al uit om uit hierie koue plek uit te kom en trug wa dit warm is en wa n man kan braai... jusss, mis ek nou die huis...

julle  moet gooi met daai datums, daai arme drifter van my se gat jeuk seker al kwai om weer n grondpad te vat!! hy ken juis dai mareetsane - piet plessis pad uit sy kop uit! as hy da verby annelie se drankwinkel stoot slat hy oor autopilot toe!!

my gewig is nog agter die impalas met goeie doodmaakvermoee op mediumwild met minimale vleisskade. dalk moet ons spanne opmaak voor die tyd, lat ons weet waar le die manne se 'allegance' voor die tyd! hehe!

groetnis vanuit die states
stef
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
Danie Lombard .243

Re: Impala punte vir JAG

Post by Danie Lombard .243 »

Goed so Stefan


Ek staan steeds agter die Impala punte, so ja, sit my in die Impala span  En as hul nie werk nie ??  dan sal ek maar my kop in skaamte moet laat sak en berus by die feite. Maar tot dan is ek 'n Impala man. :D



Mooi gaan

Danie
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7559
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Impala punte vir JAG

Post by Wouter Roets »

Manne hoe lyk die naweek van die 22 Januarie vir julle? PM my maar.
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Impala punte vir JAG

Post by Stefan764 »

Wout

Hoe lyk 29 Jan of 5 Feb?

Die 22e Jan is nog bietjie taai, die vakansie het my bankbalans lelik geknyp...

Stef
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7559
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Impala punte vir JAG

Post by Wouter Roets »

Hallo Stef

Welkom terug ou maat. Hoop julle het n lekker tydtjie gehad!
My jongste word drie en my skoonsus se ooievaarspartytjie is op die 29. Ek het niks aan die gang op die 5 Feb nie, so dis reg met my. Kom ons hoor wat se die ander manne.
Groete
Wout
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13648
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Impala punte vir JAG

Post by Geno »

Die 5de klink reg vir my ook, hopelik teen daardie tyd is die .25-06 se liksens ook goedgekeur.
Stefaans, onthou, ek sit links voor!

Groete,
Eugene
Goed, beter, 6millimeter!
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Impala punte vir JAG

Post by Stefan764 »

Ek ook dan in vir die 5e.

Danie, Dok en Johan, hoe lyk die datum vir julle?

Dan ook, wie laai die impalas? Watter ander koele gan ons gebruik vir die oposisie?

Ek stel voor die oposisie word gelei deur Jagtersdok en ons Impis word gelei deur Danie. Het ek n sekondant?
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
Danie Lombard .243

Re: Impala punte vir JAG

Post by Danie Lombard .243 »

Beste Imapala komisie van ondersoek span.


Die datums is vir my uit soos daai koekies wat jul ken. 15 Jan Komp skiet. 22 Jan span oefening vir streeks skiet komp. 29 Jan streeks span skiet komp. My boude is vas. Jul sal dus sonder my moet gaan klippe stoot.

Impala groete

Danie
User avatar
spekieries
Hero Member
Hero Member
Posts: 1240
Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm

Re: Impala punte vir JAG

Post by spekieries »

Ek sien uit na hierdie hoogs wetenskaplike eksperiment. Volg die post van die begin af. Soos die Ingilsman s? "The proof is in the eating."Iemand moet mooi asseblief die feite op kamera vasl? dat ons die onteenseglike bewyse kan sien.

Groete
jmb

Re: Impala punte vir JAG

Post by jmb »

Ek sal sorg dat ek die 5de beslis maak.
User avatar
KSV
Hero Member
Hero Member
Posts: 1386
Joined: Wed Nov 25, 2009 11:02 am

Re: Impala punte vir JAG

Post by KSV »

Julle planne suck!

Ek het dan nou kursus gereel vir daai naweek.

Maak mooi!
Hein
Mooiloop!
Hein van Kathu
[glow]Kalahari Sands Varminting[/glow]
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: Impala punte vir JAG

Post by Jagtersdok »

Ek sal sorg vir die 5de dis sharp!
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Impala punte vir JAG

Post by Stefan764 »

Danie .243 wrote: 15 Jan.... 22 Jan .... 29 Jan
Oom Daan, hoe lyk my dan nou jys die 5e oop??  ;)



@ Hein

Skuus maat...sal maar vir oom Piet se Delmas kursus naby die huis moet gaan...


Groete
Stef
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7559
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Impala punte vir JAG

Post by Wouter Roets »

Nou goed kerels
Stel voor van die Donderdag na die Sondag? Johan kan jy al se hoe jou dinge gaan loop? Ek glo jy gaan die bepalende faktor wees.
Daan, Stef het n punt beet daar! Wat het van Sondagjeuk geword? Dok sal dit reg wees as jy vir Johan by Lanseria kan optel, of moet Geno dit doen, hy is ook naby?
laat weet maar.
Wout
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
Danie Lombard .243

Re: Impala punte vir JAG

Post by Danie Lombard .243 »

Ai maters :-[ :'(


Al my naweke of prop vol. Belowe. Ek het net die komende naweek oop. Die naweek van die 5de Feb is hier 'n jak jag kursus by my oppie plaas.

Jul maters sal moet gaan sports maak sonder my, alhoewel my lus behoorlik uithang vir die Impala toets. ;)

Jul het wel my volle ondersteuning, en ek glo steeds in die Impala punte. Ou Stefan, sorg net dan jou kettie "flat out" hol. Daai punte soek BAIE fps om  te job.


Ek lees met groot aandag die plasings t.o.v. die artikel

Danie
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Impala punte vir JAG

Post by Stefan764 »

O gonna, smaak my my span (Impala span) raak nou dunnerig... Daan dankie dat jy dam in "gees" daar gan wees ma dit sou gehelp het as jy daar was en moed ingepraat het...lyk my nou ek sal die skoot moet aftrek...

Nou hoe staan die spanne? Wout, waar le jy? En jy Geno? En Johan?

Ek stel my Drifter beskikbaar vir vervoer. Johan jy moet net laat weet of land jy op Jan Smuts of op Lanseria, sal jou optel. Reg so met die ander manne?

Danie, sal die Impalas 110gr reg wees teen so 3145f/s of moet ons hom nog meer aanjaag?


7x64, Impala (en Hornady  ;D ) groete,
Stef
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13648
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Impala punte vir JAG

Post by Geno »

Stefaans,
Jy weet ek's oopkop oor sulke goed. Ek sal die kamera werk doen, het 'n lekker video kamera gekry ;)
So ek sal in die neutral span sit.

Groete,
Eugene
Goed, beter, 6millimeter!
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7559
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Impala punte vir JAG

Post by Wouter Roets »

Manne
Kom ons doop die Impala-span die Alpha-span en die manne daarteen die Bravo-span en ons opserveerders die Whiskey-span(hoop dis reg so met jou Geno, as jy nog nie met hom te doen gehad het nie sal jy hom verseker ken na die naweek, die "Keep on Walking-span"!). Stefaans, Oom Jo van die druiwe is mos ook n Impala man, ons kort nou nog net n man teen(Bravo-span) wat vir Dok sal bystaan, sal met my broer praat. Stefaans, jy is welkom om met jou drifter tot hier(Lichtenburg) te en hom dan te los by die Mazda(Western Auto) om die nodige olie in te tap en ratteles uit te sort vir die pad terug. Ek sal maar nog n Toyota beskikbaar stel. Stel voor elke span vat n ete of twee(is dan veratwoordilik vir die maak en voorsiening van daai ete) Die Whiskey-span sal Saterdag middag/aand vir n skaapbladskenkel swartpot aanbied vir julle genot(hoop dit is reg so Geno).
Ek stel n Blesbok/Rooibokram tot die beskikking van die toetsie beskikbaar en julle is welkom om nog te skiet vir julle self na hartelus. Soos ek laas gese het is jakkalse, rooikatte, luiperds, bruin hayhena, bobbejane is op die huis. Daar is ook n volledige vleisverwerkingsfaseliteit indien iemand sy goed daar wil bewerk.
Groete
Whiskey-Wouter uit!
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
Post Reply