PMP Probleme in die algemeen

Post Reply
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: PMP Probleme in die algemeen

Post by BRNO (Pierre) »

470rigby wrote:Pierre, jy moet versigtig wees dat daardie CP1 nie in jou holster afgaan nie, het jy die destydse gratis modifikasie laat doen? So by 1997 se kant deur Vektor aangebied.
Beide myne is gedoen ja, dankie. Die hele storie van die skoot wat afgegaan het, het darrem nou ook al kleintjies gekry. die ou wat homself in die voet geskiet het, en daar was slegs een so n insident, het met die pistool gepeuter.
Veiligheid eerste manne!
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1875
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm

Re: PMP Probleme in die algemeen

Post by Alwin »

Behalwe vir die kwaliteitsbeheer, is daar die prysstruktuur, wat vir my heeltemal te wonderbaar is. As ek nou die koste bereken vir 'n PMP dop, PMP slagdop en PMP koeël, met Somchem dryfmiddel, dan kos die komponente my meer as die kompleet fabrieksgelaaide patroon. Dit geld vir al die kalibers. Hoe word die pryse nou einlik bereken?

By die laaste Pro-Amm groepering-skietkompetisie se prysuitdeling, toe vra die bemarker (sal maar nie name noem nie...) dat ons hulle asseblief moet ondersteun. Daar was nie juis vraetyd nie, anders het ek gevra of ons nie maar mekaar wedersyds kan ondersteun nie. Maar hy neem seker nie die besluite nie. Is ook maar net te dankbaar vir 'n werksgeleentheid?
User avatar
Rommel
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 251
Joined: Wed Nov 27, 2013 5:15 pm

Re: PMP Probleme in die algemeen

Post by Rommel »

Vriend bring vandag sy nuwe geweer dat ek vir hom loop kan inbreek en ook inskiet. Dis n Tikka in 30-06. Na n paar gespreke telefonies het ek hom gevra om asb nie PMP ammo te bring nie oor ek al self daarmee gesukkel het. Hy kom hier aan met net dit, PMP. Na die loop se inbreek, en ek moet sê ons het met elke skoot probeer om te kyk hoe naby ons die gate aan mekaar kan sit- wishfull thinking! Na die inbreek, begin ons nou 'ernstig' om n redelike groepering te kry en sodoende die geweer ge-zero te kry! Ha, niks maak nie, die skote lê n hele 20L drommetjie vol op 100m! Kleinste groepering wat ek kon kry is n 60mm groepering op 50m!! Skroewe, mounts, als na gegaan deur die hele proses! Van die doppe wys tekens van druk en die slot maak nie toe op hulle almal nie. Hy is taamlik mismoedig hier weg, en dis te verstane, sy eerste geweer en eerste skietslag n groot boggerop!

Hom maar gesê hy moet maar ander 'brand' ammo kry dan probeer ons weer! Dis n blêrrie skande dat n produk van sulke swak gehalte nog op die rakke is! Ek weet nie wat en wanneer dit beginne neuk het daar in hul fabriek nie!? 6jaar terug voor my pa begin self herlaai het het sy 30-Odd die een sitter op die ander gesit met hulle...maar nou, nee oh dooiedaspoot!
Zack Benade

Re: PMP Probleme in die algemeen

Post by Zack Benade »

By die laaste Pro-Amm groepering-skietkompetisie se prysuitdeling, toe vra die bemarker (sal maar nie name noem nie...) dat ons hulle asseblief moet ondersteun. Daar was nie juis vraetyd nie, anders het ek gevra of ons nie maar mekaar wedersyds kan ondersteun nie. Maar hy neem seker nie die besluite nie. Is ook maar net te dankbaar vir 'n werksgeleentheid?
Kruisig my maar ek wil dit graag sê:
Daar is 181 reply's op hierdie draad oor hoe sleg PMP is. Oor die meeste stem ek saam.
'n Ding wat ek nie verstaan nie en julle is welkom om my reg te help.

Hoekom is daar dan so baie manne wat kla oor PMP wat deelneem aan die Pro -Amm skiet?
As julle dan so gal braak oor PMP hoekom staan hierdie manne dan eerste in die lyn om PMP ammo te probeer?

Ek persoonlik sal geen ammo probeer in my geweer as ek weet dit sal nie super akkurate resultate gee nie, al kry ek dit verniet.
Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2173
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm

Re: PMP Probleme in die algemeen

Post by Johan Nel »

Dat daar wel probleme is, wil ek nie wegredeneer mie, maar ek het ook onlangs weer na die lys met die resultate van die twintig beste groeperings die afgelope jaar, en hierdie manne skiet groepe van enkele millimeters. Alles kan dus nie sleg wees nie...? Die kaliber wat die beste vaar is .308 Win.
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1875
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm

Re: PMP Probleme in die algemeen

Post by Alwin »

Zack Benade wrote: 'n Ding wat ek nie verstaan nie en julle is welkom om my reg te help.

Hoekom is daar dan so baie manne wat kla oor PMP wat deelneem aan die Pro -Amm skiet?
As julle dan so gal braak oor PMP hoekom staan hierdie manne dan eerste in die lyn om PMP ammo te probeer?

Ek persoonlik sal geen ammo probeer in my geweer as ek weet dit sal nie super akkurate resultate gee nie, al kry ek dit verniet.
So, jy weet hoe akkuraat die ammo in jou geweer is, nog voordat jy dit probeer het? Ek soek dringend jou toordokter se selnr... >:D
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1875
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm

Re: PMP Probleme in die algemeen

Post by Alwin »

Johan Nel wrote:Dat daar wel probleme is, wil ek nie wegredeneer mie, maar ek het ook onlangs weer na die lys met die resultate van die twintig beste groeperings die afgelope jaar, en hierdie manne skiet groepe van enkele millimeters. Alles kan dus nie sleg wees nie...? Die kaliber wat die beste vaar is .308 Win.
20 goeie groeperings, uit 2000+ probeerslae? So, die 1% uitsondering, is nou die bewys?

Gaan kyk liewers na al die uitslae. Die algehele gemiddelde groepe is nader aan 2", wat seker beter is as wat die gemiddelde geweer-eienaar kan gebruik in die veld. Daarom is hulle tevrede daarmee.
Zack Benade

Re: PMP Probleme in die algemeen

Post by Zack Benade »

338 LM
So, jy weet hoe akkuraat die ammo in jou geweer is, nog voordat jy dit probeer het? Ek soek dringend jou toordokter se selnr...
Ek skiet geen PMP ammo in my geweer nie , Punt. Dis seker hoekom alles uitwerk vir my. >:D
Ek is self die toordokter. Bel my.
My resep is geen PMP doppe om mee te begin. >:D
Tweedens geen PMP punte. Hulle BC is slegter as 'n ronde klip. PMP gee nie eers BC aan nie >:D
Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2173
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm

Re: PMP Probleme in die algemeen

Post by Johan Nel »

338LM wrote:
Johan Nel wrote:Dat daar wel probleme is, wil ek nie wegredeneer mie, maar ek het ook onlangs weer na die lys met die resultate van die twintig beste groeperings die afgelope jaar, en hierdie manne skiet groepe van enkele millimeters. Alles kan dus nie sleg wees nie...? Die kaliber wat die beste vaar is .308 Win.
20 goeie groeperings, uit 2000+ probeerslae? So, die 1% uitsondering, is nou die bewys?

Gaan kyk liewers na al die uitslae. Die algehele gemiddelde groepe is nader aan 2", wat seker beter is as wat die gemiddelde geweer-eienaar kan gebruik in die veld. Daarom is hulle tevrede daarmee.
Interessante vraag wat jy vra, 338LM. Sal interessant wees om al die uitslae te kry, die mediaan, normaal afwykings en al die statistiese data te bepaal en sien wat kom uit. Ek dink dit sal 'n realistiese aanduiding gee van die ammunisie. Ek wil wel opmerk dat 2 duim op honderd meter nie 'n probleem konstitueer nie, dit klink vir my binne norme. Die probleme wat op hierdie draad ge-opper word is die uitskieters, dit wat buite die normaal distrubisie van akkuraatheid sal val en verteenwoordig waarskynlik 'n klein persentasie van die algehele prestasie van die ammo, en dis my punt wat ek probeer maak met my aanvanklike stelling. Weereens se ek nie dat daar probleme opduik nie, daar is probleme ja, en ek wil niemand uithaal oor hy 'n klagte opper nie. Ek bevraagteken wel die 'blanket' aanhalings van 'alles' sleg en 'alles' fout met PMP. As ek kyk hoe moeilik bekombaar komponente op die oomblik raak, wonder ek wat die manne gaan maak as PMP al is wat beskikbaar is... >:D
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
Zack Benade

Re: PMP Probleme in die algemeen

Post by Zack Benade »

Johan

Jy haal 'n paar goeie punte aan. Ek glo 2" is goed vir die gemiddelde jagter. Ek wil my egter verstout deur te sê dat dit in die meeste gevalle meer die skut se skuld is as die ammo sin. Gaan let spesifiek op na die skuts op 'n Saterdag by die skietbaan. Dit vertel boekdele.

Ek sal persoonlik ophou skiet die dag as net PMP kompinente beskikbaar is. Ek het genoeg vertrasies in my werk en het die nie nog nodig by my ontspanning nie. Die ander ding is PMP se prys. Dit maak nie sin nie want hulle is soms duurder as die ander ingevoerde produkte. Gelukkig is daar B-tech punte, Impala , Rhino ens wat alternatiewe opsies bied.

Om PMP te ondersteun is soos Sasol ingooi in jou motor. Jy betaal baie duurder vir 'n produk wat in Gauteng vervaardig word was wat ingevoer word. Dan word die kwalitiet van die produk ook bevraagteken.
User avatar
VdWalt
Hero Member
Hero Member
Posts: 3412
Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm

Re: PMP Probleme in die algemeen

Post by VdWalt »

Johan Nel wrote:
338LM wrote: As ek kyk hoe moeilik bekombaar komponente op die oomblik raak, wonder ek wat die manne gaan
maak as PMP al is wat beskikbaar is... >:D
Nog steeds nie skiet nie want PMP weet nie daar is gewere wat 6.5mm koeels skiet nie....
Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2173
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm

Re: PMP Probleme in die algemeen

Post by Johan Nel »

Gelukkig is daar darem ander plaaslike opsies vir koeels, maar doppe is maar 'n probleem, en PMP het nie al die kalibers nie. My ervaring met PMP doppe is nou weer meer positief as hulle koeels. Ek stem ook saam, ek kan nie insien dat 'n plaaslik vervaardigde komponent duurder is as 'n ingevoerde produk nie, dis my ervaring met die doppe, waar Winchester, Remington en PMP omtrent on par is tov prys.
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
Beyers
Hero Member
Hero Member
Posts: 1409
Joined: Tue May 05, 2009 12:41 pm

Re: PMP Probleme in die algemeen

Post by Beyers »

Johan Nel wrote:
338LM wrote:
Johan Nel wrote:Dat daar wel probleme is, wil ek nie wegredeneer mie, maar ek het ook onlangs weer na die lys met die resultate van die twintig beste groeperings die afgelope jaar, en hierdie manne skiet groepe van enkele millimeters. Alles kan dus nie sleg wees nie...? Die kaliber wat die beste vaar is .308 Win.
20 goeie groeperings, uit 2000+ probeerslae? So, die 1% uitsondering, is nou die bewys?

Gaan kyk liewers na al die uitslae. Die algehele gemiddelde groepe is nader aan 2", wat seker beter is as wat die gemiddelde geweer-eienaar kan gebruik in die veld. Daarom is hulle tevrede daarmee.
Interessante vraag wat jy vra, 338LM. Sal interessant wees om al die uitslae te kry, die mediaan, normaal afwykings en al die statistiese data te bepaal en sien wat kom uit. Ek dink dit sal 'n realistiese aanduiding gee van die ammunisie. Ek wil wel opmerk dat 2 duim op honderd meter nie 'n probleem konstitueer nie, dit klink vir my binne norme. Die probleme wat op hierdie draad ge-opper word is die uitskieters, dit wat buite die normaal distrubisie van akkuraatheid sal val en verteenwoordig waarskynlik 'n klein persentasie van die algehele prestasie van die ammo, en dis my punt wat ek probeer maak met my aanvanklike stelling. Weereens se ek nie dat daar probleme opduik nie, daar is probleme ja, en ek wil niemand uithaal oor hy 'n klagte opper nie. Ek bevraagteken wel die 'blanket' aanhalings van 'alles' sleg en 'alles' fout met PMP. As ek kyk hoe moeilik bekombaar komponente op die oomblik raak, wonder ek wat die manne gaan maak as PMP al is wat beskikbaar is... >:D
OF GLAD NIE BESKIKBAAR IS NIE
Zack Benade

Re: PMP Probleme in die algemeen

Post by Zack Benade »

PMP sal hierdie stats wegsteek
Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2173
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm

Re: PMP Probleme in die algemeen

Post by Johan Nel »

Ek is besig om verder te swot en een van my vakke is Navorsingmetodologie. Deel van my werksopdragte is om sulke data te bekom en te verwerk. Ek gaan PMP skakel en hulle vra of hulle die uitslae van die laaste jaar se skietkompetisies sal beskikbaar maak. Kom ons kyk wat sê hulle.
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
Zack Benade

Re: PMP Probleme in die algemeen

Post by Zack Benade »

Pasop Johan
Hulle gaan jou omkoop met 2 pakkie ammo of hulle gaan jou hoof baanbeampte maak om die stats te kook. ++>:
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: PMP Probleme in die algemeen

Post by Carl »

Die manne met die "inherente akkurate kaliber" sal ook seker maak dat die inligting nie beskikbaar gestel word nie. ;)
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
wlm
Hero Member
Hero Member
Posts: 2454
Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm

Re: PMP Probleme in die algemeen

Post by wlm »

Dit grief my dat PMP as borg optree van die ProAm-kompetisie en dan kos dit jou 'n kleinhuisie vol geld om deel te neem.
User avatar
Louis Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1980
Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm

Re: PMP Probleme in die algemeen

Post by Louis Kriel »

Twee positiewe dinge, in 303 is PMP se doppe die beste bloot omdat hulle die langste neem om kopskeiding te ervaar. Ek het ook Winchester en Sellier en Bellot gebruik en dop leeftyd was die helfte van Phineas se patrone. Die pmp 80gr bruin pakkie in 243 win is vrek akkuraat in my nuwe Howa. Het hulle getry terwyl ek vir Redding dies gewag het.
gho
Full Member
Full Member
Posts: 131
Joined: Sun Jul 28, 2013 8:41 pm

Re: PMP Probleme in die algemeen

Post by gho »

Ek het self nou gesukkel om fabrieks PMP doppe te herlaai. Na al die prep en uitweeg en sny van doppe is daar omtrent 10% wat na "full lenght sizing" nie in die geweerkamer wil toemaak nie. Die res groepeer baie wisselvallig. Net gewonder: Die Pro-Amm kompetisie ammo, is dit dieselfde as wat kommersieel beskikbaar is?
Louis kon jy al Redding dies in die hande kry?
User avatar
Fanta300
Hero Member
Hero Member
Posts: 3627
Joined: Wed Jan 23, 2013 9:38 pm

Re: PMP Probleme in die algemeen

Post by Fanta300 »

wlm wrote:Dit grief my dat PMP as borg optree van die ProAm-kompetisie en dan kos dit jou 'n kleinhuisie vol geld om deel te neem.
As ek reg onthou was die inskrywingsgeld by die S&O Dangerous GameShoot R200 en dan moes jy jou eie ammunisie verskaf. PMP Skiet dag inskrywings is in die omgewing van R100 en PMP voorsien die ammunisie. Wat kos 6 rondtes van jou ammunisie deesdae. Onhou dan ook dat 'n deel van die inskrywingsfooi na die klub toe gaan wat die dag aanbied.
Lynx 300WM, Musgrave .308 Plank , BSA .303, Stevens .22, Howa .308, Musgrave .308, S&W.38 Sp, Beretta .22 Pistool, Shadow12Br Semi., BRNO 375 H&H. CZ 75 Compact, BRNO (Mod 2) .22, BRNO ZKK 270Win, CZ 243W.
Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2173
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm

Re: PMP Probleme in die algemeen

Post by Johan Nel »

gho wrote:Ek het self nou gesukkel om fabrieks PMP doppe te herlaai. Na al die prep en uitweeg en sny van doppe is daar omtrent 10% wat na "full lenght sizing" nie in die geweerkamer wil toemaak nie. Die res groepeer baie wisselvallig. Net gewonder: Die Pro-Amm kompetisie ammo, is dit dieselfde as wat kommersieel beskikbaar is?
Louis kon jy al Redding dies in die hande kry?
gho,
Volgens my gesprek met JC Muller van PMP, is dit dieselfde ammunisie.
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
User avatar
Born2Late
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 255
Joined: Tue Oct 18, 2011 9:38 am

Re: PMP Probleme in die algemeen

Post by Born2Late »

More manne. Ek het Sondag my nuwe Howa 30-06 se loop gaan inskiet met gewone 180gr bruinboks PMP. Die enigste rede waarom ek dit gebruik het was omdat dit die goedkoopste was wat ek in die dorp kon kry. 9 skote in amper een gat (net oor 1").
Hulle is meer akkuraat as wat ek kan skiet. Miskien is hulle nie so vrot nie.
Groete
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: PMP Probleme in die algemeen

Post by Hein M. »

glo

Is jou seater die / matrys nie te diep ingedraai nie? Dit druk die skouer effe uit en dan wil die slot nie toemaak nie.
gho
Full Member
Full Member
Posts: 131
Joined: Sun Jul 28, 2013 8:41 pm

Re: PMP Probleme in die algemeen

Post by gho »

Hein
Omdat ek so gesukkel het, het ek alle stappe gekontrolleer,behalwe annealing en nekke sny. Die doppe word eers almal gekamer voordat dit met kruit gevul word. Die wat "Go " word na "Seating" weer gepas.
Dankie
Post Reply