Zeiss victory diavaria 6=22=56

Post Reply
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56

Post by Francois Marais »

Louis
Nou ja, nie te sleg in my boek nie, het nou vir maande nie 'n enkele kliek aan my scope verstel nie:
Jy sal ma MOET stel, twee tikke links, of was dit die wind ;) ;) ;D

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56

Post by JACQUES BOTHA »

Almal
Ek moet julle die sleget nuss meedeel oor die lynx scope..daai lx2 5-20 by 50.. wel na die willlebees oestery en die bakkie skud en  die wille terrein en alles....Ek moet bieg die scope het sy zero gehou ...ek wen hom op vir die 100m 200m en 300 en 400 meter zero en hy gooi net so op n knop soos met die eertse dag se settings.. Dit is nie my favourite scope brand nie, maar OOM LEEU ek moet se dit lyk my die lx2 reeks het ook ma sy duts alias die handelaar,,, maar die een wat ek het skiet n koek hou en hou tot nou toe nog, en so doen TOMCAT sin ook,,
So sorry vir die lank wag , mar die griep virus het my platgetrek vir so paar dae en buite aksie gelos....en
Shoot straight and tell the truth!
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56

Post by Christo »

JB

Ek het nou 2 lynx'e en hulle is meer oogvriendelik as my leopoldt.

O ja, as jy burb en bacon ruik moet jy bekommerd gewees het. Anders is die griep net 'n drawback. ;)

Christo
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56

Post by Louis102 »

Welkom terug Jakes
JACQUES wrote: ... Dit is nie my favourite scope brand nie ... maar die een wat ek het skiet n koek hou en hou tot nou toe nog, en so doen TOMCAT sin ook...
Jy verloor my egter.  As die Lynx'se dan sulke koekhoue skiet, waarom is dit nie jou gunsteling nie?  En as hulle nie jou gunsteling is nie, wat is dan?

Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56

Post by JACQUES BOTHA »

OOM Leeu
DIS MAKLIK EK HET DIE LYNX NIE GEKOOP NIE , GEKRY EN TOETS DIE MAN NOU OP DIE 308 .
AL MY VORIGE LYNX TELESKOPE HET EK VERTROUE IN VERLOOR..OOR DIE FEIT DAT ALMAL IN DIE BEGIN GOED GEDOEN HET EN NA  N JAAR OF WAT HET HULLE MET HULLE WOEFIEPOEFIE BEGIN.
EK IS MAAR N SUKKER VIR N DEEGLIKE SCOPE EN SKIET MET N NIGHTFORCE OP MY 25 EN MY VOORKEUR SCOPE IS N SWAROVSKI WAARMEE EK AL JARE BOKKE OES EN JAKKALSE JAG...
EK HET OOK N OG NIE BAIE KLAGTES VAN DIE ZEIS EN SMITENGEBUIG GEHOOR NIE..
DALK MIS EK JOU NOU NIE MEER NIE..

GROETNIS
DIS DALK DIE GRIEP VIRUS EN KOORS WAT MY SO LAAT EIL DAT DIT KLINK OF EK N LYNX MAN SAL WEES OF WORD...
SWAROVSKI HET MY NOG NOOIT TELEUR GESTEL NIE
Shoot straight and tell the truth!
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56

Post by Francois Marais »

JB
SWAROVSKI HET MY NOG NOOIT TELEUR GESTEL NIE
Vi my ook nie

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56

Post by Louis102 »

Jakes
JACQUES wrote: ...DIS DALK DIE GRIEP VIRUS EN KOORS WAT MY SO LAAT EIL DAT DIT KLINK OF EK N LYNX MAN SAL WEES OF WORD...
Dankie vir die duidelikheid, ek snap maar stadig soos jy seker al agter gekom het.  ;) 

Wat ek wel kan s? is dat ek beindruk is met die foto's van daardie stoel en daardie ry "rooihonne" wat op die grasperk l?.  Dankie.  Ek het sommer klaar 'n lekker naam vir daai stoel ook.  Wat van "Wide Rider" ?  8) 8)  Ek het 'n vermoede dat jy en die stoel nog 'n pad sal loop.  So nie, sal dit die eerste prototipe wees van 'n stoel waarmee jy nog 'n lang pad sal loop.  Die stoelbou ding het 'n manier om nie sommer met die eerste bou-slag heeltemal klaar te wees nie.  Laat weet hoe hy maak.

Groete
Ou Vuilbaard
Goeie dade oortref goeie woorde.
Mac
Hero Member
Hero Member
Posts: 1172
Joined: Thu Apr 16, 2009 3:47 pm

Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56

Post by Mac »

Jacques,
IN DIE BEGIN GOED GEDOEN HET EN NA  N JAAR OF WAT HET HULLE MET HULLE WOEFIEPOEFIE BEGIN.
Ek het n' Lynx 4 X compact wat al die laaste 6+ jaar op my 9.3 sit Die enigste tyd wat ek aan sy turrets geraak het, was toe en van PMP na Barnes punte oorgeslaan het, en daar is al heelwat kliente wat daai klip gooier al mishandel het.

Graham
Last edited by Mac on Tue Sep 22, 2009 2:29 pm, edited 1 time in total.
Occasionally mistaken for a responsible adult

It is funny how much we learn when we forget that we know it all.
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56

Post by JACQUES BOTHA »

GRAHAM
AS HY WERK HOU HOM, EK AKN JOU MY 10x42 WYS AS JY PARALAKS STEL SKUIF DIE  P O I..
DIE 3-9 BY 40 KYK MOOI OP 8 MAA AS JY BY 9 KOM BLUR HY....
DIE 3-9 HET EK VIR MY SWAER SE KIND GEGEE VIR SY .22 DIE 10 BY 42  SE STEL SKROEWE IS OOK VREESLIK LOS. EN AANDIE PARALAKS VAT EK NIE....
MAAR DAAR IS DALK MEER TEVREDE KLIENTE AS EK...
DIE 5-20X50 LYK WEER GREAT OP DIE OOMBLIK
SO NIE ALLE LYNX IS BAD NEWS NIE, MAAR DAAR IS MANEN WAT BY HULLE SWEER..
ONTHOU JY DIE MANNE WAT NIKS ANDERS AS PIEJOU WOU RY NIE AN ANDER WOU NIE EERS SY SPAARWIEL  GEBRUIK NIE....
AS DIE SCOPE WERK GEBRUIK HOM. MAKIE SAAK WAT SY NAAM IS NIE...
Shoot straight and tell the truth!
User avatar
CHRIS
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 435
Joined: Mon Feb 02, 2009 12:42 pm

Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56

Post by CHRIS »

ONTHOU JY DIE MANNE WAT NIKS ANDERS AS PIEJOU WOU RY NIE AN ANDER WOU NIE EERS SY SPAARWIEL  GEBRUIK NIE....

Jacques
verlang ek na my jong dae,(huis Karee)  wit met Dohne merino sticker op deur
groete Chris
User avatar
Louis Nel
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 63
Joined: Tue Feb 03, 2009 8:40 am

Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56

Post by Louis Nel »

Chris

Watter jare was jy in Karee? Ek was daar in 1993 en 94.
Almal op kampus het my geken as "Wit Wolf"

Groete
Buda
User avatar
Izak H
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 343
Joined: Sun Jun 14, 2009 9:38 am

Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56

Post by Izak H »

Taffie
Hoe lank is jy nog in Cradock, ek sal graag een aand bietjie wil saam ry.
Izak H
tafjak

Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56

Post by tafjak »

Izak
Hoe lank is jy nog in Cradock, ek sal graag een aand bietjie wil saam ry.
... nog tot die 15 de November. My nommer is 082 332 6089 en kan my maar bel of boodskap stuur.
User avatar
CHRIS
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 435
Joined: Mon Feb 02, 2009 12:42 pm

Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56

Post by CHRIS »

[quote="Buda"]


Watter jare was jy in Karee? Ek was daar in 1993 en 94.
Almal op kampus het my geken as "Wit Wolf"

Ek was 88/89 daar. Wit Wolf kan baie betekenisse h? ;D ;D

groete Chris
tafjak

Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56

Post by tafjak »

Griekwa

Hier is die beloofde kruishare:

Image
Image

Ek hoop jy het teen hierdie tyd deur jou eie scope s'n gekyk. Geniet hom ou maat.
Ja3
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 431
Joined: Mon May 04, 2009 10:24 am

Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56

Post by Ja3 »

Louis/Janjak/Taffie

Goeie nuus.
Die bruin geweer is weer op spec. Suisie lui ook bevredigende sub 10mm nommers op.
Gaan Maandag aand die dinge goed bekyk, en sal bewyse probeer invorder. Sjoe, die meters op die parralaks is spot-on..
tafjak

Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56

Post by tafjak »

Ja3

Lekker om met lekker goed te werk.
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56

Post by Louis102 »

Ja3 wrote: Goeie nuus.
Die bruin geweer is weer op spec. Suisie lui ook bevredigende sub 10mm nommers op.
Gaan Maandag aand die dinge goed bekyk, en sal bewyse probeer invorder. Sjoe, die meters op die parralaks is spot-on..
Niemand is meer verlig as die uwe nie!  Mag julle 'n goeie pad saamloop.
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
Janjak
Hero Member
Hero Member
Posts: 529
Joined: Tue Apr 07, 2009 2:51 pm

Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56

Post by Janjak »

Jadri,
bly om dit te hoor. Nou moet jy daai jakke houe gee.
Lyk my ons moet weer bietjie agter n groepering skietdag aanry?
Ja3
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 431
Joined: Mon May 04, 2009 10:24 am

Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56

Post by Ja3 »

Dit was 'n gese?nde eerste aand vir suisie.
6 RJakkalse
4 Penrotte
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56

Post by Raven »

Ja3,
Lekker as die nuwe speelgoed saamspeel, maar se vir my asb wat is penrotte  ???

Raves
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
Ja3
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 431
Joined: Mon May 04, 2009 10:24 am

Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56

Post by Ja3 »

Raven

Wil hom nie graag op die naam noem nie, maar sit Fe op die periodieke tabel en 'n knaagdier wat ons sommer 'n vark noem saam.
Haar spene is op haar rug. Hulle kap maar die gesaaides en hulle huise hou jou wakker as jy ry.
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56

Post by Raven »

;) Het hom ...dankie
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56

Post by JACQUES BOTHA »

RAVEN JA3
JULLE IS YSTERS OM SO IN DIE KODETAAL MET MEKAAR TE GESELS.
KAN JULLE DIE ROLAND WARD AFMETINGS GEE ASB EK HET N KLEINT WAT EEN WIL KOM JAG IN SUID AFRIKA EN IS HULLE BESKIKBAAR OP WILDPLASE IN DIE REPUBLIEK
HY STEL OOK BELANG IN RIETROT EN AS FRANSMAN WIL HY GRAAG DIE DING OP DIE SPIT HE VIR AANDETE.
ENIGE SPESIALE RESEPTE OM RIETROT OP SPIT GAAR TE KRY (SONDER KNOFFEL ASB..)

GROETNIS
JB
Shoot straight and tell the truth!
User avatar
Wielie Waps
Hero Member
Hero Member
Posts: 869
Joined: Sat Sep 26, 2009 9:31 am

Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56

Post by Wielie Waps »

JB
Soos ek daai kode lees kry daai gogga baie goeie pryse op Zim se scrapmetal mark.
Hulle is volop in mielielande.
Groete
WG
Geroer-nie geskud nie
Post Reply