Page 7 of 12

Re: 2012 SKIETSTOEL KOMPETISIE

Posted: Tue Apr 03, 2012 6:08 pm
by Dirkie
50minute manne...

Sterkte!!!

Re: 2012 SKIETSTOEL KOMPETISIE

Posted: Tue Apr 03, 2012 6:40 pm
by Hugo
Gan julle n nuwe topic begin of gan dit hier gebeur? Ek moet weet want eks op my foon.

Re: 2012 SKIETSTOEL KOMPETISIE

Posted: Tue Apr 03, 2012 6:49 pm
by foxbat25
Sterkte manne, dis amper sulke tyd.  :)

Re: 2012 SKIETSTOEL KOMPETISIE

Posted: Tue Apr 03, 2012 7:02 pm
by Marc
My senuwees is nou gedaan, doen julle die trekking hier  ???

Re: 2012 SKIETSTOEL KOMPETISIE

Posted: Tue Apr 03, 2012 7:02 pm
by Hugo
Mis ek die topic iewers? Baas Freek kom in!

Re: 2012 SKIETSTOEL KOMPETISIE

Posted: Tue Apr 03, 2012 7:04 pm
by visstok
Raak ek nou self lekker opgewonde!

Re: 2012 SKIETSTOEL KOMPETISIE

Posted: Tue Apr 03, 2012 7:05 pm
by Romac
Ek sit vas genael voor die rekenaar.

Re: 2012 SKIETSTOEL KOMPETISIE

Posted: Tue Apr 03, 2012 7:08 pm
by Freek
Naand manne, welkom hier by ons amptelike 2012 kompetisie trekking. Ek wil net vra dat julle die komentaar so min as moontlik hou wyl die trekking aan die gang is (het af gelei van die vorige kompetisie dat dit nogal verwarrend kan wees), sodra die laaste trekking gedoen is kan julle maar weer laat waai met gelukwensinge, koek en tee en al daai ritueeltjies.

Koos Barnard trek vanaand die wen kaartjies so julle beter julle self gedra... ;)

Die reeks kaartjie nommers vir hierdie kompetisie hardloop numeries van 1 tot 103.

Koos, ek gaan vra dat jy solank vir ons die eerste trekking doen. Kies enige nommer uit die bogenoemde reeks. Die kaartjie wat getrek word sal dan die wenner op die eerste trekking wees. Ek sal die lid se forum naam noem sodra ek die 1ste nommer van Koos ontvang. Wag maar vir my instruksie voor ons voortgaan met die 2de en 3de trekking.

Koos jy kan maar laat waai!

Re: 2012 SKIETSTOEL KOMPETISIE

Posted: Tue Apr 03, 2012 7:12 pm
by Koos Barnard
Naand manne
Die kaartjie is op die volgende manier getrek: ek het die nommers in 'n hoed gegooi en my vrou het die trekking gedoen. Die wennommer is........ 66
Veels geluk

Re: 2012 SKIETSTOEL KOMPETISIE

Posted: Tue Apr 03, 2012 7:15 pm
by Freek
Nommer 66 behoort aan Hugo. Baie geluk maat, ek hoop daai stoel gaan van waarde wees vir jou ;D


Koos jy kan 3 keer diep asem haal, vingers rek en vir ons die 2de wen kaartjie trek asb.

Re: 2012 SKIETSTOEL KOMPETISIE

Posted: Tue Apr 03, 2012 7:16 pm
by Koos Barnard
En die volgende nommer is.... 86

Re: 2012 SKIETSTOEL KOMPETISIE

Posted: Tue Apr 03, 2012 7:23 pm
by Freek
Nommer 86 behoort aan Klasie... Geluk aan jou ook maat, daai vlekkies gaan nou moet lig loop daar op die plaas  8)


Koos ek kan die spanning aanvoel hier waar ek sit.... raak skoon hoenervleis, grens net so duskant aan bokkoors - vingers bly die verkeerde knoppe op die key bord raak tik. Jy kan maar vir ons die finale kaartjie op die skietstoel prys trek asb. (skommel die hoed so bietjie... ;D)

Re: 2012 SKIETSTOEL KOMPETISIE

Posted: Tue Apr 03, 2012 7:26 pm
by Koos Barnard
Mamma het die hoed geskommel en getrek. Die derde nommer is..... 4

Re: 2012 SKIETSTOEL KOMPETISIE

Posted: Tue Apr 03, 2012 7:27 pm
by JACQUES BOTHA
Geluk  an die eerste twee wenners------

Re: 2012 SKIETSTOEL KOMPETISIE

Posted: Tue Apr 03, 2012 7:27 pm
by JACQUES BOTHA
isdit nie wielewaps nie ??????????????///

Re: 2012 SKIETSTOEL KOMPETISIE

Posted: Tue Apr 03, 2012 7:29 pm
by JACQUES BOTHA
Kom nou ou Freek dit kan seker nie so lank vat nie?

\

Re: 2012 SKIETSTOEL KOMPETISIE

Posted: Tue Apr 03, 2012 7:31 pm
by JACQUES BOTHA
Hierdie kompetisie klink vir my so lekker ,,, hoe lyk dit Freek --Veil my stoel ook op...
dan my fx3 nr 1 ;
Dan my fx3 nr 2;
Dan kan jy by my ligte begin??
Sien jy kans---meneer Afslaer????
Groete
Jacques

Re: 2012 SKIETSTOEL KOMPETISIE

Posted: Tue Apr 03, 2012 7:32 pm
by KLASIE
Freek en orgeniseerders en trekker baie dankie ek wen gewoonlik niks en kon my oe nie glo toe ek my nommer sien verskyn baie baie dankie ek kan regtig doen met die stoel !!!!!!!! yes , yes ,yes

Re: 2012 SKIETSTOEL KOMPETISIE

Posted: Tue Apr 03, 2012 7:33 pm
by Hugo
Dankie dankie, die blerrie kaartjie van my is vir n pel gekoop!

Re: 2012 SKIETSTOEL KOMPETISIE

Posted: Tue Apr 03, 2012 7:34 pm
by FrancoisN
Gelukwense aan al die manne wat stoele gewen het. Ons ander wag maar vir volgende jaar.

Groetnis.

Re: 2012 SKIETSTOEL KOMPETISIE

Posted: Tue Apr 03, 2012 7:35 pm
by Marc
Baie geluk Hugo, Klasie en  ???  nr4  ???  ;)

Waar's die animasie vir vuurwerke  ;D

Hoop daai stoele gaan hard gewerk word  ;) Sal maar weer volgende jaar inval  :'( Darem hoef ek nie volgende jaar weer 'n hemp te koop nie  ;D

Geniet hulle manne, wel gedaan  8) Dankie vir die "fix" Freek, man dit was nou lekker, amper soos daai laaste stukkie bekruip as die wind skielik draai  :o

Groetnis
Marc

Re: 2012 SKIETSTOEL KOMPETISIE

Posted: Tue Apr 03, 2012 7:36 pm
by boeta
hugo daai pel gaan baie dankbaar wees

Boeta

Re: 2012 SKIETSTOEL KOMPETISIE

Posted: Tue Apr 03, 2012 7:36 pm
by Pikkie
Hugo,

kan ek volgende jaar my geld vir jou stuur, dan koop jy my kaartjies

Pikkie

Re: 2012 SKIETSTOEL KOMPETISIE

Posted: Tue Apr 03, 2012 7:37 pm
by JACQUES BOTHA
Ek dink nr 3 is of willem of yalair---as ek so onthou hoe hulle inbetaal het????//

Re: 2012 SKIETSTOEL KOMPETISIE

Posted: Tue Apr 03, 2012 7:38 pm
by Hugo
Ag ok pikkie, ek vra 120% handling fee