Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Ek het so rukkie terug mal geraal en n inter-link laat kom met 4000 sakkies hout op. Dit is meestal lekkerruik-peul met so bietjie sekelbos by om hulle lekker aan die gang te kry. Lekkerste braaihout wat ek in lang tyd gehad het. Hier is nog so paar sakkies oor as jy belang stel. Jou volgende skrywe nadat jy met hulle gebraai het sal onder die "waarvoor is ek dankbaar" hofie wees.
Groetnis
Wouter
Dankie Wouter, sal def belangstel om n paar sakkies by jou te neem. Stuur jou n pm.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Sako 300H&H
Howa Varmint 6XC
Remington Target Master .22
Smith Wesson M&P 9
Mense op die internet wat seg jy hoef nie die SAPS se opdragte uit te voer nie, jy kan maar net by GOSA aansluit. Asof hulle vir die SAPS kan rond-order.
Willeboer wrote:Nat hout wat ons in die stad kry. Ek braai net met hout , maar die vet weet ons kry nie ordentilikke hout nie.
Willeboer,
Die spreekwoord: "Elkeen soen sy vrou op sy manier!" is hier van toepassing.
In die Weskaap word black wattle as 3e rangse hout beskou, maar ek braai heerlik daarmee!
Ek koop elke jaar in Sept 1000 stukke en die hout is dikwels nog NAT as dit afgelaai word, maar dit pla my nie omdat die vorige besending dan eers begin klaarraak by my.
Met die lekker warm somer droog die hout gewoonlik gou uit en kan ek braai sonder rook. Teen die winter reen die hout nat, maar die KERN is droog en die bietjie reen trek nie genoeg in die hout in om 'n verkil te maak nie.
Nou kom ek by die gatvol deel - dis wanneer ek in die winter te VEEL kaggel maak en my besending hout loop al teen Augustus uit! Dan koop ek SAKKIES hout....en dis waar my siel hel toe gaan.
Hout droog nie uit in 'n plastieksak nie!
Ek gebruik blackwattle meestal in die winter wanneer ek binne vuur maak, dan werk die blackwattle mooi met geen wind wat hom kan pla nie, somer gebruik ek maar Rooikrans wanneer ek buite braai. My braai is sommer ons kaggel ook toevallig. Ek beoog ook om altyd 1000 Rooikrans en 1000 Blackwattle altyd in "voorraad" te hê maar die winter het hy my bietjie omkant gevang so nou sit ek met nat blackwattle, maar ag wat, net so paar stukkies blits dan loop hy mooi en mamma is happy met die rooiwyn glas in haar hand langs die vuurtjie wat brand. Ek het die winter seker al 500 stukke blackwattle gebrand en die winter is nog lank. Ek gaan laai more weer 500 stukke.
Ek haat sakkies hout, my pa en broer wat in die Ooskaap bly glo weer daaraan. Daar is darem niks mooier om na 2000 stukke hout te kyk wat vir jou wag nie
Ek kan nie feite gee maar ek het 'n idee dit is beter om hout droog te maak deur dit in die reen te laat le. My hout wat nat, droog, nat , droog.....in die reen staan brand vir my beter as die wat onder die afdak staan.
Alles wat die moeite werd is vat tyd en tyd kan nie verdeel word
Mense wat nie hul databasisse normaliseer nie en dan moet ek harder werk as wat nodig is. Ja oukei, dis nou nie skiet-verwand nie, maar dis WAARDEUR ek my geldjies maak vir skietgoed.
Hoe kry mens die klomp idiote van Jasper Consulting om jou op te hou bel? Hulle bel my 5 keer 'n week vir 'n website wat ek nou al hoeveel keer voor nee gese het. Dit is Maandag oggend nog nie eers 10 uur nie en hulle het my al twee keer gebel!!!!!
Hein22 wrote:Hulle bel op my werk landlyn. Dit is borderline harrasment man. Ek wil daai eienaar al aan sy keel gaan gryp.
Vra die volgende ou wat jou skakel of die oproep opgeneem word aan sy kant?
Laat hom mooi verstaan dat jy wel sy oproep aan hou kant opneem. Vra hom dan wie jy kan kontak aan sy kant sodat jou regspan net jul opnames kan kontroleer voor hulle 'n klag van teistering by die verbruikersraad indien.
Het nog elke keer soos klokslag vir my gewerk.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
Sal dit bietjie probeer Gawie, hopelik kom ek reg.
Ek het nou intussen hulle nommer gekry en uitgevind een van die direkteure is Barry, ek het hom nou al drie keer gebel vanoggend maar sy sekretaresse se net eenvoudig hy is nie beskikbaar nie. Ek wil hom ook nou drie keer 'n dag bel om te hoor of hy nie dalk van my produkte wil koop nie.... wie weet, miskien wanneer ek hom 12:00 bel het hy dalk al van plan verander nadat hy reeds vir my nee gesê om 11:00. Aanhouer wen!!