Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Nuwe lede, stel jouself gerus voor/
New member, please introduce yourself
tau
Hero Member
Posts: 3987 Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Post
by tau » Mon May 23, 2016 4:59 pm
Pieter Eksteen wrote: Hallo julle,
Pieter Eksteen hier van Braams Voerkrale in Durbanville.
Baie lief vir diepsee visvang (tuna/marlyn) maar ook so vir Jag en Skiet.
Begin nou op rype ouderdom van 52 self herlaai so hoop om baie van julle te leer
Ek hou van ligte kalibers so my 2 gewere is 'n Sako 25 06 en Howa 22-250
(hou ook so nou en dan van 'n klip in die bos gooi en kyk watter katte gaan uitspring.....)
Happy reading !!
Cheers
Welkom Oom Pieter!!!
Manne Pieter kan ons so bietjie BAIE van Tuna vang vertel en dans in die Klubhuis
Oom Pieter sal dit hier geniet die manne ken van.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
RodA
Newbie
Posts: 1 Joined: Tue May 24, 2016 1:34 pm
Post
by RodA » Wed May 25, 2016 11:25 am
Good day to you - Gooie dag!
My naam is Rod Allen van Montagu Wes Kaap. I have been a hunter for most of my life. Thanks for accepting me and I look forward to interaction with everyone
erichbez
Newbie
Posts: 0 Joined: Wed Jun 10, 2015 9:57 pm
Post
by erichbez » Thu May 26, 2016 3:13 pm
Goeie dag almal
Ek is Erich Bezuidenhout hier van Witbank , ek het al bespreking gelees op die forum maar het vandag besluit om aan te sluit
FHM
Hero Member
Posts: 3887 Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm
Post
by FHM » Thu May 26, 2016 3:24 pm
Nee!!! Nie nog n OOM PIETER NIE!!!!
Dagse Oom Pieter, Erich en Rod - welkom by ons klomp kruitsnoete.
Hoop julle geniet dit hier saam ons - sien uit na julle deelname.
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
swc-tr
Hero Member
Posts: 1520 Joined: Thu Dec 09, 2010 2:01 pm
Post
by swc-tr » Thu May 26, 2016 3:39 pm
erichbez wrote: Goeie dag almal
Ek is Erich Bezuidenhout hier van Witbank , ek het al bespreking gelees op die forum maar het vandag besluit om aan te sluit
Welkom Erich
Dis 6" agter die kolf wat tel!
"A fool with a tool, is still a fool."
PDV
Newbie
Posts: 2 Joined: Sun May 29, 2016 4:47 am
Post
by PDV » Sun May 29, 2016 7:16 am
More Almal
Nuut hier op die forum.
Ek is vannie Paarl
Eintlik maar 'n Kleiteiken skut maar geniet die geweerskiet ook baie!
Paul de Villiers
.177 Weihrauch HW97K
.22 Brno
6.5 x 55 CZ 550
.270 Browning BBR
12 Boor Beretta 682X
12 Boor Miroku 7000
12 Browning Citori Golden Clays
goodstuff
Full Member
Posts: 123 Joined: Sun Oct 05, 2014 4:34 pm
Post
by goodstuff » Sun May 29, 2016 8:00 am
Welkom PDV - hier is n redelike lot van die Paarl ook hier.
.308 Howa 24" Bull Barrel
Boyds Pepper Laminated Stock
Burris Eliminator
Silent Hunter Silencer
Tal
Full Member
Posts: 204 Joined: Sun Jul 19, 2015 8:18 pm
Post
by Tal » Sun May 29, 2016 9:10 am
More Paul, welkom hier by ons!
Toyrsi
Hero Member
Posts: 1005 Joined: Fri Jul 03, 2015 5:29 pm
Post
by Toyrsi » Sun May 29, 2016 9:42 am
Welkom
YOU WEREN'T BORN TO JUST PAY BILLS AND DIE!
Jacques Esterhuyzen
PWV
Hero Member
Posts: 7343 Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Post
by PWV » Sun May 29, 2016 3:21 pm
Ng 'n Paarliet! Welkom, Paul.
Basjan123
Sr. Member
Posts: 450 Joined: Fri May 06, 2016 1:06 pm
Post
by Basjan123 » Mon May 30, 2016 8:57 am
Goeie more ek is ook 'n nuwe lid en gebruik maar 'n skuilnaam.........ek het so paar redes, ek ken so paar manne op die vorm bv. Taffie maar ek ken sy ander naam ook, ook 'n by naam. Ek is ook bang vir al die dom vrae wat ek gaan vra dan weet my pelle ek is nie so slim nie !!!
Ek bly in die Oos-Kaap en ek en my dogter jag baie saam............sy skiet ek betaal.
Ek het nou so paar dae rond gelees en julle klink almal na 'n nice klomp pelle !!!
PWV
Hero Member
Posts: 7343 Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Post
by PWV » Mon May 30, 2016 10:08 am
Baie geheimsinnige mannetjie, jy!
Welkom!
Bull barrel
Newbie
Posts: 2 Joined: Mon May 30, 2016 7:30 am
Post
by Bull barrel » Mon May 30, 2016 10:09 am
Goeie dag
My naam is Stephan Laas, ek is van Welkom in die Vrystaat. Het al heelwat gelees hier maar nog nooit iets gese nie. Wel nou is die is gebreek. Ek geniet dit om te lees hier want ek glo n mens is nooit te oud om te leer nie.
Hoop ons gaan lekker gesels.
Mik mooi
Gawie(13mm)
Hero Member
Posts: 6150 Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Post
by Gawie(13mm) » Mon May 30, 2016 11:20 am
Welkom aan die nuwe manne.
Hier word nie dom vrae gevra nie. Party van ons gee net minder intelligente antwoorde.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
Basjan123
Sr. Member
Posts: 450 Joined: Fri May 06, 2016 1:06 pm
Post
by Basjan123 » Mon May 30, 2016 1:48 pm
PWV wrote: Baie geheimsinnige mannetjie, jy!
Welkom!
Baie dankie vir die verwelkoming..........ek is maar net versigtig !!!
Basjan123
Sr. Member
Posts: 450 Joined: Fri May 06, 2016 1:06 pm
Post
by Basjan123 » Mon May 30, 2016 1:50 pm
Gawie(13mm) wrote: Welkom aan die nuwe manne.
Hier word nie dom vrae gevra nie. Party van ons gee net minder intelligente antwoorde.
Wel ek gaan jou terug verwys na die stelling (laat een d@nner net lag)
Gawie(13mm)
Hero Member
Posts: 6150 Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Post
by Gawie(13mm) » Mon May 30, 2016 2:41 pm
Basjan123 wrote: Gawie(13mm) wrote: Welkom aan die nuwe manne.
Hier word nie dom vrae gevra nie. Party van ons gee net minder intelligente antwoorde.
Wel ek gaan jou terug verwys na die stelling (laat een d@nner net lag)
Nee jong, hier lag ons nie vir mekaar nie, want ons leer almal nog self elke dag.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
Wouter Roets
Administrator
Posts: 7568 Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Post
by Wouter Roets » Mon May 30, 2016 3:04 pm
Baie welkom hier aan al die nuwe manne. Word sommer gou deel hier van hier om die bosveldvuurtjie en geniet julle self sommer gate uit!
Groetnis
Wouter
Stef 6.5
Newbie
Posts: 0 Joined: Tue May 31, 2016 1:14 pm
Post
by Stef 6.5 » Tue May 31, 2016 1:23 pm
Goeiedag manne my naam is Stef
N vriend van my het my vertel van die beste forum en gese ek kan baie baatvind by die forum. Ek sien regtig uit om meer te leer hier op die forum. Dankie vir die aanvaar.
Sterk staan manne
Groete
Stef
Trompie
Hero Member
Posts: 511 Joined: Mon Oct 05, 2015 9:19 am
Post
by Trompie » Tue May 31, 2016 10:17 pm
Welkom Stef!!! Watse 6.5 skiet jy?
If it heard the shot, I wasn't aiming for it...
Baywatch
Newbie
Posts: 3 Joined: Tue Jun 07, 2016 2:02 pm
Post
by Baywatch » Tue Jun 07, 2016 2:43 pm
Goeie dag,
My naam is Raymond Brasington. Ek bly in Alberton. Ek is nuut op Jaracal, maar lees al 'n geruime tyd die posts, en geniet dit baie. Die kennis wat 'n mens opbou is ongelooflik. Baie mal oor jag en herlaai, en wil begin papier ver skied. Ek skied tans met n Tikka 30-06, en wag vir my 243 Savage LRP se lisensie. Sien eit om saam te praat.
Groete
Ray
Tikka Hunter 30-06.
Savage LRP 243
PWV
Hero Member
Posts: 7343 Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Post
by PWV » Tue Jun 07, 2016 3:58 pm
Welkom, Raymond. Hoop jy geniet dit hier.
Plaas sommer jou blyplek (Alberton) op jou "profile", dan weet ons waar jy is as ons by jou wil kom oorslaap.
Baywatch
Newbie
Posts: 3 Joined: Tue Jun 07, 2016 2:02 pm
Post
by Baywatch » Tue Jun 07, 2016 4:06 pm
Baie dankie PWC, solank jul net bereid is om te braai en stront te praat to laat
, is julle welkom.
Tikka Hunter 30-06.
Savage LRP 243
Jurgen Visser
Hero Member
Posts: 815 Joined: Tue Mar 22, 2016 5:00 pm
Post
by Jurgen Visser » Tue Jun 07, 2016 11:24 pm
Vra maar vir oom Pieter , hy weet hoe laat ons sit en vroeg ons opstaan vir koffie , LOL
So paar skietgoedjies !! NEE EK HET NIE 'N 270 NIE
Die lewe is te kort om nors te wees
valjean
Newbie
Posts: 0 Joined: Sun Jun 12, 2016 10:21 pm
Post
by valjean » Mon Jun 13, 2016 8:29 am
Dagse Manne.
Ek is nuut. Hou van jag en pistool skiet. Het n .308 Howa en 9mm S&W SD0VE wat ek die lisensie voor wag.
Het ook n website
www.antishockprotectionsa.co.za
Spingbok jag is my favourite. Ek is altyd opsoek na n Bobbejaan om te skiet my 1ste een moet nog val.