WHISKY LOUNGE

Enige iets pas hier/ discuss anything here
Post Reply
User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1879
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm

Re: WHISKY LOUNGE

Post by Ratel »

Frikkie Coetzee wrote: Wed Mar 12, 2025 1:15 pm Daar is soveel goeie whiskies daar buite dat dit amper onmoontlik is om almal te ken en te proe en daar is ook soveel veskillende smake en nie alle smake is vir almal lekker nie.

Drink wat vir jou lekker is.

'n Aanvaarbare Speyside, probeer Aerstone se Seacask. Dit is darem nog onder R600. Glen Farclas is ook baie lekker maar oor die R 600 merk. Ver oor.

Ardbeg se Whee Beastie is hoogs aanbevolle!!!! Nie so peaty soos Arbeg se meeste whiskies nie.

Ek kan op die Highland kant Highland Park ( dalk tegnies nie n Highland nie) aanbeveel. 'n Bekostigbare Highland kan ek Laphroaig aanbeveel. Loch Lomond se reeks is nie sleg nie. Hulle maak n Single Grain en ook n 7 jaar Buitenverwagting whiskey wat werklik goed is.

Talisker bly my gunsteling maar is aan die duurder kant.

Ek het nog nooit Macallan gedrink nie en ek wag vir die dag wat ek minstens n 30 jaar kan bekostig!
Goeie punt Frikkie.
Ek moet darem een ding se. Nou die dag eet ons by 'n plek en ek bestel 'n Jameson. Toe my whisky kom en ek proe kom ek agter dis nie Irish nie. Roep die kelner en vra hom kom wys my wat het jy ingegooi. Hy hou vol dis Jameson. Toe ons by die barman kom se die barman hom "jy praat k&k jy het gese die klient soek J&B" toe is die twee goed aanmekaar. Darem kon ek die verskil goed agterkom. ++>:
Maak 'n verskil
toxicsox
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 356
Joined: Thu May 19, 2016 9:30 am

Re: WHISKY LOUNGE

Post by toxicsox »

If I try and fool you and pour 3 Irish Whiskeys and ask you “ Which one is not Irish?” You will choose the Jameson. It tastes quite different to other Irish whiskeys. But yes, I think after 3 or 4 whiskeys at a Restaurant we might not get what we think.

Anyway, I recently tried the Three Ships 10yr Single Malt from Pick ‘n Pay, it is fantastic.
User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1879
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm

Re: WHISKY LOUNGE

Post by Ratel »

toxicsox wrote: Wed Mar 12, 2025 7:33 pm If I try and fool you and pour 3 Irish Whiskeys and ask you “ Which one is not Irish?” You will choose the Jameson. It tastes quite different to other Irish whiskeys. But yes, I think after 3 or 4 whiskeys at a Restaurant we might not get what we think.

Anyway, I recently tried the Three Ships 10yr Single Malt from Pick ‘n Pay, it is fantastic.
Jip. Moes miskien gese het kon proe dis nie Jameson nie. Ek is nou nie 'n Irish whisky kenner nie maar ek weet hoe proe my Jameson.
Maak 'n verskil
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5023
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: WHISKY LOUNGE

Post by Frederik »

Sal maar moet kyk of ek so botteltjie Three Ships 10 jaar in die hande kan kry. Hulle noem hy is peaty en aged in American oak klink soos lekker kombinasie.

Lank lank terug toe ek nog baie Jack Daniels gedrink het het die restaurante ook sulke kanse gevat en goedkoper Jim Bean gegooi maar ek kon dadelik die verskil proe.
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6973
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: WHISKY LOUNGE

Post by DWB »

Dis half verdag om al voor 7am in die oggend oor alkohol te praat :laugh:
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
Witpietskiet
Hero Member
Hero Member
Posts: 763
Joined: Wed Jul 14, 2010 1:14 pm

Re: WHISKY LOUNGE

Post by Witpietskiet »

Almal praat oor my drinkery maar niemand verstaan my dors...
Jag bly baas.
Groete uit Windhoek
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13580
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: WHISKY LOUNGE

Post by Capt. Yoda »

DWB wrote: Thu Mar 13, 2025 7:04 am Dis half verdag om al voor 7am in die oggend oor alkohol te praat :laugh:
Kan nie heeldag drink as jy nie vroeg begin nie
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1879
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm

Re: WHISKY LOUNGE

Post by Ratel »

DWB wrote: Thu Mar 13, 2025 7:04 am Dis half verdag om al voor 7am in die oggend oor alkohol te praat :laugh:
++>: hoe raak ek nou dors.
Maak 'n verskil
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6973
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: WHISKY LOUNGE

Post by DWB »

Probleem is ek kan myself nou 'n terugdink van 'n Talisker proe hier in my mond
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
toxicsox
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 356
Joined: Thu May 19, 2016 9:30 am

Re: WHISKY LOUNGE

Post by toxicsox »

Ek drink maar Johnnie Walker net omdat die bottel square is. Hy rol nooit onder die clutch in nie, en maak ook nie 'n rondrol lawaai in my kantoor se lessenaar laai nie.
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5023
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: WHISKY LOUNGE

Post by Frederik »

DWB wrote: Thu Mar 13, 2025 7:04 am Dis half verdag om al voor 7am in die oggend oor alkohol te praat :laugh:
Vliegtuie begin al vroeg oggend vlieg oor Pretoria ;D
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3955
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: WHISKY LOUNGE

Post by tau »

Frikkie Coetzee wrote: Wed Mar 12, 2025 1:15 pm D
Ardbeg se Whee Beastie is hoogs aanbevolle!!!! Nie so peaty soos Arbeg se meeste whiskies nie.

Lag ek nou vir die Ardberg.

So raak ek deel van Friends of the MAlt en gaan na Whisky proeë en koop hier en daar 'n bottel wat ek eintlik nie kan bekostig nie. Ek spits my toe op die single malts en Speyside whisky's.

So kry my vrou haar niggie om vir my 'n bottel whiskey uit Engeland te bring vir Krismas. Jong ek maak daardie geskenk oop en daar loer die bottel Ardberg vir my. Jislike ek is opgewonde en Mammie is in my goeie boeke. Ek los die bottel vir die winter. Een aand is dit toe so in Mei laat ek die boksie oopmaak met sy twee glasies en die bottel Ardberg.

Ek gooi so sopie met twee blokkies ys en vat daai eerste teeg. Ek spoeg daai gig uit. Iemand het my vrou verraai en duisendpote in 'n bottel gegooi en al die pad na Suid Afrika gestuur. Mens kan die goed nie drink nie!!!!

Ek bly maar stil wnat ek wil nie vir Mamma onstel nie en sit die bottel in my kroeg as uistaller. So 2 jaar later stap 'n pel se Pa in wat die wêreld plat reis en snaakse smaak geniet.

Hy is so opgewonde toe hy die bottel sien en vertel my dadelik hoe goed die whiskey is. EK sê hom toe nee man die bottel is vol duisend poot en strignien gelaai geen mens kan dit drink nie. Is toe dat hy my vertel dit is hoe dit moet proe. Net daar het ek vir die Oom 'n dop gegooi en hom met die bottel daardie aand gegroet. Hy was baie bly.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 1371
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am

Re: WHISKY LOUNGE

Post by Toxxyc »

Kyk, hoor my nou, en moenie te hardop vloek nie. Ardbeg en Coke, noem hulle 'n Smoky Coky en dis VREK lekker.
User avatar
Jaco vdW
Hero Member
Hero Member
Posts: 698
Joined: Wed Mar 27, 2013 3:12 pm

Re: WHISKY LOUNGE

Post by Jaco vdW »

Enige iemand al met die Wolf paaie gekruis?

So sien ek verlede jaar vir die eerste keer Wolfburn se whisky. Lyk na 'n kleiner distileerdery aan die Noorde kus van Skotland, met so 5 verskillende whiskies wat hier verkoop word.
Ek het die Nordland in Desember gekoop. Baie sagte whisky met baie mooi subtiele geur.
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5023
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: WHISKY LOUNGE

Post by Frederik »

Het toe botteltjie 10 Jaar Three ships in die hande gekry moet se baie aangenaam nou nie Talisker nie maar vir die prys gaan hy mooi werk.
Forester
Hero Member
Hero Member
Posts: 580
Joined: Wed Aug 28, 2013 8:51 am

Re: WHISKY LOUNGE

Post by Forester »

Bowmore No 1 is goeie waarde vir geld as jy van 'n peaty whiskey hou. Dis vir my beter as hulle 12 jaar.

As jy braaf voel, probeer Smokehead se High Voltage.
Wynand

470NE; 404Jeff; 375H&H; 300WM; 30-06; 308; 6XC; .22LR; 12br x3; 40S&W; 9mmP
User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1879
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm

Re: WHISKY LOUNGE

Post by Ratel »

++>: Dit raak n duur storie om van elke goeie whisky n bottel te probeer koop.
Maak 'n verskil
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6973
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: WHISKY LOUNGE

Post by DWB »

Ja nee wragtig.

Ek het nou deur ñ Ardberg Wee Beastie gegaan en hy was heel lekker!
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3140
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Re: WHISKY LOUNGE

Post by Chevvy SS »

In 2025, Three Ships Whisky Bourbon Cask from South Africa won the "World's Best Blended Whisky" title at the World Whiskies Awards (WWA) in London, hosted by TheDrinksReport.com.
Here's a more detailed breakdown:
Competition: The prestigious 2025 World Whiskies Awards (WWA) in London.
Winner: Three Ships Whisky Bourbon Cask, a South African whisky.
Category: World's Best Blended Whisky.
Host: TheDrinksReport.com.
Significance: This is the third time Three Ships Whisky has earned the World's Best title, highlighting local craftsmanship.
Other South African Whisky: Bain's Founders Collection 15-Year-Old also won, being judged World's Best Grain Whisky.
Distillery: The James Sedgwick Distillery is the producer of Three Ships Whisky.
Ownership: Three Ships is owned by Distell, a multinational brewing and beverage company based in South Africa
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6973
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: WHISKY LOUNGE

Post by DWB »

Sal hom maar weer moet proe :)
Hy lyk maar vir my bietjie vaal!
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8009
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: WHISKY LOUNGE

Post by Arnold »

Kilbeggan is ook vir my lekker en nie te duur nie.
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5023
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: WHISKY LOUNGE

Post by Frederik »

Arnold wrote: Tue Apr 08, 2025 7:04 am Kilbeggan is ook vir my lekker en nie te duur nie.
Het hom ook geniet baie soos Jameson maar net nie so duur nie.
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6973
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: WHISKY LOUNGE

Post by DWB »

So proe ons hulle een vir een.
IMG-20250411-WA0111.jpg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5023
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: WHISKY LOUNGE

Post by Frederik »

DWB wrote: Sat Apr 12, 2025 7:31 pm So proe ons hulle een vir een.

IMG-20250411-WA0111.jpg
Dit was 'n aand vir die boeke kwalitiet nie kwantitiet.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7557
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: WHISKY LOUNGE

Post by Wouter Roets »

Frederik wrote: Sun Apr 13, 2025 6:59 pm
DWB wrote: Sat Apr 12, 2025 7:31 pm So proe ons hulle een vir een.

IMG-20250411-WA0111.jpg
Dit was 'n aand vir die boeke kwalitiet nie kwantitiet.
Freek wat is die verskil tussen die twee?
Post Reply