Page 6 of 9
Re: PMP Probleme in die algemeen
Posted: Fri Feb 01, 2013 2:43 pm
by Carl

regso
Re: PMP Probleme in die algemeen
Posted: Sat Feb 09, 2013 7:40 pm
by Marc
mobo wrote:Ek het met n ou gesels wat n reflex silencer het (die goed skroef mos oop..in 2 stukke) hy het agter gekom dat die PMP Pro Amm se jacket so dun is, die loop se groewe sny die jacket in die loop en los dan fyn stukkies in sy silencer....

Baie interesante feite, dankie vir die deel

Re: PMP Probleme in die algemeen
Posted: Sat Aug 31, 2013 8:22 pm
by Skihili
Ek het nou deur 6 bladsye klagtes gelees en ek is nie verbaas of verstom nie. Net teleurgesteld.
Teleurgesteld in die feit dat PMP ons eie is, as dit so gaan.
Teleurgesteld in die feit dat daar weinig mense gereageer het met iets ENIGSINS positief.
Ek sal graags iets positiefs hier wil ingooi:
Ek het twee kalibers waarvoor PMP niks maak nie, behalwe slagdoppe.
Maar ek het 'n Lee Enfield No4 Mk1, waarmee ek die wonderlike voorreg gehad het om tussen 10 en 13 skote met ou generasie PMP doppe (so tagtig van hulle) met daardie geweer te kon skiet, en ek het nie poefterladinkies gebruik nie: al daardie skote het tussen 2690 en 2730vps gelewer met 150gr PMP, Sierra en Hornady koeëls, aangedryf met tussen 41 en 42.3gr S335, primers was die heeltyd bruin boksie PMP magnums, wat nie eens EEN misfire opgelewer het nie.
Ek het ook die wonderlike voorreg gehad om in 2009 CMIS se .303 Ystervisier Bisley te kon wen toe NGA vir ons ammunisie voorsien het. Hoeveel misfires was daar? Nie een nie. Gebreekte doppe? Nie een nie. Die koeëls? 150gr Hornady Interlocks. Die dryfmiddel? S335. Die doppe? Nuwe generasie PMP (met die groot font kopstempel). Hoeveel P14's? Nie meer as so vyftien nie. Lee's en Martini's? Meer as 100.
Met my twee jaggewere gebruik ek 100 PMP slagdoppe vir elke ander soort se een. NOG NOOIT 'N MISFIRE GEHAD NIE.
Give a lot of credit where a little bit of credit's due. . .
Re: PMP Probleme in die algemeen
Posted: Sat Aug 31, 2013 8:35 pm
by LUAN
Skihili tot op watse afstande het jy geskiet met daai 150gr interlocks en hoe is die akuraatheid groeperings gewys? Ek skiet 42gr S335 agter die 150gr koeels met pmp doppe en die spoed is maar wisselvallig moet die dop volume wees wat so verskil.
Re: PMP Probleme in die algemeen
Posted: Sat Aug 31, 2013 11:25 pm
by Skihili
303, my No4 is in 1998 toegerus met 'n splinternuwe Enfieldloop met 1:9" groefdraai. hy het 'n .304" boordiameter, maar baie kort kamer gehad. Sy snelheidlewering was baie hoog: 2545vps met 1981 R1M3Z weermagammo.
Met die 150's groepeer hy tot vandag met ou generasie PMP doppe puik. Ons kortafstand Bisleyskiet saam met CMIS en Pta Enfieldklub is tot op 300m. Met S335 en S341 groepeer hy 'n brak uit 'n bos uit. Daai ou PMP doppe is wenners, hoor. Met 174's en swaarder verkies ek W-W doppe en S355.
Ek gebruik 'n Lee Collet-matrys, maar het eerstens al my doppe geweeg en massa bymekaar gegooi. Gelukkig het daai ou PMP's mooi tussen 200,5 en 201.8gr geweeg vir al 80 van hulle. Dit was blouboks fabrieksgelaaide 174gr soliede bootsterte wat uit die ou SA dateer wat ek in die hande gekry het omstreeks 2002. Vandag se grootfont doppe is nog swaarder as daai, maar ek het nog net die Bisley van 2009 met die swaar doppe geskiet en kan nie verder oordeel oor hulle nie.
Re: PMP Probleme in die algemeen
Posted: Sun Sep 01, 2013 11:44 am
by Martin Marais
Manne ek het vroeer hierdie jaar deelgeneem aan die PMP groepering kompetisie wat deur die Stormbergtak op Queenstown aangebied was. Ek het met my Howa 223 geskiet. Met die tweede skoot wat ek skiet let ek op dat daar rook by die slot van die geweer uitkom. Ek haal toe die doppie uit en inspekteer dit. Ek sien toe dat die slagdoppie 'n groot gat in het."Pierced Primer". Ek bring dit toe onder die baanoffisier se aandag,en hy roep toe die beamte van PMP nader. Onmiddelik diagnoseer mnr PMP die probleem. "Headspace" of te wel kopspasie. Ek noem dat ek al honderde handgelaaide rondtes deur hierdie geweer gevuur het en nog nooit so probleem gehad het nie. Mnr PMP bly by sy standpunt,kopspasie en klaar. Daar en dan belowe mnr PMP in die teenwoordigheid van lede van Stormberg takbestuur dat hy die betrokke doppe sal laat ondersoek en dan die uitslae per E-pos aan Stormberg takbestuur bekend sal maak. Hy noem ook dat PMP die vuurwapen ook graag sal wil toets.
Ek het tot op hierdie stadium nog geen terugvoer vanaf PMP ontvang nie. Ek het self die geweer weer getoets met drie verskillende slagdoppies en verskillende fabrikaat doppe,en geen probleem ondervind nie.
Indien hierdie optrede deur PMP standaard praktyk is,dan kan ek met trots noem dat hierdie insident my totaal en al genees het van PMP produkte.
Re: PMP Probleme in die algemeen
Posted: Sun Sep 01, 2013 11:49 am
by Mauser_Werke
Hier is werklik skrikwekkend baie wat gese word oor die PMP aangeleentheid en ons moet nou bietjie kop gebruik en so een stappie wegstaan van emosies af want ek dink ons almal weet waarom die kwaliteitsbeheer is wat dit is. En ons moet glad nie dink ons kan “niks” doen nie. PMP is baie bedorwe met hulle groot kontrakte aan oorsese markte & voel niks vir ons nie. Dis hoe ons kan terugveg en baie pynlik ook vir hulle.
Die Amerikaner het baie geloof in die waarde van nuus; en nes Jaracal is daar ook baie groot Amerikaanse “skiet borde” & as ons almal ons briewe oorskryf in Engels en daar opsit gaan dit iets begin; en daai iets gaan ook Amerikaners uitlok wat ongelukkig is en so gaan die ding sneeubal.
As ons ou Boere ook tog nie so lief was vir binnegevengte soos die SAGA om SAGA (South African Gun - owners Association) nie kon ons vir Martin Hood vra om a “Class Action Warning Leter” aan alle handelaars te gee wat vir hulle se hier is die feite van XYZ hoeveelheid skuts en as julle PMP ammunisie verkoop dan gaan ons julle aanvat. Nee een ou hou daarvan as so n SAGA hom gaan geld kos nie.
So kan ons PMP dwing om dinge reg te laat loop en ons kan aandring op Ammunisie op ons rakke teen diselfde prys as die wat Amerika toe gaan. Die geldgierigheid van hierdie voorheen “Boere Maatskappye” wat bestaan omdat ons hulle laat bestaan het en ons nou so behandel moet hard en sterk aangevat word. En ja ons kan dit doen – die inetrnet se krag maak ons almal geyk – hier is n grrot Amerikaanse een waaraan ek behoort.
http://gunboards.com/ Gaan ons hierdie “gunfight” daar aanvat soos een man?
Re: PMP Probleme in die algemeen
Posted: Sun Sep 01, 2013 11:55 am
by Jean Marais
Hallo Martin
Ek moet ook miskien hier bynoem, dat ek 'n vriend van my help met ladings vir sy 308 Win. Die ladings was almal onder maksimum, en tydens die ladingontwikkeling was daar GEEN teken van enige druk nie. Ons het egter presies dieselfde oorgekom met PMP doppe tydens sy jaarlikse elandjag (gelukkig was dit 'n kopskoot). Met my navorsing oor die verskyksel, het ek agtergekom dat dit nie noodwendig druk is nie, maar "over annealed" doppe wat so uit die fabriek kom. Lyk my nie hule kwaliteitsbeheer is 100% op standaard nie. Daars nie veel wat jy daaraan kan doen nie, behalwe om ordentlike doppe te koop.
Groete
Re: PMP Probleme in die algemeen
Posted: Sun Sep 01, 2013 12:34 pm
by Johan Nel
Ja, die dilemma hier is dat vir elke een skoot wat daar mee fout gaan, is daar seker 'n duisend wat reg gaan. Ongelukkig kom se die manne wat tevrede is niks hier nie. Ek persoonlik het tot op hede goeie resultate met PMP produkte gehad. Veral met doppe en slagdoppe. Daarmee maak ek nie die klagtes en probleme wat die manne hier noem, af nie. Hulle het gebeur en mens wil antwoorde op mens se vrae he.
Re: PMP Probleme in die algemeen
Posted: Sun Sep 01, 2013 1:19 pm
by vriell
So 'n jaar terug het ek 'n e-pos aan PMP gestuur .
Thank you for the interesting info on the Brass process at the factory.
"Does weight of the final product plays any role in the accuracy of the final brass product ? The difference in weight sometimes as much as 6 grains between cases and have a definate impact on the reloading final product group shooting. When i reload i have to group the various weights on pmp brass which is not the case on most other brand cases.This problem i have on many cal. and not just one specific cal. when using pmp brass.
Regards
Len "
en die antwoord terug ontvang...
Dear Len,
Thanks for your interest in our products and process.
Based on our experience, the mass of the case is an indication of the volume available for propellant, if the case volumes vary, then a small difference in pressure is experienced, that can have an influence on the velocity.
The variation is however minimal and the influence on velocity is much less than what is allowed in the product specification, the influence on the dispersion is therefore negligible.
Other parameters i.e. bullet mass, round length etc. has a much bigger influence on the dispersion.
Please feel free to contact us for information and assistance.
Regards,
JC Muller
Marketing Manager: Sporting Ammunition
Re: PMP Probleme in die algemeen
Posted: Sun Sep 01, 2013 3:31 pm
by Martin Marais
Ekself het al uitstekende resultate behaal met PMP produkte. Bogenoemde was die eerste keer in my sportskiet en herlaai loopbaan van ongeveer 30 jaar dat ek 'n sogenaamde "pierced primer" ervaar. In hierdie geval het die geweer se slot egter maklik oopgemaak. Om hierdie rede glo ek steeds dat dit eerder foutiewe slagdoppies was en nie 'n kopspasie probleem soos die pmp man my probeer oortuig het nie. Feit van die saak is egter dat niks gekom het van die beloftes wat die verteenwoordiger van pmp aan ons gemaak het nie. As hierdie dan nou standaard pmp praktyk is,dan sal ek maar in die vervolg 'n ander vervaardiger ondersteun.
Re: PMP Probleme in die algemeen
Posted: Sun Sep 01, 2013 5:30 pm
by NEGE3
Johan Nel wrote:Ja, die dilemma hier is dat vir elke een skoot wat daar mee fout gaan, is daar seker 'n duisend wat reg gaan. Ongelukkig kom se die manne wat tevrede is niks hier nie. Ek persoonlik het tot op hede goeie resultate met PMP produkte gehad. Veral met doppe en slagdoppe. Daarmee maak ek nie die klagtes en probleme wat die manne hier noem, af nie. Hulle het gebeur en mens wil antwoorde op mens se vrae he.
Ek sit ook aan dieselfde kant van die vuur. My enigste roer wat glad nie van PMP koeels hou nie is die 270. My 30-06 3n 9.3 loop baie mooi met PMP komponente.
My skoonseun se 303 skiet ook klawers op 100 met PMP.
Maar soos jy se daar is baie van ons vriende wat baie ongelukkig is met die produk en diens en PMP sal beslis met die ouens moet praat want dit doen hulle produk niks goed om stil te bly nie.
Re: PMP Probleme in die algemeen
Posted: Sun Sep 01, 2013 10:39 pm
by Skihili
Pierced primers: jou slagpen se punt mag dalk nie mooi gerond wees nie en slaan dan 'n klein skyfie uit die slagdop uit wat dan binne-in die grendel opgespoor kan word.
Re: PMP Probleme in die algemeen
Posted: Mon Sep 02, 2013 11:07 am
by Martin Marais
Skihili,ek skiet feitlik daagliks met my Howa 223. Ek kan enige dop,Hornady,Winchester,Norma,laai met cci,of Federal of Winchester slagdoppies en ondervind geen probleem nie. Wanneer ek hierdie ammo gebruik is daar geen tekens van plat slagdoppies of pierced primers nie. Neem nou dieselfde geweer en gebruik PMP se ammo en ek kry "pierced primers" Sou jy steeds reken die probleem is by die slagpen?
Terloops ek het al weermag ammo ook in hierdie geweer gebruik en hier het ek ook geen pierced primers gesien nie.
Ek luister.
Re: PMP Probleme in die algemeen
Posted: Mon Sep 02, 2013 12:02 pm
by Witpietskiet
Martin, ek sit met presies dieselfde probleem as jy met jou Howa 223 en PMP ammo. Ek het al my slagpen laat korter maak en ek weet nie wat het die geweersmit nog gedoen nie, probleem is nog nie opgelos nie. As ek n PMP patroon skiet sit die gat in die primer, so my oplosing, ek skiet enige iets solank dit nie PMP ammo is nie.
En so het ek gedink dis net ek wat met die probleem sit.
Re: PMP Probleme in die algemeen
Posted: Mon Sep 02, 2013 6:11 pm
by Skihili
Ek het vroeër 'n nuwe bruin pak .303 PMP 174gr spitsers tydens 'n kompetisie gewen en hulle gedeel tussen my No4 en my No1. Geen probleme ondervind nie. Verder het ek darem bietjie ondervinding met PMP in .30-06, 7x64, 9,3x62, .300H&H, .300WM gehad, maar ook geen slagdopprobleme ondervind op Remington, Mauser, CZ en Sako nie. Klink of dit dalk by Howa kan lê?
Uit 'n herlaaioogpunt is PMP LR Magnum slagdoppe dalk die beste wat ek nog gekoop het. Sedert die negentigerjare van die vorige eeu nog nooit 'n misfire gehad nie. Het so maand gelede 'n LERASA .303 kompetisietjie in Bothaville gewen met my No1 en blouboksie PMP slagdoppe wat nog R13 gekos het. . .
As mens oor so lang tyd goeie resultate kry met 'n produk, wie gaan dit nie aanhou koop nie?
Terloops, slagpenne mag nie verder as 1,5mm uisteek by die slotgesig nie. Al drie my senterslaggewere se slagpenne steek so 1,2mm uit. Die slagpen se punt moet mooi gerond wees.
Re: PMP Probleme in die algemeen
Posted: Mon Sep 02, 2013 8:57 pm
by Otto
Skihili, Nee dit is nie net 'n Howa probleem nie. Ek het druk probleme gekry met my Musgrave 30.06 op die bruin boks en by PMP self met die blou boksie. Primers platgeslaan en slot sukkel om oop te maak. PMP se antwoord, jou geweer se kamer is te styf, maar geen van die ander vervaardigers se ammunisie het sulke probleme veroorsaak nie. My Howa 243 sukkel net met PMP , geen van die ander fabrikate.
Re: PMP Probleme in die algemeen
Posted: Thu Sep 26, 2013 4:27 pm
by Cobus(Cobb)
Ek kry nie die pmp uitstappie draad nie, so gaan sommer hier aan...
Op die uitstappie het paar manne gevra oor varmint of oes koeël en die beskikbaarheid daarvan...Die pmp manne was "baie verbaas" oor die aanvraag vir sulke koeëls en het belowe om dadelik te research ens....
Weet iemand of daar al sulke koeëls is??
Re: PMP Probleme in die algemeen
Posted: Thu Sep 26, 2013 4:32 pm
by cassie_calvinia
by huntex se gong skiet het 2 van my 4 patrone geweier
Re: PMP Probleme in die algemeen
Posted: Thu Sep 26, 2013 4:39 pm
by tripodmvr
Cobus(Cobb) wrote:Ek kry nie die pmp uitstappie draad nie, so gaan sommer hier aan...
Op die uitstappie het paar manne gevra oor varmint of oes koeël en die beskikbaarheid daarvan...Die pmp manne was "baie verbaas" oor die aanvraag vir sulke koeëls en het belowe om dadelik te research ens....
Weet iemand of daar al sulke koeëls is??
Jy moet miskien direk met JC skakel.
Re: PMP Probleme in die algemeen
Posted: Thu Sep 26, 2013 8:36 pm
by LUAN
Koop toe ander dag n bruin boksie 168gr vir die 308 net vir ingeval ek n groepering kompetisie moet aan deelneem en wen

Skiet ook oor die chrony 2599,2614,2640fps en die een dop se primer was effens plat en die groepe glad nie kompetisie standaard. Sal eendag 150gr probeer.
Bazil koop bruin boks 168gr vir sy howa 06. Een van die skote moes hy sy slot oopslaan so erg was die druk.

Re: PMP Probleme in die algemeen
Posted: Thu Sep 26, 2013 8:43 pm
by Pvdw
Nee Koos daar is nie sulke koele van PMP beskikbaar nie.
Peet
Re: PMP Probleme in die algemeen
Posted: Thu Sep 26, 2013 9:09 pm
by Cobus(Cobb)
Nog nie? of het hulle dit onder die mat ingevee??
Re: PMP Probleme in die algemeen
Posted: Thu Sep 26, 2013 9:21 pm
by Pvdw
Hulle het begin met ondersoek. Hulle het selfs ander make gekoop en ontleed. Die koeël wat hulle in gedagte gehad het was nie 'n polimeer tip soos V-Max en BT nie maar wel een daar die koeël punt toegedruk word en die kan dan maklik oopmaak met impak. Die basis van die koeël is dus solied. Ek weet die Amocil wat met .22 doppies gemaak was is presies dieselfde prinsiep.
Wat nou daarvan geword het weet ek nie.
Re: PMP Probleme in die algemeen
Posted: Thu Sep 26, 2013 9:28 pm
by Cobus(Cobb)
Dalk beter so, anders moes ons weer import pryses betaal vir local goeters