Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Mense ek sukkel nou vanaf Mei 2013 met my .375 Ruger wat ek 'n lisensie voor het, maar wat nie op CFR sisteem is nie. So ek kan nie die wapen oor die grens neem Nam toe nie. Na meer as 12 maande moet ek nou op my onkoste wapen by geweersmit kry en laat inspekteer dat dit wel die wapen is en dan inhandig by SAPD. Wee vingerafdrukke en dan sal hulle dit uitsorteer. Belaglik as jy my vra. Ek het mos nie die fout gemaak nie, maar nou kos dit my geld. Wapen is nuut by Safari & Outdoor gekoop, maar nou volgens CFR is dit 'n SAPS "stoor wapen" soos haelgewere en semi auto's wat hulle tydens onluste gebruik!!!!!
My nuwe aansoek vir my 9de wapen besluit hulle ook nou ek moet weer kluisinspeksie kry. EN dit vat nou al 7 dae om by my te kom. Ek bly 800m vanaf die SAPS stasie.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
More manne. Ek het 7 Augustus 'n aansoek ingegee. Dit is 8 September goedgekeur en ek het nou net 'n oproep gekry om my kaart te kom optel. My vinnigste nog.
hencohugo wrote:More manne. Ek het 7 Augustus 'n aansoek ingegee. Dit is 8 September goedgekeur en ek het nou net 'n oproep gekry om my kaart te kom optel. My vinnigste nog.
Hahaha dis lekker om te sien iewers gaan dit goed. So 3 maande trug 3 aansoeke in gehandig. Bel toe die DFO so n maand trug, hy se nee die aansoeke le nog by hom, hy kry nie n lift nie. Sukkel toe n maand lank om hom in die hande te kry, later toe die stasie gebel, hulle se toe nee hy is op vakansie(alweer) Vanoggend hom in die hande gekry, klink darm my aansoekke is darm by die CFR. So nou kan ek hulle bietjie opdraande ge. Handig volgende week n Liksens vir .22Lr in, hoop dit gaan goed!
Lila het gister haar Glock19 aansoek ingehandig.
Saam met die aansoek was die endorsement vir jagdoeleindes (Coup de Crace). Die DFO het geweier om die aansoek onder jag te laai, en het toe onder self verdediging gelaai. Sal maar sien of hy deur gaan...
Geno wrote:Lila het gister haar Glock19 aansoek ingehandig.
Saam met die aansoek was die endorsement vir jagdoeleindes (Coup de Crace). Die DFO het geweier om die aansoek onder jag te laai, en het toe onder self verdediging gelaai. Sal maar sien of hy deur gaan...
Daai wapen gaan tog wel deur onder jag (aai die sap)