Zeiss victory diavaria 6=22=56

Post Reply
User avatar
Janjak
Hero Member
Hero Member
Posts: 529
Joined: Tue Apr 07, 2009 2:51 pm

Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56

Post by Janjak »

Jacques,
ons sal op daai Burris ook rooi spatsels vir hom opsit. ;D

Boeta
ons trek sommer been.
dis n goeie koop- geluk man, hoop hy gooi reguit.
Ja3
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 431
Joined: Mon May 04, 2009 10:24 am

Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56

Post by Ja3 »

Hello Boeta
Baie goeie prys. Dis 'n 6.5-20x56. Ek het 'n sterk vermoede dit kan nog die VX-L i.p.v die VX-3L (nuwe model) wees, maar twyfel of
daar rerig 'n verskil behalwe die prys is. Leupold het onlangs van hulle reeksname verander.

So lappie thinners kan daai permanente bloedspatsels afhaal  :D
Jy gaan hom geniet, ek's seker daarvan. Sorg net die jou kruishaar presies waterpas met jou aksie is. Moet ook nie skroom om die SF te stel op een van
die korter strepies, en dit daar hou nie.

Laat weet as jy bietjie wonder oor 'n paar verskynsels..
Voorspoed
Ja3
boeta wrote: Ja dit is 6.5x25-56 extreme varmint,die 25 kan dalk 20 wees is nie seker ni.Hy het nogal sulke rooi spatsels op die scope,seke jakals bloed ;D
Ja3
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 431
Joined: Mon May 04, 2009 10:24 am

Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56

Post by Ja3 »

Oom Louis

Hoop dit gaan goed daai kant. Was bietjie doenig met 'n paar ander sakies.
So bietjie gesukkel met suisie. Kon nie resultate kry, en het teruggestuur na S&O vir verdere ondersoek.
POI skuif indien ek bietjie stel aan vergroting en weer terug draai na vorige posisie, asook groepe wat oopmaak na die verstelling.
Dis nou na 70 skote en ander ringe en basisse en en, behalwe lapping wat ek twyfel of dit die oorsaak is. Ek het 'n sterk vermoede hy's foutief.
Wil my nie graag teveel uitlaat voordat die probleem vasgestel is nie.
Gelukkig weet ek wat die ammunisie in staat is, en so die verskynsel agtergekom.
Het intussen weer die VX-L teruggesit en als is weer terug na normaal soos dit hoort, wat akkuraatheid aanbetref.

Ek hou baie van daai glase, en die mil-dot kruishaar is fantasties. Beeld is, nou ja.... nog nie beter gesien nie...
Als is net fantasties, en ek mis hom alreeds. Hoop Hendrik-hulle kry 'n diagnose.

Ek wil eers nie daaraan dink dat dit so maklik kan gebeur om lading ontwikkeling te doen, met toerusting waar alles nie pluis is nie
Was baie gelukkig in die opsig om te weet wat die maksimum potensiaal van my ammunisie is, anders het ek als vanselfsprekend aanvaar,
en aanhou skiet en skiet en toets en skiet, en gaan krap op verkeerde plekke.

S? asb vir oom Takoeza hy moet nie met daai zeiss so in die maanlig skiet, en sy o? beskadig nie.
Grte
Ja3
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56

Post by Louis102 »

Ja3 wrote: So bietjie gesukkel met suisie. Kon nie resultate kry, en het teruggestuur na S&O vir verdere ondersoek.
Ja3

My hart bloei vir jou part!  Niks wat so teleurstel om goeie geld vir iets te betaal en dan gebeur dit nie.  Laat weet asb. wat die uitslag is.  Ek voel nou nogal goor dat ek so iets kon aanbeveel!

Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56

Post by Francois Marais »

Louis

Ja n man kry maar dud's op alle produkte, het al selfs van n L/Cruiser gehoor wat nie was soos dit moes wees nie, seker ma Vrydag-namiddag kwart voor vyf job.

Ja3, hoop hulle sort hom vi jou, glo dam so.

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
Ja3
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 431
Joined: Mon May 04, 2009 10:24 am

Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56

Post by Ja3 »

Ag nee aa oom! (of hoe s? die tannies?)
Ek kyk mos al 'n geruime tydjie na een. Miskien l? die fout nog by die drywer, en dan moet ek hierdie
post ook uitvee ter wille van moontlike tone wat getrap mag word..
Laat ek dit vir oom s?, daai scope is so goed, ek skiet steeds 'n jakkals blikkies toe net soos hy is. (1.5duim groep op 100m)
Maar ek't vrede gemaak en is bly dat ek iets agtergekom het, en dit skakel die raaiwerk uit in die toekoms.

S? vir oom Takoeza, dis beter om nie met 'n zeiss in volmaan te skiet nie. Die skerp lig is nadelig vir die o?.
Baie groete
Ja3

n.s.- sal laat weet wat die uitkoms is. Miskien het die remote met die poskantoor se staking bietjie sokker met die pakkie gespeel..
Louis102 wrote: .. Ek voel nou nogal goor dat ek so iets kon aanbeveel!
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56

Post by Louis102 »

Ja3 wrote: ... Miskien l? die fout nog by die drywer ...
Ja3

Nee wat, ek is bereid om geld daarop te sit dat die fout nie by die drywer l? nie.  Jou poging om my beter te laat voel, is nogtans baie gaaf.

Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56

Post by Dawie »

Ja3
Ja3 wrote: en het teruggestuur na S&O vir verdere ondersoek.
Ek dink as jy 'n nuwe ding koop wat foutief is,  dis as daar regtig fout is,  is die minste wat hulle kan doen om vir jou 'n ander nuwe een te gee.  Jy't klaar ongerief en onnodige koste en tyd van so 'n duur instrument gehad.  Of is ek vol bollie ???

Dawie
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56

Post by JACQUES BOTHA »

projag
Dankie vir jou sinvolle stukkie inligting. Dit maak sin en klink reg. Daar is seker ook van die groter en duurder handelsname wat  self hulle lense spit en polish en skaaf en verf en mooimaak of hoe, indien hulle dit nie alles in japan laat doen nie?..Dink jy nie as jy vir lynx vra wie  en waar word hulle scopes gemaak hulle moet ons antwoord nie, en nie net  lynx nie, sommer nightforce ens ook. On het ook n soortgelyke gesprek rondom geweer loop gehad en toe is ek wawyd wakker gemaak oor die bartlein loop vs bv die hart loop vir wie ek soveel agting gehad het en nog steeds het, maar ek twyfel of hulle tegnologies op selfde vlak as bv bartlein is? Ek is ma nog n sukker vir  " you get what you pay for....." en somtyds meer en soms minder....
Dit wys net weer  ons jakkals manne weet ook van roere , pakwerk, scopes, stoele , lope. aksies , natuur, bokke, jakkalse, en sommer nog sielkundiges ook en dukvelliges en dunvelliges en slimmes en meer slimmes, 'selfs ouens wat nie leer nie soos ek bv' ,,,,"MANNE EN MANINNE ONS BESEF NIE WAT ONS HIER IN DIE FORUM HET NIE"  en ek dink hier is n hele klompie manne wat bitter goed agter hulle roere kan sit en staan...dit sal vir my heerlik wees om die manne bymekaar te kry ...te gesels en te skiet en te sien wat uitspring...soos bv as ons daai jakkals op 400 meter sit en die manne skiet daai papiere nog steeds vol "gatte" op regte plekke..soos die beeldmateriaal van hein se blesbok bv...

dankie aan ieder en elke een vir julle bydraes
dis n lekker om hiervan deel te wees.

Dankie almal
Groetnis
JB 
Shoot straight and tell the truth!
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56

Post by Louis102 »

Jakes

Weet jy dat Tafjak so reg is.  Mens twyfel nie oor jou gemoed deur te kyk hoe en wat jy skryf nie!  Lekker man!  Moet s? dat ek die styl geniet.

Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
tafjak

Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56

Post by tafjak »

Ja3
Ja n man kry maar dud's op alle produkte, het al selfs van n L/Cruiser gehoor wat nie was soos dit moes wees nie, seker ma Vrydag-namiddag kwart voor vyf job.
..... dit is seker so, die feit is dat daar seker minder dud Cruisers op die paaie is as dud Landrovers of iets anders. So as jy is scope het wat werk, klou aan hom. Ek het 'n Lynx(4.5-14x50 met 25mm tube) gehad wat my uitstekende diens gegee het en toe ek die Zeiss kry toe dog ek ek sal nie meer die Lynx nodig h? nie. Ek het die Lynx nog nooit weer nodig gehad nie, maar sal baie graag daardie Lynx wou gehad het omdat ek hom kon vertrou en hy regtig baie, baie waarde vir geld was. Nou kan ek dit nie meer terugkoop by nuwe eienaar vir meer nie.

Daarom het ek nie die Landy verkoop nie en klou aan hom. So Ja3 jy moenie te gou moet opgee met die nuwe scope nie en tog kyk of hy na goeie diens van die verskaffers en fabrikate reguit sal skiet nie. Bly tog iets oor in 'n mens, al is die scope reg. Die groot punt hiervandaan is natuurlik die nasorg wat jy gaan ontvang. Laat asb. weet wat aangaan, want sulke teleskope kan nie wegkom met name en pryse nie, nie durf nie.

Voorspoed en jy kan laat weet dat ek jou ook in die rigting help stuur het.

Taffie
N.S. Ek wens dat ek 'n wapenhandelaar was, want dan sou jy, Francois, Louis, Boeta en nog 'n klomp verseker van my kli?nte gewees het.
tafjak

Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56

Post by tafjak »

Dawie
Of is ek vol bollie
.... nee jy is nie! Met Zeiss se naam moes jy my gehoor en gesien het. My speelgoed sou die hele w?reld vol gel? het, en ek is lief om met ysters te speel.

Taffie
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56

Post by JACQUES BOTHA »

taffie
Ek sien so tussen die lyne deur jy sie dollars namibiese dollars...Dit lyk my daai manne gooi groot ponde rond  in hulle hobbie, liefde , sport, tydverdryf, ag noem dit wat jy wil..
Die dag as jou hobby jou nie meer geld kos nie, is dit nie meer jou hobby nie... ;) ;) ;) ;) ;) ;) . Ek het n n 4.5 tot 14 X 50 lynx gehad en ek dink dit is ook n kwart oor 5 joppie gewees.sy stelskroewe asjy n kliek wil skuif, hardloop sommer so 5 klienks daai skroewe is baie baie los , dalk moes ek hom eerder terug gestuur het vir nasorg. Ma weens my verdraagsaamheid het ek hom dadelik geskuif...en toe destyds n tasco 3-9X44 titan gekry..nie die beste in suid afrika nie, mAar BETROUBAAR....
MOOI DAG
JB
Shoot straight and tell the truth!
tafjak

Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56

Post by tafjak »

Jakes
Ek sien so tussen die lyne deur jy sie dollars
... jy vat die woorde so reg uit my mond. Nou die dag gesien vandat jy geregistreer het kan ons maar 'n lorrietjie pak en so bietjie Dollars gaan verdien. Met jou pryse kan ons sommer 'n hoop verdien.

Ek hoef nie gesiggies by posts vir jou te sit nie.

Taffie

Hier kom die houe nou op 'n galop aan.
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56

Post by Louis102 »

JACQUES wrote: ...Dit lyk my daai manne gooi groot ponde rond  in hulle hobbie, liefde , sport, tydverdryf, ag noem dit wat jy wil..
Kan aan slegter maniere dink om van "ponde" ontslae te raak.  

Geduldige bankbestuurders hierrond, ou Jakes.  Wat beteken geld dan nou ook as jy dit nie mag spandeer nie?  En met 'n betroubare roer sal daar darem seker altyd 'n vleisie op die tafel wees vir die vrou en kinners.  Solank daar asem in die longe is en die o? kan sien en die vinger kan die sneller nog afdruk...daarna is dit te laat vir hierdie tipe van goete.  

Wat gaan jy met al jou gespaarde "ponde" maak as jy eendag onder die kluite is?  En julle moet ook onthou dat dit nie sommer net vir kom vat is nie, s? maar so vir Tafjak.
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56

Post by JACQUES BOTHA »

i love it when a plan comes together.......
Wanneer gaan ons biki NAM invaar...Ek sal my pryse aanpas ter wille van oorlewing.
n ou verwag mos net houe as jy iets verkeerd gedoen het....Hoekom sal jy nou pakslae kry ?
Ek weet net nie of die mahindra sal kan ry tot in NAM nie, Ons moet dalk invlieg tot in windhoek en daarvan met huurtrokke jag, daar is mos manne wat mooi stoele het daar, sal oom leeu vra om groot asb vir my n raam te buig na spesifikasie...onthou dis swaargewigte wat invlieg nie hierdie vlieggewig of kapok gewig nie manne nie..
Sal moet hoor wat die manne van Tewis se kursus se en hoe hulle sy gooi goed ervaar...ek dink hys mos n 7mm vergooi klant....
Shoot straight and tell the truth!
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56

Post by Louis102 »

JACQUES wrote: ......
Wanneer gaan ons biki NAM invaar...
Hoe gouer, hoe beter!  Praat net.  Onthou net wat met tiere in Leeuw?reld gebeur!
Goeie dade oortref goeie woorde.
tafjak

Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56

Post by tafjak »

Louis
Hoe gouer, hoe beter!  Praat net.  Onthou net wat met tiere in Leeuw?reld gebeur!
... klink vir my reg, ek bring mos iemand saam. Baie tiere nodig virri leeu.
Met jou pryse kan ons sommer 'n hoop verdien.
... hoef mos net twe te skiet dan is die trommel vol.

Taffie
Last edited by tafjak on Thu Sep 03, 2009 12:12 pm, edited 1 time in total.
tafjak

Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56

Post by tafjak »

Jakes

Dink net wat gaan die ouens nou s? as ek gesiggies by hulle reply's sit.

Taffie
tafjak

Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56

Post by tafjak »

Jakes
...ek dink hys mos n 7mm vergooi klant....
'n Man moet 'n lyf h? as jy met darie goed gooi!
Taffie
tafjak

Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56

Post by tafjak »

Jakes
hier is n hele klompie manne wat bitter goed agter hulle roere kan sit en staan...dit sal vir my heerlik wees om die manne bymekaar te kry ...te gesels en te skiet en te sien wat uitspring...
.... re?l jy so iets in die Upington area rondom volmaan en ek waarborg jou dat daar 'n lot bymekaar sal kom. Die tyd is ryp daarvoor, en Freek sal so bly wees want dan val die persie-tjoppe 'n rooster vol. Die kameraman moet net 'n klomp memory kaarte saamvat. Ek reken dit sal vrot sports wees.

Darie Namibi?rs ry dan Durban toe vir 'n Curriebeker game. Ons kan dan sommer in Uptington wyn proe, of hoe.

Taffie
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56

Post by Louis102 »

tafjak wrote: Darie Namibi?rs ry dan Durban toe vir 'n Curriebeker game. Ons kan dan sommer in Uptington wyn proe, of hoe.
Nou praat julle!!  Vir my is Upinton sommer om die draai. (baie nader as Windhoek) Weet net nie hoe ek die jagbakkie en roer oor die grens sal kry nie?
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
Chris101
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 390
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:25 am

Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56

Post by Chris101 »

Jagbakkie gaan maklik oor as dit n toyota is.
Die roere is egter n perd van ander kleur.
Oorweeg al om vir my n roer daaikant aan te skaf.
Knou die gediertes AF.
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56

Post by Louis102 »

Chris101 wrote: Jagbakkie gaan maklik oor as dit n toyota is.
Chris

Dis ongelukkig 'n Mazda en sy's kamoefleer geverf.  Dit trek baie aandag wat ek nie in belangstel nie.  Ek het darem 'n wit Toyota wat ek kan gebruik - sal hom maar 'n waterverf joppie gee indien benodig, maar dit sal seker nie nodig wees vir die skiet kompetisie nie.  Nou soek ek net plan met die geweer.  Francois Marais weet seker van hierdie dinge, hoe maak 'n man om jou roer oor die grens te kry vir bietjie sport(s)?

Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
DSBW
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 344
Joined: Wed Aug 19, 2009 7:56 pm

Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56

Post by DSBW »

Louis

Dis eintlik relatief eenvoudig. Jy het 'n brief nodig vanaf die organsasie/instansie/skietklub, dit kan gefaks word, per e-pos gestuur word na jou toe, Nampol benodig nie die oorspronklike nie. Die brief moet jou basies uitnooi om aan die kompetisie te gaan deelneem. Neem die brief, gaan na jou naaste polisie kantoor (dis nou hier waar dit kan moeilik raak) en doen aansoek vir 'n uitvoer permit vir jou wapen en ammunisie. In Windhoek is die beampte wat daarmee werk sersant Wolman, sy is bevoeg en vertroud met die proses, ek weet nie of jy dieselfde gaan ondervind by jou plaaslike kantoor nie.

Vir die aansoek moet jy saam neem:
1) Oorspronklike lisensie asook gewaarmerkte afskrif;
2) ID/Paspoort oorspronklik plus gewaarmerkte afskrif;
3) Uiteraard die brief sos hierbo gemeld;

Die permit (vorm wat jy invul) neem my gewoonlik 'n voormiddag om te kry (in Windhoek), as jy in die platteland aansoek doen sal dit heelwat langer neem, gee maar 'n week of so grasie.

"Gewapen" met die permit het jy geen probleem om aan die Namibiese kant oor die grens te gaan of terug te kom nie, by die SA kant verklaar jy bloot jou wapen en ammunisie, en hulle vul 'n boek van omtrent 20 bladsye in, en reik aan jou 'n invoer permit uit om die wapen in SA in jou besit te hou.

Ek is die afgelope twee jaar verskeie male heen en weer oor die grens, het nooit 'n probleem gehad nie, ironies genoeg het ek net een keer ooit 'n reuse probleem gehad, toe hulle doppies en punte by my gekry het, waarvoor jy absoluut geen dokumentasie nodig gehad nie, maar nouja, dis die klein uitdagings waarmee ons almal moet deel in Afrika.

Groete
Post Reply