Nikon teleskope

Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Nikon teleskope

Post by Stefan764 »

Pierre van der Merwe wrote: Vir die van julle wat in die mark is vir n teleskoop, maar nie baie het om te spandeer nie, gaan kyk by S&O se website onder specials. Daar is n baie aangename verrassing.

Nikon Pro Staff 3-9*40 vir slegs R1300.00.

Baie dankie Willem
Gaan sukkel om die een te klop  ;)
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
User avatar
Louis Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1981
Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm

Re: Nikon teleskope

Post by Louis Kriel »

Bietjie opgelees oor die Prostaff.  Ed Turner van Chuckhawks se dis 'n baie goeie scope vir die geld en hy kan niks vind om verkeerd daaroor te se nie.  Optictalks se manne se die Burris FF2 en die Sightron S2 is beide beter as die Nikon Prostaff. 

http://www.chuckhawks.com/nikon_prostaff_scopes.htm

http://www.opticstalk.com/nikon-prostaff_topic6911.html

Dis in elke geval 'n ma'se bargain!
Peace - That brief glorious moment when everybody stands around reloading. Thomas Jefferson
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Nikon teleskope

Post by Eugene »

immelmanw wrote:
rudib wrote: Wat sal die kenners se is die max afstand waarop die Monarch 4-16 x 50 gebruik sal kan word? Ek is opsoek na n teleskoop vir my 6.5-284, maar net vir speel en jag, nie kompetisie nie.
Persoonlik sou ek vir die 4-16x50 gegaan het, as dit net vir speel en jag is het jy nie groter nodig nie. Ek self speel en jag ook met n 6.5x284.....ek vind dat die Nikon 6-24x50 se field of view n bietjie knap raak in die jagveld.

Groete
Dags?!

Ek is op soek na die Nikon Monarch 4-16x50 BDC. Ek sien een op Nikon se webblad, maar nie op S&O se webblad nie. Kyk ek verkeerd of hou julle dit nie aan nie?

Wil graag die teleskoop op my 308 sit en gaan dit oorwegend vir jag gebruik. Ek sal waarskynlik hier en daar bietjie op die baan en "fun shoot's" gebruik, maar skiet nie kompeterend nie.

Dankie by voorbaat!

Groete
Aim small, miss small
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Nikon teleskope

Post by Stefan764 »

Hallo Eugene

Ons hou hulle verseker aan, ons wag net vir die nuwe voorraad om in te kom. Die manne koop hierdie scopes vinniger as wat die fabriek hulle kan bou  ;D

Ons website is n "live" sisteem wat aan ons rekenaarstelsel in die winkel gekoppel is en dus reflekteer op die webtuiste wat ons fisies in voorraad het. ONTHOU asb dat daar mos maar met so stelsel altyd foutjies inglip so die veiligste is maar om die tak naaste aan jou te skakel en uit te vind of ons van die scopes in voorraad het. Ek is by 0861 2222 69 in PTA en John is in die Kaap by 086 111 4330

Groetnis!
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Nikon teleskope

Post by Eugene »

Stefan764 wrote: Hallo Eugene

Ons hou hulle verseker aan, ons wag net vir die nuwe voorraad om in te kom. Die manne koop hierdie scopes vinniger as wat die fabriek hulle kan bou  ;D

Ons website is n "live" sisteem wat aan ons rekenaarstelsel in die winkel gekoppel is en dus reflekteer op die webtuiste wat ons fisies in voorraad het. ONTHOU asb dat daar mos maar met so stelsel altyd foutjies inglip so die veiligste is maar om die tak naaste aan jou te skakel en uit te vind of ons van die scopes in voorraad het. Ek is by 0861 2222 69 in PTA en John is in die Kaap by 086 111 4330

Groetnis!
Dankie Stefan, PTA is die naaste aan my, sal 'n luitjie gee en as ek weer in daai area is, bietjie kom o? wys!

Groete
Aim small, miss small
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 4003
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Nikon teleskope

Post by tau »

Eugene wrote:
immelmanw wrote:
rudib wrote: Wat sal die kenners se is die max afstand waarop die Monarch 4-16 x 50 gebruik sal kan word? Ek is opsoek na n teleskoop vir my 6.5-284, maar net vir speel en jag, nie kompetisie nie.
Persoonlik sou ek vir die 4-16x50 gegaan het, as dit net vir speel en jag is het jy nie groter nodig nie. Ek self speel en jag ook met n 6.5x284.....ek vind dat die Nikon 6-24x50 se field of view n bietjie knap raak in die jagveld.

Groete
Dags?!

Ek is op soek na die Nikon Monarch 4-16x50 BDC. Ek sien een op Nikon se webblad, maar nie op S&O se webblad nie. Kyk ek verkeerd of hou julle dit nie aan nie?

Wil graag die teleskoop op my 308 sit en gaan dit oorwegend vir jag gebruik. Ek sal waarskynlik hier en daar bietjie op die baan en "fun shoot's" gebruik, maar skiet nie kompeterend nie.

Dankie by voorbaat!

Groete
Eugene

Ek het een by S & O gekoop Junie maand en dit het my langafstand jag verander van skat na mik  presies waar ek wil skiet. Die scope het die vermoe om jou te laat oefen op 200 - 300m en steeds die teiken/gongs te kan sien selfs jou impak plekke op die teieken. Dan kan jy hom afstel vir naby skote. Ek het hom nou al lekker getoets en waarde vir geld kon ek nog nie beter kry nie. Ek ken nie Rudolf en Burris nie so miskien het hulle soortgelyke produk vir die prys.

Jy sal nie spyt wees nie. En die BDC werk briljant.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Nikon teleskope

Post by Eugene »

Dankie Tau

Het aanvanklik baie belanggestel in die Leupold VX3L, maar teen R 13 500-00 is dit vir my begroting bietjie rof. Het toe met 'n vriend se 270 geskiet met die Nikon 6-24x50 BDC en het regtig baie lekker geskiet en kon ook skiet sonder om te skat en te wonder...

Hy het nogal my kop geswaai. Ek skiet selde verder as 250m, so ek dink die 4-16x50 gaan aan al my behoeftes voldoen!

Net bekommerd dat die BDC bietjie "besig" is, hoor party ouens kla daaroor. Het al so 30 skote or 'n paar dae met vriend se 270 geskiet en dit het my nie gepla nie.

Hoe voel jy daaroor?

Groete
Aim small, miss small
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 4003
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Nikon teleskope

Post by tau »

Nee wat na so 2 sessies op die skietbaan en oefen tussen 100-350 m het ek die BDC nie meer gesien nie, net gebruik. Ek en my jagpel werk so as een range dan skiet die ander een en met die BDC is dit baie makliker.

Ek het al gaan vark jag en bokke onder 100m en die vergrooting stel maklik af en die paralaks versteling.

Weereens vir wat hy kos dink ek hy is great, inteendeel vir jagdoeleindes dink ek nie ek het meer nodig nie.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
Marc_21
Full Member
Full Member
Posts: 195
Joined: Wed May 23, 2012 11:36 pm

Re: Nikon teleskope

Post by Marc_21 »

Hello all, sorry that this is going to be in english!
I just wanted to something out, I am getting a new scope for my 30-06, I want a scope that is good for all hunting in South Africa and also a decent scope for the competitions we shoot! (SAJSV)
Basically what I want to know is will a 16x50 be strong enough to show my bullet holes at 200-250 meters? I had a problem at the last shoot with my 2.5-10x42 because I couldn't see where my shots were going on the targets! When i got to the target my grouping was great but they were off of the springbok!
Thanks a million
22 Burgsmuller
22/410
6xc RSA
6xc Blaser
308Win Ruger M77 Compact
30-06 RSA
375H&H CZ 602
William Powell 12Ga
9mm Glock 19
45ACP 1911 National Match 70 Gold Cup
immelmanw

Re: Nikon teleskope

Post by immelmanw »

Marc_21 wrote: Hello all, sorry that this is going to be in english!
I just wanted to something out, I am getting a new scope for my 30-06, I want a scope that is good for all hunting in South Africa and also a decent scope for the competitions we shoot! (SAJSV)
Basically what I want to know is will a 16x50 be strong enough to show my bullet holes at 200-250 meters? I had a problem at the last shoot with my 2.5-10x42 because I couldn't see where my shots were going on the targets! When i got to the target my grouping was great but they were off of the springbok!
Thanks a million
Marc. The 5-20x44 will work better. Wait a week or two for Huntex Cape, you might just find a crazy special. Cheers
User avatar
Marc_21
Full Member
Full Member
Posts: 195
Joined: Wed May 23, 2012 11:36 pm

Re: Nikon teleskope

Post by Marc_21 »

Haha too late! I ordered a 4-16x50 from S&O stellenbosch, they are shipping it on Monday! It was in my price range! the 5-20x44 was R1000 more! :(
22 Burgsmuller
22/410
6xc RSA
6xc Blaser
308Win Ruger M77 Compact
30-06 RSA
375H&H CZ 602
William Powell 12Ga
9mm Glock 19
45ACP 1911 National Match 70 Gold Cup
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 4003
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Nikon teleskope

Post by tau »

Marc_21 wrote: Haha too late! I ordered a 4-16x50 from S&O stellenbosch, they are shipping it on Monday! It was in my price range! the 5-20x44 was R1000 more! :(
Mark we boere can C very good. So i can C the holes at 200 m, but I doubt if you will be able to. You know genetics and all......



Haha. Had to do that. I can still C my target at 200 m. I used the scope in the Hoeveld last week en took some LONG shots the scope worked perfectly.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
Marc_21
Full Member
Full Member
Posts: 195
Joined: Wed May 23, 2012 11:36 pm

Re: Nikon teleskope

Post by Marc_21 »

Hahahaha! :P Oi ek is 'n Malan, maar my ma was a Patrick so dis wat gebeur het..... Ek is 100% boer wat die soutie taal praat! :P Ek hoop die 4-16x50 sal werk!
22 Burgsmuller
22/410
6xc RSA
6xc Blaser
308Win Ruger M77 Compact
30-06 RSA
375H&H CZ 602
William Powell 12Ga
9mm Glock 19
45ACP 1911 National Match 70 Gold Cup
User avatar
Hugo
Hero Member
Hero Member
Posts: 1977
Joined: Thu Apr 14, 2011 3:03 pm

Re: Nikon teleskope

Post by Hugo »

Wats die algemene gevoel oor die 6-18x40 fieldmaster met die nikoplex vir n .243 om all round te skiet?

Ekt half my mind opgemaak oor dit, help my dit verander of convince my eks reg?
.22LR Slazenger
.243 Howa
.303 Lee Enfield
30.06 Browning
.38spl Astra
Bowtech 340D

To be sure of hitting the target, shoot first and call whatever you hit the target.
Daneel
Full Member
Full Member
Posts: 222
Joined: Mon May 21, 2012 4:13 pm

Re: Nikon teleskope

Post by Daneel »

Stephan wat dink jy van die 4-12x40 bdc vir n Howa 30.06?
Het julle al probleme gehaad met hulle of nie?
Ek dink daai outjie is n bargain daar by julle teen daai pryse, en ek is seker dat hy gaan baie lekker werk op die dirty old 6.
Howa 30.0kwes
Shoot to kill!
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5154
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Nikon teleskope

Post by Pvdw »

[quoteEkt half my mind opgemaak oor dit, help my dit verander of convince my eks reg?][/quote]

Hugo jy het die grootste stap reeds geneem.

Koop hom en kry klaar!!! Ek het reeds 3 Nikons en my 4de scope gaan ook een wees.

Peet
Work to live, don"t live to work
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Nikon teleskope

Post by Stefan764 »

Daneel wrote: Stephan wat dink jy van die 4-12x40 bdc vir n Howa 30.06?
Kan nie verkeerd gaan nie.....  ;)
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3530
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: Nikon teleskope

Post by Armand Steenkamp »

Wis sommer net noem ek het die naweek baie deur n Prostaff 4-12x42?? gekyk en was baie beindruk! Hy is net so helder soos my Burris 6-20x50!! Die nikon virstel ook baie positief! Ek like daai scope sommer kwaai!
Hou die lood ini lug!
Tikka 3006Ackley
Howa 204 ruger
6.5x55Ackley
243Howa Varminter
357Taurus
303Br
.22Norinco
.38 Rossi
577/450 Martini
Brno .22Hornet
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5154
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Nikon teleskope

Post by Pvdw »

Daai Nikon is meer as sy geld werd. Ek het 1 op my 303 en hy loer mooi.
Work to live, don"t live to work
User avatar
tokjak
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 331
Joined: Mon Apr 11, 2011 12:45 pm

Re: Nikon teleskope

Post by tokjak »

EK STAAN MET N 6-24X50 BDC RETICLE IN MY HAND EN KAN HOM TEEN N BAIE GOEIE PRYS KRY .HOE ERVAAR JULLE OUENS ,WAT HOM HET, DIE SCOPE ? EN IS DAAR VAN JULLE WAT MET HOM AAN VELDSKIET KOMPETISIES DEELNEEM?

GROETE
fanie17
Hero Member
Hero Member
Posts: 513
Joined: Tue Nov 09, 2010 9:15 am

Re: Nikon teleskope

Post by fanie17 »

Hugo ek het 11 van daai scopes op gewere,jy sal baie gelukkeg wees.In totaal het ek nou 15 nikons op gewere, geen probleme nie.
.22bruno 223sako 243sako 22-250sako 270sako 308sako 308rsa 30-06sako 30-06bulbarel 300winmag dubbelbrug mauser 375 pre 64 .22mag zastava 12boor 357 38spes 9mmpara   25-06truvelo
User avatar
andre007
Hero Member
Hero Member
Posts: 2234
Joined: Tue Jul 17, 2012 12:59 pm

Re: Nikon teleskope

Post by andre007 »

Naand manne.
Net n vinnige vragie, kan n gewone teleskoop gebruik word soos bv die Nightforce deur die turrets te stel vir n spesifieke afstand, ek het n Nikon fieldmaster 3 of 4 - 12 x 50, nou nie seker nie en sien daar is op die hoogte verstelknop op die skag onder die verstelkonop "Trappies"  waar jy die hoogte kan stel vir ver skote.  Met die Monarch het jy die opsie om target turrets te koop wat hierdie oefening maklik maak.

Baie ouens hier by ons se dat jy nie n teleskoop sonder target turrets kan gebruik om verstellings te maak vir verandering in skietafstande nie.

Hoop my vraag maak sin

Andre007
"Mag ek nooit onthou word vir dit wat ek gejag het nie, maar eerder vir hoe ek gejag het."

Groete

Andre007
083 491 1999
andrejbotha007@gmail.com
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5154
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Nikon teleskope

Post by Pvdw »

Andre ek het ook NIKON scopes. Een op my 223 en een op my 303. Ek stel die turrets gereeld as ek skiet. Bv op die 223 is zero op 100m ook zero op my teleskoop. 4 klieks op zero op 170m, 7 klieks zero op 200m en 18 klieks zero op 300m.

Vandag se scopes maak dit moontlik dat jy die turrets maar kan stel, dis waarvoor dit daar is.

Peet
Work to live, don"t live to work
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7572
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Nikon teleskope

Post by Wouter Roets »

Faan

Gaan nou vir 17 Nicon scopes dan pas dit mooi by jou naam! ;D Wat is jy so stil?

Groetnis
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Nikon teleskope

Post by PWV »

Ondervind julle Nikon-manne dieselfde as ek?  Ek het 'n Monarch 5-20X44.  Wanneer ek op 'n lae vergroting skiet, skiet ek hoer as wanneer ek op 'n hoe vergroting skiet.  In elke geval hou ek die kruis op dieselfde plek op die teiken. 

Pieter W. V.
Post Reply