375 Ruger: Rumours oor beskikbaarheid van doppe, dies ens

Post Reply
User avatar
SV MAD (Henk)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1653
Joined: Thu Aug 11, 2011 12:26 pm

375 Ruger: Rumours oor beskikbaarheid van doppe, dies ens

Post by SV MAD (Henk) »

Ek het so paar dae terug my ore uitgeleen aan 'n ou wat beweer dat die 375 Ruger (Howa) 'n baie duur geweer is (ek weet dat hulle koeels, doppe ens duurder is).

Hy noem dat die ruger dop nie vrylik beskikbaar is nie, en dat hy ook nie weet van die-sets wat mens kry nie.

Ek weet daar is manne hier op die forum wat die 375 skiet. Vertel asb julle ervarings oor die geweer, recoil ens en ook of julle patrone koop en of julle self laai. Indien julle self laai, beskikbaarheid van doppe ens asb.

Baie dankie, ek wag by die radio.
Groete
ek soek nog wapens...
User avatar
Lourens
Hero Member
Hero Member
Posts: 1179
Joined: Tue Apr 19, 2011 8:09 am

Re: 375 Ruger: Rumours oor beskikbaarheid van doppe, dies ens

Post by Lourens »

SV,

Wees nie bevrees nie. Ek dink nie die doppe en dies vir die kaliber behoort 'n groot kopseer te wees in die toekoms nie. VLT in pretoria het gewoonlik 'n stewige supply van doppe beskikbaar en so ook 'n paar ander wapenwinkels waar ek nou al was. Hornady dies is ook by VLT verkrygbaar en ek weet Safari and Outdoor het ook Redding dies beskikbaar. Weereens het ek ook al by een 2 ander winkels Hornady dies raakgeloop. Die kaliber is besig om opslae te maak in die jagveld en sy populariteit neem by die dag toe. Ek is rerig nie bekommerd oor die beskikbaarheid van komponente nie. As jy bekommerd is dat jy dalk in 'n krisis tyd nie doppe gan kry nie, koop vir jou 'n vooraad van se 150 of 200. Dit gan jou 'n goeie paar jaar hou. Dis mos nie die tipe kaliber wat 'n mens elke dag van die bank af skiet en mors nie. Op die stadium is fabrieksammunisie nog bietjie beperk en net Hornady en NGA vervaardig huidiglik. EK voorpsel egter dat manne oos Winchester, Remington, Federal ens ook binnekort op die appelkar sal spring omrede die kaliber se populariteit so toeneem.

Wat recoil aanbetref is my Howa glad nie so erg nie. Hy is inteendeel rustiger as my Tikka .338.
As jy leer hoe om hom reg te skiet en jou kant te bring behoort die recoil nie rerig so groot probleem te wees nie. Ek het egter al gehoor dat sommige ouens se die Ruger M77 African in .375 Ruger laat 'n man se tande lekker klap.  ;D  Die Hogue kolf op die Howa's is baie goed ontwerp en absorbeer die recoil uitstekend wat die geweer 'n plesier maak om te skiet.

Groete,
Lourens
Good, Better, Barnes... Unleaded, Unfailing, Unbeatable...
User avatar
SV MAD (Henk)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1653
Joined: Thu Aug 11, 2011 12:26 pm

Re: 375 Ruger: Rumours oor beskikbaarheid van doppe, dies ens

Post by SV MAD (Henk) »

Baie dankie vir die terugvoer manne.

Nou 'n ander vraag, weet julle of Lee dies beskikbaar is. Ek kan ongelukkig nie op hulle website inkom nie, my werk blok dit.

Groete
ek soek nog wapens...
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7575
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: 375 Ruger: Rumours oor beskikbaarheid van doppe, dies ens

Post by Wouter Roets »

SV Mad

Dit is n werklike goeie besluit van jou werkgewer om LEE se webtuiste te blok. Dit gaan jou n klomp geld en teleurstelling spaar! ;D

Groetnis
Wouter
Last edited by Wouter Roets on Mon Oct 31, 2011 2:30 pm, edited 1 time in total.
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
Lourens
Hero Member
Hero Member
Posts: 1179
Joined: Tue Apr 19, 2011 8:09 am

Re: 375 Ruger: Rumours oor beskikbaarheid van doppe, dies ens

Post by Lourens »

+1 Wout, koop RCBS of Redding en koop klaar!!  ;D
Good, Better, Barnes... Unleaded, Unfailing, Unbeatable...
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: 375 Ruger: Rumours oor beskikbaarheid van doppe, dies ens

Post by Stefan764 »

+1 Lourens, jy het hom heel opgesom daar...

Myne self laai ek met n Redding Full sizer en Seating Die, prys R450 vir die stel.

Doppe hier gekoop by S&O tee R500 per 50, maar soos lourens se, koop als wat jy kan tot jou getalle vir jou aplikasies genoeg is. Doppe neuk maar, sukkel nou en dan met beskikbaarheid...

Stef
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
User avatar
SV MAD (Henk)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1653
Joined: Thu Aug 11, 2011 12:26 pm

Re: 375 Ruger: Rumours oor beskikbaarheid van doppe, dies ens

Post by SV MAD (Henk) »

Wat sal dit kos as ek die die en die press van Redding koop? RCBS is bietjie buite my budget.
ek soek nog wapens...
Post Reply