Ek glo daar is al hier en daar aan die topic geraak. Ek het probeer eers bietjie self op die forum te soek, maar wil julle graag 'n vraag vra en paar opinies hoor?
Ek besit reeds 'n 22-250, 303 en gaan my Pa se 308 kry, so ek is opsoek na 'n kaliber waarmee ek wild soos koedoe/gemsbok/eland en willebeeste kan skiet? Ek het nie nou dadelik die geld nie, maar kyk net solank na my opsies...
Die wild word meestal in die karoo of Suide van Namibie geskiet, so dis nie maklik skote nader as 200m nie.
Ek wil nie graag 'n Magnum kaliber he nie, want ek is nie baie lief vir recoil nie.
So ek kyk seker na iets in die klas van 270/30-06/7x64/308??
Dit sal vir my baie help as ouens hulle eie ondervindinge en opinies bietjie deel? Stefaans kan boeke skryf oor sy 7x64 en my Pa sal se dat daar net een geweer is, en dis 'n 30-06, maar ek wil bietjie feite en ballistiese modelle ook na kyk en nie net ouens se voorkeure nie, want basies is al 4 daardie kalibers geskik vir die doel.
Om bv die 270 en 7x64 te vergelyk sal jy sien dat die 7x64 effens swaarder punt kan skiet omdat hy .284 kaliber is. Ek wil spesifiek 'n punt erens tussen 150gr en 170gr skiet. Dan behoort ek redelik nog lekker slaankrag te he op verder afstande. Maar as mens besluit om op beide 'n 150gr punt te skiet? Waarom sal jy die een bo die ander een kies? Of is daar maar min te verskil?
Gee asb bietjie van julle opinies? Ek luister graag!
Groetnis
Ponkie


