"Dry fire"

Post Reply
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

"Dry fire"

Post by Cobus(Cobb) »

Ek wil volgende keer by die skietbaan probeer skiet as Dewie vir my laai.
Elke nou en dan 'n lee dop, en dan wil ek sien of ek flinch en of wat my reaksies is....(el lees vandag in 'n tydskrif van 'n man wat se 375 hom onderste bo geskop het, tog was die safety aan en die skoot het nooit geloop nie  ;))

Maar ek weet van kleins af om nie die sneller te trek op 'n lee kamer nie...
Kan dit regtig skade maak? kan die slagpen regtig breek?....of is dit 'n ouvrou storie?
Indien wel skadelik, hoe maak mens dan om dit te verhoed??

Luister graag

Cheers
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: "Dry fire"

Post by Monrique (SJ) »

cobb

Jy kan vir jou snapcaps kry om in te sit of n klaar gevuurde dop dat die slagpen weer op die klaar ontbrande primer strike.

Geniet dit.


Groetnis
User avatar
baboonstalker
Hero Member
Hero Member
Posts: 692
Joined: Wed Aug 25, 2010 8:37 pm

Re: "Dry fire"

Post by baboonstalker »

Dan moet my gewere darrem al baie stukkend gewees het. Sov?r ek weet is dit net nie goed om randslag kalibers te dry fire nie, Centrefire is OK om dit mee te doen.
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: "Dry fire"

Post by Hein M. »

Cobb

Ek vat sommer 'n geresizde dop en maak 'n "rubber-primer" waarop die slagpen kan val.  Jy kerf dit sommer met 'n knipmes tot dit stewig in die primer pocket pas.  Ek weet dat die slagpen nie sommer sal breek as jy net so dry-fire nie, maar ek dink dis beter as hy teen iets slaan.

Dry-fire is seker een van die belangrikste oefeninge wat ons vergeet in skietkuns...

Mooiloop!

Hein
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2155
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: "Dry fire"

Post by Koos Barnard »

Cobb
Jy kan gerus maar dry fire. My gewere is almal al derduisende kere gedry-fire sonder enige skade. As jy voel die slagpen moet teen iets slaan, maak soos Hein M ges? het. Randslagkalibers soos die .22LR moet nie gedry-fire word nie, of liewer die meeste fabrikate moet nie gedry-fire word nie wand die slagpen slaan teen die agterste rand van die kamer en die slagpen sal dus mettertyd afwerk, die kamer beskadig en dit kan selfs breek. Daar is egter .22-gewere en pistole wat vandag so gemaak word dat hulle veilig gedry-fire kan word omdat die slagpen kort van die kamer stop. Dit is vir die kompetisiemanne/vroue wat letterlik ure lank dry fire om hul snellerbeheer te oefen.
Groetnis
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: "Dry fire"

Post by Cobus(Cobb) »

Dankie manne, ek voel nou meer gerus....

Cheers
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
User avatar
Machann
Hero Member
Hero Member
Posts: 521
Joined: Tue Sep 06, 2011 1:46 pm

Re: "Dry fire"

Post by Machann »

My gewere ook al baie kere ge dry fire sonder probleme. Stem saam dat dit seker beste is as die slag pen iets het om op te val. My ing logika se vir my kan dalk beter vir slag pen wees om te dry fire as om slag doppie te slaan. Dink bietjie daaroor jou slag pen word deur dinste deel gestop as slag doppie slaan maar indien nie word j slag pen deur diker deel gestop. Dit stop my egter nie om hulle so veel as moontlik te skiet nie.

As j sukkel met flinch, neem vriend saam skietbaan toe. Laat hy n rondte vir j chamber of dan nie sonder om die slot toe te maak. Laat hy die geweer vir j gee en as dit veilig is maak j die slot toe. Sal baie vinnig agterkom of j dit doen of nie. As j doen laai 40 rondtes 375 en skiet hulle uit. Maklikste hoe j leer om een met geweer te word om recoil te hanteer.

Blessings
375 H&H CZ 550 Mag
308 Win ZKK 601
.22 Rem Sportmaster
.12BR Miroku O/U
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2155
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: "Dry fire"

Post by Koos Barnard »

Piet-Skiet
Nee
User avatar
Machann
Hero Member
Hero Member
Posts: 521
Joined: Tue Sep 06, 2011 1:46 pm

Re: "Dry fire"

Post by Machann »

Ek dink die metaal wat die manne jare gelede gebruik was baie meer bros en ek dink dit is waar dry fire storie vandaan kom. Baie winkels hou nie daarvan as jy hulle gewere dry fire.
375 H&H CZ 550 Mag
308 Win ZKK 601
.22 Rem Sportmaster
.12BR Miroku O/U
Post Reply