'Fracking' vertoorn Verdoorn

Post Reply
Biltongjagter

'Fracking' vertoorn Verdoorn

Post by Biltongjagter »

Landbou.com -
Deur JAN BEZUIDENHOUT
Die enigste boordery wat in die Karoo toegelaat moet word, is ?n skoon boorgat vir water, s? dr. Gerhard Verdoorn, bekende in natuurkringe en ?n teenstander van Shell se beoogde projek van hidrouliese breking.

Verdoorn, met ?n PhD in chemie agter sy naam, is uitgesproke oor hidrouliese breking in die Karoo om skaliegas te ontgin. Hy s? die besoedeling van die waterbronne in die Karoo deur hidrouliese breking is ?n uiters groot risiko en lei tot onomkeerbare skade.

Hy s? chemikalie? word ondergronds gebruik word om ?n chemiese reaksie te kry om lae gesteentes van mekaar weg te druk, wat met ?n kleinskaalse bomontploffing vergelyk kan word. Di? middels besoedel die ondergrondse water. Enige maatskappy wat di? ontginning doen, kan g??n waarborg gee dat die ondergrondse water nie besoedel sal word nie, voeg hy by.

Verdoorn s? di? aansoek deur Shell om skaliegas in die Karoo te ontgin, het waarskynlik al ?n paadjie geloop. Omstreeks 2006 het boere in die distrikte van Graaff-Reinet en Molteno hom gebel en vertel dat vliegtuie kruis en dwars oor hul plase vlieg. ?Al wat dit kon wees, is opnames vir geo-eksplorasie.

Gesels v??r eksplorasie
?Ingevolge die Mineralewet moet prospekteerders eers die nodige prosesse met die betrokke grondeienaars afhandel om s? hul prospekteerwerk te doen. In di? gevalle was die grondeienaars onbewus van di? werksaamhede.?

Verdoorn s? hy vermoed dat van die groot petroleum-reuse en moontlik ?n mynmaatskappy by di? eksplorasie betrokke was.

Wat dink Verdoorn van die moratorium op die prospektering? ?As die Regering toegestem het dat steenkool gemyn kan word in die onmiddelike omgewing van die Mapungubwe W?reld-Erfenisterrein in die Mapungubwe Nasionale Park, gaan hy instem dat Shell hidrouliese breking in die Karoo kan doen,? s? hy onomwonde.

Volgens Verdoorn is Suid-Afrika die ondertekenaar van alle internasionale konvensies oor die omgewing, maar die staat onderhou dit glad nie.

12 Augustus 2011
grumpy

Re: 'Fracking' vertoorn Verdoorn

Post by grumpy »

Boikot vir Shell. Moet nie by hulle petrol koop nie. Ry liewer verder as om by hulle te koop!!!
Sako75
Hero Member
Hero Member
Posts: 1230
Joined: Wed Oct 14, 2009 7:50 pm

Re: 'Fracking' vertoorn Verdoorn

Post by Sako75 »

Al "fracking" wat in die Karoo toegelaat behoort te word is rooikatte, jakkalse en so nou en dan 'n springbok wat frack (vrek)
.22H Sako P74, .222 Sako L46, .222 Sako 75 Varmint, .223 Sako Super Deluxe, .243 Sako 75 Varmint, .243 Sako 85 SS Var Lam, 260 Sako TRG (bestel), 7x64 Sako 75 Hunter, 300 WM Sako Safari, 9.3x74mm Tikka, 9.3x62 Sako 75 Deluxe
TL1000R owner

Re: 'Fracking' vertoorn Verdoorn

Post by TL1000R owner »

:police: :police: :police: :police: :police: :police: :police:
grumpy wrote: Boikot vir Shell. Moet nie by hulle petrol koop nie. Ry liewer verder as om by hulle te koop!!!
TL1000R owner

Re: 'Fracking' vertoorn Verdoorn

Post by TL1000R owner »

;D ;D ;D ;D  :police: :police: :police: :police: :police: weet julle wie ou Grumpy rerig is
Corumana

Re: 'Fracking' vertoorn Verdoorn

Post by Corumana »

Fracking up the Karoo of is dit fu%&.... up the Karoo?
Biltongjagter

Re: 'Fracking' vertoorn Verdoorn

Post by Biltongjagter »

In vandag se Beeld -
Hidrobreking (Fracking) ook in Mpumalanga beplan 2011-10-25 00:17 -

Daar word nou beplan om gas deur hidrobreking ook te ontgin op 27 saai- en veeplase in Mpumalanga, in die opvangsgebied van die Vaalrivier.

Mnr. Leon van Tonder, voorsitter van die Davel-boerevereniging, het ges? hy het toevallig gister verneem van die maatskappy Umbono se planne om aardgas in die gebied tussen Davel, Morgenzon, Bethal en Ermelo te ontgin.
So word goeie landbougrond verwoes in hierdie land van ons waar voedselproduksie al meer en meer onder druk geplaas word deur owerhede wat nie verder dink as wat hul neuse lank is nie.  :o  :o  :o
User avatar
spekieries
Hero Member
Hero Member
Posts: 1240
Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm

Re: 'Fracking' vertoorn Verdoorn

Post by spekieries »

Verder gaan hulle nou voort met die steenkoolmyne rondom Mapungubwe. Ek neem aan die Limpopo is ook een van die dae so vergiftig soos die Olifants. Dit wil voorkom asof geld op die korttermyn baie belangriker is as die skade op die langtermyn. Tipies Afrika, solank ons nou eet, m?re se mense moet maar vir hulle self sorg.
Post Reply