Korter lope en akuraatheid

Post Reply
User avatar
Nuweseun
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 334
Joined: Mon Sep 12, 2011 1:07 pm

Korter lope en akuraatheid

Post by Nuweseun »

Kerels, lees bietjie hierdie artikel en se wat julle dink. Dit handel oor loop lengtes van 18"-22" en die voordele daarvan.

http://www.tacticaloperations.com/SWATbarrel/

Ek wil graag 'n 308 aanskaf en dan 'n Terminator op hom sit, maar dan word die 24" lope bietjie swaar voor. Nou het ek nog altyd geglo dat indien jy wil raak skiet, moet jy 'n 24-26" loop he?

Groete
Last edited by Nuweseun on Mon Oct 24, 2011 1:34 pm, edited 1 time in total.
Lood in die lug, sit vleis op die tafel.
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8017
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Korter lope en akuraatheid

Post by Arnold »

Ek het hierdie met my 308 geskiet waarvan ek die loop laat afsny het op 20.5" toe ek die terminator knaldemper opgesit het.

155gr Nosler teen 2640 fps
Image
Image
Image
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2161
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: Korter lope en akuraatheid

Post by Koos Barnard »

Nuweseun
Korter lope is potensieel akkurater (let wel potensieel) as lang lope omdat die korter lengte die loop stywer maak en die giroskopiese dus verminder (die loop is dus meer stabiel as die koe?l dardeur beweeg of dit verlaat). My .375H&H met Mauser-aksie se loop is 21" en die ding skiet kleiner as MOA met Impala 220gr platneuse. Ook my 7x57 het 'n 21" loop en dit skiet MOA met 140 en 150gr koe?ks sonder dat ek baie moeite doen met ladings.
Groetnis
User avatar
spekieries
Hero Member
Hero Member
Posts: 1240
Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm

Re: Korter lope en akuraatheid

Post by spekieries »

Nuweseun

Die storie van 'n lang loop vir akkuraatheid het ontstaan met korrel en visier. Hoe verder die twee uitmekaar was hoe akkurater  kon jy hulle "op line".
Optiese hulpmiddels het die nut van 'n lang loop vir akkuraatheid by die agterdeur uitgewaai.  
User avatar
Nuweseun
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 334
Joined: Mon Sep 12, 2011 1:07 pm

Re: Korter lope en akuraatheid

Post by Nuweseun »

Sjoe Arnold maar daai roer gooi mooi!!

Dan is die 20" loop beslis vir my 'n opsie.

Groete
Lood in die lug, sit vleis op die tafel.
Henk01

Re: Korter lope en akuraatheid

Post by Henk01 »

Miskien n dom vraag, maar ek neem aan jy meet n loop deur n koeel (sonder dop en ander goodies) liggies van die kamer se kant af in die loop te "stamp", kan sommer die rod gebruik waarmee n mens skoon maak en dan die lengte meet?
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8017
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Korter lope en akuraatheid

Post by Arnold »

Henk, afhangende van watter koeel jy gebruik gaan jou afstand verskil. Afhangende van jou aksie gaan die totale loop lengte ook verskil van 'n mate geneem van voor die aksie tot op die kroon.
Die manier hoe baie mense dit meet is van die kroon tot op die slot se gesig.
User avatar
Nuweseun
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 334
Joined: Mon Sep 12, 2011 1:07 pm

Re: Korter lope en akuraatheid

Post by Nuweseun »

Koos, Spekieries baie dankie dit maak sin.

Ek gaan verseker dan vir die 20" loop!! Net jammer niemand het vooraad nie!! :'(

Groete
Lood in die lug, sit vleis op die tafel.
immelmanw

Re: Korter lope en akuraatheid

Post by immelmanw »

Koop n langer loop en sny hom op 20" af.....baie maklik!
User avatar
Nuweseun
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 334
Joined: Mon Sep 12, 2011 1:07 pm

Re: Korter lope en akuraatheid

Post by Nuweseun »

...Of ek moet maar ophou suinig wees en maar die geld uithaal vir die 20" TRG......

Besluite besluite....
Lood in die lug, sit vleis op die tafel.
Biltongjagter

Re: Korter lope en akuraatheid

Post by Biltongjagter »

Die standaard langer 24" loop gee weer die voordeel van -
1.  ho?r tromp snelhede;
2.  korter vlugtyd;
3.  minder vatbaar vir windskuif; en
4.  platter trajek wat skootplasing vergemaklik vir jag en ander doeleindes.

Met die gebruik van veral ho? gehalte, sowel as ander koe?ls in die langer loop gewere, tesame met die 4 punte hierbo vermeld, word akkuraatheid beslis baie bevorder en ook makliker behaal.

Dink bietjie mooi oor al hierdie aspekte voor jy besluit om 'n baie korter as standaard loop lengte geweer aan te skaf.

Groete,
Koos.
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2161
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: Korter lope en akuraatheid

Post by Koos Barnard »

Wat Biljongjagter noem is waar, maar ek skiet drie gewere met 21" lope, een met 24" loop en een met 25" loop en op praktiese jagsfstande is die voordele van die langer lope so klein dis heeltemal weglaatbaar. Die verskil in trajek wat 'n 24" loop teen 'n 21" loop gee is biiter min. Die korter loop se trompsnelheid is sowat 75vps stadiger. gaan kyk op die tabelle wat die verskil is op 300m. Ek het dit prakties ook ondervind toe ek my ou .30-06 Improved se loop destyds van 24 na 21 na 18" gesny het. Onder 20" raas die geweer net vreeslik baie sonder knaldemper en dis eers as jy hier na 150 tot 200vps begin verloor dat jy werklik die verskil in trajek begin sien.
Groetnis
Biltongjagter

Re: Korter lope en akuraatheid

Post by Biltongjagter »

Ek dink om 'n tenvolle ingeligte besluit oor die keuse tussen 'n kort loop en 'n standaard 24" loop te maak, moet mens veral op die volgende let:

Soos Koos B s?:
"... op praktiese jagsfstande is die voordele van die langer lope so klein dis heeltemal weglaatbaar."
Nogtans, daar is dus 'n voordeel, al is dit min.  Sit al die klein voordele bymekaar en dit word 'n bruikbare voordeel.

Verder, let veral op hierdie deel:
Met die gebruik van veral ho? gehalte
, ho? spoed koe?ls, kom die groot voordeel van die langer loop geweer al meer prominent na vore.
As voorbeeld, my 23" .308W teen 'n tromp snelheid van 3080vps met 'n ho? gehalte, ho? spoed koe?l word summier 'n platskieter waarmee baie meer akkurate skootplasing sommer baie maklik gemaak word. 

Hier kom dus die uiteindelike totale voordeel van die som van al die klein bietjies voordeel (kyk weer na die 4 punte in my vorige plasing genoem) wat hoogs bruikbaar en baie gunstig raak vir die jagter wat die standaard lengte loop gebruik, baie duidelik na vore.

Nou hoekom jouself beperk met die korter loop geweer, en vir so lank jy di? geweer besit, jouself ontneem van voordele wat reeds beskikbaar is, maar nie deur jou keuse van loop lengte, toegelaat word nie?

Die vermo? om meer as een konsep op 'n slag in totaal te kan evalueer en die volle waarde daarvan in te sien, is wat sal bepaal wat jou uiteindelike loop lengte keuse sal wees.

Groete,
Koos.
User avatar
Nuweseun
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 334
Joined: Mon Sep 12, 2011 1:07 pm

Re: Korter lope en akuraatheid

Post by Nuweseun »

Baie dankie aan al die manne, ek waardeer julle insette baie en sal alles mooi in oorweging bring en na al di verskillende aspekte mooi kyk voor ek my besluit neem.

Groete
Renier
Lood in die lug, sit vleis op die tafel.
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4600
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Korter lope en akuraatheid

Post by James Wilson »

Musgrave het 308's gemaak vir die Taakmag. die 308 ammo is handgelaai en op 500m is hul akuraatheid getoets. die lope was 18"
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
Raakgeskiet
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 447
Joined: Sun Jul 25, 2010 7:04 pm

Re: Korter lope en akuraatheid

Post by Raakgeskiet »

Naand
Se vir my of die hoe spoed koeels wat koos van praat nie teen 'n laer spoed goed kan groepeer nie of werk hulle net teen 'n hoe spoed? En as ek nou 'n dom vraag kan vra, wat se soort koeels is dit wat hy van praat?
Groetnis
.22 brno Model 1
12 boor haelgeweer cbc
Tikka .223
Tikka 6.5mm Creedmoor
ruger .357 magnum 6"
Uberti 38 speacial
Sako .308
Howa 6,5mm PRC
.22 brno

Goudsmid van beroep
Steve van Niekerk
Post Reply