404 Oberndorf Mauser

Post Reply
JoevR
Full Member
Full Member
Posts: 218
Joined: Tue Jun 14, 2011 4:55 pm

404 Oberndorf Mauser

Post by JoevR »

Op hierdie Maandagoggend is ek lus om "big time" te "brag". My 404 Oberndorf Mauser het op die voorblad van African Outfitter verskyn, die Feb./Mrt. 2008 uitgawe:

                            [img width=340 height=480]http://i285.photobucket.com/albums/ll49 ... ch08-1.jpg[/img]

Die geweer se pedigree:

TYPE A IN 404 JEFFERY CALIBER, MAGNUM SQUARE BRIDGE ACTION WITH SOLID SIDE WALL

Manufactured in 1939, this rifle is in excellent original condition. Rare magnum square bridge action with solid side wall. Like all Mauser sporters, this rifle takes 5 rounds in the magazine. Straddle floorplate to magazine.

Publications:

1. The rifle appeared on the cover of African Outfitter magazine of February / March 2008 edition.
2. A photo of the rifle?s action appears on page 71 of ManMagnum Magazine, October 2001 edition, as part of the article ?The .404 Jeffery? by Gregor Woods.
3. The rifle is listed by its serial number in the book ?Mauser: Original Oberndorf Sporting Rifles? by Jon Speed, Walter Schmid and Reiner Herrman, Collector Grade Publications, 1997.
4. A photo of the rifle appears on page 82 of the book ?Rifles for Africa? by Gregor Woods, Safari press Inc., 2002.

Nou vir die"sad" deel, dit was my geweer ....  :( :'( :'( :'(
Last edited by JoevR on Mon Oct 24, 2011 5:13 am, edited 1 time in total.
6,5 x 58, 7 x 57 (x5), 8 x 57JS, 8 x 60J, 8 x 60JS, 8 x 68S, 9 x 57, 10,75 x 68, 25-06, 30-06, 7mm Rem Mag, 375 H&H Mag, 12 Gauge (x2), 22 LR (x5) 6,35 (x7) .38 Spec., .380, 9 mm P, .44 Mag
immelmanw

Re: 404 Oberndorf Mauser

Post by immelmanw »

Hoe so.....? Verkoop....? Aan wie, wat gaan hy vandag?
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: 404 Oberndorf Mauser

Post by Gerhard »

Die 404 Jeff is my volgende groot kaliber.

Het die 500 Jeff baie geniet maar hy het nou ander baas gekry wat met hom gaan werk soos wat hy voor gebou is.

Baie mooi geweer Joe.
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7575
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: 404 Oberndorf Mauser

Post by Wouter Roets »

Hallo Joe

Ek wil nou nie sout in die wonde gooi nie maar hoe de hel kry jy dit reg om een van jou kinders te laat gaan? ???

Ek dink dit sal vir my makliker wees om my kinders op te gee vir aanneming! ;D

Ek het nog net een geweer "verkoop" en dit is my tweede n 375 Brno wat ek vervang het met n 375 Ruger. Ek wil daai geweeer oor my broer se kop breek elke keer as hy spog met hom! Weet nie hoe kry jy dit reg nie? :'( :'(

My hart gaan uit na jou toe!

Groetnis
Wout
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
immelmanw

Re: 404 Oberndorf Mauser

Post by immelmanw »

Ek stem,  nie weer nie!
Ek het die mooiste 425 Westley Richards gehad, verkoop vir dubbel wat ek betaal het! Vandag loop en brag die manne dat dit een van die mooiste original in die rondte is!
Ek sal nie weer daai fout maak nie! Daar is ander maniere om geld te maak!
Cheers

Willem
JoevR
Full Member
Full Member
Posts: 218
Joined: Tue Jun 14, 2011 4:55 pm

Re: 404 Oberndorf Mauser

Post by JoevR »

Willem, Gerhard en Wouter

Hier is my redes, of eerder rasionalisasie van die saak:

1. Ek was te jammer om hierdie "showpiece glamour" geweer te skiet, het net 1 keer op die skietbaan.
2. Die Oberndorf Mausers het vir my te duur geword, ek kon nie die versameling verder uitbrei nie.
3. Ek het 2 meisiekinders, hulle stel nie eintlik belang in gewere nie.
4. Die prys was reg.

Andrew Tonkin het hom gekoop. Ek het 'n voeltjie hoor fluit dat die geweer weer verkoop is.

Beter sal ek nie weer kry nie, maar die lewe gaan aan.

Groete
Joe
6,5 x 58, 7 x 57 (x5), 8 x 57JS, 8 x 60J, 8 x 60JS, 8 x 68S, 9 x 57, 10,75 x 68, 25-06, 30-06, 7mm Rem Mag, 375 H&H Mag, 12 Gauge (x2), 22 LR (x5) 6,35 (x7) .38 Spec., .380, 9 mm P, .44 Mag
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13665
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: 404 Oberndorf Mauser

Post by Geno »

JoevR wrote: 3. Ek het 2 meisiekinders, hulle stel nie eintlik belang in gewere nie.
Oom Joe,

In daardie geval, PM asb die 2 dogters se details vir my?  ;D
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Flip Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2490
Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm

Re: 404 Oberndorf Mauser

Post by Flip Nel »

Geno

Ek dink Joe het nog genoeg ander gewere om sy dogters te beskerm, jy beter versigtig wees ;D
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: 404 Oberndorf Mauser

Post by Gerhard »

Flip nel wrote: Geno

Ek dink Joe het nog genoeg ander gewere om sy dogters te beskerm, jy beter versigtig wees ;D
en soos dit vir my lyk skiet hy ook nie sommer mis met daai groot kalibers nie...  ;D
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Lourens
Hero Member
Hero Member
Posts: 1179
Joined: Tue Apr 19, 2011 8:09 am

Re: 404 Oberndorf Mauser

Post by Lourens »

Pragtige geweer, moes baie hartseer wees om so showpiece te laat gaan....
Good, Better, Barnes... Unleaded, Unfailing, Unbeatable...
User avatar
Jaco Swart
Hero Member
Hero Member
Posts: 804
Joined: Tue Feb 16, 2010 1:50 pm

Re: 404 Oberndorf Mauser

Post by Jaco Swart »

Geno wrote:
JoevR wrote: 3. Ek het 2 meisiekinders, hulle stel nie eintlik belang in gewere nie.
Oom Joe,

In daardie geval, PM asb die 2 dogters se details vir my?  ;D
Manne waaroor worry julle. Geno het mos uit die kas geklim. Hy soek iemand om sy naels te verf en sy rug te wax.
JACO SWART
Rustenburg
Noord-Wes
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: 404 Oberndorf Mauser

Post by Monrique (SJ) »

Geno

Is dit so moeilik om n jong dame se hart te steel of like jy net die los gelukkies.  Lyk my jy wil die forum manne se dogters bymekaar maak.  Onthou die manne gooi gevaarlik lood!!!
Hahahaha


Groetnis mater
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7575
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: 404 Oberndorf Mauser

Post by Wouter Roets »

Joe

Ek hoor wat jy se maar of ek dit verstaan is n ander saak! ;D Ou maat n mens stap mos maar snaakse paaie in n mens se lewe en die besluitnemingprossese wat daarmee gepaard gaan. Dit is mos maar altyd na die tyd wat n mens nie altyd mooi kan onthou hoekom mens daai besluite gemaak het nie.

Babaleeu

Pasop dat daai klein koppie van jou nie veroorsaak dat jy in die nabye toekoms as n gas moet kom lees wat hier aangaan nie! ;D

Groetnis
Wout
Last edited by Wouter Roets on Mon Oct 24, 2011 8:30 pm, edited 1 time in total.
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
JoevR
Full Member
Full Member
Posts: 218
Joined: Tue Jun 14, 2011 4:55 pm

Re: 404 Oberndorf Mauser

Post by JoevR »

Manne, ja die herinneringe van daardie geweer tokkel maar my hart se snare. Ek het die humor wat op hierdie "topic" geplaas is, baie geniet, dit het my dag gemaak.

Geno, as jy eendag in die Kempton Park se omgewing is, PM my, dan kom maak jy 'n draai. Ons kan gewere kyk en jag en laai stories uitruil. Ek sal jou voorstel aan die meisiekinders, die res hang van jou af ... Maar onthou ek sal my oog op jou hou!  :laugh: :laugh: :laugh:

Groete
Joe   
6,5 x 58, 7 x 57 (x5), 8 x 57JS, 8 x 60J, 8 x 60JS, 8 x 68S, 9 x 57, 10,75 x 68, 25-06, 30-06, 7mm Rem Mag, 375 H&H Mag, 12 Gauge (x2), 22 LR (x5) 6,35 (x7) .38 Spec., .380, 9 mm P, .44 Mag
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: 404 Oberndorf Mauser

Post by Beretta »

JoevR
Jy moet vir Blok ook nooi hy is die MUSCLE hy pas hoeka my dogter in Potch op.Hy ken al Geno se streke en die man skiet raak ook. ;D ;D ;D ;D
Beretta
JoevR
Full Member
Full Member
Posts: 218
Joined: Tue Jun 14, 2011 4:55 pm

Re: 404 Oberndorf Mauser

Post by JoevR »

Dankie vir die "hint", Beretta  ;). BLOK, jy is ook genooi  :).

Groete
Joe
Last edited by JoevR on Mon Oct 24, 2011 6:35 pm, edited 1 time in total.
6,5 x 58, 7 x 57 (x5), 8 x 57JS, 8 x 60J, 8 x 60JS, 8 x 68S, 9 x 57, 10,75 x 68, 25-06, 30-06, 7mm Rem Mag, 375 H&H Mag, 12 Gauge (x2), 22 LR (x5) 6,35 (x7) .38 Spec., .380, 9 mm P, .44 Mag
User avatar
Kallie404
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 424
Joined: Sat Aug 27, 2011 8:55 pm

Re: 404 Oberndorf Mauser

Post by Kallie404 »

Joe....ek voel vir jou!Dit kon nie leker gewees het nie.Soos my naam se skiet ek n 404.Toe ek op skool was het ons buurman n Cogswell en Harrison 404 gehad wat hy wou verkoop het vir R4000.00!! Nodeloos om te se dat n helse bedrag was vir my in 1989 en dat ander goeters n man doerie tyd gepla het...soveel so dat ek later jare maar vir my een laat bou het wat vir my net plesier gee.Miskien kom daar weer een oor jou pad!!As mens eers een keer n 404 op jou skouer voel skop het is daar nie omdraai nie!!
404 Jeffery
500 NE Merkel
30.06 BRNO
30.30 L/A Marlin
.222 Sako
.12 Boor Berretta
.12 Boor Miroku
40 S&W Glock
JoevR
Full Member
Full Member
Posts: 218
Joined: Tue Jun 14, 2011 4:55 pm

Re: 404 Oberndorf Mauser

Post by JoevR »

Kallie, ja ek sal graag weer 'n 404 wil besit, maar hierdie keer sal ek met die geweer wil jag! 'n Man kan droom ...

'n Stukkie ironie van die voorblad: ek het iewers gelees dat die 404 al die werk in Afrika gedoen het, maar dat die "glamour" na die 416 Rigby gegaan het. Op die voorblad staan "The Magnificent 416 Rigby", omdat daar 'n artikel oor die kaliber in die tydskrif was. Die 404 moes egter die werk op die voorblad doen! ;D Geskiedenis herhaal homself ...

Groete
Joe
6,5 x 58, 7 x 57 (x5), 8 x 57JS, 8 x 60J, 8 x 60JS, 8 x 68S, 9 x 57, 10,75 x 68, 25-06, 30-06, 7mm Rem Mag, 375 H&H Mag, 12 Gauge (x2), 22 LR (x5) 6,35 (x7) .38 Spec., .380, 9 mm P, .44 Mag
JoevR
Full Member
Full Member
Posts: 218
Joined: Tue Jun 14, 2011 4:55 pm

Re: 404 Oberndorf Mauser

Post by JoevR »

Piet-Skiet, met kinders moet jy dit maar vat soos dit kom! Dit is alles maar deel van die lief en die leed van die lewe!

Groete
Joe
6,5 x 58, 7 x 57 (x5), 8 x 57JS, 8 x 60J, 8 x 60JS, 8 x 68S, 9 x 57, 10,75 x 68, 25-06, 30-06, 7mm Rem Mag, 375 H&H Mag, 12 Gauge (x2), 22 LR (x5) 6,35 (x7) .38 Spec., .380, 9 mm P, .44 Mag
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13665
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: 404 Oberndorf Mauser

Post by Geno »

Oom Joe,
Baie dankie, ek aanvaar die uitnodiging! Kempton is nie te ver van my af nie.
O ja, Blok is maar so maererige mannetjie, so Beretta is verniet optimisties oor sy dogter se veiligheid in Potch!

Groete,
Eugene
Goed, beter, 6millimeter!
Post Reply