.22 Magnum

Post Reply
User avatar
Lourens
Hero Member
Hero Member
Posts: 1179
Joined: Tue Apr 19, 2011 8:09 am

.22 Magnum

Post by Lourens »

More manne,

Ek dink daaraan om vir myself 'n .22 randslag kaliber te kry vir speel en oefen ens. Daar is 'n paar opsies in gewone .22LR maar ek kyk ook na 'n .22 Magnum in 'n Anschutz wat mooi opgepas is. Ek sal ook graag die geweer wat ek op die einde van die dag koop wil toerus met 'n KD. Ek weet in .22LR kry jy sub-sonic ammo wat tjoepstil is, hierdie is nie in .22 Magnum beskikbaar sover ek weet nie, maar dit is nie vir my 'n probleem nie. Ek het bietjie navorsing gedoen en daar is ammo beskikbaar van 30gr tot en met 45gr en selfs een 50gr load. Die 30gr patroontjies hardloop so in die omgewing van 2200-2250fps en die swaarder outjies teen so tussen 1750 en 1900.

Is hier dalk manne op die forum wat .22 Magnum gewere skiet? Is julle gelukkig met hulle? Ek glo ook al is hy nie 100% geskik vir die doel nie kan hy met die 40gr en 45 gr patroontjie selfs 'n lekker jakkals rondte wees op kortafstand as mens jou skote reg kies?

Groete,
Lourens
Good, Better, Barnes... Unleaded, Unfailing, Unbeatable...
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13648
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: .22 Magnum

Post by Geno »

Lourens,
Hoekom kyk jy nie na 'n .17HMR nie? G-Force hier op die forum het ene, en dis 'n baie lekker geweertjie! (Nogal 'n Ruger;) )
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: .22 Magnum

Post by BLOK »

Geno

Ek dink jyt hom sopas omgepraat (Ruger) ;D ;D ;D ;D ons weet mos hoe smaak hy ook oor n Ruger ;)
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: .22 Magnum

Post by Gerhard »

My pa het n paar 22 Magnum's

Ken paar ander ou toppies wat ook magnum's het en hulle is baie lief vir die kaliber.

Patrone is nogal skaars en duur op n stadium.

Hy sal mooi maak met n KD. Jou skoot plaasing en afstand wat jy met hom wil skiet gaan klein bietjie langer wees as n 22LR.

Dink jy sal die kaliber nogal geniet.
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
herley

Re: .22 Magnum

Post by herley »

Rooijakkals
My pa het ook een. Dit is n lekker geweertjie en ek het al kol gaanse tot op 80m met hom geskiet wat ander vriende van my nie met die gewone 22lr kon doen nie (seker ook te doen met skoot plasing), ek sal wel nie n jak verder as 50 meter met hom aan vat nie tensy dit die enigste geweer in die kar is nie.

Dit bly n lekker oefen geweer en ek dink die prys vir rontes is so R115 vir 50.

Bradley
ThinusS
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 317
Joined: Sun Jul 17, 2011 10:00 am

Re: .22 Magnum

Post by ThinusS »

Ek het so 10 jaar gelede nogal gereeld met 'n Winchester 9422 in 22 magnum gejag. Met hollowpoints (40 grein, as ek reg onthou) was hy dodelik op blou-ape en dassies tot op 120 meter en met die solids skiet hy 'n tarentaal morsdood en daar bly darem genoeg oor vir die pot.
Die patrone was selfs toe nogal duur.
User avatar
Lourens
Hero Member
Hero Member
Posts: 1179
Joined: Tue Apr 19, 2011 8:09 am

Re: .22 Magnum

Post by Lourens »

Dankie vir die terugvoer tot dusver manne, dit klink my daai geweertjie kan 'n baie lekker speelding wees. Ek dink met daai 40gr CCI Total Metal Jacket sal jy sommer helwat meer as 'n tarrentaal platskiet met goeie skootplaing....

Blok en Geno, julle weet ook net hoe om 'n man se planne deurmeaar te krap!  ;D ;D

Groete,
Lourens
Good, Better, Barnes... Unleaded, Unfailing, Unbeatable...
Post Reply