Forumlede
'n Geweer wat baie bakkie ry het mos 'n meer duursame kolf afwerking nodig as net meubelolie soos bevoorbeeld "Schaftol"
Sien op die internet heelwat verwysing na Birchwood Casey Tru Oil en dat dit idiale afwerking en beskerming verleen wat bedoel is vir geweerkolwe wat baie gebruik word. Sien dit egter nie op RSA webwerwe nie, net by S&O 'n Birchwood Casey Wax
Sien ook dat vloerafwerking vernisse en soortgelyk aanbeveel word, weet darem nie of so 'n blink geweer reg sal lyk nie.
Sal waardeer as die manne wat weet bietjie raad kan gee oor watter produk of resep goeie resultate gee.
"Looks is important but quality last'.
dankie
Frik
Geweer kolf afwerking
-
Frikjordaan
- Full Member

- Posts: 217
- Joined: Wed May 11, 2011 9:35 pm
Geweer kolf afwerking
Karasberge Namibi
- Jagtersdok
- Global Moderator

- Posts: 2034
- Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm
Re: Geweer kolf afwerking
Safari Outdoor PTA het Tru oil.
NEELS NIEMAND, CENTURION
Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
- Christo
- Hero Member

- Posts: 3312
- Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm
Re: Geweer kolf afwerking
00 staalwol vat daai blink mooi weg as jy nie wil he hy moet blink nie. En 00 los nie sommer skuurmerke nie.Frikjordaan wrote:
Sien ook dat vloerafwerking vernisse en soortgelyk aanbeveel word, weet darem nie of so 'n blink geweer reg sal lyk nie.
Ek het 'n .22 Norinco eendag skoongemaak van daai lelike Chinees afwerking en hom met Rubol vernis en toe liggies met 00staalwol geskuur, hy is steeds mooi al word hy mishandel.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
- Monrique (SJ)
- Hero Member

- Posts: 2296
- Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am
Re: Geweer kolf afwerking
My gewere se kolwe het ek ook self oor gedoen, bietjie geskuur met 600 en 400 grit skuurpapier en later met staalwol. Staalwol doen wondere en hy maak daai kolf baie mooi.
Na die tyd het ek Sahftol opgesit en hulle almal lyk sommer spoggerig.
Oom Frik ek hoop oom kom reg met olie, anders skrou net wat oom nodig het en ek sal die kant kyk om in die hande te kry en te stuur.
Hoor oom Bertie se .270Win lyk sommer weer netjies!!
Mooi bly
Groetnis

blaser
- Hero Member

- Posts: 1611
- Joined: Mon Nov 08, 2010 1:42 pm
Re: Geweer kolf afwerking
Shaftol het silikoon olie in as jy dit een keer gebruik het dan penitreer geen ander olie weer nie
Ek gebruik tang olie om kolwe mee oor te doen en na die kolwe gedoen is gebruik ek cobra vloer politoer om mooi te hou
Ek gebruik tang olie om kolwe mee oor te doen en na die kolwe gedoen is gebruik ek cobra vloer politoer om mooi te hou
-
Beyers
- Hero Member

- Posts: 1409
- Joined: Tue May 05, 2009 12:41 pm
Re: Geweer kolf afwerking
Remington Tang olie = tungolie?
Danish oil werk goed. Woodoc 10 werk uitstekend. As die kolf se grein nie geseel is nie is dit 'n mors van energie en tyd om fyn skuurpapier daarop te gebruik. Die grein van die hout se gaatjies is groter as die grint van die skuurpapier. 220 is voldoende, 360 is al te fyn. Nadat daar 2 tot 3 lae woodoc opgesit is kan mens begin karring met 360 en fyner skuurpapier. Staalwol (00 en fyner) is perfek om dan die glans te breek, gebruik die staal wol en antique wax saam.
2c
Danish oil werk goed. Woodoc 10 werk uitstekend. As die kolf se grein nie geseel is nie is dit 'n mors van energie en tyd om fyn skuurpapier daarop te gebruik. Die grein van die hout se gaatjies is groter as die grint van die skuurpapier. 220 is voldoende, 360 is al te fyn. Nadat daar 2 tot 3 lae woodoc opgesit is kan mens begin karring met 360 en fyner skuurpapier. Staalwol (00 en fyner) is perfek om dan die glans te breek, gebruik die staal wol en antique wax saam.
2c
-
blaser
- Hero Member

- Posts: 1611
- Joined: Mon Nov 08, 2010 1:42 pm
Re: Geweer kolf afwerking
beyers
ja spel nie een van my goeie punte nie
danish olie is goed het baie tangolie in
ja spel nie een van my goeie punte nie
danish olie is goed het baie tangolie in