Roodeplaat Dam

Any freshwater fishing stories here/ Enige varswater hengel stories hier.
Post Reply
User avatar
pietjacobs
Hero Member
Hero Member
Posts: 522
Joined: Mon Sep 27, 2010 1:23 pm

Roodeplaat Dam

Post by pietjacobs »

More almal,

Die wat belangstel, ons het die naweek wat verby is Roodeplaat Dam gaan hengel en die vis het mooi uitgekom. Die swaarste vis was 5.3kg, die een wat ek vashou. Die enigste nadeel is hulle loop net in die aand, jy vang so 1 of 2 in die dag. My pen maat, Braam (ook lid van die forum) het Sondag oggend tussen 3am-7am meer vis gevang as wat die meeste die hele naweek gevang het.

Die vis se bekke is ook nog baie sag. Het nogals 'n hele paar verloor  >:( agv dit, maak nie saak hoe mooi jy hom speel en dan is dit nog boonop mooi size karps ook.

Groete,
Piet

Image
Image
Image
.22, 223Rem, .270Win, 9mm Short
User avatar
Jaco Swart
Hero Member
Hero Member
Posts: 804
Joined: Tue Feb 16, 2010 1:50 pm

Re: Roodeplaat Dam

Post by Jaco Swart »

Piet Vark/Karp..

Daai is 'n klompie mooi visse wat julle gevang het. Wat se geure het jy gebruik?

Hoe lyk die dam se water nou . Ek onthou nog dat dit baie vuil was en die"jasinte" het ook gepla.

By watter oorde het julle gevang?

Groetnis.
JACO SWART
Rustenburg
Noord-Wes
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Roodeplaat Dam

Post by Gerhard »

Dis n lekke sak vis...

Mooi man.
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
pietjacobs
Hero Member
Hero Member
Posts: 522
Joined: Mon Sep 27, 2010 1:23 pm

Re: Roodeplaat Dam

Post by pietjacobs »

Hi Jaco,

Ons het by Mar-Leo gevang. Die water is mooi skoon, maar bo op le klomp blommetjies, maar geen jasinte. Dit was ook net Vrydag middag-aand se probleem. Saterdag oggend het die wind gedraai en alles weg gewaai. Toe is die water mooi skoon en geen probleme nie. So nou en dan vasgehaak, maar net op 'n sekere kol, so toe gooi nons maar om daai kol  ;D

Hierso is 'n foto van die oewer:

[img width=360 height=480]http://i1214.photobucket.com/albums/cc4 ... -00372.jpg[/img]
.22, 223Rem, .270Win, 9mm Short
User avatar
pietjacobs
Hero Member
Hero Member
Posts: 522
Joined: Mon Sep 27, 2010 1:23 pm

Re: Roodeplaat Dam

Post by pietjacobs »

Wat ons gebruik het is:

Ek het om die een stok skoon wit floatie met 'n Tuitie Fruitie bekkie en dan dip ek alles in Tuitie Fruitie en ook dan Tuitie Fruitie op die mielie bol. Ander stok het ek Perdeby ook soon wit floatie met bekkie en dip dan alles. Tuitie Fruitie stok het meer vis uitgebring, maar die Perdeby het die grootes uit gebring.

Braam het weer Bunspice gehengel, selfde manier as ek.

Ons het het al 2 maar +- dieslefde hoeveelheid gevang, maar hy het daai een oggend baie gevang en die res van die naweek nie werklik nie, waar ek die hele naweek so elke +- uur-drie gemmideld 'n vis uit gebring het.

Moet ook nie diep gooi nie, hulle kom uit hierso op so +-50m.

Groete,
Piet
.22, 223Rem, .270Win, 9mm Short
User avatar
Frikkiedbr
Hero Member
Hero Member
Posts: 4254
Joined: Wed Jan 26, 2011 11:05 am

Re: Roodeplaat Dam

Post by Frikkiedbr »

Baie geluk !!

Dis is darem maar lekker as mens so baie vissies  kan vang as mens gaan ontspan en die natuur geniet.

Dankie vir die inligting ook  :) ons waardeer dit baie  :o

Lekker week verder

Groete
"Yesterday is history. Tomorrow is a mystery. Today is a blessing".
Find us on Facebook
Let Us Join The Dots In Your Design
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13662
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Roodeplaat Dam

Post by Geno »

Pietvark,
Mooi sak vis wat julle gevang het!
Goed, beter, 6millimeter!
langloop

Re: Roodeplaat Dam

Post by langloop »

Geluk met daai grotes wat nie weggekom het nie!
User avatar
pietjacobs
Hero Member
Hero Member
Posts: 522
Joined: Mon Sep 27, 2010 1:23 pm

Re: Roodeplaat Dam

Post by pietjacobs »

Dankie manne,

Ons moet dalk 'n Jaracal visvang naweek of dag reel, of hoe  ;)
.22, 223Rem, .270Win, 9mm Short
User avatar
spekieries
Hero Member
Hero Member
Posts: 1240
Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm

Re: Roodeplaat Dam

Post by spekieries »

Piet

Ek is maar 'n groentjie met die karp hengel. Ek wil net weet wat bedoel jy as jy s? die vis se bekke was nog sag. Is daar 'n sekere tyd dat hulle bekke taaier as ander tye is. As dit 'n stupid vraag is lag maar lekker maar help my uit met die een.

Groete
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Roodeplaat Dam

Post by Gerhard »

is reg.

Ek en Marno sal kunsaas hegel terwyl die res op die oewer sit en hengel...
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
pietjacobs
Hero Member
Hero Member
Posts: 522
Joined: Mon Sep 27, 2010 1:23 pm

Re: Roodeplaat Dam

Post by pietjacobs »

spekieries wrote: Piet

Ek wil net weet wat bedoel jy as jy s? die vis se bekke was nog sag. Is daar 'n sekere tyd dat hulle bekke taaier as ander tye is.
Hi Spekieries, sorry ek kom nou eers terug. Was heelweek in die veld gewees. Soos ek verstaan, is die wanneer die vis spawn dat hulle bekke so sag word. Het nou die dag op Vaskap ook gehoor Loutjie praat daaroor. Dis maar al wat ek kon aflei omdat ons so baie runs het, 1 of 2 plukke van die vis se kant af en hy is af.

Groete,
Piet
.22, 223Rem, .270Win, 9mm Short
Post Reply