Verkyker vir bakkie.

Post Reply
User avatar
Freddie101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1385
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:39 am

Verkyker vir bakkie.

Post by Freddie101 »

Ek kyk uit vir n verkyker wat ek in my bakkie hou.

Die verkyker moet redelik stampe kan vat en in hilux se paneelkissie pas.

Ek het sin in die Steiner Ranger pro 10 by 44 (R4450) of 8 by 42 (R4200) soos geprys by Optics International se website. Ek het egter nie ondervinding van hulle nie behalwe dat dit n goeie maak is. Sien ook dat daar verskillende modelle is soos discovery, Skyhawk , Nighthunter ens wat natuurlik ook verskillende prys klasse is.  Klipspringer kan moontlik hier inkom en verduidelik wat die verskille is. Ek wonder net of n top reeks van n ander verkyker soos nikon nie dalk beter is as n gemiddelde verkyker van steiner bv nie. As imand dalk ondervinding het laat my weet asb.

Ook as iemand dalk goeie 2de handse verkyker het praat met my.

Groetnis Freddie
yol bolsun
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5153
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Verkyker vir bakkie.

Post by Pvdw »

Freddy ek hou van jou model keuse. Ek het 'n doodsteek in daai 10X25 tipe modelle. Daai klein voorste lense staan my nie aan nie :P :P

Doen jouself 'n guns en kyk wat het NIKON om jou te bied. Ek dink jy gaan vir minder dalk iets soortgelyk of dalk beter kry. Daai manne bou darm nou al lankal optics vir kameras.

Peet
Work to live, don"t live to work
User avatar
Machann
Hero Member
Hero Member
Posts: 521
Joined: Tue Sep 06, 2011 1:46 pm

Re: Verkyker vir bakkie.

Post by Machann »

Freddie bly by n 8x. 10x maak jou oe baie vinnig moeg. Gaan toets dalk n paar maar weet daai Steiner is baie lekker verkykers maar daar n paar ander wat ook net so lekker kyk. Ek het n Kamakoera en sy ken kyk!

Groete Ruan
375 H&H CZ 550 Mag
308 Win ZKK 601
.22 Rem Sportmaster
.12BR Miroku O/U
User avatar
walter404
Newbie
Newbie
Posts: 27
Joined: Wed Mar 02, 2011 4:42 pm

Re: Verkyker vir bakkie.

Post by walter404 »

middag freddie

Kyk ook na die bushnell reeks, want hulle het permafocus, wat dit maklik maak, want jy hoef nie "te focus" nie.

Ek gebruik dit as ek ph.

lekker dag
.40 s&w Glock 23
.22LR Puma
.22-250 Ruger M77 Hawkeye
30-06 Mauser
404 Jeff Coggswell & Harrison
12 ga BSA
klipspringer
Full Member
Full Member
Posts: 100
Joined: Thu Dec 02, 2010 10:26 pm

Re: Verkyker vir bakkie.

Post by klipspringer »

Hello Freddie

Ek het vir 'n begin probeer om die spesifikasies van onderstaande twee verkykers te vergelyk. Volgens my kennis is die Monarch in die Nikon-reeks die naaste aan die Steiner Ranger Pro, wat prys aanbetref. Die volgende Nikon verkyker na die Monarch wat ek van bewus is, is baie duurder.

Vir die Nikon Monarch 10x42 en Steiner Ranger Pro 10x42, hiermee 'n vergelyking van die spesifikasies (Nikon / Steiner):

Field of View (m @ 1000m): 96 / 105
Eye relief (mm): 18.5 / Unknown
Close focus distance (m): 2.5 / 1.9
Weight (g): 620 / 800
Length (mm): 146 / 148
Width (mm): 129 / 125
Waterproof (m): 1 / 3
Nitrogen filling: Yes / Yes Via 2-way-valve-technology
Temperature range (?C): Unknown / -20 - +80
Eye cups: Twist-up / Twist-up
Country of manufacture: China / Germany

Uit bostaande sou ek 'n groot gedeelte van die besluit maak.

Rakende die verskil tussen die verkillende Steiner modelle, die volgende. Hoewel die SkyHawkPro baie goed is gee die Ranger Pro selfs 'n skoner beeld a.g.v. meer en beter lensbedekkings. Die Ranger Pro is verder waterdig tot op 3m i.p.v. die 1m van die SkyHawkPro, en is beter temperatuurbestand. Die Nighthunter XP en Discovery modelle het selfs nog beter kwaliteit lense en lensbedekkings. Hulle het 'n groter sigveld, is waterdig by hoer drukke, en is beter temperatuurbestand. Daar is min of geen verkykers wat na my mening die Nighthunter XP reeks klop; uitstekend vir professionele jagters.

My voorkeur vir boswereld waar mens die verkyker hoofsaaklik op kort afstande aanwend, is 'n 8x vergroting met sy groter sigveld. Op langer afstande werk 'n 10x goed.

Hoop dit help.

Groete

Jan
User avatar
Freddie101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1385
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:39 am

Re: Verkyker vir bakkie.

Post by Freddie101 »

Klipspringer
Dankie vir die spoedige antwoord. Hiermee wil ek jou n pluimpie gee. Gesien dat jy almal se navrae altyd vinnig en volledig antwoord. Ook in vorige posts probeer jy behoeftes vasstel en diens lewer. mooi so.

As ek na jou uiteensetting kyk wil dit vir my lyk of die steiner die beter een is alhoewel duurder.

Aan jou en almal. Is daar dalk in die R4000 - R4500 prysklas n goeie waarde vir geld verkyker wat ek miskyk?

Die Nighthunter reeks sien ek is weer in n ander prysklas.

Groetnis freddie
yol bolsun
klipspringer
Full Member
Full Member
Posts: 100
Joined: Thu Dec 02, 2010 10:26 pm

Re: Verkyker vir bakkie.

Post by klipspringer »

Hello Freddie

Jy is welkom en ek is bly as dit help.

Ek is versigtig om te se wat jy moet kies, maar in die genoemde prysklas sou my keuse die Steiner Ranger Pro wees. Hierdie verkyker bied jou onder andere 'n groot sigveld, 'n baie helder beeld gedurende die dag en skemer, goeie boukwaliteit, en positiewe en eweredige werking van die "doptre" en fokusknop. Ek sien uitstekende waarde in die Ranger Pro.

Behalwe vir die prys wat meer as dubbeld die prys van die Ranger Pro is, is die Nighthunter XP heelwat langer, en sou dus nie so maklik in die paneelkissie pas nie.

Groete

Jan
User avatar
FrancoisN
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 275
Joined: Wed Feb 02, 2011 6:51 am

Re: Verkyker vir bakkie.

Post by FrancoisN »

walter404 wrote:
Kyk ook na die bushnell reeks, want hulle het permafocus, wat dit maklik maak, want jy hoef nie "te focus" nie.
Ek stem saam . So n kyker ry al 3jaar in my bakkie saam en jy kan hom net optel en kyk.

Groetnis
“The only time to eat diet food is while you're waiting for the steak to cook.”
User avatar
Freddie101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1385
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:39 am

Re: Verkyker vir bakkie.

Post by Freddie101 »

Walther en vatsokatvis.
Dankie . Gaan bietjie loer na die Bushnells.

Dankie Jan .
Gaan jou kontak.

Groenis
yol bolsun
User avatar
Freddie101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1385
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:39 am

Re: Verkyker vir bakkie.

Post by Freddie101 »

Dankie Jan
Het verkyker gekry. 10 by 42 Steiner ranger pro gevat.

Baie tevrede met hom.

Groetnis.
yol bolsun
klipspringer
Full Member
Full Member
Posts: 100
Joined: Thu Dec 02, 2010 10:26 pm

Re: Verkyker vir bakkie.

Post by klipspringer »

Hello Freddie

Jy is welkom, en dankie aan jou. Ek glo jy sal uitstekende diens van daardie verkyker kry.

Groete

Jan
User avatar
walter404
Newbie
Newbie
Posts: 27
Joined: Wed Mar 02, 2011 4:42 pm

Re: Verkyker vir bakkie.

Post by walter404 »

Middag

Ek gebruik al 5 jaar die Bushnell permafocus om te ph, kyk maar gerus na hom.

Groete
Rainbird
Newbie
Newbie
Posts: 27
Joined: Fri Oct 19, 2012 9:55 am

Re: Verkyker vir bakkie.

Post by Rainbird »

Freddie 101,

Byt n bietjie vas. Die swart weergawe van die ZEISS Terra ED sal binne n paar weke in SA beskikbaar wees.
My vrou gebruik een vir voel kyk en daar is niks onder R7000.00 wat naby aan hom kom nie.

http://sportsoptics.zeiss.com/lifestyle ... terra.html

Hy het nie die Field & Stream Binocular of the Year 2013 toekening vir niks gekry nie. ;)

Ruan (H&H)

How beter jou verkyker is, hoe inder word jou oe moeg. Jou brein moet die heeltyd verstellings maak as jy deur swak kwaliteit glas kyk en dit is die rede vir "eye strain" soos hulle se. Die vergroting het niks daarmee te doen nie.

n 8x42 is wel n beter keuse as n 10x42 verkyker. Die redes daarvoor is dat jy n beter FOV, beter Depth of Field en n groter exit pupil het wat vir jou beter gaan werk in swak lig. Daar is ook natuurlik minder vibrasie met die kleiner vergroting.
Die enigste voordeel van n 10x42 oor n 8x42 is dat jy 10x vergroting het.
User avatar
Freddie101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1385
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:39 am

Re: Verkyker vir bakkie.

Post by Freddie101 »

Rainbird.

My Steiner Ranger pro loop al mooi vir 2 jaar. Nog nie n dag spyt gewees nie.

Groetnis
Post Reply