9.3x62 Vir Buffel Bul
- Evert
- Sr. Member

- Posts: 301
- Joined: Wed Jan 19, 2011 4:39 pm
9.3x62 Vir Buffel Bul
Hi Manne
Sal enige van julle n 9.3x62 gebruik vir n buffel bul. Gelaai met 300gr Rhino Solids. Of dink julle hy is te lig?
Sal enige van julle n 9.3x62 gebruik vir n buffel bul. Gelaai met 300gr Rhino Solids. Of dink julle hy is te lig?
Hunting: Isn't just something I do it's part of who I am.
300H&H Zastava
9.3x62 Mannlicher Schoenauer
300H&H Zastava
9.3x62 Mannlicher Schoenauer
- Kallie404
- Sr. Member

- Posts: 424
- Joined: Sat Aug 27, 2011 8:55 pm
Re: 9.3x62 Vir Buffel Bul
Hi E-Bird
Daai kombinasie is "spot on", belangrikste is SKOOTPLASING!!!
Daai kombinasie is "spot on", belangrikste is SKOOTPLASING!!!
404 Jeffery
500 NE Merkel
30.06 BRNO
30.30 L/A Marlin
.222 Sako
.12 Boor Berretta
.12 Boor Miroku
40 S&W Glock
500 NE Merkel
30.06 BRNO
30.30 L/A Marlin
.222 Sako
.12 Boor Berretta
.12 Boor Miroku
40 S&W Glock
- Gerhard
- Hero Member

- Posts: 7128
- Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm
Re: 9.3x62 Vir Buffel Bul
Nee hy sal mooi werk.
Maar as ek reg onthou is die 375 H&H die wettiglike min kaliber om buffel mee te jag...
Maar as ek reg onthou is die 375 H&H die wettiglike min kaliber om buffel mee te jag...
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Battlefields of the Escarpment
- Lourens
- Hero Member

- Posts: 1179
- Joined: Tue Apr 19, 2011 8:09 am
Re: 9.3x62 Vir Buffel Bul
E-Bird,
Ek kan nou nie uit ervaring praat nie. Maar as die boer jou sal toelaat sal ek heel gemaklik n boefeltjie met die 9,3 aanvat. My keuse sal verseker 286gr Barnes TSX wees gevolg deur n paar Barnes Banded Solids van die selfde gewig. Duisende buffels het al geswik voor n 9,3. Skootplasing en vertroue in jou geweer bly die belangrikste.
Groete,
Lourens

Good, Better, Barnes... Unleaded, Unfailing, Unbeatable...
-
fanie17
- Hero Member

- Posts: 513
- Joined: Tue Nov 09, 2010 9:15 am
Re: 9.3x62 Vir Buffel Bul
375 is wettig die min kaliber wat gebruik mag word.Ek is ook op pad om te gaan buffel jag en het met n klomp P.H.s gepraat om seker te wees watse patrone ek moet saam vat.Almal het my aan geraai om n goeie bondedcor soos Rhino te gebruik en net dit,elkeen het amper in hulle broeke geskuit toe ek gevra het or sollids vir opvolg skote.
.22bruno 223sako 243sako 22-250sako 270sako 308sako 308rsa 30-06sako 30-06bulbarel 300winmag dubbelbrug mauser 375 pre 64 .22mag zastava 12boor 357 38spes 9mmpara 25-06truvelo
-
ThinusS
- Sr. Member

- Posts: 326
- Joined: Sun Jul 17, 2011 10:00 am
Re: 9.3x62 Vir Buffel Bul
Weet nie waar jy gaan jag nie maar die 9.3x62 is wettig vir buffels in Zimbabwe, Namibi? en moontlik ander lande ook. Soos die manne s?, gebruik eerder 'n premium omklinkkoe?l soos 'n Barnes TSX, Swift A-frame of Rhino Solid Shank.
Die probleem met solids is dat hulle maklik deur jou buffel skiet en nog 'n buffel tref, dit is sleg vir jou PH se senuwees (hy moet die gekweste buffel gaan soek) en vir jou bankbalans (jy gaan vir twee buffels betaal).
Geniet jou jag, dit is 'n ondervinding wat jy nie gaan vergeet nie.
Groete
Thinus
Die probleem met solids is dat hulle maklik deur jou buffel skiet en nog 'n buffel tref, dit is sleg vir jou PH se senuwees (hy moet die gekweste buffel gaan soek) en vir jou bankbalans (jy gaan vir twee buffels betaal).
Geniet jou jag, dit is 'n ondervinding wat jy nie gaan vergeet nie.
Groete
Thinus
- Evert
- Sr. Member

- Posts: 301
- Joined: Wed Jan 19, 2011 4:39 pm
Re: 9.3x62 Vir Buffel Bul
Baie dankie almal. Dis altyd goed om ander ouens se insette te kry. Dis n 3 jaar plan. So gaan nou baie spaar om oor 3 Jaar in die Zambezi Vallei in Zim te gaan Jag vir n Buffel Bul en Seekoei Bul ek het gedink om my 9.3 te gebruik vir die Jag so tot dan gaan ek n paar ladings uit toets met n paar verskilende punte. Wat word bedoel met "5.3 kilojoules of energy at the muzzle"?
Hunting: Isn't just something I do it's part of who I am.
300H&H Zastava
9.3x62 Mannlicher Schoenauer
300H&H Zastava
9.3x62 Mannlicher Schoenauer
- Karl Stumpfe
- Jr. Member

- Posts: 81
- Joined: Thu Dec 23, 2010 1:37 pm
Re: 9.3x62 Vir Buffel Bul
E-Bird
My raad is dieselfde as die ander ouens hier, gebruik 'n super premium punt soos Barnes TSX, NorthFork Soft Point of Cup Point, of Swift A-Frame (laasgenoemde nie goed in 9,3 nie, maar goed in .375) . Die volgorde is volgens my voorkeure.
Menigte van my kliente het al buffel/ olifant/ seekoei met my 9,3x64 geskiet, en ek laai hom nie baie vinniger as 'n x62 nie. 'n Paar ander het al hulle eie 9,3x62's ook gebruik. Ek is 100% gemaklik met die kaliber as die jagter redelik kan skiet.
Hier is 'n bul wat 'n vriend sowat 10 dae terug met my 9,3 geskiet het...
[img width=560 height=373]http://i58.photobucket.com/albums/g274/ ... 3220_n.jpg[/img]

Karl Stumpfe
+264811285416
+264811285416
- Karl Stumpfe
- Jr. Member

- Posts: 81
- Joined: Thu Dec 23, 2010 1:37 pm
Re: 9.3x62 Vir Buffel Bul
Om ft-lbs te kry, deel deur 1.357, so naastenby 3900 ft-lbs. Sover ek weet, het Zim dit verlaag na 5000 Joules toe, of 3680 ft-lbs. Namibia se minimum is 5400 Joules, so jy gaan dit net regkry met 'n 250gr punt. In beide lande sal hulle jou egter nie vra om te crono nie, dis die PH wat gaan bepaal of hy gemaklik is of nie, want die kaliber is potensiaal aanvaarbaar, hoewel op die grens.E-Bird wrote: Wat word bedoel met "5.3 kilojoules of energy at the muzzle"?
Karl Stumpfe
+264811285416
+264811285416
- Francois Marais
- Administrator

- Posts: 4042
- Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm
Re: 9.3x62 Vir Buffel Bul
Karl
Thanks, nou die post gelees, sien jy het my die moeites gespaar mt n antwoord.....
Mooi loop
Francois
Thanks, nou die post gelees, sien jy het my die moeites gespaar mt n antwoord.....
Mooi loop
Francois
-
Philip
Re: 9.3x62 Vir Buffel Bul
Karl behoort te weet uit sy ondervinding.Ek glo nie n buffel gaan die verskil voel of jy hom met n 375 of 9,3 skiet nie.Penetrasie is omtrent dieselfde en daar is ,soos almal tereg opgemerk het,geen plaasvervanger vir skootplasing nie.
Groete
Philip
Groete
Philip
-
langloop
Re: 9.3x62 Vir Buffel Bul
Sover ek weet is die kleinste kaliber wat amptelik toegelaat word by BASA (Big Bore Assoc SA) die 375. Spesiale vergunning word egter gemaak vir die 9.3x62 a.g.v. sy "track record" op grootwild oor die jare.
- Flip Nel
- Hero Member

- Posts: 2489
- Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm
Re: 9.3x62 Vir Buffel Bul
Ek dink nie jy sal verkeerd gaan nie, aangesien jy alreeds een het, die 9.3x62 is so na aan die 375 dat jy nie 'n verskil sal agter kom nie, ek het al taamlik baie gewone
wild geskiet met my 9.3x62 en my broer se .375, as daar 'n verskil is kon ek dit nog nie agter kom nie. Ongelukkig het ek nie baie ondervinding van buffels nie, maar ek weet van 'n paar bekende manne wat die 9.3 gebruik het sonder probleme.

Biltongjagter
Re: 9.3x62 Vir Buffel Bul
Nou wonder ek, watter van die volgende twee monolitiese jagkoe?ls (maw koe?l wat paddastoel kort na impak en tydens penetrasie), sal 'n Buffel bul met goeie skootplasing in die vitale area, die maklikste dood maak?
195gr teen 3025vps of
230gr teen 2775vps tromp snelhede, albei uit die 9.3 x 62.
Buffel jag is meestal oor redelike kort afstande en dus sal koe?l tydens impak nog teen ho? spoed vlieg en sal die ho?r spoed nie 'n gunstiger terminale ballistiese situasie skep vir die jagter nie?
Wat dink die manne wat weet?
Groete,
Koos.
195gr teen 3025vps of
230gr teen 2775vps tromp snelhede, albei uit die 9.3 x 62.
Buffel jag is meestal oor redelike kort afstande en dus sal koe?l tydens impak nog teen ho? spoed vlieg en sal die ho?r spoed nie 'n gunstiger terminale ballistiese situasie skep vir die jagter nie?
Wat dink die manne wat weet?
Groete,
Koos.
- Karl Stumpfe
- Jr. Member

- Posts: 81
- Joined: Thu Dec 23, 2010 1:37 pm
Re: 9.3x62 Vir Buffel Bul
Biltongjagter wrote: Nou wonder ek, watter van die volgende twee monolitiese jagkoe?ls (maw koe?l wat paddastoel kort na impak en tydens penetrasie), sal 'n Buffel bul met goeie skootplasing in die vitale area, die maklikste dood maak?
195gr teen 3025vps of
230gr teen 2775vps tromp snelhede, albei uit die 9.3 x 62.
Buffel jag is meestal oor redelike kort afstande en dus sal koe?l tydens impak nog teen ho? spoed vlieg en sal die ho?r spoed nie 'n gunstiger terminale ballistiese situasie skep vir die jagter nie?
Wat dink die manne wat weet?
Groete,
Koos.
Koos, ek is seker beide sal werk indien geen rerige soliede been getref word nie, maar ek sal eerder 'n 286gr Barnes X teen 2300 ft/ sec verkies. Ek is nie seker wat jy bedoel met gunstiger terminale ballistiese situasie nie, maar dood is dood, of hoe?
Karl Stumpfe
+264811285416
+264811285416
-
Biltongjagter
Re: 9.3x62 Vir Buffel Bul
Karl, ho?r spoed tydens impak lei tot groter momentum wat die koe?l het op daardie kritieke impak tydstip en gevolglike gunstiger/beter terminale ballistiese resultate of dan anders gestel, groter skade aan weefsel, wat 'n behoorlike wondkanaal veroorsaak.
Eens met jou oor soliede been, daarom stel ek skootplasing as voorvereiste in die vitale area, waar slegs ribbebeen getref sal word - wetende dat buffel ribbebeen veel meer weerstand bied as ander groot diere s'n - maar nogtans nie daardie tipe koe?l teen juis ho? spoed, enigsins sal stuit of verhoed om sy werk volkome te doen nie.
Kyk mens hier na waar die hart/longe gele? is in die Buffel, is dit moontlik met goeie skootplasing.
[img width=560 height=383]http://www.techfund.co.za/images/shotpl ... uffalo.jpg[/img]
So tong in die kies, Karl gee jy die Buffel bul en ek sal die 9.3 x 62 plus die spesifieke 195gr koe?ls verskaf en self die skietwerk doen, dan kan ons mos 'n mooi veldverslag hieroor lewer aan die manne
Groete,
Koos.
Eens met jou oor soliede been, daarom stel ek skootplasing as voorvereiste in die vitale area, waar slegs ribbebeen getref sal word - wetende dat buffel ribbebeen veel meer weerstand bied as ander groot diere s'n - maar nogtans nie daardie tipe koe?l teen juis ho? spoed, enigsins sal stuit of verhoed om sy werk volkome te doen nie.
Kyk mens hier na waar die hart/longe gele? is in die Buffel, is dit moontlik met goeie skootplasing.
[img width=560 height=383]http://www.techfund.co.za/images/shotpl ... uffalo.jpg[/img]
So tong in die kies, Karl gee jy die Buffel bul en ek sal die 9.3 x 62 plus die spesifieke 195gr koe?ls verskaf en self die skietwerk doen, dan kan ons mos 'n mooi veldverslag hieroor lewer aan die manne
Groete,
Koos.
-
ThinusS
- Sr. Member

- Posts: 326
- Joined: Sun Jul 17, 2011 10:00 am
Re: 9.3x62 Vir Buffel Bul
Die probleem is dat buffels nie altyd so mooi dwars staan soos op daardie prentjie nie, baie skote is skuins van voor/agter en ek weet nie so mooi of die ligte koe?ls dan voldoende penetrasie gaan gee nie.
Groete
Thinus
Groete
Thinus
- Flip Nel
- Hero Member

- Posts: 2489
- Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm
Re: 9.3x62 Vir Buffel Bul
Ek dink ek sal maar bly by 'n 286gr, die 9.3 het darrem sy naam daarmee gemaak. Ek moet s? met 250 gr X punte het ek baie goeie penetrasie gekry, maar dink sal nog steeds 'n 286 gr verkies
Last edited by Flip Nel on Wed Oct 12, 2011 4:07 pm, edited 1 time in total.
- Karl Stumpfe
- Jr. Member

- Posts: 81
- Joined: Thu Dec 23, 2010 1:37 pm
Re: 9.3x62 Vir Buffel Bul
Klink reg, gee my net so paar (ongeveer 70 sal genoeg wees) tweedehandse honderd dollar note, of beter nog, 'n paar van daai ou pers Euro's (die 500's) LOL!Biltongjagter wrote: So tong in die kies, Karl gee jy die Buffel bul en ek sal die 9.3 x 62 plus die spesifieke 195gr koe?ls verskaf en self die skietwerk doen, dan kan ons mos 'n mooi veldverslag hieroor lewer aan die manne
Groete,
Koos.
Karl Stumpfe
+264811285416
+264811285416
- spekieries
- Hero Member

- Posts: 1240
- Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm
Re: 9.3x62 Vir Buffel Bul
+1 Vir die manne wat van die 286gr praat. Hy het sy naam gemaak met die punt en ek glo mens maak nie reg as dit nie stukkend is nie.
-
Skier
- Jr. Member

- Posts: 68
- Joined: Fri Apr 15, 2011 11:02 am
Re: 9.3x62 Vir Buffel Bul
E-Bird,
Ek sal nie buffels aandurf met soliede punte nie, veral nie die eerste skoot nie.
Die nege-drie is 'n uitstekende buffel kaliber vir die jagter wat sy geweer ken en skootplasing sekuur kan uitvoer (toepaslik vir enige kanon ook) - die kaliber het male sonder tal buffels en ander grootwild die stof laat byt oor die afgelope eeu. Selfs wyle oom Lucas Potgieter het vertel hoe hy aanskou het, dat 'n ou jagter 4 buffels binne minute met een skoot elk die stof laat byt het, toe hy 'n jong man was. Enige premium sagte punte sal die ding doen, Rhino, Swift, Stewart Hi Performer, North Fork, Barnes TSX etc. Woodleigh se 286gr koeel is myns insiens te sag en breek op indien been getref word, selfs teen 2350 fps.
Ek skiet my nege-drie met 300gr Swift-A-Frame koeels @ 2250 fps - penetrasie is uitstekend en goeie buffelmedisyne.
Swift-A-Frame vervaardig nou ook 'n 286 gr koeel wat @ 2350 fps uitstekende penetrasie sal lewer en mooi omklink vir 'n wye wondkanaal.
Goeie leesstof - "Africa's most Dangerous" - Kevin Robertson
Leer jou nege-drie goed ken en jy is reg vir enige grootwild van Afrika.
Sterkte,

Baie Dankie vir almal se insette. Maar soos almal se is skoot plassing baie belangrik. So nou gaan ek baie oefen.
@Karl- Baie mooi buffel wat daar plat getrek is.
En lyk my daar is al n hele paar manne wat buffels al moet die 9.3 plat getrek het soos ek na die stories luister.
Ek gaan maar n paar super premium punte kry en rond speel met ladings ens. Rhino, Barnes TSX duik heeltyd op.
Die Woodleigh 320gr het ek ook na gekyk maar gaan eers goed moet uit toets. Die 286gr bly nog vir my die beste.
@Karl- Baie mooi buffel wat daar plat getrek is.
En lyk my daar is al n hele paar manne wat buffels al moet die 9.3 plat getrek het soos ek na die stories luister.
Ek gaan maar n paar super premium punte kry en rond speel met ladings ens. Rhino, Barnes TSX duik heeltyd op.
Die Woodleigh 320gr het ek ook na gekyk maar gaan eers goed moet uit toets. Die 286gr bly nog vir my die beste.
Hunting: Isn't just something I do it's part of who I am.
300H&H Zastava
9.3x62 Mannlicher Schoenauer
300H&H Zastava
9.3x62 Mannlicher Schoenauer
-
fanie17
- Hero Member

- Posts: 513
- Joined: Tue Nov 09, 2010 9:15 am
Re: 9.3x62 Vir Buffel Bul
Ek kom nou net terug van n Buffel jag,die goed gaan nie maklik dood nie.Daar is geen manier wat ek hom sal probeer skiet met n ligre punt nie.Ons het met 300gr Rhino geskiet teen so 2400 fts,self al skiet jy hom deur die hart gaan hy nog 200meter.Ek het nou n 416 Rigby loop bestel en koop ook sommer n Sabatti 500 nitro ek gaan nie weer sonder baie geweer nie.
.22bruno 223sako 243sako 22-250sako 270sako 308sako 308rsa 30-06sako 30-06bulbarel 300winmag dubbelbrug mauser 375 pre 64 .22mag zastava 12boor 357 38spes 9mmpara 25-06truvelo
- Evert
- Sr. Member

- Posts: 301
- Joined: Wed Jan 19, 2011 4:39 pm
Re: 9.3x62 Vir Buffel Bul
Hi Fanie
Vertel ons tog bietjie meer van jou jag? Waar het jy gaan kyk vir een? Watse tips sal jy vir die manne gee wat graag 1 wil gaan skiet
Vertel ons tog bietjie meer van jou jag? Waar het jy gaan kyk vir een? Watse tips sal jy vir die manne gee wat graag 1 wil gaan skiet
Hunting: Isn't just something I do it's part of who I am.
300H&H Zastava
9.3x62 Mannlicher Schoenauer
300H&H Zastava
9.3x62 Mannlicher Schoenauer
- Flip Nel
- Hero Member

- Posts: 2489
- Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm
Re: 9.3x62 Vir Buffel Bul
Fanie
Dit klink gevaarlik, wat het gebeur
Dit klink gevaarlik, wat het gebeur