Dis nou vir die manne wat rooikatte goed ken en al jare lank beheer. Kan iemand vir my se wat hulle dink die kat se ouderdom sal wees min of meer. Ek skat +8jaar oud. Enige iemand anders wat kan aanmerking gee?
Die kat is/was 'n kat wat al die laaste 2-3jaar probleme gee. Veral wanneer die kat kleintjies gehad het, het sy skade veroorsaak. Ons het al jakkals manne hier gehad, honde, hokke en ysters, maak niks.
Gister aand so om en by 9pm 'n draai gaan ry en wragtig op dieselfde plek waar sy gewoonlik vang, staan sy teen 'n build. Eers gedink dit was 'n steenbok want net so die wit van die pens gesien, maar met die tweede lig slag, besef dat dit DIE kat is wat ons al jare soek. Nie eers tyd gemors nie en dit verby gekry.
Mens sal dink dat die kat so oud is, haar gestel sal bietjie af wees, maar die kat was vet soos die hel en nog boonop twee kleinties(wyfies) binne haar. Sy 11kg geweeg en die kopbeen staan al reg om trofee daarvan te maak.
Groete
Rooikat Wyfie Ouderdom
- Termiet
- Newbie

- Posts: 37
- Joined: Fri Dec 11, 2009 12:53 pm
Rooikat Wyfie Ouderdom
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Last edited by Termiet on Sun Oct 09, 2011 12:20 pm, edited 1 time in total.

