Loop bed op K98

Post Reply
User avatar
GERT vd M
Hero Member
Hero Member
Posts: 650
Joined: Sat Apr 09, 2011 3:12 pm

Loop bed op K98

Post by GERT vd M »

DAGSE MANNE,
                      Ek het n 7x64 met k98 aksie op n hout kolf met n thor sneller en n betroubare redfield scope. Het ladings uitgewerk wat so 25mm groperings skiet op 100m. met elke 3 skoot groepering is daar 1 flyer so 50 tot 60mm weg van die groep. Het die aksie toe verwyder van die kolf en het opgemerk dat dit wel gebed is: Hy is gebed op die receiver en die loop is dan vry tot so 2" van die voorkant van die kolf, waar die onderkant van die loop dan weer druk op die kolf ( jy kan die merk sien waar die loop op die kolf rus ) Die res van die kolf is goed uitgehol tussen die receiver en die voorste 2". My vraag is nou wat is die beste manier om die kombinasie te bed en is 100% free float dalk die antw. of nie?? HET AL GEHOOR VAN PILLAR BED. Wat se julle?
                                           GROETNIS
                                                GERT
.338-06 improved (VERKOOP) 7x64 brenn./ 6mm Musgr. BSA P14(VERKOOP)/
12Br s\s brno. /.22 Mauser Oberndorf./ 9mm P Glock gen 3./ Windbuks./ Kettie
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2161
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: Loop bed op K98

Post by Koos Barnard »

Gert
My 7x57 op 'n Mauseraksie is gepillar-bed - reg onder die recoil lug en ook by die agterste skroef. Daar is ook bedding aan die agterkant van die recoil lug en ook op die plat vlak tot die gedeelte waar die magasynkas begin. Die res van die aksie druk n?rens nie. As die geweer een skoot weggooi is dit in baie gevalle 'n teken dat die loop of aksie iewers druk sodra die geweer warm geskiet is. Probeer totale free floating van die loop. Daar moet ook nie spanning op die magasynplaat of aksie wees nie. Sommige ouens bed die geweer maar trek die skroewe te vas en dan word te veel van die bedding materiaal uitgedruk. So word die aksie en/of loop dan weereens onder spanning geplaas en die geweer skiet steeds nie reg nie. Terry Harrison van Kaapstad het my geweer gebed nadat 'n ander geweersmid drooggemaak het.
Groetnis
User avatar
GERT vd M
Hero Member
Hero Member
Posts: 650
Joined: Sat Apr 09, 2011 3:12 pm

Re: Loop bed op K98

Post by GERT vd M »

KOOS,
        Dankie vir die antwoord, dit maak sin en bevestig my vermoede
                        GROETNIS
                          GERT
.338-06 improved (VERKOOP) 7x64 brenn./ 6mm Musgr. BSA P14(VERKOOP)/
12Br s\s brno. /.22 Mauser Oberndorf./ 9mm P Glock gen 3./ Windbuks./ Kettie
Post Reply