hornady ssx

Post Reply
Apie reilly

hornady ssx

Post by Apie reilly »

Wie het al met hulle gejag? Kyk as jy kwaad is vir n bok dan skiet jy hom met een van hulle.
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: hornady ssx

Post by Francois Marais »

Apie

Reken jy meen, SST's, ja hulle is noggal saggerig, lekker vir kopskote.....

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: hornady ssx

Post by Monrique (SJ) »

Apie

Soos FM gese het seker SST's en lekker vir kopskote gooi!!

Ek glo ook nie dat enige jagter kwaad word, of behoort te word, vir n dier nie, ons bewaar darm seker ook en neem nie net n lewe sonder om daaraan te dink nie, anders is daar fout!!!!!!!


Groetnis
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: hornady ssx

Post by BLOK »

SJ

Jy was seker nog nie in kraal waar rooikat rondloper hand of jakkals so paar skapies gekap het nie.. ;) ;D ;D
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: hornady ssx

Post by Monrique (SJ) »

BLOK

Verseker nognie!!  Lees bietjie hierdie en se wat jy daarvan dink? ??? ???  Dis waarop ek neerkom.  Elkgeval dis nie jakkalse, rooikatte of rondloper honde waarvan hier gepraat word nie, maar wel bokke!!!!!

Louis102 wrote:
KleinKonyn wrote: ... My naam is KleinKonyn en ek haat f*kken jakalse...
KleinKonyn, ek dink jou benadering teenoor jakkalse is dalk nie reg nie.  Die mees suksesvolle jakkalsjagters wat ek ken, "haat" nie jakkalse nie.  Hulle word eerder deur jakkalse se gedrag gefasineer. Hulle besef dat jakkalse, skepsels van God is en dat jy met liefde en deernis in God se natuur moet werk, dis hoe jy 'n beter jagter word.  Ons moet jakkalse doodmaak en beheer, want hulle bring groot skade.  Dit is hulle natuurlike instink om te jag , te aas en oppertunisties te wees.  Maar om hulle te "haat", gaan van jou 'n swakker jagter maak.  As jy "haat", raak jy "blind" en sien jy nie dit raak, wat jou 'n beter jagter gaan maak nie.

So stukkie eie opinie en nie noodwendig die beste wat daar is nie - besluit maar self of ek twak praat
.

Louis

Groetnis
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: hornady ssx

Post by BLOK »

SJ

Ek het daardie stukkie gelees nou kom ek jou gou my komentaar gee.

Kyk God het alle diere op aarde gemaak en ons moet hulle bewaar en oppas maar somtyds as daar n wanbalans inkom soos in die geval van jakkalse is dit dan ons werk om dit te bestuur. Wat die kwessie van haat en kwaad inbring. As daar n wanbalans is van die ongediertes dan kry jy die geval waar jy in die kraal staan by n klompie dooie diere en dan haat jy nie jy is kwaad.

Blok
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: hornady ssx

Post by Monrique (SJ) »

BLOK

Hierdie topic gaan mos nou oor die SST koeels en die bokke is genoem mos nou nie jakkalse, nie waar??  Indien daar dan so baie jakkalse op n spesifieke plaas is, waaraan kan dit toegeskryf word??  Het hulle oornag daar ingetrek??

Groetnis
Apie reilly

Re: hornady ssx

Post by Apie reilly »

Jammer sst. Ek by wyse van spreke gepraat oor die haat van bokke. Ek het maar net verwys hoe dai ding opbreek ek het n rooi bok ooi geskiet met een van hulle blad skoot ek skiet nie sommer kop skote nie, ek moes die hele blad weg gooi want hy was gemors.
User avatar
Renier
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 92
Joined: Tue Aug 30, 2011 3:35 pm

Re: hornady ssx

Post by Renier »

Toemaar Apie, ek weet wat jy bedoel het. ;)
9mmP RAP
.308 Musgrave
.338 WM Winchester
JoevR
Full Member
Full Member
Posts: 218
Joined: Tue Jun 14, 2011 4:55 pm

Re: hornady ssx

Post by JoevR »

More manne

Die SST van Hornady is miskien nie die hardste koeel wat die mooiste "mushroom" met die beste gewigretensie gaan gee vir jagdoeleindes nie, maar vir papierbokke werk hy heel goed. Kyk na hierdie 18 mm groep op 200 meter vanaf Harris bi-pods met my Musgrave 7 x57:                 

                    [img width=254 height=480]http://i285.photobucket.com/albums/ll49 ... 9grSST.jpg[/img]

45,5 gr S355 agter die Hornady 139 gr SST BT met 'n CCI 200 primer in 'n Winchester dop.

Groete
Joe
6,5 x 58, 7 x 57 (x5), 8 x 57JS, 8 x 60J, 8 x 60JS, 8 x 68S, 9 x 57, 10,75 x 68, 25-06, 30-06, 7mm Rem Mag, 375 H&H Mag, 12 Gauge (x2), 22 LR (x5) 6,35 (x7) .38 Spec., .380, 9 mm P, .44 Mag
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: hornady ssx

Post by Monrique (SJ) »

Joe

Daai kerels gooi verseker mooi op die papier bokke.  Mooi gemaak daar.


Groetnis
JoevR
Full Member
Full Member
Posts: 218
Joined: Tue Jun 14, 2011 4:55 pm

Re: hornady ssx

Post by JoevR »

Dankie SJ. Die ander rede hoekom ek met Hornady's skiet is dat VLT hier in Pretoorsdorpie "stock" dra van die goed teen billike pryse, as jy dit vergelyk met ander "brands". As jy wil gaan jag, druk die Interbond van Hornady in die dop. Ek het al van hulle uit koedoe en rooibok gehaal, ek het die detail iewers. Sal kyk of ek dit kry.

Groete
Joe
6,5 x 58, 7 x 57 (x5), 8 x 57JS, 8 x 60J, 8 x 60JS, 8 x 68S, 9 x 57, 10,75 x 68, 25-06, 30-06, 7mm Rem Mag, 375 H&H Mag, 12 Gauge (x2), 22 LR (x5) 6,35 (x7) .38 Spec., .380, 9 mm P, .44 Mag
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: hornady ssx

Post by Monrique (SJ) »

Plesier.  ;) ;) ;)


Groetnis
Post Reply