Montana xtreme of Bore Tech??

Post Reply
User avatar
Johan JvR
Hero Member
Hero Member
Posts: 617
Joined: Mon May 16, 2011 10:06 am

Montana xtreme of Bore Tech??

Post by Johan JvR »

Weet iemand hoe die twee make skoonmaakstokke met mekaar vergelyk? Watter een is beter?

Ek sit met altwee se 6mm stok hier by my. Die Bore Tech is bietjie dikker en sy bearings spin langer en gladder. Hy flex ook so bietjie minder, maar lyk of hy makliker kan buig. Die montana het meer 'n veerstaal gevoel waar bore tech 'n 'round bar yster' gevoel het.

Ek moet een terugstuur winkel toe. Lyk of ek die Montana gaan hou.

dankie
Last edited by Johan JvR on Thu Sep 15, 2011 2:53 pm, edited 1 time in total.
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13662
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Montana xtreme of Bore Tech??

Post by Geno »

Baas WOut sal jou die volgende vertel, en hy weet verseker waarvan hy praat:
DEWEY
Goed, beter, 6millimeter!
wlm
Hero Member
Hero Member
Posts: 2454
Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm

Re: Montana xtreme of Bore Tech??

Post by wlm »

Ek het 'n Boretec .22-stok. Gewoonlik is prys mos 'n aanduiding van gehalte maar in die geval was ek teleurgesteld. Met die gebruik van die stok saam met 'n Boretec lappie-houer(jag)(die een met die skerp puntjie) en die ronde lappies, het die gedeelte van die stok se punt waarin die borsel of lappie-houer inskroef uitgesit.
Toe ek die besigheid mooi bekyk, het ek gemerk dat die gedeelte waarbinne die skroefdraad gesny is papierdun is. Enige bietjie druk van agter kan die wande laat uitsit.
Ek luister graag na nog menings oor die stok. Moet se die "bearing" draai lekker.
User avatar
Frikkie Coetzee
Hero Member
Hero Member
Posts: 2151
Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm

Re: Montana xtreme of Bore Tech??

Post by Frikkie Coetzee »

Chaps

Ek het al al die stokke geprobeer maar nie die Montana nie.

MY opsomming.

1. Die ou tipe (Parker Hale) steeds my gunsteling vir gebruik met JB of Iosso. Ram se stokke( geel of grys) neig om die voorste punt af te trek van die staal rod self.  Ek het nog n ou Parker Hale en sal hom nie inruil nie

2. Bore-Tec. V stick. Bietjie dun vir my smaak. Werk tog lekker op klein kalibers. Het nog nie gebuig nie. (is lang een). Ek het die ekstra lengte wardeer en gekoop omrede ek nie n Dewey kon kry nie. Was my eerste Bore Tec. Coating vertoon hard in vergelyking met die Dewey. Dink nie sal loop seermaak nie. Vriend van my het ook gekla oor die papier dun groefdraad en het dit ge "improve". Het nie gaan kyk nie maar hy was bang dit sal nie hou nie. Die Gewone stok by Johan gesien. Was baie in my skik met wat ek gesien het. Ek sal eerder die gewone stok koop as die V Stick

3 Dewey. My ou staatmaker stokke. Het 308 en 220 tot 270. My 22tot 270 een is al bietjie gebuig by die handle weens misbruik. (Moes n Ram se punt uit my loop kry) Die coating is al redelik gekrap maar is nerens deur nie. Ek gebruik die stok al vir seker 4 jaar  en hy het my nog nooit teleur gestel nie. Sal my nog lank hou.  Die stokke word BAIE gebruik.

Om op te som. Enige van jou kwalitiet stokke met die gebruik van n BORE GUIDE sal werk mits jy dit nie misbruik nie. Selfs kwalitiet kan met geweld gebreek word.

frikkie
Cradock
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Montana xtreme of Bore Tech??

Post by Francois Marais »

Johan

Nou met my Kaap trippie daar by S&O vir my die Montana stokke gekoop, 17-20 en 22-27, jags gekoop in 20kal, nou draai hulle nie mooi in oppi stok nie, bietjie teleurgesteld, noggie die grote stok probeer nie.....kwaliteit lyk nie te sleg nie......

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
Johan JvR
Hero Member
Hero Member
Posts: 617
Joined: Mon May 16, 2011 10:06 am

Re: Montana xtreme of Bore Tech??

Post by Johan JvR »

Ek weet nou self nie meer nie. Ek het toe maar die Montana xtreme gekoop, gelukkig pas my Bore-Tech jags mooi op hom.

As ek hom met die jag 'spin' dan 'wobble' die jag gladnie, die jags 'wobble' egter op my ouer Borestix.

Mens sal nou maar seker 'n beter idee oor die langtermyn kry, dit wil voorkom of beide stokke oraait is (en seker Dewey en dies meer ook).

groete
wlm
Hero Member
Hero Member
Posts: 2454
Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm

Re: Montana xtreme of Bore Tech??

Post by wlm »

Dit lyk my ons sukkel nie te veel met die dikker stokke nie.
Wil iemand wat 'n lekker .22-kaliber stok nie asb. van hom laat hoor nie.
User avatar
Frikkie Coetzee
Hero Member
Hero Member
Posts: 2151
Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm

Re: Montana xtreme of Bore Tech??

Post by Frikkie Coetzee »

Francios

Is die probleem nie dalk dat die stok bedoel is vir 22 kaliber en op nie?

wlm

Die probleem met die dun stokke is en bly dit: as jy hom dun genoeg maak om deur n 22 kal gat te pas daan hy buig en moet mens maar versigtig wees. Gisteraand het ek amper my Dewey in sy kanon in gebuig agv n verkeerde lappie opgesit toe ek my 25-20 wou skoonmaak. Lappie was te styf en ek moes bontstaan om te keer dat die stok nie seerkry nie.

Ek het nog nooit met n .17 of .20 geskiet nie, maar as ek reg is gaan daai manne eers n stok soek wat nie buig nie....

Groet

Frikkie
Cradock
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Montana xtreme of Bore Tech??

Post by Francois Marais »

Frikkie

Duidelik oppie stok het gestaan 17-20 kal, ongelukkig die buis weggegooi waarin dit gekom het, anders kon ek jou foto neem......jy is reg, stokkies is maar tingerig, maar as jy mooi werk hou hulle mooi......

Het intussen ander stok, 22-27 cal gebruik en alle jags pas mooi......definitief ver bo gemiddelde produk, volgens my selle klas as DEWEY.....

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
wlm
Hero Member
Hero Member
Posts: 2454
Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm

Re: Montana xtreme of Bore Tech??

Post by wlm »

Gromit
Die Bore-tech
stok waarvan ek praat is met 'n Bore-tec "jag" en Bore-tec Lappies gebruik. Na my meniig is die bronsgedeelte waarin die "jag" inskroef te dun.
Selfs 'n RAM is stewiger gemaak.
Groete Willem
User avatar
Frikkie Coetzee
Hero Member
Hero Member
Posts: 2151
Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm

Re: Montana xtreme of Bore Tech??

Post by Frikkie Coetzee »

Willem

Jy is reg oor die dun brass. Dit is presies hoekom my vriend Riaan sy Bore tec self verander het.

Intressant. Ek kyk gisteraand na my Dewey, selfs sy brass voor het krakies begin ontwikkel waar dit om die stok self vas klem. Gee egter geen probleme nie.
Wat ek soms kry is dat mens sukkel om die lappies ( die ronde soort ) in die loop te kry sonder dat die stok wil buig. Die vorige lappie werk fine, en dan wil een net nie deur gaan nie. Dan moet jy alles weer uittrek en die lappie weer van senter af insit. Dit frusreer my meer as die stokke.

Daar lyk my is n dun balans tussen te dik en te dun.

Ek wil net nie n .17 skoonmaak nie......

Frikkie
Cradock
User avatar
erx
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 419
Joined: Thu Jan 13, 2011 9:36 pm

Re: Montana xtreme of Bore Tech??

Post by erx »

Piet Skiet, stem saam mater, die ou Parker Hale is ma die enigste stokke wat ek ook gebruik. Geen probleem.
Ek het met laasjaar se jag 'n Parker Hale in die veld verloor. Die stok was in die onderkant van my geweersak ingedruk en die sak het van die bakkie af geval. Na 8 maande het die werkers die sak in die veld gekry. Die stok se "rod" was bloedrooi geroes, maar die swart handle wat uitgesteek het se bearing spin nog presies en die handle het glad nie verkleur van die son nie. Die sak is 'n Elpaso sak, Gebuik hom nou nog, buite geblyk van die son, binne soos nuut, zip werk presies, als heel goed.

Groete
erx
Post Reply