2026 Tag gevul

Post Reply
BenJacobs
Hero Member
Hero Member
Posts: 888
Joined: Thu Aug 24, 2017 3:00 pm

2026 Tag gevul

Post by BenJacobs »

So kom my 2026 jag seisoen tot 'n einde.

Ons white tail seisoen het Sondag die 15de Nov oop gemaak. Ek het die jaar nie vreeslik baie gesien of op kamera gasien nie. 'n Paar ooie hier en daar, maar niks ramme nie. Sondag het ek 'n draai gaan ry maar niks gekry nie.

Ek is besig by die werk om die grond om te werk vir die sneeu om in te trek. Ek besluit toe om maar my geweer saam te ry in die trekker, net vir ingeval. Vanoggend het die ingeval lekker uitgewerk. 'n Mooi ram spring toe uit die boom reeks langs die veld. Staan lank genoeg stil vir my om uit te klim en 'n skoot te kry.

Nie 'n monster nie, maar ek is heel tevrede. Dalk 'n bietjie kleiner as my ram van laas jaar, maar 'n volle 5x5. So is ons 2026 jag seisoen ook verby.

Dit was 'n baie goeie seisoen, Zebra, beer, muledeer en nou my white tail.

Groete Ben
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
partner
Hero Member
Hero Member
Posts: 1007
Joined: Sun Jun 19, 2011 8:24 pm

Re: 2026 Tag gevul

Post by partner »

Baie Dankies vir die deel Ben.
Post Reply