Goeie middag manne,
Ek het besluit om die onderstaande spesiale geweer te laat gaan omdat hy deesdae net in die kluis staan en ek hom nou en dan uithaal om na te kyk en te olie.
Hoekom sê ek spesiaal? Sien onder:
Musgrave k98 Field Delux model in 300WM
Pragtige kolf - lyk meer na exhibition grade kolf - met goeie lynne (bedoelende sterk, sal nie kraak agv recoil nie)
K98 standaard aksie - magasykas verleng en ramp verander om lang patrone te akkomodeer en betroubaar te voer.
26 duim oorspronklike semi-bull loop - nog uitstekende toestand
Kopspasie aangepas om partoon (dop) op skouers te 'headspace' - Magnum manne sal verstaan...
Gesny vir silencer en/of muzzlebrake
Alles deur professionele Musgrave geweersmit gedoen.
Ongeveer 200 skote geskiet
Hy kom met:
Warrior lange silencer met brake en tuner
Warrior EC tuner brake
Schmidt & Bender 3-12 x 50 Klassic FFP teleskoop met die P3 mildot reticle
Pragtige leer geweer belt
Ook ingesluit (kan ook later appart verkoop) is:
Redding Master Hunter dies - uitstekend en soos nuut
35 x gelaaide patrone - Lapua doppe, 190gr Accubond LR punte
70 x Accubond LR 190gr punte
62 x Nuwe Lapua doppe
Hierdie geweer is in
uitstekende toestand en regtig iets vir die oog!
Uiters akkuraat en hy goooii!
Huidige lading stoot die 190gr Accubond LR teen 2970ft/s konstand onder 3/4" op 100m.
As jy na 'n REGTE 300 soek, is hierdie die een vir jou.
Prys R50 00 vir die hele pakkie.
Foto's sal binnekort volg.
Kom aan man, bederf jouself vir Kersfees
Kontak my by 082 82 147 24
Groete,
Leon Crous.