Zimbabwe Buffel Jag- Groot opgewondenheid-
- tau
- Hero Member

- Posts: 4011
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Ek gaan nie 'n vreeslike storie skryf nie.
Al wat wel erg was is die opgewondenheid voor die jag!!!!
Ons jag is verfilm as deel van 'n advertensie veldtog vir 'n nuwe safari maatskappy. So nou kan ek nie eens die waarheid verdraai nie, julle sal op Youtube die waarheid sien.
Ons is vir 6 jag dae weer na die Save Vallei om bestuurs Buffels te jag. Hierdie keer is ek saam met my maat van baie jare. Ons jag baie saam, maar hierdie is sy eertse buffel jag. Ons het saam Natuurverwaring geswot en later vir SANparke gewerk.
Na 'n lang soektog hier het ek my Ruger .375 Ruger opgegradeer na 'n .416 Ruger en Coenraad het Geno se .416 Ruger gekoop. Ons het Kriek se 380gr Cupnose solids en Spoor se 400gr softs gelaai. Albei roere was verspot akkuraat en is albei toegerus met Aimpoint Micro rooikol vesiere.
Coena is baie vaardig met sy AR en 'n reddot en ek ook redelik, maar steeds het ons voor die jag na aan 100 skote staande geskiet met die gewere om hulle te toets en onself gewoond te kry aan Veiligheids klep af druk, skiet, herlaai ens.

Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
The Tool from Toolbag.
- tau
- Hero Member

- Posts: 4011
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Re: Zimbabwe Buffel Jag- Groot opgewondenheid-
Die herlaai besigheid oordoen ek altyd. Laai so baie patrone en die hoop is om twee te gebruik. Een vir inskiet en een vir jou buffel.
Hoe bevoorreg is ons nie om twee plaaslik vervaardiger op die forum the kan hê wat vir ons Top klas koeëls maak.
Spoor 400gr Softs en Kriek 380gr Cupnose solids.

Oefen op my baan

Coena se eerste skote met sy eie gelaaide patrone.

'n foto van rondom 2005 rond toe ons nog jakkalse gejag het en nie in die aand geslaap het nie.

Hoe bevoorreg is ons nie om twee plaaslik vervaardiger op die forum the kan hê wat vir ons Top klas koeëls maak.
Spoor 400gr Softs en Kriek 380gr Cupnose solids.

Oefen op my baan

Coena se eerste skote met sy eie gelaaide patrone.

'n foto van rondom 2005 rond toe ons nog jakkalse gejag het en nie in die aand geslaap het nie.

Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
The Tool from Toolbag.
- tau
- Hero Member

- Posts: 4011
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Re: Zimbabwe Buffel Jag- Groot opgewondenheid-
Vir ons Kapenaars is die trip na Save 'n lang een.
02;30 weg by die huis.04;00 op die lughawe om wapens in te check en alles deur toe book na Bulawayo. Dan die 06:00 vlug na JHB en dan na Bulawayo. Daar spring ons in 'n voertuig en ry 6 ure oos na die Save.

Vlieg is mos lekker as jy opgewonde is
Coenraad is helemal mal en het my verbaas met 'n verskriklike mooi mes. Wat 'n stuk gereedskap!!!

Die is al my derde jaar op die trip so ek weet waar om te stop vir germaanse bruis drankies. Die lokale mense is altyd vrinnelik en bewys net wat 'n wonderlike plek Zim is.

Die Save het ongekende reën in einde September en begin Oktober gekry die plek was groen!!!!

-
partner
- Hero Member

- Posts: 1004
- Joined: Sun Jun 19, 2011 8:24 pm
Re: Zimbabwe Buffel Jag- Groot opgewondenheid-
Jissie baie dankies vir Fotos en Storie. Ek geniet dit Baie.
- tau
- Hero Member

- Posts: 4011
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Zimbabwe Buffel Jag- Groot opgewondenheid-
Ons jag was vanaf 7-13 Oktober gewees. Nou die wat daardie wêreld ken dit is hulle "hell Month" soos hulle hom roep.
Ons het wel die 7de opgetsaan in die mooste klamste koelte!!!! Vreemde besigheid.

Soos altyd eers die roere gaan inskiet en ek het Coena het elkeen 'n solid en 'n soft geskiet. Na die skiet was daar 4 gaaitjie in die bullseye op 50meter.

Ons het begin rond ry en het sommer dadelik gaan vassit in 'n driffie net na die kamp waardeur ek al 100de male is. Gelukkig het die Cruiser 'n winch op en ons kon uitkom.
Ons het wel die 7de opgetsaan in die mooste klamste koelte!!!! Vreemde besigheid.

Soos altyd eers die roere gaan inskiet en ek het Coena het elkeen 'n solid en 'n soft geskiet. Na die skiet was daar 4 gaaitjie in die bullseye op 50meter.

Ons het begin rond ry en het sommer dadelik gaan vassit in 'n driffie net na die kamp waardeur ek al 100de male is. Gelukkig het die Cruiser 'n winch op en ons kon uitkom.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
The Tool from Toolbag.
- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5028
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: Zimbabwe Buffel Jag- Groot opgewondenheid-
Volg, dankie vir die deel sover!!
- Kallie Fernhout
- Hero Member

- Posts: 995
- Joined: Sun Oct 21, 2012 8:31 pm
Re: Zimbabwe Buffel Jag- Groot opgewondenheid-
More ou vriend sien uit na die video gooi die link hier as hy die lug sien.
- Ding
- Full Member

- Posts: 185
- Joined: Wed Apr 29, 2020 7:19 pm
Re: Zimbabwe Buffel Jag- Groot opgewondenheid-
Ek hoop jy kon 330ml blikkies kry by die shebeen!
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13645
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Zimbabwe Buffel Jag- Groot opgewondenheid-
Kom Johna, jou emails werk anyway nie tik jou storie
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- tau
- Hero Member

- Posts: 4011
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Re: Zimbabwe Buffel Jag- Groot opgewondenheid-
Ons jag oopsvisier en sonder verkykers etc. Omdat ons so naby moontlik met min geraas wil kom.....toe stap ons met 'n kamera man en PH se seun.

Die vorige langdag se reis was nog in ons en Coena het vinnig so uiljie geknip op 'n uikykpunt. Hy ontken dit natuurlike!!!

Wit koffie bosse was in volle blom die wêreld vol. Bitter mooi en net vir so 2-3 dae.

Die wêreld was groen en orals was water.

Last edited by tau on Fri Nov 13, 2026 1:56 pm, edited 1 time in total.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
The Tool from Toolbag.
-
partner
- Hero Member

- Posts: 1004
- Joined: Sun Jun 19, 2011 8:24 pm
Re: Zimbabwe Buffel Jag- Groot opgewondenheid-
Jissie. Daai is Mooi Wereld. Weer dankies vir Fotos ens.
- tau
- Hero Member

- Posts: 4011
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Re: Zimbabwe Buffel Jag- Groot opgewondenheid-
Ons het soos altyd geëet soos konings.

Die perde salf werk vir Pepper ticks, tsetse vliee, Buffel vliee en nier stene

Ons het vanjaar bitter baie klispringers in die konsessie gesien en ander klein wild. Al die jag in die area hou die poachers mooi weg.

Ontbyt teen die Mkwasine river

Die veld was bitter mooi en lekker ruig.

Die area is vrot van die Bromvoels

Die perde salf werk vir Pepper ticks, tsetse vliee, Buffel vliee en nier stene

Ons het vanjaar bitter baie klispringers in die konsessie gesien en ander klein wild. Al die jag in die area hou die poachers mooi weg.

Ontbyt teen die Mkwasine river

Die veld was bitter mooi en lekker ruig.

Die area is vrot van die Bromvoels

Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
The Tool from Toolbag.
- tau
- Hero Member

- Posts: 4011
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Re: Zimbabwe Buffel Jag- Groot opgewondenheid-
Omdat dit Coena se eerste Buffel jag was het hy eerste kans gekry. Sommer op die middag van dag een het hy op die stokke na 'n Dugga boy gemik na 'n kort spoorsny sessie. Hy was nie tevrede met sy skoot nie en het vir Sean gesê hy is nie gemaklik met die skoot nie. NA my vorige twee jaar se jagte waar ons op die tweede en laaste aande ons Buffels gekry het was ons nogals senuwee agtig om nie kanse te laat verbrou nie.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
The Tool from Toolbag.
- Dehan.Rheeder
- Full Member

- Posts: 105
- Joined: Tue May 13, 2025 8:52 am
Re: Zimbabwe Buffel Jag- Groot opgewondenheid-
Jinne dit is mal mooi wereld en dankie dat jy ons insluit by die belewenis
Sent from my SM-A566B using Tapatalk
Sent from my SM-A566B using Tapatalk
Tikka T3 Lite 30-06
Canik Mete SF Combat 9mm
Canik Mete SF Combat 9mm
- tau
- Hero Member

- Posts: 4011
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Zimbabwe Buffel Jag- Groot opgewondenheid-
Dag twee
Die veld raak by die minuut groener voel dit. Orals in die veld is pannetjie water. Die Buffels beweeg bitter min het ons op dag een agter gekom. 2026 was 'n baie goeie reën jaar in die Save en toe kom reën dit nog vroeg ook. So lekker kos vir die Buffels en wate rin dei veld is orals. Gewoonlik sal mens maar so van water na water ry met dei hoop dat jy iewers spore optel.
Ons was skaars uit die kamp uit toe kry ons redelike vars spore van 2-4 Dugga boys wat terug gekom het vanaf die communial land na die konsessie. Ons het afgeklim en ons belde aangetrek met extra patrone, mes en water. Ek kon onthou daar was 'n rede hoekom ek die belt ophou dra het....maar ek was reeds besig om agter die span aan te stap.
Ons was 6 manne in die lyn!!! Spoornsyer Nicolas, PH Sean, Coena, Kamera man, Ek en laaste Sean se seun Cody. Ons was eintlik baie still vir so klomp mense. EK was redelik skepties of ons kans gaan kry met so baie mense in gelit in die digte bos.

Sean het ook gevra dat Coena sy soft met 'n solid vervang vir sy eerste skoot. Na 'n bitter kort stappie van seker 800m staan die Buffels voor ons. Coena was binne sekondes op die stokke en na 4 sekondes het vandat hy posisie ingeneem het klap die skoot. 07:38 op dag twee!!!!
Die kamera man was te stadig om die oomblik vas te lê, maar gelukkig kon ek hom afneem.

Dit was soos ons vorige 3 Buffels hier frontal skote. Ons het skaars bymekaar gekom toe hoor ons daar Dood Bulk die Buffel. Ons het nader gestap en daar staan die twee makkers langs Coena se Buffel wat reeds bene in die lig dood lê. Sean vra dadelik wil ek skiet? Ek antwoord toe nee, wat maak ons die volgende 5 dae???
Ons moes amper die ander Buffels weg jaag.
Toe ons nader stap is dit 'n pragtige ou bul met 'n stuk bos wat uitgebreek is. die Kreik 380gr Cupnose is voor die bors in en regdeur die buffel by sy gat uit.

Die groot oomblik. Wat 'n voorreg om so ou dier te kan jag in so mooi area.

Ons nuwe messe spog op die Buffel.

Hierdie foto gee 'n goeie idee hoe dig die bos is waar mens die Buffels jag.

'n Mooi Ruger op 'n mooi Buffel.

Nicolas, Sean , Cody en Coenraad.

Ek en Coena. Ons blink so van die sweet, want ons het sopas 'n pad oop gekap tot by die Buffel

Kriek 380gr Cupnose

ag sommer nog so mooi foto van die Benchmark messe

Ons nuwe messe spog op die Buffel.

Hierdie foto gee 'n goeie idee hoe dig die bos is waar mens die Buffels jag.

'n Mooi Ruger op 'n mooi Buffel.

Nicolas, Sean , Cody en Coenraad.

Ek en Coena. Ons blink so van die sweet, want ons het sopas 'n pad oop gekap tot by die Buffel

Kriek 380gr Cupnose

ag sommer nog so mooi foto van die Benchmark messe

Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
The Tool from Toolbag.
- Dehan.Rheeder
- Full Member

- Posts: 105
- Joined: Tue May 13, 2025 8:52 am
Re: Zimbabwe Buffel Jag- Groot opgewondenheid-
baie nice man en baie geluk met die pragtige buffels, en weereens dankie vir die deel
Tikka T3 Lite 30-06
Canik Mete SF Combat 9mm
Canik Mete SF Combat 9mm
-
partner
- Hero Member

- Posts: 1004
- Joined: Sun Jun 19, 2011 8:24 pm
Re: Zimbabwe Buffel Jag- Groot opgewondenheid-
Baie Dankies Weer. Vir Pragtige Buffel Ens.
- henried
- Hero Member

- Posts: 2353
- Joined: Mon Jul 18, 2011 8:33 pm
Re: Zimbabwe Buffel Jag- Groot opgewondenheid-
Heng, dit is nou mooi, baie geluk julle daar is 'n paat mooi fotos.
Henrie Degenaar
Life Christian Adventure http://www.lifeca.org
Train to hunt South Africa
"Deo Valente "
Life Christian Adventure http://www.lifeca.org
Train to hunt South Africa
"Deo Valente "
- tau
- Hero Member

- Posts: 4011
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Zimbabwe Buffel Jag- Groot opgewondenheid-
Die druk was af!!!! Ek was glad nie haastig om 'n Buffel te skiet nie en ons het op die middag van dag twee 'n skrumpet Bul gesien!!!!!! Ek was verlief. Ons het probeer om nader te kom, maar die buffels het net verdwyn.
Ons het later die middag 'n skuld gebou van takke en blare en toe nader aan 'n trop gestap dit was 'n belewenis.

Om Buffels uit 'n trop te jag en om Dugga boys te jag is 'n helse verskillend. Die troppe sien jou en is nie so bang nie, safety in numbers. So vir 'n skoot met 'n geweer is dit makliker. Ons het nog so paar keer op die jag so met die troppe gewerk dit was vir my diep lekker.

Ons het later die middag 'n skuld gebou van takke en blare en toe nader aan 'n trop gestap dit was 'n belewenis.

Om Buffels uit 'n trop te jag en om Dugga boys te jag is 'n helse verskillend. Die troppe sien jou en is nie so bang nie, safety in numbers. So vir 'n skoot met 'n geweer is dit makliker. Ons het nog so paar keer op die jag so met die troppe gewerk dit was vir my diep lekker.

Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
The Tool from Toolbag.
- tau
- Hero Member

- Posts: 4011
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Re: Zimbabwe Buffel Jag- Groot opgewondenheid-
https://youtube.com/shorts/1LJWZpVE9Qw? ... PGp8ZRydUg
Hier kan julle sien hoe naby 6 manne kan kom aan ‘n trop van 100 plus buffels
Hier kan julle sien hoe naby 6 manne kan kom aan ‘n trop van 100 plus buffels
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
The Tool from Toolbag.
- tau
- Hero Member

- Posts: 4011
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Re: Zimbabwe Buffel Jag- Groot opgewondenheid-
Dag 3
Ons was agter die Skrumkep bul aan. Die was redelik warm so 36 celcius met lekker humiditeit. Ons was nou al elke oggend 06;00 uit die kamp uit om onsself soveel moontlike tyd voor 10;30 te gee wanneer die Buffels gaan lê.
Met so baie kos en water in die veld gaan lê die Buffels in dei skaduwee iewers, jy gaan hulle spoor volg en hulle "bump" as jy na 10:30 nog nie die Buffels op hulle voete gekry het nie.
Ons het met die Thermal drone gespeel en twee Buffels gesien wat onder 'n boom lê. Dit was nie die skrumpet bul nie. Daar is dadelik besluit ek sal nie een van die Buffels skiet nie, maar ek wou sien hoe naby ons veilig kon kom. Sean het my toegelaat om saam met Nicolas die bekruip te doen en self my aanslag tot die Buffels te beplan.
Na so 30minute se bekruip, seil op my Maag en in bosse lê was ek en Nicolas so 10m van dei twee Buffels af. Ons kon net so nou en dan hulle sterte sien swaai om die Mopani vliegies te verwilder. Ons kon wel nooit die buffels se horing of lywe sien nie.
Dit is hier wat ek toe besef ek het met verkeerde hoek na hulle bekruip, iets wat 'n ervare PH nie sou doen nie. EN ek kon nie opstaan om hulle te sien nie. Na nog so 20m minute het die wind gedraai en die Buffels kon ons ruik en hulle het opgespring en wegggehol. Dit was vrek lekker, maar al wou ek een van die Buffels skiet kon ek nie. dit was te ruig. So lekker leer sessie.
Ons het die namiddag weer na die afhoring bul gesoek maar kon niks kry nie. Ons het weer op 'n trop afgekom en daar is toe besluit on shet nog 3 dae oor kom ons oefen bietjie op die troppe om nader te kom en dan "fop skote te neem indien ons kon".
Weereens was ons naby aan die trop en kon sien hoe die bulle die koeie rondjaag en in en uit die trop gaan. Ook kon mens sien hoe die kalwer maal saam met die trop maar nooit aan die buitekant bly nie. Ons het 8,7km so saam met die trop gewerk tot dit donker geraak het. Die reuk en klanke van so trop Buffels is wondelik. En 120 + diere wat soos een begin draf as hulle gevaar vermoed. Hulle draf wel net so 300m dan stop hulle weer waar Dugga boys gat skoon maak na die 3de bump en jy hulle nie sommer weer vang nie.

Dag 4
Ons het nou drie volle dae se jag oor om vir my 'n Buffel te kry. Ek meet nie horings nie en kan glad nie grotes van trofees skat nie. Ek het geen probleem daarmee nie, maar die tyd in die veld en die ervaring is wat vir my saak maak.
Ek sê vir Sean dit en dat ek ook graag twee nuwe areas wat hulle gekry het sal wil gaan verken. Hulle mag nie hier jag tot 2027 nie so die tyd sal dus jag tyd steel, maar hiermee is ek gelukkig.
Ons is die oggend na een van die nuwe areas en vir een of ander rede het ek nie fotos geneem nie IDIOT!!! so na 11 oppad terug na die kamp kom ons oor 'n hoogte en ek kyk vir Nicolas die Spoorsnyer en sê tergend met my oë toe dat ek kan die die Gugga boys aanvoel.
Nou die Zim locals is bitter erg bygelowig. EK het met die tyd geleer ek kan hulle besigheid so bietjie aanmaak deur sommer net te sê ek voel iets. Nou die frikwensie waarteen ek die goed sê is 100% gekoppel aan hoe stil dit agter op die bakkie raak. Ek, Coena en Nicolas sit drie manne voor op die jag bankie so gesprekke loop oop.
Net nadat ek my oë toemaak en vir Nicolas sê ek ruik hulle verander daai man se oge na sous pierings!!! Daar skaars 3oom meter van dei pad af staan 2 Dugga boys en vreet.
Hy kyk my en skud net sy kop. EK vertel hom is my vermoëns om Buffels aan te voel wat so smaak. Ons ry verby so 1km en begin terug na die Buffels te bekruip. Dit is 11;15 toe ons begin terugwerk na die Buffels en die wind dophou. Ons vat ons tyd en beweeg vrek stadig, die bos is vreedsaam en windstil. Ons kom tot in 'n donga en ek en Sean beweeg eerste na voor om te sien of ons die Dugga boys kan sien. Tot ons skok het hulle nader aan ons beweeg en gaan lê, soos hulle elke dag die tyd doen.
Ek en Sean is nader en ek is op die stokke voor ek dit weet. Ek kan die swart massa sien, maar geen horings of kop nie. Daar is ook helemla teveel takke in ons pad vir 'n veilige skoot. Sean kyk deur sy Swarovski verkyker en kan sien dit is 'n bul, maar volgens hom nie baie groot nie, maar goed genoeg vir Management. Hy sê ons moet hom los. Ek vra hoekom hy sê want die bul is nie great nie, maar ek kan maar ksiet as ek wil.
Nou vir my gaan dit oor die jag ervaring. Ek sê hom as ons nader kan kom en dit voel vir my reg gaan ek hom skiet ek is mos nie hier vir meet nie.
Ek en Sean het nog vorentoe bekruip en beweeg en ek het weet stelling ingeneem op die stokke. Die swart massa wa snou so 50 meter van my af. Die bul het gelê en herkou en niks van ons geweet nie. Na so paar minute beweeg Sean vorentoe en die Buffel hoor of ruik iets. Die Buffel staan op en dadelik het ek 'n vol plankdwars uitsig van 'n Buffel bul. Swart, sterk en met 'n driehoek opening presies op die punt van sy skouer so groot soos 'n Pizzan skuif. Een van daai Slice away slices nie die kleintjies nie.
Ek het Sean se ore laasjaar doof geskiet so ek "gil/fleister" op hom hy moet sy ore toedruk ek gaan skiet. Toe sy vinger sy ore raak stuur ek 'n Kriek 380gr Cupnose solid deur daai PIzza skuif opening. Die Buffel verdwyn dadelik.
Ek besef dadelik dit was bietjie braaf om oopvisier so skoot te vat. Die 50 meter stap na waar die Buffel gestaan het voel bietjie lank.Daar is geen takke wat halfmas hang wat dalk getref is nie. Die volgende Oomblik hoor ons die Doodsbulk net soos met Coena se bul twee dae van te vore.
Sean laat my toe om voor te loop en die Buffel te nader. Ek soos 'n wafferse oorgewig navy seal met my manskappe agter my nader ek die Buffel. Toe ek nader aan dei swartgevaar kom en om my kyk na die manskappe is hulle nie daar nie en stan lag vir my.
Ek vra wat maak julle nou??? waarop Sean antwoord die Buf het gebulk en lê bene in die lig hy is morsvrek dood, en ek skiet hom inelkgeval net elkekeer in die situsies nog dowwer.

Weereens het Sean vir my gejok en toe ons by die Buffel kom is hy baie groter as wat ek gedink het.

'n Pragtige ou kryger wat al paar male met Leeus te doen gehad het as jy kyk na die merke op sy nek.

Die uitgangs wond waar die patroon uit is. Die skoot is toe presies in waar ek gemik het op die knop van die Buffel se skouer.

Werklik 'n voorreg om so ou yster te kon jag.