Skaaphonde Eienaars hulp benodig
- TOKELOS
- Hero Member

- Posts: 556
- Joined: Sun Feb 06, 2011 9:11 pm
Skaaphonde Eienaars hulp benodig
My seun het n rescue skaaphond.(swert en wit) Sy is al 10 jaar oud en nou so 2 jaar by hom. Wanneer uitstedig kom bly sy by my. Wat my pla is die koeke wat in die hare vorm en dan ook haar lang en digte hare. Sy lyk verslons om die minste te se. Het haar al by 4 verskillende hondesalonne gehad maar is glad nie tevrede hoe hul met die hond werk om daardie klosse uit te kry Hulle gebruik wat ek noem n ripper om deur hierdie klosse te ruk en ook om die onderste laag fyn hare te verwyder. Ek kan sien sy kry baie seer en staan soos n mens op haar agterpote om te probeer weg kom. Ek dink daar aan om met n sker of elektriese knipper in te spring en alles tot omtrent n duim af te sny. Hoe maak julle met julle skaaphonde op die plaas?? Ek is desperaat.
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2188
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: Skaaphonde Eienaars hulp benodig
Sommige honde met lang fyn hare se velle is baie sensitief vir die son.
Ek weet iemand het hulle honde se hare kort afgeskeer, maar 'n langerige deklaag hare op die rug gelos. (Ek weet nie meer watter ras dit was nie.)
Ek weet iemand het hulle honde se hare kort afgeskeer, maar 'n langerige deklaag hare op die rug gelos. (Ek weet nie meer watter ras dit was nie.)
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13602
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Skaaphonde Eienaars hulp benodig
Soos met n mens met lang hare is dit maar goeie shampoos/conditioner en baie kam.
Jy sal daai hond se hare 3 tot 4 keer n week moet uit kam om daai klosse uit te kry voor hulle so koek, een keer n maand as hulle klaar da is help nie
Vir die sagte onder hare het jy n ander kam nodig as die lang top coat en baie gedult, as die onderste spul eers begin mat is dit maar uit knip laat die hond vir n ruk soos n koshuis kind lyk na sy Ma n haar knip video op tiktok gesien het

A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
-
toxicsox
- Sr. Member

- Posts: 364
- Joined: Thu May 19, 2016 9:30 am
Re: Skaaphonde Eienaars hulp benodig
Ek het 'n Groenendael (Begium Shepherd) en 'n Border Collie gehad. Ek het altwee laat skeer elke begin van somer (October/November) - Daar was nooit enige velprobleme nie en hulle het altwee mooi oud geword. Nie heeltemaal skaapskeer nie - meer so duim skeer.
- BeesBreet
- Hero Member

- Posts: 1650
- Joined: Sat Nov 22, 2014 9:03 am
Re: Skaaphonde Eienaars hulp benodig
Ek het my skaap hond gereeld geskeer
Sent from my iPhone using Tapatalk
Sent from my iPhone using Tapatalk