Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Ek is opsoek na een of twee ekstra magasyne vir my 'nuwe' Ruger MK I .22 pistool.
Ek het rond gesoek op die internet en sovêr is ek onsuksesvol.
Van wat ek lees blyk dit n MK II magasyn, met n bietjie aanpassing, sal ook werk, maar dié is net so skaars.
As iemand dalk weet waar ek magasyne kan kry sal ek graag wil hoor.
Ek het by Guns&Bows reggekom met n MKII magasyn.
Sent from my SM-A336E using Tapatalk
Last edited by rustiek on Fri Sep 25, 2026 2:08 pm, edited 1 time in total.
Magasyne vir hierdie wapens is skaars soos hoendertande in Suid-Afrika.
Kyk op Classic Arms se webtuiste. Hulle het tans 'n aanlyn veiling. Daar is tans twee Ruger Mk1 pistole (items D01-191 en D01-192). Die hoogste bod op hierdie stadium is R1100-00. Vat 'n kans. Dalk kry jy 'n hele pistool met 'n magasyn vir 'n billike prys.
Dankie. Ek kon toe vanmiddag na MKII magasyn by Guns&Bows kry vir R800. Om die follower te skuif na die regterkant, soos die MKI verlang was baie maklik. Hier is die MKI en II langs mekaar.
Nou moet ek hom net op die baan gaan uittoets.