Kom geniet 6 Gongbane en 'n Blackjack Challenge (soos Eric Cortina se Blackjack Challenges, maar net in die Boesmanland)
Gongbane bestaan uit 3 gongs per baan met 2 skote per gong (36 skote in totaal).
Afstande wissel van 200m tot 1000m.
Die Blackjack Challenge is 'n kompetitsie op sy eie, en word geskiet op 500 yards (457.2 meter).
Ses plates (van 12inches tot 2inches) wat geskiet moet word groot na klein (impak om aan te beweeg) onder tyd.
Vir elke R100 wat jy skenk, kry jy 6 skote (so probeer gerus meer as een keer). Die persoon met BlackJack in die vinnigste tyd wen.
Afdelings:
Ope klas
Bakkie klas ( standaard jaggeweer)
Vrouens
Juniors onder 16
Kostes:
- Senior Span: R800 per span (R400 per spanlid)
- Juniors Span: R400 per span (R200 per spanlid)
- Gemengde Span: R600 per span (R400 vir Senior en R200 vir Junior)
Inskrywings: https://forms.gle/LzE1j35x6AuHbkuc8
WhatsApp Groep: https://chat.whatsapp.com/BRV4brIUHvw3ljapCY8vdm

