Mauser M03 geweer
-
Branderplank
- Newbie

- Posts: 46
- Joined: Fri Jun 06, 2025 8:20 pm
Mauser M03 geweer
Goeie dag forum lede
Ek het probeer kyk en kon nie nie veel sien nie afgesien van 'n paar verwysings na eienaarskap en verkope nie.
Sal graag 'n toegewyde draad wil begin om die wonderlike model van Mauser (ongelukkig nou nie meer in produksie nie) te bespreek.
Ek is seker daar is ander forum lede wat die geweer besit en geniet.
Kom ons deel bietjie meer oor die kalibers, ervarings, uitdagings ens hier. Fotos is ook altyd welkom.
Groete

Henna308
- Sr. Member

- Posts: 402
- Joined: Wed Oct 01, 2014 9:50 am
Re: Mauser M03 geweer
Naand Branderplank
Dit is 'n baie groot jammerte dat Mauser vervaardiging gestaak het. Ek het myne in 2011 bestel by die wyle tannie Wendie by Die Kruitvat, dit was 'n M03 Arabesque met 'n .308Win loop (die Solid weergawe). My oorspronklike plan was om 'n .308 en 'm .300 Win Mag loop te bestel maar die addisionele loop was op daai stadium net te duur (met die koste van die slot kop en magasyn ingereken).
Die versameling van lope het darem bietjie gegroei, ek het 'n 6.5x55 loop gekoop 'n jaar of wat na ek my lisensie uiteindelik ontvang het vir die .308 loop. My oom het ook so geweer, en het almal in sy gesit ook van hulle gekoop of laat koop. Hy het so drie jaar gelede vir my 'n .375H&H loop geskenk gegee (hy is 'n versamelaar en het nou 'n loop vir elke kaliber wat Mauser ooit gekamer het). Dit was wel 'n groot gedoente om 'n slotkop en 'n magasyn in die hande te kry...
Ek beveel dit glad nie aan nie, maar hulle jok nie dat die geweer skiet raak genoeg as jy hom inskiet en uitmekaar uit haal en weer aanmekaar sit nie. Ek het dit een keer noodgedwonge moes doen en het die volgende dag 'n koedoe koei op 256m 'n baie netjiese bladskoot gegee. Sonder om die geweer weer in te skiet. Maar dit was die eerste en enigste keer, nou maak ek seker ek skiet ten minste een skoot op papier voor ek 'n bok skiet.
Groetnis

- Jaco vdW
- Hero Member

- Posts: 698
- Joined: Wed Mar 27, 2013 3:12 pm
Re: Mauser M03 geweer
Dis 'n gawe gedagte om so bietjie oor die gewere te gesels.
Ek het in 2007 my M03 by die Kruitvat gekoop. Ek het die geweer spesifiek gekoop oor dit beskikbaar was met 'n linkerhandse aksie.
In 2009 het ek my eerste bok geskiet met die M03, en sedert daardie tyd het ek dit ongelooflik baie geniet om met die geweer te jag.
Hy is gekamer vir .375H&H Mag. Ek het met 300gr ronde neuse begin laai vir papier skiet veral toe ek nog met die oop visiere geskiet het.
Ek het teen die einde van 2008 die monteerstuk vir die teleskoop gekry, wat soos julle sekerlik weet slegs van Mauser self af beskikbaar is. Daarna het ek 'n Zeiss 3-9 x 42 op die geweer gemonteer, en jag nog steeds met hom.
In terme van die montering, dit werk soos 'n bom! Ek het die teleskoop al telke male afgehaal, terug gesit, en elke keer is hy presies waar hy moet wees.
Na ek die teleskoop op die Mauser gemonteer het, het ek met 260gr Nosler Partitions begin jag aangesien ek die geweer meestal vir vlakte wild gebruik.

You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
-
Branderplank
- Newbie

- Posts: 46
- Joined: Fri Jun 06, 2025 8:20 pm
Re: Mauser M03 geweer
Goeie naand HennaHenna308 wrote: Mon Aug 10, 2026 9:30 pm Naand Branderplank
Dit is 'n baie groot jammerte dat Mauser vervaardiging gestaak het. Ek het myne in 2011 bestel by die wyle tannie Wendie by Die Kruitvat, dit was 'n M03 Arabesque met 'n .308Win loop (die Solid weergawe). My oorspronklike plan was om 'n .308 en 'm .300 Win Mag loop te bestel maar die addisionele loop was op daai stadium net te duur (met die koste van die slot kop en magasyn ingereken).
Die versameling van lope het darem bietjie gegroei, ek het 'n 6.5x55 loop gekoop 'n jaar of wat na ek my lisensie uiteindelik ontvang het vir die .308 loop. My oom het ook so geweer, en het almal in sy gesit ook van hulle gekoop of laat koop. Hy het so drie jaar gelede vir my 'n .375H&H loop geskenk gegee (hy is 'n versamelaar en het nou 'n loop vir elke kaliber wat Mauser ooit gekamer het). Dit was wel 'n groot gedoente om 'n slotkop en 'n magasyn in die hande te kry...
Ek beveel dit glad nie aan nie, maar hulle jok nie dat die geweer skiet raak genoeg as jy hom inskiet en uitmekaar uit haal en weer aanmekaar sit nie. Ek het dit een keer noodgedwonge moes doen en het die volgende dag 'n koedoe koei op 256m 'n baie netjiese bladskoot gegee. Sonder om die geweer weer in te skiet. Maar dit was die eerste en enigste keer, nou maak ek seker ek skiet ten minste een skoot op papier voor ek 'n bok skiet.
Groetnis
Ek deel jou hartseer. Dit is werklik 'n sonde dat Mauser die model se produksie gestaak het. Tot my spyt het ek eers geleer oor die M03 na hul nie meer vervaardig is nie. Die M03 is vir seker nie 'n goedkoop stelsel nie. My oë traan as ek kyk na daai DSM mounts se pryse.
Maar die akkuraatheid kom eenvoudig terug elke keer na ek alles weer aanmekaar sit - dis ongelooflik.
Ek woon verskeie jagte by en die ander jagters altyd verstom as jy die M03 aanmekaar slaan en dit skiet weer senter.
(PS- as jy of jou oom moeg raak vir die Mausers kan jul my gerus kontak
Kan net dink daai Arabesque is 'n baie mooi geweer. Dis 'n baie lekker kombinasie wat jy het, 6.5x55; 308 en 375 en dan 'n teleskoop vir elkeen.
Ek het op my laaste jag meeste van die tyd met die 375 geloop en toe besluit om die 404 loop op te sit...slotkop verander, ander teleskoop ens...daar was nie tyd om weer in te skiet nie maar ek het met 'n geruste hart aangelê sonder enige twyfel dat die skoot dodelik sal wees nie. Die bok het net daar geval (skat so 150m). Ander jagter wat saam my was en gesien het hoe alles verander word kon nie die resultaat glo nie.
Groete
Last edited by Branderplank on Tue Aug 11, 2026 9:09 pm, edited 1 time in total.
-
Branderplank
- Newbie

- Posts: 46
- Joined: Fri Jun 06, 2025 8:20 pm
Re: Mauser M03 geweer
Dankie Jaco vir die deel van die pragtige fotos van jou Mauser - werklike mooi houtkolf daai.Jaco vdW wrote: Tue Aug 11, 2026 8:58 am Dis 'n gawe gedagte om so bietjie oor die gewere te gesels.
Ek het in 2007 my M03 by die Kruitvat gekoop. Ek het die geweer spesifiek gekoop oor dit beskikbaar was met 'n linkerhandse aksie.
In 2009 het ek my eerste bok geskiet met die M03, en sedert daardie tyd het ek dit ongelooflik baie geniet om met die geweer te jag.
Hy is gekamer vir .375H&H Mag. Ek het met 300gr ronde neuse begin laai vir papier skiet veral toe ek nog met die oop visiere geskiet het.
Ek het teen die einde van 2008 die monteerstuk vir die teleskoop gekry, wat soos julle sekerlik weet slegs van Mauser self af beskikbaar is. Daarna het ek 'n Zeiss 3-9 x 42 op die geweer gemonteer, en jag nog steeds met hom.
In terme van die montering, dit werk soos 'n bom! Ek het die teleskoop al telke male afgehaal, terug gesit, en elke keer is hy presies waar hy moet wees.
Na ek die teleskoop op die Mauser gemonteer het, het ek met 260gr Nosler Partitions begin jag aangesien ek die geweer meestal vir vlakte wild gebruik.
Die 375 H&H is 'n spesiale kaliber en die Mauser M03 in 375 is ekstra spesiaal. Ek wil self ook begin eksperimenteer met die Nosler 260gr punte.
Vir nou jag ek meestal met Norma Oryx in 300gr.
Ek kan darem sê ek het ook 'n paar lope bymekaar gemaak in die tyd wat ek die M03 ontdek het. Ek het my eerste een 2de hands gekoop in 2023 - dit is 'n Meisterklasse en is 'n besonderse mooi geweer as ek self so moet sê
Besit nou:
375 H&H - Safari barrel
300 - Safari profiel
404 Jeff - Baie bly ek die een opegespoor - nogal 'n heel skaars een met die MX slotkop - die geweer geniet Rudi se 400gr Spoor punte
300 WM - Loop is oppad
Elke keer as ek gaan jag dan begin ek weer soek vir nog M03's - dit is werklik 'n besonderse geweer.
Last edited by Branderplank on Mon Aug 17, 2026 11:38 am, edited 2 times in total.
-
Branderplank
- Newbie

- Posts: 46
- Joined: Fri Jun 06, 2025 8:20 pm
Re: Mauser M03 geweer
Op 'n tegniese noot, het iemand al gesukkel met die DSM in die sin dat die armpies (levers) nie wil sluit nie?
Ek het 'n nuwe DSM gekry en sommer net getoets op albei my receivers en dit is te styf om toe te maak.
Het wel op die prosedure afgekom en gewonder of iemand dit al getoets het? (https://www.blaser-group.com/wp-content ... 03_web.pdf)
Enige insette sal waardeer word.

- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13570
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Mauser M03 geweer
Ek sal nogals nie om gee om op so mooi hout kolf M03 in 7x57 af te kom nie, ek het gese ek is klaar met gewere koop maar sal n uitsondering maak vir so een
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- Jaco vdW
- Hero Member

- Posts: 698
- Joined: Wed Mar 27, 2013 3:12 pm
Re: Mauser M03 geweer
@ Branderplank
Dis 'n besonderse versameling om die 300 H&H, 375 H&H en 404Jeff te hê. Al wat nog kort is iets kleiner soos Capt se 7x57.
Ek het net die een M03, en die teleskoop montering pas baie netjies, maar die hefbome is nie stram nie.
In terme van koeëls, sou ek die Spoor 250gr baie sterk oorweeg vir vlakte wild. Die partitions werk goed, maar hulle vervorm redelik, en verloor die voorste kern. Nou dit is min of meer hulle ontwerp, maar ek dink die manier waarop die gebonde kern koeëls vervorm is beter.
Ek het die jaar vir die eerste keer met die 300gr Spoor gejag, en hy werk puik. Omrede dit vir 'n buffel gebruik is, het ek al my werk op 50m en 100m gedoen. Ek wil nog kyk na sy trajek op afstande verder as 100m, sodat ek die koeëls dalk ook op ander wild kan gebruik. Die areas waar ons tipies jag, is die skiet afstande verder as in die bosveld, en dit was maar die oorweging om die 260gr Partitions te gebruik.

@jaco vdW
Dankie vir die terugvoer.
Die Mauser gogga het my erg beet.
Sal definitief nog Spoor punte in die 375 probeer. Het net redelik baie norma gekoop toe hul beskikbaar was en redelik geprys was. (Jy kon 20 kry vir net so bietjie meer as R2k).
Die 260gr wat ek het is accubonds maar nog glad nie probeer nie.
Elke ekstra loop kort ‘n teleskoop. Dan raak daai DSM mount ‘n duur storie
Maar daai 400gr Spoor punte werk baie goed in my Jeff. Moet dalk die 350gr ook probeer.
Die 300HH voer ek 200gr punte. Tans skiet ek hulle teen 2800fps maar oorweeg om af te gaan na 2750fps of so.

- Lategan1
- Hero Member

- Posts: 2952
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Re: Mauser M03 geweer
Ek geniet julle maak lus geselsie.
Die 260gr Accubonds is akkuraat en skiet mooi in myne, Musgrave .375 H&H. Dink jy gaan dit geniet.
Beste.

Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 
-
Branderplank
- Newbie

- Posts: 46
- Joined: Fri Jun 06, 2025 8:20 pm
Re: Mauser M03 geweer
Ek deel maar hier. Daar is nog so paar nuwe lope beskikbaar soos ek verstaan. Meestal 7x57, 300WM en 30-06.
Sou iemand meer wil weet kan ek die details deel.
Groete
Sou iemand meer wil weet kan ek die details deel.
Groete
-
Henna308
- Sr. Member

- Posts: 402
- Joined: Wed Oct 01, 2014 9:50 am
Re: Mauser M03 geweer
Naand Branderplank
Ek en my pa het mekaar oor die naweek lus gemaak vir 300WM lope. Gesels jy direk met die manne of wie is jou kontak? Ek het ook 'n Picatinny rail ontwikkel wat op die DSM vasmaak wat maak dat jy nie vir elke loop sy eie DSM mount hoef te koop nie. Al wat jy moet kry is ringe wat op 'n Picatinny rail pas en dan kan jy na hartelus teleskope ruil. Sover werk dit goed genoeg.

- Witpietskiet
- Hero Member

- Posts: 763
- Joined: Wed Jul 14, 2010 1:14 pm
Re: Mauser M03 geweer
Goeie dag aan die M03 manne,
Sien die die liefde is dik hier vir die M03's, so ek gooi maar net n klip in die bos.
Die eienaar van die besigheid waarvoor ek werk het ook n paar M03's en hy is op soek na nog n kolf.
Hy is op soek na n Extreme of Africa PH maar sal na n Trail ook kyk.
Jammer vir die hi-jack.
Groete uit Windhoek

Jag bly baas.
Groete uit Windhoek
Groete uit Windhoek