30 cal Koëlgewig oorweging???
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8011
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
30 cal Koëlgewig oorweging???
Na die jaar se jag wonder ek so bietjie oor watse koël gewig die beste is vir my 30-06. Skote met die geweer en teleskoop kombinasie beperk ek tot onder 300m.
Vir die argument kan ons aanneem dat al die koeels Nosler Accubonds is, sommer net omdat hulle in al die gewigte beskikbaar is. Mens kon seker daarteen die Spoor opsies ook oorweeg aangesien hulle ook in al die gewigte beskikbaar is. Monometaal opsies word nie uitgesluit nie maar al skiet mens hulle vinniger is die BC gewoonlik slegter so dalk iets om te oorweeg.
150gr - 2950fps
165gr - 2815fps
180gr - 2700fps
200gr - 2555fps
Tot nou het ek 165gr monometaal geskiet want dit voel vir my soos 'n goeie compromise, veral as ek van die groter bokke moes teiken.
Wat sê julle?

- Rudi Fischer
- Hero Member

- Posts: 1869
- Joined: Mon Dec 09, 2013 4:54 pm
Re: 30 cal Koëlgewig oorweging???
Ek is n groot voorstander van n 180gr uit n 30-06 uit.
Tot en met 300m sal ek alles aan durf met daai kombinasie
Tot en met 300m sal ek alles aan durf met daai kombinasie
Loop baie saggies en dra n groot geweer !!!
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13583
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: 30 cal Koëlgewig oorweging???
Ek skiet tans Rudie se 180s teen 2780fps uit my 06 uit.
Ek het hom tans so lig moontlik op gestel met n Leupold 4.5-14 op meer vir berg/stap jag en glo nie ek sal verder as 200m skiet nie maar as ek tyd gehad het om bq te dink in die veld sal ek nie vreeslik gepla wees om tot op 300m met hom te skiet nie. Ek het al 150gr TTSXe en 165gr GMXe ook in hom probeer en daar was nie tot op 300m enige noeminswaardige drop verskil vir my wat ek sou se die 165gr gaan beter wees vir jag in daai opset nie, op daai afstand het jy darem gewoonlik tyd om n range finder ook uit te haal.
180gr (cup core koel of noem dit nou maar bonded solid shank koels) in n 30.06 net soos n 200gr in n WM het net n bq iets eksta aan hom as hy n bok tref, soos Rudie da bo noem sal ek alles in Afrika wat ek kan bekostig met daai combo aan vat maar ek het al baie bokke met hom en 165gr Monos ook geksiet. Persoonlik is ek maar net n man wat van n koel hou wat lekker mushroom en onder die oorkantste vel vas sit

A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
-
Toxxyc
- Hero Member

- Posts: 1378
- Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am
Re: 30 cal Koëlgewig oorweging???
Ek skiet 'n Federal Fusion 180gr teen 2730FPS uit myne. Ek dink die 180gr is die perfekte gewig vir die .30-06. Ek stem met Rudi, daar is niks wat ek nie tot op 300m met hom sal jag nie.
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2155
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: 30 cal Koëlgewig oorweging???
Arnold, as jou 165gr monometaal tot dusver goed gewerk het hoekom dink jy daaraan om te verander? Persoonlik steur ek my nie aan hoër BC vir jag tot op 300m nie. Ons oefen gereeld op 8-duim ghongs tot op 300m uit veldposisies en dis maklik om hulle raak te skiet met 180gr-koeëls teen 2550vps. Die wind waai soms ook direk oos of wes op ons skietbaan en die stadiger koeëls doen steeds baie goed.
Mooi loop
Mooi loop
- heywillie
- Hero Member

- Posts: 1214
- Joined: Sun Apr 21, 2013 8:03 pm
Re: 30 cal Koëlgewig oorweging???
Ek is heel gelukkig met 167gr mono punte teen 2800fps in my 30-06.
My swaer het toevalling dieselfde geweer en skiet ook die kombinasie met groot sukses.
My swaer het toevalling dieselfde geweer en skiet ook die kombinasie met groot sukses.
30-06 Sako Finnbear
.22LR Mauser Oberndorf
Glock 19 Gen 4
6.5x55 Howa
375 Ruger Howa
38S&W
.22LR Remington Scoremaster
.22LR Mauser Oberndorf
Glock 19 Gen 4
6.5x55 Howa
375 Ruger Howa
38S&W
.22LR Remington Scoremaster
-
Klein Chris
- Hero Member

- Posts: 613
- Joined: Wed May 21, 2014 1:47 pm
Re: 30 cal Koëlgewig oorweging???
Verkies 180gr vir die 30-06
Heel toevallig draf die 180 greiners rondom 2500 voete
Gewone lood kern koeëls ie ProAmm werk heel goed in die jag veld met die spoed
Heel toevallig draf die 180 greiners rondom 2500 voete
Gewone lood kern koeëls ie ProAmm werk heel goed in die jag veld met die spoed
Skiet bly maar lekker
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8011
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: 30 cal Koëlgewig oorweging???
Ek skiet nou vir seker die afgelope 6 jaar 165gr ballistix Huntac koeels teen so 2800fps uit my 30-06. Die wonder is maar so bietjie gatjeuk agv twee redes.Koos Barnard wrote: Wed Aug 05, 2026 5:27 pm Arnold, as jou 165gr monometaal tot dusver goed gewerk het hoekom dink jy daaraan om te verander? Persoonlik steur ek my nie aan hoër BC vir jag tot op 300m nie. Ons oefen gereeld op 8-duim ghongs tot op 300m uit veldposisies en dis maklik om hulle raak te skiet met 180gr-koeëls teen 2550vps. Die wind waai soms ook direk oos of wes op ons skietbaan en die stadiger koeëls doen steeds baie goed.
Mooi loop
Nommer 1 my kinders jag saam en ek voel dat die loodkern koeels net so bietjie meer skade maak wat sou help met marginale skote (dit geld natuurlik vir my ook). Dan is ek ook nie heeltemal gelukkig met hoe die koeels maak as ek kopskote skiet nie (ek weet hulle is nie die regte keuse hiervoor nie maar soms is daar 'n geleentheid). Hulle skiet wel dood maar ek soek iets met 'n effe groter wondkanaal.
Die 180gr, soos baie van julle noem, gaan seker die beste opsie wees aangesien ek nou net 'n 6.5mm gekry het wat daai 143gr Norma Bondstrike baie lekker skiet.
-
Toxxyc
- Hero Member

- Posts: 1378
- Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am
Re: 30 cal Koëlgewig oorweging???
Ek moet noem ek skiet 'n 180gr Federal Fusion uit my 30-06 teen 2730FPS. Ek het al baie mooi wondkanale gekry met hulle, insluitend 'n rooibok reg van agter, koeël het net regs van die anus die boud getrek, die bekken gebreek, boontoe gedraai, die ruggraat afgeskiet en toe weer ondertoe gedraai, en het gestop onder die vel op die bors aan die linkerkant van die kuiltjie. Perfek gemushroom en baie mooi gewig behou. Skoot was op so amper 300m.
Die Fusion is 'n "sagte" bonded koeël, so hy is nie heeltemal so hard soos iets soos 'n Rhino byvoorbeeld nie. Ek het gedink kopskote sal hom goed doen. Ek het 'n groterige vlakvarkbeer in die kop geskiet so maand of 2 terug, en die koeël het deurgefluit soos 'n FMJ. Ek moes ingang en uitgang soek, want dit was skaars sigbaar. Hy het niks oopgemaak nie en daar was net 'n .30-cal wondkanaal. Ek het baie meer skade verwag en nogals gedink die kop gaan bars want die skoot was naby, nie eers 30m nie, maar niks.

ZKK
- Hero Member

- Posts: 625
- Joined: Mon Aug 20, 2012 5:42 pm
Re: 30 cal Koëlgewig oorweging???
Ek het al gesoek maar sukkel om die fusions in die hande te kry?
- avo
- Jr. Member

- Posts: 79
- Joined: Wed May 03, 2017 3:52 pm
Re: 30 cal Koëlgewig oorweging???
ek skiet seker laaste 5jr slegs 165 Krieke en nog geen bok het gekla oor wond kanaal nie. Hulle doen wat hy moet doen . spoed is +- 2890fps.
Jy praat van marginale skote, my 5 c, juis iets soos n kriek, al tref jy enige been sal hy hom breek en gewig behou en nog verder aanbeweeg.
So jy hoef nie vir n plankdwars skoot te wag.
Pens skoot gaan geen fabrikaat help nie .
Dalk nie jou beste opsie op kopskote teenoor n tipe varmint sagte koel nie, maar as jy reg skiet sal hy bakkie ry.
Ek het fusions op 6.5x55 geskiet en ook ondervind dat n hele paar deur 'pencil' op kopskote .

- Eduard Venter
- Hero Member

- Posts: 1490
- Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm
Re: 30 cal Koëlgewig oorweging???
My antwoord gaan nou vervelig wees maar gebruik die een wat akkuraat skiet in jou geweer en beskikbaar is. Alles het sy voor en nadele maar amper alles werk in n 06 in normale jag omstandighede. Ek was eendag skepties toe my kliënt sy 300 met PPU sagtepunte wou gebruik op kameelperd. Ek moes my woorde sluk daai dag.
Sent from my SM-G780F using Tapatalk
Sent from my SM-G780F using Tapatalk
-
Toxxyc
- Hero Member

- Posts: 1378
- Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am
Re: 30 cal Koëlgewig oorweging???
https://zimbi.co.za/product/federal-bul ... -180gr-50/ZKK wrote: Fri Aug 07, 2026 9:56 am Ek het al gesoek maar sukkel om die fusions in die hande te kry?
Ek moet ook noem ek het 'n klomp gekoop toe dit op special was, so ek glimlag al die pad want myne was R500 vir 50 gewees. Ek het nie juis verder gesoek of gespeel as die Fusions nie, want ek het erg gesukkel met my geweer toe ek hom net gekry het. Ek het redelik moeite gedoen en 'n goeie kolf gekry, hom laat bed, 'n beter sneller ingesit (want fabrieksneller was baie grof), knaldemper opgesit, alles netjies laat doen maar hy wou eenvoudig nie toemaak nie, met verskeie kruite, ladings, koeëls, temperatuur, ens. Ek het selfs die ammunisie in my baadjiesakke begin stoor om te kyk of temperatuur nie 'n verskil maak nie (sodat almal liggaamstemp is as ek hulle skiet). Niks.
Ek het toe maar 'n paar bokse fabrieksammo gaan koop want almal het gesê dis die volgende stap.
So gemaak en dit het nie veel beter gegaan nie. Ek het 4 boksies gekoop en die Federal Fusions het die beste geskiet. Nie mooi nie, maar die beste van die lot (so 2" groep op 100m). Die groepe was ook herhaalbaar en betroubaar so ek het my daarby berus (goed genoeg vir bosveldjag).
Toe soek ek pryse op die ammo en sien die koeëls is los beskikbaar. Ek koop toe 'n boksie, laai so paar ladings en selfs die eerste groepe was beter as met die fabrieksammo (3 skote in 28mm op 100m). Toe begin ek met die TPL speel en toe die 3-skoot groep toemaak na 11mm toe het ek net opgehou speel en dit as my lading gekies. Ek het teruggery na die gunshop toe en 'n paar bokse van daardie koeëls gaan koop en nou kan ek jag vir baie jare sonder om te bekommer oor ladings en goete.
-
jooste
- Full Member

- Posts: 167
- Joined: Wed May 08, 2013 3:20 pm
Re: 30 cal Koëlgewig oorweging???
Goeie more.
My 2c is dat 180gr maar die beste presteer in 30-06. (My ondervinding)
Ook het ek gevind dat 150gr Barnes TTSX net so goed presteer as 180gr. Ek verkies hulle omrede wond kanaal netjies is en gewig retensie ongeveer 98% en meer is en hulle mushroom baie mooi.
Konklusie, Barnes TTSX is my eerste keuse. Net nie altyd beskikbaar nie.
Jagters groete.

Nico Jooste
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8011
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: 30 cal Koëlgewig oorweging???
Baie dankie julle! Die 180gr maak vir my baie sin en ek dink ek moet oorskuif hierna vir jag.
Ek sal bietjie moet gaan kyk maar dink ek het destyds baie suksesvol die 178gr ELDM met S365 uit hom geskiet na 'n paar gonge
Ek sal bietjie moet gaan kyk maar dink ek het destyds baie suksesvol die 178gr ELDM met S365 uit hom geskiet na 'n paar gonge
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8011
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: 30 cal Koëlgewig oorweging???
Ek moet bieg, ek het die plasing ook gemaak om sommer bietjie gesels te hoor soos asof mens by die vuur staan met 'n bier in die hand. Met 'n 6.5 PRC wat ek moet uitsort kan ek sekerlik ligter koeëls lekker vinnig uit hom skiet 
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8011
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: 30 cal Koëlgewig oorweging???
Ek wag nog net vir Wouter se voorstel om die geweer te Ackley.
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13583
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: 30 cal Koëlgewig oorweging???
Ackley met n TTSX
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8011
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: 30 cal Koëlgewig oorweging???
Interessant dat niemand die 200gr noem nie.
Ek het op 'n stadium Sierra 200gr HPBT koeëls baie suksesvol geskiet op gonge. Ek het selfs nog 'n klompie in die kas asook 200gr Gamekings. Ek sal moet gaan kyk wat my spoed was en dalk 'n paar gamekings laai. Hulle behoort nie te swak te doen teen die relatief lae spoed wat ek hulle uit my 20" loop kan skiet nie?
Het sommer vinnig hier op Jaracal gesoek. Ek skiet die 200gr teen 2600fps uit my 20" 30-06
Ek het op 'n stadium Sierra 200gr HPBT koeëls baie suksesvol geskiet op gonge. Ek het selfs nog 'n klompie in die kas asook 200gr Gamekings. Ek sal moet gaan kyk wat my spoed was en dalk 'n paar gamekings laai. Hulle behoort nie te swak te doen teen die relatief lae spoed wat ek hulle uit my 20" loop kan skiet nie?
Het sommer vinnig hier op Jaracal gesoek. Ek skiet die 200gr teen 2600fps uit my 20" 30-06
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13583
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: 30 cal Koëlgewig oorweging???
Ek het naby n 1000 215gr Hybrids deur my 30.06 geskiet net so oor die 2650fps, het heel oulik gewerk en ek het n paar groot bokke met hulle gesket maar was meer vir speel as jag. Vir jag is Rudie se 180s meer as genoeg vir my maar as jy n klompie 200s het sal hul baie lekker jag teen 2600fps
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7559
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: 30 cal Koëlgewig oorweging???
Arnold
Ek kan nie verstaan dat jy die 30-06 nog nie ge-Ackley het nie! n Top denker soos jy wat so rondploeter gaan my verstand te bowe!
Mater kooelgewig speel nie naastenby so n groot rol as wat dit gespeel het in die verlede nie. Met jag kies n koeelkonstruksie wat jou die verlangde terminale prestasie gaan gee en daarna kies jy die gewig in daai reeks wat jou die beste tajek gaan gee vir daai behoefte. Easy peasy lemon sqeezy!
Cheers
Wout
Ek kan nie verstaan dat jy die 30-06 nog nie ge-Ackley het nie! n Top denker soos jy wat so rondploeter gaan my verstand te bowe!
Mater kooelgewig speel nie naastenby so n groot rol as wat dit gespeel het in die verlede nie. Met jag kies n koeelkonstruksie wat jou die verlangde terminale prestasie gaan gee en daarna kies jy die gewig in daai reeks wat jou die beste tajek gaan gee vir daai behoefte. Easy peasy lemon sqeezy!
Cheers
Wout
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8011
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: 30 cal Koëlgewig oorweging???
Ou maat, hierdie klink baie vervelig. Vertel bietjie wat jy in daai 30-06 Ackley van jou skietWouter Roets wrote: Wed Aug 12, 2026 11:58 am Arnold
Ek kan nie verstaan dat jy die 30-06 nog nie ge-Ackley het nie! n Top denker soos jy wat so rondploeter gaan my verstand te bowe!![]()
Mater kooelgewig speel nie naastenby so n groot rol as wat dit gespeel het in die verlede nie. Met jag kies n koeelkonstruksie wat jou die verlangde terminale prestasie gaan gee en daarna kies jy die gewig in daai reeks wat jou die beste tajek gaan gee vir daai behoefte. Easy peasy lemon sqeezy!
Cheers
Wout
-
Toxxyc
- Hero Member

- Posts: 1378
- Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am
Re: 30 cal Koëlgewig oorweging???
Seker 'n 220gr teen so 2,900 voete.Arnold wrote: Wed Aug 12, 2026 1:15 pm Ou maat, hierdie klink baie vervelig. Vertel bietjie wat jy in daai 30-06 Ackley van jou skiet![]()
- TFDADD
- Hero Member

- Posts: 1266
- Joined: Mon Nov 14, 2016 8:42 am
Re: 30 cal Koëlgewig oorweging???
Ek stem saam met wat Wouter hier sê:
Vir die res is dit belangrik om die ideale lengte koeël te kies wat by jou geweerloop se spiraal/(twist) pas ... ... Dít om 'n koeël te kry wat stabiel in vlug is en ook tydens penetrasie in wild wat gejag word.Mater kooelgewig speel nie naastenby so n groot rol as wat dit gespeel het in die verlede nie. Met jag kies n koeelkonstruksie wat jou die verlangde terminale prestasie gaan gee ... ...
Sodra jy die korrekte koeël lengte het, sal die gewig van die koeël wat jy gaan gebruik afhang van die koeël se konstruksie, naamlik loodkern of monometaal koeël.To maximize a bullet's stability for a specific rifle barrel, you calculate its Gyroscopic Stability Factor (\(S_{g}\)) using the Miller Twist Rule.
The target stability factor should be 1.5 for optimal aerodynamic performance. Input your barrel's twist rate, muzzle velocity, and bullet dimensions into the Berger Twist Rate Calculator to find the ideal length bullet.
Key Factors in the Stability Equation -
Bullet Length (L): Measured in inches from base to tip (including polymer tips). Length dictates stability far more than total weight.
Bore Diameter (D): True caliber diameter of the rifle barrel in inches (e.g., .308 for .30 caliber).
Twist Rate (T): The distance in inches required for the rifling to complete one full 360-degree rotation.
Muzzle Velocity (v): Speed of the projectile leaving the barrel in feet per second (fps). Higher velocity increases the spin rate and stability.
Atmospherics: Air temperature and altitude change air density, which alters the required stability threshold at long ranges.
Interpreting Stability Factor (\(S_{g}\)) Values\
(S_g < 1.0): Unstable; the bullet will tumble or keyhole.\
(S_g = 1.0 to 1.3): Marginally stable; accuracy may suffer, especially in cold weather or lower altitudes.\
(S_g = 1.5): Optimal; achieves full ballistic coefficient potential and stability through supersonic and transonic ranges.\
(S_g > 2.0): Highly stable (though extreme over-stabilization can magnify minor bullet unbalance, slightly hurting extreme-range precision).
"Facts are stubborn things; and whatever may be our wishes, our inclinations, or the dictates of our passion,
they cannot alter the state of facts and evidence. ~ John Adams.
We are honest, trustworthy and reliable.
they cannot alter the state of facts and evidence. ~ John Adams.
We are honest, trustworthy and reliable.
- Nico de Jager
- Hero Member

- Posts: 671
- Joined: Fri Mar 26, 2010 6:12 pm
Re: 30 cal Koëlgewig oorweging???
Ek het my 30-06 gekry toe ek 14 jaar oud was en tot vandag my "go to" geweer.
Vir baie jare het ek veskeie 180gr loodkernkoeëls geskiet met groot sukses.
So 10 jaar gelede het ek 150gr Barnes TTSX koeëls probeer en tot vandag gebruik ek hulle met groot sukses op alles wat ek wil eet...
Die interessante is, vir enige iets anders, gebruik ek Sierra Gameking 180gr. Die POI is vir alle praktiese doeleindes presies dieselfde.
Die Gameking val 3cm meer op 300.