vertrou dit gaan goed met julle vandag.
ek het die naweek my eerste rondtes met my eerste geweer gaan skiet en kom vra raad en bevetiging op ladings
Geweer: Tikka T3 Lite 30-06
Loop Lengte: 568mm/22.4 duim
Dop: Sellier & Bellot
Dop Volume: 70.2gr average oor 20 doppe
Dop lengte: 63.25mm
TPL 84.44mm
Primers: CCI 200
Poeier: VV N550
Punte: Nosler BT Hunting 165gr
ladings wat geskiet was om spoed te kry, 3 skote per lading spoed gemeet met Athlon Rangecraft
51gr: 2684.3fps
52gr: 2736.4fps
53gr: 2802.4fps
kan iemand my raad gee of ek naby 'n node is en voorstelle maak wat ek kan verander indien ek enige iets moet verander vir dai mooi groepe. (ek weet dis jag geweer en ek soek nie 1/4 MOA groepe nie)
wil net bevestiging kry of ek op die regte pad is, en ek het baie skiet om in te haal in my lewe omdat ek nou eers begin
hier is fotos van die teikens en doppe/primers














