Hoekom skiet my geweer swak met skerppunt koeëls?

User avatar
Giepie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1543
Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm

Hoekom skiet my geweer swak met skerppunt koeëls?

Post by Giepie »

Ek het so 2 jaar terug vir my 'n Howa 30-06 gekoop met die ideë om net 1 geweer te gebruik vir jag. Vriende van my het 30-06'e wat enige koeël akkuraat, ook oor langer afstande, skiet.

Ek het verskeie skerppunt koeëls al probeer, van Barnes TTSX, Hornady GMX en CX, Ballistix, Sierra, en ook Peregrine VLR, maar ek kry net nie goeie groeperings nie, beste was so 2" op 100m. Skiet ek Peregrine se Bosvelder/VRG, dan kry ek sonder moeite 1/2" groepe op 100m. Ek wil nou begin eksperimenteer om verskillende TPL's te gebruik, van ver van die lande af tot omtrent in die tande.

Het iemand anders ook al so iet ervaar? Ek kry geleenthede om te gaan jag, maar naaste wat mens aan die bokke kom is dikwels 350m.
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13583
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Hoekom skiet my geweer swak met skerppunt koeëls?

Post by Capt. Yoda »

Die Barnes en Hornady GMXe wat ek geskiet het wou ver jump, Sierras in my gewere skiet basies enige manier wat jy hulle laai.
Hoe het jy die TPL wat jy laai bepaal? Max magasyn lengte?
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 1378
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am

Re: Hoekom skiet my geweer swak met skerppunt koeëls?

Post by Toxxyc »

As jy nog nie met die jump gespeel het nie, kan jy nie juis sê dat hulle nie wil groep nie. My .30-06 is BAIE lief vir 'n spesifieke jump. 3 skote wat raak as die jump 2mm is. Sodra ek die jump verleng na 7mm of 8mm toe (soos die factory loads met dieselfde koeëls, dit pas maklik in die dop), dan skiet hy skielik ~30mm en groter groepe met alles anders dieselfde.
User avatar
Giepie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1543
Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm

Re: Hoekom skiet my geweer swak met skerppunt koeëls?

Post by Giepie »

Baie dankie. Ek kan gemaklik tot 86mm in die magasyn pas. Ek het al 84, 84,5 en 85mm probeer, sover nog nie reg gekom nie. Die maks TPL tot by die lande is 85,32mm. Ek beplan om te kyk van 82mm tot 85,3mm. Ek wil dit ook nou nie tot binne in die lande druk nie.

Ek het gaan kyk na die plat punt koeëls wat mooi groep. Dit lyk of dit 0,31mm van die lande is. Sal verder gaan "speel" met die lengtes.
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2157
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

Re: Hoekom skiet my geweer swak met skerppunt koeëls?

Post by Ds J »

Kyk ook na die lengte van die koeëls - koeëls met identiese gewig, maar van verskillende maatskappye kan verskillende lengtes hê. Jou ou koeël meet dalk 22.7mm, en al die ander is 24.9mm of 20.2mm - daardie millimeters maak dalk die verskil.

Jy noem Peregrine - dit is monolitiese koeëls wat gewoonlik (baie) langer is as standaard lood-koper-koeël met dieselfde gewig.
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: Hoekom skiet my geweer swak met skerppunt koeëls?

Post by Cobus(Cobb) »

Wat is jou loop twist??

Die "platpunt" koeels soos jy dit noem, is hulle boattails of plat agter, of is dit n merry mixup??

Cheers
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
User avatar
Giepie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1543
Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm

Re: Hoekom skiet my geweer swak met skerppunt koeëls?

Post by Giepie »

Die koeëls wat mooi groepeer is Peregrine se VRG's, Volgens die "stability calculator" sal die 171gr VLR's volledig stabiliseer. Ek het al daardie roetes gevolg. Soos ek aan die begin genoem het, sukkel ek al die spitspunte wat ek al probeer het. Die beste wat gekry het was Barnes 150gr TTSX fabrieks ammo. Ek dink ook, soos Toxxyx, dat die jump die probleem is. Ek gaan daaraan aandag gee. As dit nie werk nie, bly ek maar net met die VRG's en oefen met dit tot op 300m. Ek kry 0,5MOA met dit, wat vir my voldoende is.
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13583
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Hoekom skiet my geweer swak met skerppunt koeëls?

Post by Capt. Yoda »

Daai Howa het n 1/10 twist, hy sal alles stabiliseer wat jy in hom kan skiet
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1875
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm

Re: Hoekom skiet my geweer swak met skerppunt koeëls?

Post by Alwin »

Meeste gewere is maar kieskeurig oor koeëls en natuurlik ladings.

Ek het al snaakse ervarings gehad soos:

2 gewere, selfde kaliber en "twist", geweer A skiet klawers met 'n spesifieke koeël (1), 'n ander ene (2) doen 6" op 100m. Geweer B skiet weer klawers met 'n koeël 2, wat geweer A weer uitsprei soos 'n haelgeweer. Geen logiese of wiskundige verklaring nie. Hulle is net kieskeurig.

'n Volgende geweer wil nie groep met 'n teoreties goed uitgewerkte lading nie. Verander die kruit na iets heeltemal anders, toe krimp die groepe dramaties.

Ek vind ook dat sekere gewere (of lope) glad nie van monolitiese koeëls hou nie. Kan nie bepaal wat die oorsaak is nie, maar hulle weier eenvoudig. Met gemantelde loodkern koeëls werk hulle mooi. En nee, dis nie lae giroskopiese stabiliteit nie, ek neem dit in ag.

So van giroskopiese stabiliteit gepraat, ek probeer altyd om 'n Sg van 1,5 of meer te handhaaf. 'n Spesifieke geweer en lading gee 'n Sg van 1,3 en skiet baaie mooi klein groepe, van naby tot ver. Hy het duidelik nog nie die boek gelees nie. Ek besef die lading mag dalk sukkel nader aan seevlak.
User avatar
jdpretorius
Hero Member
Hero Member
Posts: 2468
Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am

Re: Hoekom skiet my geweer swak met skerppunt koeëls?

Post by jdpretorius »

Giepie die Howa 30-06 wat ek eintlik vir my vrou gebou het ;) het n barrel tuner op wat gestel is vir 165gr Federal Fusions, oor ek nie entlik vir hom wou herlaai het nie... Lang storie kort, hy skiet 165gr Accubonds bitter mooi deur net met die TPL te speel en die barrel tuner is gelos waar hy is. Dit boonop met daai Federal doppe en n gewone Lee Collet Die stel.
338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
User avatar
Giepie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1543
Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm

Re: Hoekom skiet my geweer swak met skerppunt koeëls?

Post by Giepie »

So bietjie terugvoer, ek het Vrydag met verskillende TPL's gaan eksperimenteer. Dit lyk my die geweer wil hê dat ek dit amper tot in die tande druk. Op 84mm was dit nog so 2" moa, op 85mm was dit al 1moa. Ek gaan op daardie tpl begin speel. Ek kan tot maks TPL van 85,22mm laai, en die magasyn kan dit ook nog hanteer.
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7559
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Hoekom skiet my geweer swak met skerppunt koeëls?

Post by Wouter Roets »

Hallo Giepie

Ek weet nie met watse koeels jy nou mee werk nie maar wees net bewus dat hou nader jy na die lande toe beweeg jou druk eksponensieel kan styg veral met mono koeels. So die regte manier is eintlik as jy jou TPL naby of in die groewe wil toets om jou lading eers te verminder en dan op te werk na jou verlangde spoed. Om hierdie rede word TPL verstellings altyd afwaards aanbeveel.

Groetnis
Wouter
User avatar
Andrew Leigh
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 439
Joined: Sat Jun 30, 2012 4:29 am

Re: Hoekom skiet my geweer swak met skerppunt koeëls?

Post by Andrew Leigh »

So hoekom maak jump n verskil? Is dit suiwer die afstand van die lande wat groepe laat krimp? Wat is die rede daaragter?

Ek he heelwat werk gedoen op dit, toevallig op n .308. Toe ek lading ontwikkeling gedoen het, was QuickLoad my punt van verwysing. Na a wyle het ek agtergekom dat QL n interne ballisiese program is. QL bereking nie jou "jump" nie, wat dit wel bereking is, is hoe verder jy die koeel uitsit hoe minder word die interna druk.

Toe gaan ek baan toe met die selfde lading en dan veskillende "jumps" wat afgekom het van 2.00mm in 0.2mm stappe. Ek het oor n chrony geskiet. Wat ek wel uitgevind het was dat daar omtrent geen inertia effek op die koeel was tot en met 1.00mm van die lande. Die druk ek gelydelik verminder, soos QL voorpsel het. Maar hier by 1.00mm het dinge vinnig verander. Die grafiek wys die blou lyn as QL se berekininge and die rooi lyn die werklikheid soo teruggewerk in QL.

Image

So volgens my ridenasie, die distansie van die koeel na die lands is nie die faktoor wat the groepe laat krimp. Dit is wel "effect and cause". Wat in werklikheid gebeur is, dat die druk verander m.a.w jou OBT verander m.a.w. jou group. In my toestse was dit lineer tot 1.00mm en dan ekponensiele na 1.0mm. Met ander woorde n verandering van 0.20mm beteken iets anders weerskante van 1.00mm.

Voordat iemand vra of ek n "strain gauge" die antwoord is nee. Wat ek wel gedoen het was om die chrony spoed van al die data punte in QL te tik en gekyk het wat die oorstemende druk was en dit geplot.

Ek moet se ek het opgehou na die skote 0.20mm van die lande. Ek wou nie van die lande af skeit nie. So op die grafiek het ek die data punt vir op die lande die selfde as QL gemaak. Dit kon meer gewees het.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13583
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Hoekom skiet my geweer swak met skerppunt koeëls?

Post by Capt. Yoda »

Kom ek gooi julle nog ene, hoe nader jy aan die lands kom hoe smaller is jou nodes...

Seating depth of die efek van dit gaan basies oor die preasure golf/node as jy wil of anders gese die timing daar van. Deur met jou TPL te "speel" manipuleur jy wanner die koel nou op die optimale oonblik die loop verlaat. Kan dit duidelik op die tyken sien hoe jou groepe draai as jy op n node is en dan met jou tpl speel
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Andrew Leigh
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 439
Joined: Sat Jun 30, 2012 4:29 am

Re: Hoekom skiet my geweer swak met skerppunt koeëls?

Post by Andrew Leigh »

Met respek, verskil ek, of verstaan ek nie jou eerste punt nie. Hoe ver jy van die lande is, het niks te doen met die duur van die node.

Die node is n funksie van die staande golf van jou loop. Op detonasie beweeg die druk golf, loop op en af todat die koeel die loop verlaat. Dit is omtrent so 7 of 8 keer. Die nodes is die punt waar die loop se "muzzel" die minste van sy kaliber afwyk. Van die nodes is te vinning en van die nodes sal om en by jou gewenste koeel spoed.

Hier is die tiepiese duur van die druk golf, in hierdie geval, 8 keer is die golf op en af.

Image

Hier is net een van die 8 nodes. Dit is nie net een oomblik in tyd maar a tydsduur, alhowel baie vinning. In hierdie geval is dit node 5 end the OBT is 1.210ms

Image
User avatar
Andrew Leigh
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 439
Joined: Sat Jun 30, 2012 4:29 am

Re: Hoekom skiet my geweer swak met skerppunt koeëls?

Post by Andrew Leigh »

The precursor to OBT was a system called OCW (Optimal Charge Weight). This was developed by Dan Newberry in an attempt to get to good loads quickly. Simply put you would load up a batch of rounds, say 24, every three rounds would have a larger charge i.e 3 x 40.0gr, 3 x 40.3gr. 3 x 40.6gr. etc. These would then be shot, in a round robin fashion on a target having 8 bulls. 1 40.0gr. on target 1, 1 x 40.3gr. on target 2 etc. Time was given for the barrel to cool down to avoid barrel walk. When done you would have 8 completed targets at 0.30gr. intervals.

The groups will open and close, the three best groups are found, and the middle group is deemed to be the best load. This was an expensive exercise.

Dan, a friend of Chris Long (founder of the OBT method) were talking one day and were trying to figure out why groups opened and closed and why one group was better than the other. Chris, not a stranger to mathematics did some calcs, put gauges on the barrel and muzzle and did a bunch of experimenting. They established that the bullets accuracy differed based on the size of the muzzle and that the optimum repeatability was when the muzzle was at caliber size. i.e. no change.

They then realised that this was repeatable at different speeds, as long as the bullet exited the barrel when there was zero deflection. That is why one can get two or three nodes for any given barrel.

And that is how the OBT (Optimal Barrel Time) theory was developed. I was fortunate enough to be in contact with Chris Long for a period of time and he was most helpful in assisting me in my understanding of OBT. The graphs posted above were given to by Chris.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13583
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Hoekom skiet my geweer swak met skerppunt koeëls?

Post by Capt. Yoda »

Dalk verstaan ek ook nie alles wat jy skryf of aan haal nie maar as ek verstaan se jy n node is n vaste "gebeurtenis" wat mens nie kan manipuleer nie?

Kom ek noem dit dan so, die TPL of hoe ver die koel van die lands af is bepaal die "druk" golf, hoe nader jy aan die lands kom hoe skerper word die golf (die rede laat nodes smalles nader aan die lands iswant die golf is skerper). Sodra die primer die kruit aan die brand steek en die koel die lands beryk is daar n skerp spike in druk, daai spike in druk stop nie by die lands nie dit dit beweeg deur die loop, dit gaan heel moontlik op en af in die loop n paar keer voor die koel die loop verlaat, ek weet nie.

Nou as daai golf/node of wat ookal mense dit wil noem op en af in die loop beweeg en jy klein vernderinge aan dit kan maak kan jy jou groepe verbeter. Die verstelling van TPL is daai klein veranderinge want deur jou koel verder of nader aan die lands te skuif manipuleer jy die initial spike in preasure en so doende dan hoe doe "golf" lyk wat deur jou loop beweeg.

Is basies ook hoe n tuner werk net van die ander kant om
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
TFDADD
Hero Member
Hero Member
Posts: 1266
Joined: Mon Nov 14, 2016 8:42 am

Re: Hoekom skiet my geweer swak met skerppunt koeëls?

Post by TFDADD »

Ek stem saam met Capt. Yoda as hy sê:
Sodra die primer die kruit aan die brand steek en die koel die lands beryk is daar n skerp spike in druk, daai spike in druk stop nie by die lands nie dit dit beweeg deur die loop, dit gaan heel moontlik op en af in die loop n paar keer voor die koel die loop verlaat, ek weet nie.
Dit is hierdie skerp styging in druk wat die geweer se loop laat ossileer/(oscillate) deur die loop tot by die tromp van die loop.
Die verstelling van TPL is daai klein veranderinge want deur jou koel verder of nader aan die lands te skuif manipuleer jy die initial spike in preasure ... ...
om sodoende die koeël elke keer op dieselfde ossilasie posisie van die loop, die geweer se loop te verlaat en dus die groepering te verklein of vergroot deur die TPL (Totale Patroon Lengte) korter of langer te verstel.

Hierdie metode - TPL verstelling - is hoogs suksesvol bewys met 'n monometaal reeks koeëls wat in lading ontwikkeling gebruik is.
"Facts are stubborn things; and whatever may be our wishes, our inclinations, or the dictates of our passion,
they cannot alter the state of facts and evidence. ~ John Adams.

We are honest, trustworthy and reliable.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13583
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Hoekom skiet my geweer swak met skerppunt koeëls?

Post by Capt. Yoda »

So iets, 2 fotos is obviously net verkeerd om
Node spoed en dan TPL korter maak 20thou op n slag
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Andrew Leigh
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 439
Joined: Sat Jun 30, 2012 4:29 am

Re: Hoekom skiet my geweer swak met skerppunt koeëls?

Post by Andrew Leigh »

Die staande golf is n funksie van die loop lengte en nie die druk. Daar is nie genoegsaam koppeling tussen die loop en die aksie, dit is net die loop. Jy kan teen 50k psi of 70k psi skiet maar the golf lengte bly die selfde. Wat wel verander is die amplitude. So die loop sit uit bietje meer, maar die doel bly om die koel teen kaliber die tromp te verlaat.

Die druk verander wel as die koeel nader aan die lande kom, soos ek in my grafiek gewys het.

Ons weet dat jump n verskil maak, maar is dit die afstand van die lande of die druk wat saak maak. Vat n ronde 0.60mm van die lande af teen 54k psi, nou laai die selfde patroon 0.60mm end teen 52k psi. Jy gaan nie die selfde resultaat kry, want minder druk gaan die kooel stadiger laat maak en jy gaan van die node af wees. m.a.w my ridenasie is dan dat die jump se effek is nie meganies nie maar die megansie verandering verander die druk.

Vat nou dieselde ronde, laai hom 1.00mm van die lande maar teen 54k psi en ek se jy sal die selfde resultaat kry as die0 o.60mm teen 54k psi.

My .375 het n lang leade, met n 300gr. koeel op die langste TPL is ek maar 6.5mm van die lands. So hoe gaan ek nou akkuraat kan laai want ek is nie naby aan die lands nie. Hier is n sub-kaliber group 7.1mm op 100m .... 6.5mm van die lands.

Image

@Capt. Yoda. Hoe ver van die lands was die eerste group?

Ek sukkel om my mooi uitesepreek in Afrikaans, wees geduldig.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13583
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Hoekom skiet my geweer swak met skerppunt koeëls?

Post by Capt. Yoda »

Eerste was 20thou weg en 2des wat kleiner skiet 25thou weg. Hy skiet dan so mooi tot ek verby 35thou gaan dan maak hy weer oop soos op 20thou.

Ek stem saam daar gebeur meer as een ding, die beter gunsmiths in die werled eksperimenteur altyd met lead angles van reamer want baie van hulle glo hoe die koel die lands "engage" het ook n groot impak en nie net op die koel nie maar ook op daai golf. Natuurlik sien mens ook verskillie in secant ogive vs tangent ogives en dan kom mens nog by ignition en "pin fall" maar daai goed is nog bq hoergraad vir my om heeltemal my opinie oor te gee.

Ek het onlangs vinnig met n top US gunsmith gepraat wat gese het hulle gaan nou so ver met LR BR gewere om n aksie te "time" om net met een soort primer te werk...die primer begin natuurlik daai golf of eintlik begin dit sodra die sneller gedruk word
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 1378
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am

Re: Hoekom skiet my geweer swak met skerppunt koeëls?

Post by Toxxyc »

I'll type in Engrish for Andrew. Sir, I also believe the distance to the lands to make a difference in the oscillation. Remember a bullet firing has two pressure spikes in the cartridge. The initial spike when the primer ignites and the powder starts burning. This spike drops a little when the bullet starts moving, as there's suddenly more volume for the gases in the case to go to. This drop stops when the bullet hits the lands, and then pressure builds again as the bullet is forced into the grooves.

I don't believe that all rifles will shoot better in the lands, but I do believe that the distance and timing of that pressure drop will affect the barrel oscillation. It just makes sense. There's a "bump" when the bullet leaves the case (and also some recoil, newton's laws and all that), and another bump when it hits the lands (and then also a reverse recoil, if you want to be so technical about it). So the rifle moves back, then forward, while the barrel whips around like a wet noodle, before the bullet travels down the barrel to exit at the optimal time.

To me, it makes sense you can tune your "wet noodle whipping" by adjusting those pressure spikes and drops during powder ignition.
User avatar
Andrew Leigh
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 439
Joined: Sat Jun 30, 2012 4:29 am

Re: Hoekom skiet my geweer swak met skerppunt koeëls?

Post by Andrew Leigh »

There are too many inconsistencies. The Bench and F class guys shoot off the lands, what happened to their spike as the bullet crosses the jump?

The problem for me is that hunters have borrowed from the bench guys, techniques and practices, adopted for custom barrels with custom chambers, leade angles tuned to bullet ogives.

Where are the mechnical engineers? The proximity to the lands only affects the amplitude of the wave and not the wavelength. You fundamentally feel little recoil on ignition, recoil does start here, however most recoil is felt after the bullet leaves the barrel.

I am not trying to convince anyone of my beliefs, just stating them based on testing and close observation. And the observations of the guy that put the whole OBT theory together.
Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 1378
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am

Re: Hoekom skiet my geweer swak met skerppunt koeëls?

Post by Toxxyc »

If the distance to the lands are further, the bullet travel time increases. As such, it cannot be just the amplitude of the wave that changes, the wave length has to change with it, no?
User avatar
Giepie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1543
Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm

Re: Hoekom skiet my geweer swak met skerppunt koeëls?

Post by Giepie »

Nooit gedink my probleem gaan soveel tegniese beredenering veroorsaak nie, maar ek gee glad nie om nie. ;D Al verstaan ek nie alles nie, sien ek nou dat daardie klein verskille "groot" veranderinge kan bring.

Nou begin ek wonder oor my 270W. Die jump is deesdae 6,5mm, die loop is al so uitgeskiet. Dit is al 'n slag "korter" gemaak en die kamer oor gesny. Ek kry redelike groepe, maar nie goed genoeg vir my nie. SAl dalk begin werk om die loop te vervang. Ek soek ook br standaard in my jaggeweer. :): ;D

Daar is ongelukkig ander faktore waaroor ek nie beheer het nie. Ek kry die ideë dat selfs van die top gehalte koeëls se profiel nie 100% identies is nie. Ek sou graag dat my seater die koeëls op die plek druk van waar dit die regte "kaliber" is, maar dit druk op 'n nouer plek. Die tpl's verskil daarom. Ek begin deesdae tpl eerder meet met 'n komparator.
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
Post Reply