Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!
- Eduard Venter
- Hero Member

- Posts: 1486
- Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm
Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!
Ek dink die groenes poep verseker meer as ons vleisvreters met al hulle vruggies en slaaie
Sent from my SM-G780F using Tapatalk
Sent from my SM-G780F using Tapatalk
- Fanta300
- Hero Member

- Posts: 3626
- Joined: Wed Jan 23, 2013 9:38 pm
Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!
Lynx 300WM, Musgrave .308 Plank , BSA .303, Stevens .22, Howa .308, Musgrave .308, S&W.38 Sp, Beretta .22 Pistool, Shadow12Br Semi., BRNO 375 H&H. CZ 75 Compact, BRNO (Mod 2) .22, BRNO ZKK 270Win, CZ 243W.

O ja. Net ‘n laaste gedagte. Europese lande het biljoene rande aan SA geleen om te help met die probleem.
Waar gaan daai geld opeindig. Ek vra maar net.
Waar gaan daai geld opeindig. Ek vra maar net.
Lynx 300WM, Musgrave .308 Plank , BSA .303, Stevens .22, Howa .308, Musgrave .308, S&W.38 Sp, Beretta .22 Pistool, Shadow12Br Semi., BRNO 375 H&H. CZ 75 Compact, BRNO (Mod 2) .22, BRNO ZKK 270Win, CZ 243W.
- Ratel
- Hero Member

- Posts: 1879
- Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm
Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!
Maar natuurlik koop ons EV voertuie daarmee. Kyk net die honderde duisende EV karre op die pad.Fanta300 wrote: Wed May 27, 2026 8:40 pm O ja. Net ‘n laaste gedagte. Europese lande het biljoene rande aan SA geleen om te help met die probleem.
Waar gaan daai geld opeindig. Ek vra maar net.
Maak 'n verskil
-
toxicsox
- Sr. Member

- Posts: 356
- Joined: Thu May 19, 2016 9:30 am
Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!
Ja nee kyk, party mense wil net lees wat die Yanks sê is die waarheid, of hulle navorsing nou ge sponsor is deur Chevron of wie ook al... - Anyways, waar kry jou nou meer Amerikaans as NASA self wat miljoene satteliet foto's neem oor 'n lang tydperk en die modelle vergelyk?
Alles is fine, vooruitgang, nuwe energie, ou tegnologie maak nie saak nie, ons moet tog leef moet ons nie en vooruitgang is belangrik - solank dit net nie hier gebeur nie - maar wag net tot dat Breukskieting op die Karoo plaas waar ons jag plaasvind opsoek na skaliegas (metaan) en eweskielik word ons almal omgewingsdeskundiges. Ek kan nie 'n motor regmaak nie. Ek is nie 'n mechanic nie. Ek kan ook nie skoene maak nie , ek is nie 'n skoenmaker nie. Ek hou my maar by my lese.
Die NASA website het baie inligting - ek dwing niemand om daarna te kyk nie. DIt is ook nie 'n opinie of een navorser se werk nie.
Maar kyk een ding sê ek egter altyd vir my vrou - daar is twee goed wat mens nie moet charge nie - jou kar en jou horlosie
https://science.nasa.gov/climate-change/evidence/

- TFDADD
- Hero Member

- Posts: 1264
- Joined: Mon Nov 14, 2016 8:42 am
Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!
Met verwysing na die laaste twee paragrawe in bogemoemde koppeling -Post by Fanta300 » 27 May 2026 20:36
Hoe sê hulle ook: I rest my case.
https://www.businessday.co.za/opinion/2 ... all-short/
Hoop dit help vir die oorweldigende naarheid wat hier heers.The movie’s biggest blunder was to fail to make the case for smarter approaches. We need to prioritise innovation. Green tech research and development — to achieve better batteries/(Specifically for use in EV's), advanced nuclear, fusion — could slash costs to make clean energy cheaper than fossil fuels. Adaptation saves lives cheaply: sea walls, drought-resistant crops, early warnings. And development lifts billions out of poverty, building resilience.
Two decades on, "An Inconvenient Truth" reminds us that panic is a terrible policy adviser. Focusing on cost-effective soluotions - innovation, adaptation, developmant - will save trillions and do far more to help both people and the climate.
"Facts are stubborn things; and whatever may be our wishes, our inclinations, or the dictates of our passion,
they cannot alter the state of facts and evidence. ~ John Adams.
We are honest, trustworthy and reliable.
they cannot alter the state of facts and evidence. ~ John Adams.
We are honest, trustworthy and reliable.
- Ratel
- Hero Member

- Posts: 1879
- Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm
Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!
Ek is al so gatvol vir groen energie wat in ons kele afgedruk word. As 'n leek vra ek die volgende.
Wat is die regte waarheid oor wat dit kos (groen gewys nou nie geld gewys nie) om batterye en ev's ens wat voorgehou word as die beste ding na whisky te vervaardig en te onderhou. En nee moet asb nie 200 links stuur nie.
Dis maar net iets wat by my opkom elke keer wat mense so skuim om die mond vertel van al die wonderlike groen oplossings.
Intussen ry ek maar my diesel kar dankie.

- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13570
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!
Het julle al die Aliens gesien? Daar is blykbaar 4 soorte O ja en die ys smelt en die see styg en al die ouens wat voor in die koor sing koop huise op die strand
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
-
toxicsox
- Sr. Member

- Posts: 356
- Joined: Thu May 19, 2016 9:30 am
Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!
Daar is geen beter ding as whisky nie.
-
Andre308
- Hero Member

- Posts: 903
- Joined: Sat Nov 07, 2015 6:54 am
Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!
Hoekom is die skiet industrie so stadig?
Jy soek n kolf, gesels met die ou wat hom gaan maak, betaal jou, diposito en dan wag jy. Ek het al amper 5 maande gewag vir n kolf.
Geweer moet ander loop kry. Kry alles reg, boek jou GS slot, gee alles in en dan wag jy.
Wil n kolf laat modify, geen goed in en dan wag jy.
Ek is ook in die ambag bedryf en weet goed neem tyd, maar net soos wat ek vir my kliente moet sê die dag wat ons begin met jou werk, die verwagte tyds duur ens, dit bestaan nie in die geweer werk industries hier naby my nie.
Jy soek n kolf, gesels met die ou wat hom gaan maak, betaal jou, diposito en dan wag jy. Ek het al amper 5 maande gewag vir n kolf.
Geweer moet ander loop kry. Kry alles reg, boek jou GS slot, gee alles in en dan wag jy.
Wil n kolf laat modify, geen goed in en dan wag jy.
Ek is ook in die ambag bedryf en weet goed neem tyd, maar net soos wat ek vir my kliente moet sê die dag wat ons begin met jou werk, die verwagte tyds duur ens, dit bestaan nie in die geweer werk industries hier naby my nie.
- Fanta300
- Hero Member

- Posts: 3626
- Joined: Wed Jan 23, 2013 9:38 pm
Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!
Andrè, van waar is jy? My geweersmid het nou die dag my 243 gepak en free float binne 3 dae. So skiet hy nou:
En dit met fabrieks ammo. Voor dit was my beste groep so 3”.
Vir meer inligting PM my.

You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Lynx 300WM, Musgrave .308 Plank , BSA .303, Stevens .22, Howa .308, Musgrave .308, S&W.38 Sp, Beretta .22 Pistool, Shadow12Br Semi., BRNO 375 H&H. CZ 75 Compact, BRNO (Mod 2) .22, BRNO ZKK 270Win, CZ 243W.
-
ZKK
- Hero Member

- Posts: 625
- Joined: Mon Aug 20, 2012 5:42 pm
Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!
Goeie middag lede, erens op die forum was iemand wat n JARD sneller wou verkoop. Het iemand dalks die link?
-
ZKK
- Hero Member

- Posts: 625
- Joined: Mon Aug 20, 2012 5:42 pm
Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!
Goeie middag Manne. Kan mens lope op Truvelo se website bestel? Lyk nie of dit werk nie. Het enigiemand n idee wat hulle lope kos?
- Eduard Venter
- Hero Member

- Posts: 1486
- Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm
Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!
Dagsê. Een of ander scammer gebruik my ou Telegram profiel. Die etter praat Afrikaans ook nog. Moet asb nie enige skakels oopmaak of geld betaal vir enige iets nie. Mag daai scammer chroniese balkrampe kry!
Bonus punte as iemand weet hoe om dit uit te sorteer. Daar mag dalk n paar dik geelvet biltonge oor jou pad kom
Groete
Sent from my SM-G780F using Tapatalk
Bonus punte as iemand weet hoe om dit uit te sorteer. Daar mag dalk n paar dik geelvet biltonge oor jou pad kom
Groete
Sent from my SM-G780F using Tapatalk
-
JF123
- Sr. Member

- Posts: 454
- Joined: Fri May 17, 2019 5:52 pm
Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!
As die profiel nog aan jou sel nommer gekoppel is kan jy dit terug vat en die wagwoord verander.
-
toxicsox
- Sr. Member

- Posts: 356
- Joined: Thu May 19, 2016 9:30 am
Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!
Ek het nie vir Marius ge ken nie. Ek wil ook nie op sy post comment of post nie.
Hierdie goed is vir my so ontsettend ontstellend.
Soos ek sê, het ek nooit vir Marius ge ken nie.
Ek het hom ge ken as daai persoon wat ‘n miljoenkeer vir jou iets verduidelik, jou sal help, maak nie saak hoe lank dit vat of hoe laat dit is nie. Hy was altyd bereid om te help.
Ek het daaraan gedink en iets geskryf. Dit bevat kras taal en spelfoute (Luister jy Oom Fantie, Onthou mos ek is ingils) - as kras taal nie jou ding is nie, hou hier op lees en weet maar net ek is bitter jammer oor Marius en wens sy familie en vriende alle simpatie toe.
Wat ek geskryf het het tien teen een êrens ‘n waarheid in ons almal se lewe.
Ons leef asof ons vir ewig tyd het.
Jy het fokkol tyd, en die mense wat nie meer hier is nie, het net ’n bietjie minder gehad.
Ons werk.
Ons hou eindelose meetings om meetings te beplan.
Ons betaal rekeninge. Ons maak planne.
Ons maak geld net om iemand anders te betaal.
En ons sê vir onsself: “Volgende jaar. Volgende keer.”
Volgende jaar vat ek daardie pad.
Volgende jaar gaan jag ek in die Karoo.
Volgende jaar flyfish ek 'n stroompie hoog op in die Drakensberg.
Volgende jaar vat ek daardie vakansie waar daar fokkol mense is.
Volgende jaar begin ek weer leef.
Toe kry iemand ’n hartaanval.
Iemand anders kry ’n beroerte.
Kanker.
Iemand maak dit nooit tot “volgende jaar” nie.
Vir ’n week onthou ons wat saak maak.
Dan gaan ons weer aan soos altyd.
Uninterrupted.
Hou op.
Hou op om jou lewe uit te stel.
Koop die kaartjie.
Bel jou pelle.
Pak die bakkie.
Vat die langpad.
Gaan vang die vis.
Slaap onder die sterre.
Klim die berg.
Lag harder.
Leef harder.
Spyker harder.
Sing.
Jy het nie nóg geld nodig om te begin leef nie.
Jy het nie nóg ’n bevordering of ’n retrenchment nodig nie.
Jy het nie nóg ’n verskoning nodig nie. Of 'n beroerte.
Jy moet net gaan.
Want eendag gaan die lewe jou planne onderbreek.
Maak seker jy onderbreek jou roetine lank voor daardie dag.
Moenie later leef nie.
Leef nou.
Staan op.
en LEEF!

Naand Toxicsox.
Baie waar woorde en jy hoef werklik nie te voel dat ek aanstoot sal neem oor jou taalgebruik nie maar dankie dat jy aan my gedink het.
Ek was by Marius se begrafnis diens gister en baie van die dinge wat jy opnoem het by my opgekom. Die groot onbekende vraag is natuurlik: hoeveel tyd het ek nog?
Ek is in 2004 gediagnoseer met prostaat kanker. Dr het my meegedeel dat volgens statistiek het ek so 7 jaar oor. Die Here steur hom nie aan statistiek nie. Deur sy genade is ek nog hier. In 2008 is ek gediagnoseer met blaas kanker. Enigste opsie was om my blaas te verwyder. Dr het gesê ek het 50-50 kans om die operasie te oorleef.
Deur Sy genade is ek nog steeds hier
Ander mense wat ek ken was minder gelukkig. Vriend van my is nou die dag dood aan hart aanval. Hy was 46jr oud. Ek dink Marius was 4 jaar jonger as ek.
Ek het in 2008 vroëe pensioen gevat en was nog nie vir een oomblik spyt nie. Ek doen dinge wat ek van hou wanneer dit my pas.
So om aan te sluit by Toxicsox:
Maak vir jou ‘n “Bucket List”
Skiet daai ammo wat jy so versamel
Drink daai 20jr oue whiskey wat in jou vertoonkas staan
Brand daai mooi kers wat jy by jou ma geërf het.
Moenie jou siek maak oor dinge waaroor jy geen beheer het nie. Die Here is in beheer, al lyk dit nie altyd so nie.
Dankie Toxicsox. Dalk kan ons nog eendag oor ‘n glasie whiskey gesels oor hoeveel CO2 goed of sleg is vir die natuur.
Baie waar woorde en jy hoef werklik nie te voel dat ek aanstoot sal neem oor jou taalgebruik nie maar dankie dat jy aan my gedink het.
Ek was by Marius se begrafnis diens gister en baie van die dinge wat jy opnoem het by my opgekom. Die groot onbekende vraag is natuurlik: hoeveel tyd het ek nog?
Ek is in 2004 gediagnoseer met prostaat kanker. Dr het my meegedeel dat volgens statistiek het ek so 7 jaar oor. Die Here steur hom nie aan statistiek nie. Deur sy genade is ek nog hier. In 2008 is ek gediagnoseer met blaas kanker. Enigste opsie was om my blaas te verwyder. Dr het gesê ek het 50-50 kans om die operasie te oorleef.
Deur Sy genade is ek nog steeds hier
Ander mense wat ek ken was minder gelukkig. Vriend van my is nou die dag dood aan hart aanval. Hy was 46jr oud. Ek dink Marius was 4 jaar jonger as ek.
Ek het in 2008 vroëe pensioen gevat en was nog nie vir een oomblik spyt nie. Ek doen dinge wat ek van hou wanneer dit my pas.
So om aan te sluit by Toxicsox:
Maak vir jou ‘n “Bucket List”
Skiet daai ammo wat jy so versamel
Drink daai 20jr oue whiskey wat in jou vertoonkas staan
Brand daai mooi kers wat jy by jou ma geërf het.
Moenie jou siek maak oor dinge waaroor jy geen beheer het nie. Die Here is in beheer, al lyk dit nie altyd so nie.
Dankie Toxicsox. Dalk kan ons nog eendag oor ‘n glasie whiskey gesels oor hoeveel CO2 goed of sleg is vir die natuur.
Lynx 300WM, Musgrave .308 Plank , BSA .303, Stevens .22, Howa .308, Musgrave .308, S&W.38 Sp, Beretta .22 Pistool, Shadow12Br Semi., BRNO 375 H&H. CZ 75 Compact, BRNO (Mod 2) .22, BRNO ZKK 270Win, CZ 243W.
-
Toxxyc
- Hero Member

- Posts: 1367
- Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am
Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!
Lees ek laasweek bietjie nuus en sien die manne sê dit was laasweek so koud daar in die Vrystaat, die jakkalse het die skape gevang net vir die wol.