SKIETONGELUK - 1 MEI 2026 VILLIERS
-
Dawie Malan
- Hero Member

- Posts: 843
- Joined: Fri Aug 03, 2012 11:38 am
SKIETONGELUK - 1 MEI 2026 VILLIERS
Waarskuwing! Hierdie is ‘n ontstellende berig. My doel met die plasing is om ander jagters weereens bewus te maak op wapenveiligheid. Verskoon die Engelse terme.
Ek en my seun Henro, wat aan baie van julle bekend is, het Vrydag gery na ons jaarlikse watervoël-jag by Villiers. Die area het baie damme en panne teen die Vaalrivier en dus is ‘n gewilde plek vir skiet van eende en ganse. Ons is altyd maar ‘n klomp ouens en met so skiet word ons om damme geplaas teen laatmiddag as die ganse en eende inkom. Ek en my seun, is op die een dam, naaste aan waar almal se voertuie parkeer is geplaas en het toe gewag vir die voëls. Langs ons was nog twee jagters, Marius en Robbie sowat 80 meter van ons af. Daar het baie watervoels ingekom en alhoewel ‘n klomp kolganse geskiet is aan die oorkant van die dam, was ons duidelik nie in die vlugpad van die voels nie. My seun het een kolgans geskiet en die ouens langs ons ‘n geelbek eend. Teen donker het ek en my seun ons haelpatrone uit die gewere gehaal en met gebreekte gewere na ons voertuig beweeg. Robbie en Marius wat langs ons geskiet het het ook na hulle voertuig beweeg. Hulle elkeen het ‘n jaghond by hulle gehad.
Toe ons by ons voertuig kom, het ons ons eie wapens se snapcaps ingesit en in geweersakke in ons voertuig gebêre. Jakkalsjag speel verseker ‘n rol in ons eie proses van wapenbeveiliging want soos julle weet, is ons jakkalsjagters ekstra versigtig met wapens in die donker. Ek was besig om fotos te neem van my seun se kolgans wat hy geskiet het, toe ‘n geweer in die bakkie langs ons afgaan. Ek het dadelik geweet dit is ‘n accidental discharge. Robbie het by my voete geval, so naby was hy aan my en ook my seun. Ek het eers seker gemaak my seun was veilig, ongeskonde en dat hy uit die skootvlak van die geweer wat geskiet het beweeg. Daarna het ek my toespits op Robbie wat in pyn op die grond lê. Hy het op sy maag gelê en skreeu en ek kon sien sy regterhand was vol bloed. Toe ek hom omdraai het ek gesien die skoot was point blank in sy linkerlies. Daar was baie bloed. Die ou was swaar en groot, en ons het so vinnig as wat ons kan probeer om hom in Marius se voertuig te laai. Omdat hy so vol bloed was het ons gesukkel om vatplek op hom te kry. My seun, wat ‘n sterk rugbyspeler tot onlangs was, het hom toe onder sy arms gevat en in die kar getel. Robbie het twee maal sy bewussyn verloor voor ons hom in die kar gelaai het. Die ou het toe dadelik met hom gery. Hompe gestolde bloed het agter gebly waar hy geval het. Ek het toe die ou wat geskiet is se swaer wat nog by die damme was gebel en gesê hy moet ry. Die aanvanklike idee was dat hulle hom baie vinnig by Villiers se hospitaal moet kry, maar die dokter op Villiers is gebel, wat dit duidelik gemaak het dat hulle nie ‘n wond van geweerskoot kan hanteer en die ouens het toe 180km/h Heidelberg toe gejaag. Ongelukkig het die ou voor Heidelberg aan sy besering beswyk.
Wat ons almal na die tyd kon uitvind was dat hy nie sy patrone uit sy lope gehaal het nie en toe die geweer agter op die bakkie se sitplek gesit het sonder om die geweer te breek. Hy het toe omgeloop na die ander agterdeur van die bakkie, waar die lope na hom gewys het en sy hond ingelaai. Die hond het op die geweer getrap en die rondte afgevuur.
Dit is jammer dat so iets gebeur het en ek hoop die plasing maak almal baie meer bewus van vuurwapen veiligheid. Die oumense het altyd gesê dat die duiwel laai ‘n geweer. Maar dit is eerder die duiwel se agterlosigheid wat ‘n geweer laai, hom rig in die verkeerde rigting en ‘n hond op ‘n slegte plek laat trap. Mag hy rus in vrede. Hy laat ‘n vrou en 3 kinders agter.

Last edited by Dawie Malan on Tue May 05, 2026 9:10 am, edited 1 time in total.
- DWB
- Hero Member

- Posts: 6973
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Re: SKIETONGELUK - 1 MEI 2026 VILLIERS
Sjoe, dis baie rof.
Sterkte aan sy familie, en ook aan julle wat die trauma ervaar het.

Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"

Zuku
- Sr. Member

- Posts: 300
- Joined: Mon May 29, 2017 7:28 pm
Re: SKIETONGELUK - 1 MEI 2026 VILLIERS
Baie slegte nuus.
Medely aan familie en vriende
Medely aan familie en vriende
-
Toxxyc
- Hero Member

- Posts: 1378
- Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am
Re: SKIETONGELUK - 1 MEI 2026 VILLIERS
Sjoe. Dis rof. Ja kyk, ek dink partykeer ons is bietjie eng met ons wapenveiligheid, maar dan hoor mens iets soos hierdie en dan dink jy dit kan selfs nog erger toegepas word.
- Lategan1
- Hero Member

- Posts: 2956
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Re: SKIETONGELUK - 1 MEI 2026 VILLIERS
Sjoe tragies.
Mag hy RIV.
Mag hy RIV.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 
-
BunduRic
- Jr. Member

- Posts: 74
- Joined: Sun Aug 24, 2025 5:19 pm
Re: SKIETONGELUK - 1 MEI 2026 VILLIERS
Baie hartseer, medelye aan sy familie.
- Dehan.Rheeder
- Jr. Member

- Posts: 80
- Joined: Tue May 13, 2025 8:52 am
Re: SKIETONGELUK - 1 MEI 2026 VILLIERS
Aarde, dit is nou 'n tragiese ongeluk
Mag hy RIV en medelye aan vriende en familie
Sent from my SM-A566B using Tapatalk

Tikka T3 Lite 30-06
Canik Mete SF Combat 9mm
Canik Mete SF Combat 9mm
- Geno
- Administrator

- Posts: 13647
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: SKIETONGELUK - 1 MEI 2026 VILLIERS
Dis 'n nagmerrie! Niemand verdien dit nie! Dawie, pas jouself en vir Henro op en gaan asb vir berading.
Sterkte aan almal betrokke.
Sterkte aan almal betrokke.
Goed, beter, 6millimeter!
- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5023
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: SKIETONGELUK - 1 MEI 2026 VILLIERS
Baie rof sterkte met die familie RIP
- win270
- Hero Member

- Posts: 2104
- Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Re: SKIETONGELUK - 1 MEI 2026 VILLIERS
Baie jammer om hiervan te verneem. Simpatie met die bedroefde familie en vriende in hierdie moeilike tyd.
Dankie vir die deel hiervan en bewustheid van wapenveiligheid weereens te verskerp.

pietskiet
- Full Member

- Posts: 143
- Joined: Fri Jun 26, 2009 10:28 am
Re: SKIETONGELUK - 1 MEI 2026 VILLIERS
Ek het van hierdie storie verneem oor die naweek... hoe ongelooflik tragies en hartseer.
Stem saam met Toxxyc, mens kan seker nie te streng wees oor wapenveiligheid nie. Wees eerder maar die irriterende ou wat heeltyd met almal check of oor hulle wapen veilig is, as die arme ou wat n vrou moet bel en se haar man is per ongeluk dood geskiet.
Ek dink aan sy familie en julle wat deur hierdie trauma is, baie sterkte!

- tau
- Hero Member

- Posts: 3961
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Re: SKIETONGELUK - 1 MEI 2026 VILLIERS
Sterkte aan julle Dawie!!!!
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
The Tool from Toolbag.
-
partner
- Hero Member

- Posts: 989
- Joined: Sun Jun 19, 2011 8:24 pm
Re: SKIETONGELUK - 1 MEI 2026 VILLIERS
Ai. Dit is Sleg. Bitter Jammer om te Hoor.
- Vlakvark Soldaat
- Hero Member

- Posts: 1702
- Joined: Thu Jun 13, 2013 7:04 am
Re: SKIETONGELUK - 1 MEI 2026 VILLIERS
Baie hartseer. Mens moet maar altyd versigtig wees.
Louis
2x BRNO Mod2 .22
BSA .303
Steyr Mannlicher .308
Beretta 9mm
CZ 100 9mm
Lanber 12ga
Ruger M77 .243
Ruger M77 VT 6.5 CM
Ruger M77 7mm-08
Ruger M77 .30-Suk6
Ruger No.1 .375 H&H
Ruger .44 Mag Red Hawk
2x BRNO Mod2 .22
BSA .303
Steyr Mannlicher .308
Beretta 9mm
CZ 100 9mm
Lanber 12ga
Ruger M77 .243
Ruger M77 VT 6.5 CM
Ruger M77 7mm-08
Ruger M77 .30-Suk6
Ruger No.1 .375 H&H
Ruger .44 Mag Red Hawk
-
Leon Crous
- Sr. Member

- Posts: 429
- Joined: Wed Jun 18, 2014 12:08 am
Re: SKIETONGELUK - 1 MEI 2026 VILLIERS
Ai dis hartseer!
-
Cbird
- Full Member

- Posts: 227
- Joined: Mon Mar 12, 2018 8:58 pm
Re: SKIETONGELUK - 1 MEI 2026 VILLIERS
Baie jammer om te hoor. Dit het met ń oom wat ek baie goed geken het ook jare terug gebeur toe hy deur ń draad klim.
Daar was gesê daai tyd die enigste kans wat jy het om iemand se lewe te red as die slagaar in die been oop is is om of jou vinger in die aar in te druk of die aar af te bind. Ek weet nie of dit waar of nie is nie en hoe moontlik dit is nie maar dalk die moeitewerd om te onthou. Ek bid dat ek nooit in so ń situasie myself sal bevind nie.