2026 Beer seisoen.
-
BenJacobs
- Hero Member

- Posts: 880
- Joined: Thu Aug 24, 2017 3:00 pm
2026 Beer seisoen.
Ek geniet dit altyd om bietjie buitelandse jag stories te sien, so ek deel my storie ook hier wat die wat dit sal geniet.
Hier by ons in saskatchewan, het ons 2 beer seisoene n jaar, een in die lente (15 Apr tot 30 Jun) en dan weer in die herfs, nie seker presies oor die datum nie, maar dit loop oor Oktober.
Dit was laasjaar in die Oktober seisoen op 'n reën dag in oestyd, wat ek my eerste ontmoeting met n groot swart beer mannetjie gehad het. Een van my kolegas het oor die 2 rigting gesê daars n mooi groot beer in die veld. Ons het nie te lank daarna gestop vir die reën en al die masjiene werf toe geskyf. In die verby gaan kon ek 'n foto op my foon neem. Eks daarna gou kooperasie toe om 'n "tag" te koop (n tag kos $30) en toe veld toe waar ek hom gesien het. Na so uur en half besluit ek hy is weg en gaan huis toe stort en trek droog aan. 30min se TV kyk het my oortuig ek kan my tyd beter benut en ek is weer uit. Weer so 2ure gesoek en besluit toe om terug bakkie toe te stap. 50m voor my bakkie waar ek gesit het n ruk terug stap ek in hom vas. Nie meer as 2m voor my nie. Gelukkig het hy besluit om anderpad te hardloop, dit het my genoeg kans gegee om oor my klein hartaanval te kom. So spook die beer ding by my van laasjaar af. Ek besluit toe om hierdie jaar bietjie voorbereiding te doen en en 'n voerplek te maak. Ek het bietjie rond gevra gelees en uitgevind dat beaver baie goeie aas maak, popcorn en enige soet of vetterige goed. Ek het begin voerplek maak laas Sondag en my kameras opgesit. Dinsdag oggend het ek die eerste beer op kamera. Alhoewel dit nog steeds n swart beer is, is die een "cinnamon". Die kleur is nogal uniek vir swart beere. Ek besluit toe as ek hom kry sal ek tevrede wees om hom te skiet. Woensdag oggend is hy weer terug en bly 3 ure daar. Ek kry toe nog voer in die drom Woensdag aand en besluit om vroeg vanoggend te gaan sit. Ek was net na 4:30 vanoggend daar en het net net so bietjie lomerig geraak. Ek sien of hoor niks. Ek besluit toe om na my kamera se toepassing te kyk en sien toe dat hy al tenminste 30min vreet. Ek stap toe stadig in daai rigting. Ek sien hom toe op so 60m agter ligte bossies deur. Ek het die 140g ronde net agter sy blad gesit. Met die skoot spring hy met 'n slag voorentoe en hardlopp reg op my af. Daar was 'n bossie tussen ons. Ek kon nog 'n skoot afkry soos hy oor die bos spring. Skoot was reg van voor in die bors en het sy hand briek darem getrek. Hy het geval en voorentoe gerol en nog paar skoppe gegee. Toevalig het my kamera die skoot op video gekry.
Dit is nie die grootste beer nie, maar ek is baie tevrede vir my eerste een.
Ek heg paar foto's aan van voerplek en beer.
Groete Ben

You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
-
BenJacobs
- Hero Member

- Posts: 880
- Joined: Thu Aug 24, 2017 3:00 pm
Re: 2026 Beer seisoen.
Taamlike kloue.

Laastes, hier is drie voerplek en van die eerste foto's
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: 2026 Beer seisoen.
Baie geluk. Mooi velkleur. Gaan jy die vel laat brei?
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
Toxxyc
- Hero Member

- Posts: 1343
- Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am
Re: 2026 Beer seisoen.
Dis nogals iets wat ek graag sal wil jag, veral omdat ek die vleis wil probeer. Ek weet hy moet goed gaargemaak word, maar blykbaar is hy nogals smaaklik. Die vet weet ek is ook baie gesog.
Geluk!
Geluk!
-
BenJacobs
- Hero Member

- Posts: 880
- Joined: Thu Aug 24, 2017 3:00 pm
Re: 2026 Beer seisoen.
Dankie baie!
Ek sal n herfs beer se vleis probeer, want hulle eet dan baie bessies en plant materiaal, maar nou in die lente vreet hulle vrot vleis om hulle metabolisme weer te begin, so ek sal hom skip, hulle het ook geen vet nou aan nie.

- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13509
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: 2026 Beer seisoen.
Lekker Ben, n groot beer is self iets wat ek graag sal wil jag eendag
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- Louisdewet
- Full Member

- Posts: 180
- Joined: Wed Apr 29, 2020 7:19 pm
Re: 2026 Beer seisoen.
Dis bedonnerd! Maak 'n hoodie van daai vel!
- Flip Nel
- Hero Member

- Posts: 2485
- Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm
Re: 2026 Beer seisoen.
Nice, baie geluk
- Methos
- Hero Member

- Posts: 580
- Joined: Tue Dec 12, 2017 4:12 pm
Re: 2026 Beer seisoen.
Baie geluk Ben dis awesome!
-
Krobb
- Full Member

- Posts: 177
- Joined: Sat Mar 01, 2014 4:57 pm
Re: 2026 Beer seisoen.
Baie geluk Ben!
Hier op die forum sal jy van nou af as Ben Beer bekend staan!

- Lategan1
- Hero Member

- Posts: 2940
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
- Eduard Venter
- Hero Member

- Posts: 1483
- Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm
Re: 2026 Beer seisoen.
Netjies maat. Eerste keer dat ek daai kleur sien, baie interessant!
Sent from my SM-G780F using Tapatalk
Sent from my SM-G780F using Tapatalk
-
BenJacobs
- Hero Member

- Posts: 880
- Joined: Thu Aug 24, 2017 3:00 pm
Re: 2026 Beer seisoen.
Dankie almal.
Dit was definitief n bucket list jag gewees. Bly ek kon dit laat realiseer! Dit was n bietjie van n benoude oomblik toe hy storm, maar was ook lekker.
Ek wou graag hom laat opstop, hulle praat van n half Mount, dan is dit net van agter voor bene. Ek het paar plekke gekontak en die pryse begin by 2000 dollar. Dalk doen ek net 'n skedel. Pappabeer het n baie mooi "how to" eendag gepost wat ek sal gebruik. RIV
Groete Ben
Dit was definitief n bucket list jag gewees. Bly ek kon dit laat realiseer! Dit was n bietjie van n benoude oomblik toe hy storm, maar was ook lekker.
Ek wou graag hom laat opstop, hulle praat van n half Mount, dan is dit net van agter voor bene. Ek het paar plekke gekontak en die pryse begin by 2000 dollar. Dalk doen ek net 'n skedel. Pappabeer het n baie mooi "how to" eendag gepost wat ek sal gebruik. RIV
Groete Ben
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13509
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: 2026 Beer seisoen.
Kook hom so dag met 2 dishwasher tablets dan spuit jy hom met n power washer skoon. Werk lekker vinnig
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
-
Glocked
- Sr. Member

- Posts: 384
- Joined: Wed May 16, 2018 4:51 pm
Re: 2026 Beer seisoen.
Wel gedaan Ben Beer ! Dis verseker 'n bucket list tick daai. Dankie vir die deel !
Howa 6.5PRC
Schultz & Larsen .30-06 Sprg
Winchester Mod 70 375H&H
Maverick 12G Pomp
Glock 17
Glock 19
Schultz & Larsen .30-06 Sprg
Winchester Mod 70 375H&H
Maverick 12G Pomp
Glock 17
Glock 19
-
Glocked
- Sr. Member

- Posts: 384
- Joined: Wed May 16, 2018 4:51 pm
Re: 2026 Beer seisoen.
Gaan dit volgende keer probeer, klink baie beter as Big Buck wat al R1000 vra om 'n bobbejaan skedel skoon te maak en te bleach !Capt. Yoda wrote: Sat May 16, 2026 8:30 am Kook hom so dag met 2 dishwasher tablets dan spuit jy hom met n power washer skoon. Werk lekker vinnig
Howa 6.5PRC
Schultz & Larsen .30-06 Sprg
Winchester Mod 70 375H&H
Maverick 12G Pomp
Glock 17
Glock 19
Schultz & Larsen .30-06 Sprg
Winchester Mod 70 375H&H
Maverick 12G Pomp
Glock 17
Glock 19
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13509
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: 2026 Beer seisoen.
Die power washer was n game changer toe ek dit gedoen het. Kyk ma net laat hy nie die tande uit blaas nie en jou honde geniet daai stukkies vleis wat so vlieg baie. As jy wil kan jy hom dan wit wit maak met peroxide maar ek los hom somer net so
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
-
BenJacobs
- Hero Member

- Posts: 880
- Joined: Thu Aug 24, 2017 3:00 pm
Re: 2026 Beer seisoen.
Ek doen ook die power washer trick. Ek het so paar skedels al gedoen. Ek kook hulle stadig spuit hulle dan af en kook dan weer n ruk in perokside en skottelgoed seep.
Hier is n foto van laasjaar se whittail wat ek so gedoen het