Eerste renoster gekoop!
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7559
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Eerste renoster gekoop!
Hallo Almal
Ek en my broer het laas Vrydag die groot stap geneem en ons eerste wit renoster aangeskaf! Ek het gister die hele dag in Vryburg deurgebring om al die permitte uit te sort en hopelik word hy afgelaai voor die maand verby is. Ek is so opgewonde soos n st7 seun voor sy date met n matriek meisie met n slegte reputasie!
Hier wag n klomp nuwe uitdagings maar ons is reg daarvoor. Die plan is om die bul voor die einde van die jaar te laat jag waar ek ook dan betrokke sal wees. Dit sal my eerste renosterjag wees en ek kan nie wag nie. Dit gaan maar n moeilike jag wees in die sandveld in Desember maar hoe harder die omstandighede hoe groter die beloning!
Groetnis
Wouter

RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
- pietjacobs
- Hero Member

- Posts: 522
- Joined: Mon Sep 27, 2010 1:23 pm
Re: Eerste renoster gekoop!
Geluk Wouter en sterkte met daai jag. Eendag as ek groot is sal ek ook so iets aanpak 
.22, 223Rem, .270Win, 9mm Short
- Nuweseun
- Sr. Member

- Posts: 334
- Joined: Mon Sep 12, 2011 1:07 pm
Re: Eerste renoster gekoop!
Sjoe!! Baie baie geluk!
Dis voorwaar 'n groot stap, maar ek is seker julle sal 'n sukses daarvan maak!!
Baie sterkte!

Lood in die lug, sit vleis op die tafel.
- WillemS
- Sr. Member

- Posts: 385
- Joined: Wed Sep 15, 2010 4:30 pm
Re: Eerste renoster gekoop!
BAIE GELUK!!
Geniet die ervaring en hou ons op hoogte!!
Goed gaan.
Willem

300Winmag
Re: Eerste renoster gekoop!
Baie geluk man - met die jag is jy op jou eie
Daai meneer is GROOOT!!
- Gerhard
- Hero Member

- Posts: 7128
- Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm
Re: Eerste renoster gekoop!
Het so 5 gejag met kliente in 2007
[img width=560 height=420]http://i3.photobucket.com/albums/y62/Ja ... 000329.jpg[/img]
[img width=560 height=420]http://i3.photobucket.com/albums/y62/Ja ... 000332.jpg[/img]
Nou as hy om is begin die groot werk...
[img width=560 height=420]http://i3.photobucket.com/albums/y62/Ja ... 000342.jpg[/img]
[img width=560 height=420]http://i3.photobucket.com/albums/y62/Ja ... 000344.jpg[/img]
[img width=560 height=420]http://i3.photobucket.com/albums/y62/Ja ... 000349.jpg[/img]
Om julle idee te gee hoe die vel op die blad lyk
[img width=560 height=420]http://i3.photobucket.com/albums/y62/Ja ... 000352.jpg[/img]
Persoonlik sal ek nie weer renoster jag of daarmee te doen he nie...
Maar as jy gaan jag moet jou toerusting die vermoe he om die tank op 4 bene te kan op die grond sit en dan te verwerk.
Renoster vleis is nogal lekke so op die oop vuurtjie...

FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Battlefields of the Escarpment
-
.::Alwyn-U::.
- Hero Member

- Posts: 947
- Joined: Sun Apr 17, 2011 1:43 pm
Re: Eerste renoster gekoop!
Gerhard
Ek was net al eenkeer by met so jag. Ek het nie geback-up nie, was maar net daar op die plaas en het help laai met die trekker ens.. My oom het daai tyd saam gejag. Dit bly maar 'n doelwit vir my om groot 5 nog te doen met kli?nte.
Wat ek eintlik wil vra is, met watse roer het jy geback-up? en het jy hom nog? (net vir interesantheid)
Geluk Wouter met die bul! probeer asb 'n foto kry as hulle die meneer aflaai!
Groete
Alwyn
Ek was net al eenkeer by met so jag. Ek het nie geback-up nie, was maar net daar op die plaas en het help laai met die trekker ens.. My oom het daai tyd saam gejag. Dit bly maar 'n doelwit vir my om groot 5 nog te doen met kli?nte.
Wat ek eintlik wil vra is, met watse roer het jy geback-up? en het jy hom nog? (net vir interesantheid)
Geluk Wouter met die bul! probeer asb 'n foto kry as hulle die meneer aflaai!
Groete
Alwyn
- Gerhard
- Hero Member

- Posts: 7128
- Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm
Re: Eerste renoster gekoop!
Die renosters is gejag met n 375 H&H....::Alwyn-U::. wrote: Gerhard
Ek was net al eenkeer by met so jag. Ek het nie geback-up nie, was maar net daar op die plaas en het help laai met die trekker ens.. My oom het daai tyd saam gejag. Dit bly maar 'n doelwit vir my om groot 5 nog te doen met kli?nte.
Wat ek eintlik wil vra is, met watse roer het jy geback-up? en het jy hom nog? (net vir interesantheid)
Geluk Wouter met die bul! probeer asb 'n foto kry as hulle die meneer aflaai!
Groete
Alwyn
Ek het n 500 Jeff gehaad en hom verkoop.
Ek wag vir die SAPS om my lisensie goed te keer vir n 375H&H
Wouter gaan die jag erg baie geniet.
Daarvan is ek dood seker
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Battlefields of the Escarpment
-
Beretta
- Hero Member

- Posts: 2954
- Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm
Re: Eerste renoster gekoop!
Manne
Hierdie is my persoonlike mening sekere dinge moet sin maak in die lewe maar om n Renoster te skiet ek twyfel sterk.Net my mening
Beretta
Hierdie is my persoonlike mening sekere dinge moet sin maak in die lewe maar om n Renoster te skiet ek twyfel sterk.Net my mening
Beretta
-
.::Alwyn-U::.
- Hero Member

- Posts: 947
- Joined: Sun Apr 17, 2011 1:43 pm
Re: Eerste renoster gekoop!
Beretta
Baie mense voel maar so oor sekere wild maar ek dink altyd so daaran, iemand moet die getalle in toom hou.
Groete
Baie mense voel maar so oor sekere wild maar ek dink altyd so daaran, iemand moet die getalle in toom hou.
Groete
- Gerhard
- Hero Member

- Posts: 7128
- Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm
Re: Eerste renoster gekoop!
Ja jong,.::Alwyn-U::. wrote: Beretta
Baie mense voel maar so oor sekere wild maar ek dink altyd so daaran, iemand moet die getalle in toom hou.
Groete
Die poachers doen a bleddy goeie werk op die oomblik...
Renoster n dag vir die jaar so ver
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Battlefields of the Escarpment
- Monrique (SJ)
- Hero Member

- Posts: 2296
- Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am
Re: Eerste renoster gekoop!
Wouter
As ek mag vra, hoekom gaan/wil julle die Renoster jag? Wat is die doel van die koop?
Groetnis
As ek mag vra, hoekom gaan/wil julle die Renoster jag? Wat is die doel van die koop?
Groetnis
-
.::Alwyn-U::.
- Hero Member

- Posts: 947
- Joined: Sun Apr 17, 2011 1:43 pm
Re: Eerste renoster gekoop!
Hierdie jaar is die poachers belaglik bedrywig!
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7559
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Eerste renoster gekoop!
SJ/Manne
Daar is nogal n redelike wanindruk wat heers oor die wit renoster situasie in Suid Afrika. Hier is die beperkte feite. Die populasie staan op so 8000 diere huidig in SA. Hierdie getal dupliseer homself rofweg elke 3 jaar so mens sit met 2000 diere aanwas elke jaar. Hierdie diere om of gehervestig word op nuwe grond of gejag word. Soos dit nou staan word 365 diere afgestaan aan die onwettige stropers maar dit los nog ongeveer 1400 diere oor nadat natuurlik oorsake hulle gedeelte ook geneem het. Die Departement van Natuurbewaring staan nie die hoefeelheid jagpermitte toe nie so dit maak die hele vraag en aanbod kwessie nog moeiliker.
Ons plan is om die winste wat ons beoog om te genereer uit die jag van hierdie oorskot diere terug te ploeg in teelgroepe. Die aanvanklike som is om na elke vyfde dier wat gejag word n vroulike dier aan te koop. Dit is n langtermyn projek. Die spesie sal soos al die ander spesies op ons plaas vir homself moet betaal, maar ons is wel bereid om al die drame en uitdagings te aanvaar wat daarmee gepaard gaan om te verseker dat ons nageslagte ook eendag die voorreg sal he om een in lewendige lywe te sien. Die voortdurende proses van jag van die spesie is in my opinie die enigste manier om dit te verseker. Ons poog om dieselfde projek aan te pak met buffels, swartwitpense en bastergemsbokke.
Om oor die jag self te praat stem ek dat n renoster op n oop plaas wat geskiet word my nie veel aan staan nie maar op n plaas soos ons s'n met sy ruie bos dit n perd van n ander kleur gaan wees! Uiterse vernuf en geduldigheid gaan aan die orde van die dag wees. n Skoot langer as 40m gaan n rariteit wees en soos ons almal weet dit is daarna wat die groot uitdaging kom! Daar gaan ek betrokke wees en dit sien ek baie na uit. Ek was al in n paar sulke situasies en daar is niks wat dit kan beskryf nie! Jy leer meer oor jouself in daai sekondes as die res van jou lewe in totaal!
Groetnis
Wout
Daar is nogal n redelike wanindruk wat heers oor die wit renoster situasie in Suid Afrika. Hier is die beperkte feite. Die populasie staan op so 8000 diere huidig in SA. Hierdie getal dupliseer homself rofweg elke 3 jaar so mens sit met 2000 diere aanwas elke jaar. Hierdie diere om of gehervestig word op nuwe grond of gejag word. Soos dit nou staan word 365 diere afgestaan aan die onwettige stropers maar dit los nog ongeveer 1400 diere oor nadat natuurlik oorsake hulle gedeelte ook geneem het. Die Departement van Natuurbewaring staan nie die hoefeelheid jagpermitte toe nie so dit maak die hele vraag en aanbod kwessie nog moeiliker.
Ons plan is om die winste wat ons beoog om te genereer uit die jag van hierdie oorskot diere terug te ploeg in teelgroepe. Die aanvanklike som is om na elke vyfde dier wat gejag word n vroulike dier aan te koop. Dit is n langtermyn projek. Die spesie sal soos al die ander spesies op ons plaas vir homself moet betaal, maar ons is wel bereid om al die drame en uitdagings te aanvaar wat daarmee gepaard gaan om te verseker dat ons nageslagte ook eendag die voorreg sal he om een in lewendige lywe te sien. Die voortdurende proses van jag van die spesie is in my opinie die enigste manier om dit te verseker. Ons poog om dieselfde projek aan te pak met buffels, swartwitpense en bastergemsbokke.
Om oor die jag self te praat stem ek dat n renoster op n oop plaas wat geskiet word my nie veel aan staan nie maar op n plaas soos ons s'n met sy ruie bos dit n perd van n ander kleur gaan wees! Uiterse vernuf en geduldigheid gaan aan die orde van die dag wees. n Skoot langer as 40m gaan n rariteit wees en soos ons almal weet dit is daarna wat die groot uitdaging kom! Daar gaan ek betrokke wees en dit sien ek baie na uit. Ek was al in n paar sulke situasies en daar is niks wat dit kan beskryf nie! Jy leer meer oor jouself in daai sekondes as die res van jou lewe in totaal!
Groetnis
Wout
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
- Gerhard
- Hero Member

- Posts: 7128
- Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm
Re: Eerste renoster gekoop!
Wouter,
Nee ek stem saam met jou dat die spesie se voort bestaan gekoppel word aan die monitere waarde van die dier.
Ek dink julle het regte manier van dinge doen.
Ek sou bitter graag weer penetrasie toetse op n renoster karkas wil doen met van dag se boog uitrusting om te vergelyk met 2007 se penetrasie toetse wat ek gedoen het.
Nee ek stem saam met jou dat die spesie se voort bestaan gekoppel word aan die monitere waarde van die dier.
Ek dink julle het regte manier van dinge doen.
Ek sou bitter graag weer penetrasie toetse op n renoster karkas wil doen met van dag se boog uitrusting om te vergelyk met 2007 se penetrasie toetse wat ek gedoen het.
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Battlefields of the Escarpment
- henried
- Hero Member

- Posts: 2347
- Joined: Mon Jul 18, 2011 8:33 pm
Re: Eerste renoster gekoop!
My laaste jag was daar in Zeerust, en ek het met die eienaar gesit en gesels na hulle by die wildveiling op Warmbad was.
Die pryse van Buffels, Swartwitpense was baie erg, maar die Renoster pryse weer laag. Ek kon nie glo wat die ROI is op 'n Swartwitpense is nie...
...maar ek het ook op my rug geval toe ek hoor wat die versekering op sy stoet buffelbul is...
Sterkte met die teel en die jag.

Henrie Degenaar
Life Christian Adventure http://www.lifeca.org
Train to hunt South Africa
"Deo Valente "
Life Christian Adventure http://www.lifeca.org
Train to hunt South Africa
"Deo Valente "
-
300Winmag
Re: Eerste renoster gekoop!
Ek en die moeilike bul het mekaar by Rugania raak geloop - jammer oor die foto maar hy wou nie stil
staan nie (en ek ook nie ;D). Die plaas bestuurder se toe ja hy het hom vroeer ook in die pad gekry waar
hy sommer moeilik met Cruiser wou raak. Hy s? hy dink hy het met een van die ander
bulle baklei - kyk sy 2de horing se basis is stukkend.
So daar het ek die heilige respek vir hulle in my in geskrik - soos Wouter se mens leer baie van jou self - hie hie
ek is vinniger as wat ek gedink het!
[img width=560 height=419]http://i357.photobucket.com/albums/oo17 ... gania1.jpg[/img]

- Geno
- Administrator

- Posts: 13645
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Eerste renoster gekoop!
Baas Wout,
Geluk met daai kopie! Dit gaan beslis 'n hengse lekker jag in daardie ruigtes op Geelhout wees!
Groete,
Eugene

Goed, beter, 6millimeter!
-
FE
- Hero Member

- Posts: 566
- Joined: Sat Jul 02, 2011 10:21 pm
Re: Eerste renoster gekoop!
Gerhard,
Ek hoop jy het seep gekook van al daardie vet

Born to hunt, but forced to work!
- DawieKotze
- Hero Member

- Posts: 2075
- Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm
Re: Eerste renoster gekoop!
Baie voorspoed met die begin van julle teelprogram Wouter!!
En dankie dat daar boere soos julle is wat die bewarings werk doen. Natuurlik gaan dit ook oor die wins wat gegenereer kan word, maar soos jy s?, is dit juis die rede hoekom ons nageslagte ook die voorreg gaan h? om die eksotiese spesies te sien!!
Groete en onthou om fotos te plaas. Ons hou graag die spasie dop.

Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7559
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Eerste renoster gekoop!
Hallo Manne
Eerstens dankie met almal se gelukwensing. Wel die ou grote is toe Maandagmore afgelaai op die plaas na al die papierwertjies eers afgehandel is! Hy het bitter mooi uitgeklim uit sy hok en na n paar voetstampe en mik-mik na die trok is hy toe fort in die bosse in net om soos n naald in n hooimiet te verdwyn!
Die manne op die plaas se hulle kry hom pal teen die wildsheining die afgelope twee dae. Ek gaan maar more lusern deurvat en dit by die water los met die hope dat hy soontoe kom want al wat hy in die boma gekry het was lusern.
Sy horing is toe 24duim en wat hom besonders maak is dat sy agterste horing se omtrek groter as die voorste een is. Blykbaar baie seldsaam dat dit gebeur. Ek sukkel verskriklik met photobucket so sal maar my vrou vra om te help met die plaas van n paar foto's.
Groetnis
Wouter
Eerstens dankie met almal se gelukwensing. Wel die ou grote is toe Maandagmore afgelaai op die plaas na al die papierwertjies eers afgehandel is! Hy het bitter mooi uitgeklim uit sy hok en na n paar voetstampe en mik-mik na die trok is hy toe fort in die bosse in net om soos n naald in n hooimiet te verdwyn!
Die manne op die plaas se hulle kry hom pal teen die wildsheining die afgelope twee dae. Ek gaan maar more lusern deurvat en dit by die water los met die hope dat hy soontoe kom want al wat hy in die boma gekry het was lusern.
Sy horing is toe 24duim en wat hom besonders maak is dat sy agterste horing se omtrek groter as die voorste een is. Blykbaar baie seldsaam dat dit gebeur. Ek sukkel verskriklik met photobucket so sal maar my vrou vra om te help met die plaas van n paar foto's.
Groetnis
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
- SV MAD (Henk)
- Hero Member

- Posts: 1653
- Joined: Thu Aug 11, 2011 12:26 pm
Re: Eerste renoster gekoop!
Ek sal nie omgee om saam met Gerhard my boog se penetrasie op 'n renosterkarkas te toets nie

ek soek nog wapens...
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7559
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Eerste renoster gekoop!
SV/Gerhard
Bring maar julle speelgoed want die renoster het gister sy gevrek!
Om alles nog erger te maak het Rigby(kameelperdbul) wat nou die 4 November die hoof jagdier van n groep Amerikaners uitegmaak het ook gister sy gat gesien! Hulle sou heelwat ander diere ook jag so dit is seker ook nou iets van die velede.
Groetnis
Wouter
Bring maar julle speelgoed want die renoster het gister sy gevrek!
Groetnis
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
- Nuweseun
- Sr. Member

- Posts: 334
- Joined: Mon Sep 12, 2011 1:07 pm
Re: Eerste renoster gekoop!
Aai Wouter, baie jammer om te hoor!
Sterkte vir julle daar.
Groete
Sterkte vir julle daar.
Groete
Lood in die lug, sit vleis op die tafel.
- axe942
- Full Member

- Posts: 152
- Joined: Mon Sep 12, 2011 6:11 pm
Re: Eerste renoster gekoop!
Regtig ?? Jammer oor die nuuskierigheid Wouter, maar hoe so ?
Sterkte daar.
Hannes
9mm Vektor SP1, 12Br Beretta A300, .22 Anschutz, .243 Tikka, .308 Israeli Mauser, 8x57 Mauser