Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Ek het n 308 aan geskaf en sal self laai vir die kaliber.
Dit is n Howa.
Die manne wat weet help asb met koeel keuse.
Geweer sal gebruik word op wild groote van springbok to Kudu.
Maksimum afstand so 300 meter.
Ek verkies maar die ligter koeels teen vinnig spoed vir effe platter trajek.(ek sukkel met afstand skat )
Raad op koeel keuse, ladings ens sal baie waardeer word.
Goeie dag
Ek het nog maar relatief min suksesvol gelaai vir my .308's om mee te jag ( ek het 3) aangesien ek altyd opeindig met 'n half voltooide projek.
Ek het laasjaar baie kruit en koeëls gemors op 'n projek om onder andere 125gr Accubond te laai vir my dogter. Dit was pynlik en onsuksesvol.
So my voorstel is om daai ekstreme klas van koeëls te vermy.
As jy wil 150gr skiet is hier beter mense om jou te help.
Persoonlik dink ek 165gr klas werk die beste maar weereens - ek het nie die kaliber uitgesorteer behalwe vir papier skiet nie. Hier het Lapua Scenar uitstekend gewerk in 155gr.
Vat dit maar van wie dit kom.
Cobus
Ek het n 308 aan geskaf en sal self laai vir die kaliber.
Dit is n Howa.
Die manne wat weet help asb met koeel keuse.
Geweer sal gebruik word op wild groote van springbok to Kudu.
Maksimum afstand so 300 meter.
Ek verkies maar die ligter koeels teen vinnig spoed vir effe platter trajek.(ek sukkel met afstand skat )
Raad op koeel keuse, ladings ens sal baie waardeer word.
Groete
KK
Ek sou bly by n 165gr veral omdat jy kudu wil insluit.
Teen 2650 fps skiet dit plat genoeg dat jy nie te veel hoef te worry oor dial nie.
Ek het oor die laaste paar jaar lekker gespeel met my 308.
Die is alles uit 'n standaard CZ 308 24" loop. 1:12 draai. Ek jag hoofsaaklik bosveld.
Het begin met Hornady 150gr Interlock @ 2750fps. Was net bietjie sag vir die bosveld jag.
Toe 'n ruk met die Balistix 155gr monos @ 2700fps. Goeie prestasie, maar vermy kop skote.
Toe settle ek op Rudi se spoor 165gr @2670fps. Werk uitstekend in die bos.
Ek het toe die geleentheid gekry vir springbok jag in die Vrystaat.
Laai toe Hornady 125gr SST @ 2880fps. Perfek gewerk en dis nou my ongedierte skiet op die plaas (Ape en Jakkalse).
So uit al die ondervinding ( ek is ook maar nog nuut in die herlaai) sou ek die 150gr SST aanbeveel. Redelik bekostigbaar en voldoende prestasie.
Die ligter punte kry mens nou lekker spoed maar mens boet op BC en hulle val maar ook lekker verby 200m.
Ek jag met 150gr mono koeëls in beide my 7x64 en 30-06. Eland en wildebees het sonder probleme geval weens voldoende penetrasie. Loer na die ballistiese tabelle oor afstande tot 500m en besluit dan tussen 150 en 165gr.
Rudi se koele het al bewys dat dit akkuraat is en ook vinnige dood veroorsaak.
Geen mono konstruksie koeël is baie effektief op kopskote nie. Die brein moet getref word omdat daar nie stukke is wat sekondêre skade aanrig nie. Skote van voor en agter net onder die kop breek die nekwerwels en is die veiliger skoot.
Koop Rudi se punt, laai jou roer op sy aanbeveling. Dan, vind vir jouself jou maximum point blank range en speling wat jy soek bv 3 duim, en skiet jou geweer daarvoor in. Maw, bv jy wil nooit meer as 3 duim (wat okal jy kies) hoog of laag en dan vind jy dalk geweer zero op 220m vir dit. Op 100m is jy dan bv 3 duim hoog en op 300m 3 duim laag. Easy niks om oor te bekommer nie
Last edited by saswart on Mon Jan 19, 2026 1:25 pm, edited 1 time in total.
Ek skiet 150 gr Sierra prohunters in my 308 dik loop met 1 in 10 groefdraai. Werk baie mooi selfs op BWB. Om een of ander rede loop die Sierras in my roer soos kettie en klip. Ek karring nie aan wat werk nie en hou maar daarby. Skoot plasing is vir my belangriker.
Die Sierra Gamkings 150gn met S335 werk baie mooi uit my Howa, suksesvol met dit gejag die laatste 10 jaar van Springbok tot Koedoe, maar by gese vir Koedoe jag het ek nou oorgeslaan na my 300WM met n 180gn Viper plains game supreme, nog nie getoets t nie.
Bo word daar melding gemaak van Hornady SST's, die 165gn het baie goed vertoon op papier en lading ontwikkeling maar die vleis skade was onaanvaardbaar vir my, het daarna oorgeslaan na die Gamekings en nog nie terug gekyk nie, bygese dit was bladskote.
Het ook nou gekyk na Viper 150gn, na eerste rondte lading toetse wys dit mooi potentiaal maar kan nog nie volwaardige terugvoering verskaf nie.
Bogenoemde. Skrywes van Cappie,Tripod en Saswart. Ek stem 100% saam met Hulle ivm. Rudi se Spoor Koeel Punte. Ek het vir my 375 H+H 250 Grein Punte Bestel. 1. Goeie en vinnige Diens. 2. Maklik om te laai. 3. Bonded Core. 4. Mushroom Pragtig. 5. Gewig Retensie bitter goed. 6. Word in SA Gemaak. 7. In My Beskeie Mening. N bitter goeie Koeel Punt. Jy kan maar koop. Jy sal nie Teleurgesteld wees nie.
Ek skiet self 'n Howa 308 dikloop met 1:10 twist. Skiet Hornady 155gr ELD-M @ 2760fps met S335. Ek skiet helfte van die jaar koedoes met die geweer en die 155gr ELD-M het nog altyd die bok laat bakkie ry. Neem net kennis dat die ELD-M kan vleis skade veroorsaak, maar as jy hom tussen die oë kan skiet dan is die gala aan.
Groete
Glock 19 Gen 3
Howa 308
Howa 6mm Creedmoor
Voere 22LR
Baikal 12GA SS
Lee Enfield 303
Rossi .38 SPL
Wow, baie dankie vir almal se raad. Ek was so wyle van die lug af en wat n lekker verrassing om so baie raad te kry.
Lyk vir my maar redelik gelyk tussen die 150, 155 en 165s. Ek gaan bietjie tabelle kyk soos oom Marius aanbeveel het.
Baie dankie vir die saam gesels.
Capt. Yoda wrote: Mon Jan 19, 2026 8:13 am
165gr Rudi se SBC en N540, as dit nie skiet nie is daar iets met die geweer fout
Stem 110% saam Kaptein! Spoor Bullets doen goeie werk! En die eienaar, vervaardiger, verpakker, verkoopsman, lover en fighter is een en dieselfde persoon met wie jy lokaal deel! Geen bekommernis oor voorraad van ingevoerde koele nie...