Rondloperhonde.... wat sê die wet?
- Nico de Jager
- Hero Member

- Posts: 671
- Joined: Fri Mar 26, 2010 6:12 pm
Rondloperhonde.... wat sê die wet?
Naand manne, miskien het julle die storie in Rapport gesien.
n Man van Riversdal het n kleinhoewe langs die dorp. Tuindienste in die dorp los n hekkie oop en drie pitbulls glip uit.
Hy kry drie pitbulls op sy grond naby sy skape. Nog niks gebyt of gevang nie. Hy skiet al drie.
Die polisie het summier sy vuurwapens gaan haal! Die man en sy gesin word omtrent "abuse".
Wat sê die wet mbt rondloperhonde op jou grond.
Mooi aand.

- snakker
- Hero Member

- Posts: 1396
- Joined: Sun Jul 12, 2015 7:28 am
Re: Rondloperhonde.... wat sê die wet?
https://firearmsguardian.co.za/wp-conte ... pinion.pdf
As ek die storie so lees was die skiet van die honde geregverdig, aangesien hy hulle by die skape gekry het en die bedreiging van skade teenoor eiendom (vee) "immediate / imminent" was
As ek die storie so lees was die skiet van die honde geregverdig, aangesien hy hulle by die skape gekry het en die bedreiging van skade teenoor eiendom (vee) "immediate / imminent" was
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2157
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: Rondloperhonde.... wat sê die wet?
NNNB: in sake soos hierdie moet n mens baie versigtig te werk gaan want ons weet basies niks - aan ons kant is dus slegs spekulasie.
--------------------------
Hier in ons wereld word n hond deeglik vasgemaak, veral as hy in/naby die veld met n kudde is. As die eienaar nie naby is nie is die kanse goed dat dit n dooie hoond gaan wees. Die rede daarvoor is dat mense met honde jag en voor die voet enige wild doodmaak en eet.
n Rondloperhond mag - na ons volksmond - geskiet word wanneer hy los loop op n ander man se grond.
Soms maak honde-eienaars probleme omdat hulle die skut aankla van poging tot moord, maar dan moet die honde-eienaar verduidelik waarom hy sonder toestemming en sonder n halsband in n vreemde stuk veld was. Die plaaseienaar kan nie altyd alles sien nie, en dus is n rondloperhond gewoonlik n redelike dooie hond.
As daardie skut se kant skoon is, kan hy n deeglike saak teen die SAP maak vir onregverdige behandeling. As hy die betrokke offissier en bevelvoerder persoonlik kan aankla kan dit soveel verder effek dra omdat dit dan duidelik is dat die SAP personeel aanspreeklik sou wees vir onbedagte of moedswillige optrede.
Daar is egter ook n ander kant aan die saak: die meeste pitbull-eienaars waarmee ek in kontak kom is erg oor hulle diere, en die diere word goed versorg. Die honde se eienaar kan dalk met reg voel dat sy diere dalk oortree het, maar dat die skut se optrede oordadig was. En dan kom die emosionele saak ook nog ter sprake van n wrede jagter en geweereienaar wat bloeddorstig drie dierbare, onskuldige honde onnodig doodgeskiet het.
Ons weet ook nie of die skut en die eienaar al vantevore stry gekry het nie - dit kan alles n baie groot invloed he.

Toxxyc
- Hero Member

- Posts: 1378
- Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am
Re: Rondloperhonde.... wat sê die wet?
Ons het 'n man in the omgewing wat sukkel met honde op sy grond. Hy teel met duur wild (swartwitpense ensomeer) en hy kla gereeld (so elke 4~6 weke) dat "die honde" al weer hier is. Voorheen het hulle al van sy swart rooibokke gevang en gebyt. Anderdag het die honde ('n groot boerboel en 3 klein jack russels) sy honde beetgekry en dit was 'n bloedbad.
Hy skiet nie die honde nie, uit vrees vir die gereg. Hy weet nie wie se honde dit is nie, maar plaas dit gereeld op die groep. Ek gaan die skrywe vir hom aanstuur.
Hy skiet nie die honde nie, uit vrees vir die gereg. Hy weet nie wie se honde dit is nie, maar plaas dit gereeld op die groep. Ek gaan die skrywe vir hom aanstuur.
- snakker
- Hero Member

- Posts: 1396
- Joined: Sun Jul 12, 2015 7:28 am
Re: Rondloperhonde.... wat sê die wet?
Ek sou sê neem foto's en/of video van die honde naby die vee/wild voor die skote klap, met 'n getuie by, indien moontlik/beskikbaarsnakker wrote:https://firearmsguardian.co.za/wp-conte ... pinion.pdf
As ek die storie so lees was die skiet van die honde geregverdig, aangesien hy hulle by die skape gekry het en die bedreiging van skade teenoor eiendom (vee) "immediate / imminent" was
Sent from my 23090RA98G using Tapatalk
-
Desperatezulu
- Full Member

- Posts: 187
- Joined: Fri Oct 03, 2014 3:21 pm
Re: Rondloperhonde.... wat sê die wet?
Ou boereraad: Triple S.... shoot, shovel, shut up (including forum threads)
-
blaser
- Hero Member

- Posts: 1609
- Joined: Mon Nov 08, 2010 1:42 pm
Re: Rondloperhonde.... wat sê die wet?
dis goet dat hulle sy gewere gevat het
hy kon n plan maak om die honde terug te kry by hulle baas
nie die hond se skuld nie
hy kon n plan maak om die honde terug te kry by hulle baas
nie die hond se skuld nie
- snakker
- Hero Member

- Posts: 1396
- Joined: Sun Jul 12, 2015 7:28 am
Re: Rondloperhonde.... wat sê die wet?
Wag, ek kry net gou die popcornblaser wrote:dis goet dat hulle sy gewere gevat het
hy kon n plan maak om die honde terug te kry by hulle baas
nie die hond se skuld nie

Sent from my 23090RA98G using Tapatalk
- Ratel
- Hero Member

- Posts: 1879
- Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm
Re: Rondloperhonde.... wat sê die wet?
Ek dink hy het oor reageer deur summier die honde te skiet. Sekerlik kon hy hulle verwilder het deur 'n skoot of twee in die grond te skiet. Dis nie asof die eienaar nalatig was of eens geweet het sy honde het uitgekom nie. Ek glo jy gaan in enige dorp in die warm water wees by die polisie as jy dit doen. Dis 'n ander saak natuurlik as hulle sy skape gejaag het en wou vang of mense en kinders bedreig het.
Dink net watter chaos daar sal wees as mense in die dorpe honde summier moet skiet wat op hulle gras perke rondloop wat nie omhein is nie.
Dink net watter chaos daar sal wees as mense in die dorpe honde summier moet skiet wat op hulle gras perke rondloop wat nie omhein is nie.
Maak 'n verskil
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13583
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Rondloperhonde.... wat sê die wet?
Ek sal self nie dik van die lag wees as iemand my honde skiet as hul die eerste keer uit gekom het omdat die tuindienste die hek oop gelos het nie. As hulle gereelde skaap jagters is is dit n heel ander saak
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
-
Zuku
- Sr. Member

- Posts: 300
- Joined: Mon May 29, 2017 7:28 pm
Re: Rondloperhonde.... wat sê die wet?
My Pa was hooftronk bewaarder in die 60's in n klein dorpie. Een van sy dagtake was om een keer per maand saam met die SAP stasie bevelvoerder deur die dorp en lokasie ry en rondloperhonde te skiet of sodra daar klagtes was.
-
Krobb
- Full Member

- Posts: 179
- Joined: Sat Mar 01, 2014 4:57 pm
Re: Rondloperhonde.... wat sê die wet?
Dit is elke 28 dae volmaan, hulle jag dan graag so 3 dae voor tot en met 3 dae na volmaan. Dan kan hulle sien in die maanlig.Toxxyc wrote: Wed Dec 10, 2025 7:35 am Ons het 'n man in the omgewing wat sukkel met honde op sy grond. Hy teel met duur wild (swartwitpense ensomeer) en hy kla gereeld (so elke 4~6 weke) dat "die honde" al weer hier is. Voorheen het hulle al van sy swart rooibokke gevang en gebyt. Anderdag het die honde ('n groot boerboel en 3 klein jack russels) sy honde beetgekry en dit was 'n bloedbad.
Hy skiet nie die honde nie, uit vrees vir die gereg. Hy weet nie wie se honde dit is nie, maar plaas dit gereeld op die groep. Ek gaan die skrywe vir hom aanstuur.
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13583
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Rondloperhonde.... wat sê die wet?
As n hond geleer jag het is daar net een antwoord, einde van die maand as almal dorp toe is en dan soos Desperatezulul se. Vra bq die manne wat in Natal boer soos Nico en Beesbreet en self Doc Beer wat hulle van honde dink
Ek en n ander forum lid het so een sondag n rustige draai in hul wildakamp gery en volgende oomblik staan da 2 honde langs die draat, stop die cruiser en woeps spring hulle terug deur die draat buurman toe. Volgende oomblik staan Karools op da agter n boom en stap saam die honde oor die rand, hulle het seker ook ma net bq rond gestap, jou probleem daar as jy nou n vmax vuur gegee het is die man se jyt mos op hom gemik en dan is dit nou n lekker storie.
Ek en n ander forum lid het so een sondag n rustige draai in hul wildakamp gery en volgende oomblik staan da 2 honde langs die draat, stop die cruiser en woeps spring hulle terug deur die draat buurman toe. Volgende oomblik staan Karools op da agter n boom en stap saam die honde oor die rand, hulle het seker ook ma net bq rond gestap, jou probleem daar as jy nou n vmax vuur gegee het is die man se jyt mos op hom gemik en dan is dit nou n lekker storie.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- Pappabeer
- Hero Member

- Posts: 3176
- Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am
Re: Rondloperhonde.... wat sê die wet?
Volgens die natuurbewarings ordinansie 15 van 1974, punt 43, mag enige hond wat nie onder die direkte beheer van sy eienaar is nie vernietig word.
‘n .22 subsunic in die pens of n bekende persoon op die forum se gif laat egter die hond 2 dae later by sy huis vrek sonder om terug te wys na jou.
‘n .22 subsunic in die pens of n bekende persoon op die forum se gif laat egter die hond 2 dae later by sy huis vrek sonder om terug te wys na jou.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
- finch
- Sr. Member

- Posts: 461
- Joined: Thu Jul 14, 2016 2:44 pm
Re: Rondloperhonde.... wat sê die wet?
Ek het n storie gehoor van n boer wat gesê het die lokasie brak het sy waatlemoene bedreig...
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13583
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Rondloperhonde.... wat sê die wet?
In die NW sukkel hulle nou erg met Hondsdolheid, ek praat gister met n ou wat tussen Potch en Parys boer, hy se enige hond of kat wat nie aan n halsband is nie 11.1.11 nou as hul hom sien
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- RUPERT
- Hero Member

- Posts: 1192
- Joined: Thu Jun 28, 2012 1:47 pm
Re: Rondloperhonde.... wat sê die wet?
Op n jag trip so ruk terug was dit op die pryslys gesit dat as ons n hond gewaar in die veld dat ons dit asb moet skiet.
Dit was onder ons groep bespreuk maar ons het besluit om dit eerder vir die PH sal los om te doen.
Ek stem saam met almal dat so n hond nie daar moet wees nie en verwder moet wort. Die probleem ruk hand uit en kos die
boere baie skade. Ek ongelukkig is nie lus en te banggat vir die gereg en gepaardgaande bullshit om te kan bewys dat ek net onder die reg en wette op getree het.
groete

- win270
- Hero Member

- Posts: 2104
- Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Re: Rondloperhonde.... wat sê die wet?
Ietwat van die punt af, maar tog relevant tot die onderwerp . . . rondloper KATTE (en selfs honde) binne-in 'n kompleks in die stad het die afgelope twee jaar of so 'n reuse debat veroorsaak. KATTE se skades in tuine waar mense graag 'n ordentlike bedding of twee wil versorg, het my al aan goeie boereplanne laat begin werk.
Ek sê altyd . . . dis nie 'n diere-probleem nie, dis 'n diere-eienaar se gedrag en houding probleem waarmee mens sukkel.
Ek sê altyd . . . dis nie 'n diere-probleem nie, dis 'n diere-eienaar se gedrag en houding probleem waarmee mens sukkel.
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13583
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Rondloperhonde.... wat sê die wet?
win270 wrote: Thu Dec 11, 2025 9:48 am Ietwat van die punt af, maar tog relevant tot die onderwerp . . . rondloper KATTE (en selfs honde) binne-in 'n kompleks in die stad het die afgelope twee jaar of so 'n reuse debat veroorsaak. KATTE se skades in tuine waar mense graag 'n ordentlike bedding of twee wil versorg, het my al aan goeie boereplanne laat begin werk.
Ek sê altyd . . . dis nie 'n diere-probleem nie, dis 'n diere-eienaar se gedrag en houding probleem waarmee mens sukkel.
Paracetamol doen wonders vir n kopseer met katte
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- Nico de Jager
- Hero Member

- Posts: 671
- Joined: Fri Mar 26, 2010 6:12 pm
Re: Rondloperhonde.... wat sê die wet?
Dewald, ek het dit ook so gehad. Blykbaar het daai wet in 2000 verander.
Sonder om sarkasties te wees, weet die lede hoe lyk n skaap wat deur n hond verskeur is? En dis bitter min dat jy die hond in die daad betrap, vannag verskeur hy jou skape, moreoggend lê hy met n pienk strikkie in sy hare tussen sy mies se voete.
As jy iemand se hond skiet, kan jy maar weet hulle gaan kwaad wees, maar ek sal darem baie bontstaan as Saps my gewere kom haal.
Sonder om sarkasties te wees, weet die lede hoe lyk n skaap wat deur n hond verskeur is? En dis bitter min dat jy die hond in die daad betrap, vannag verskeur hy jou skape, moreoggend lê hy met n pienk strikkie in sy hare tussen sy mies se voete.
As jy iemand se hond skiet, kan jy maar weet hulle gaan kwaad wees, maar ek sal darem baie bontstaan as Saps my gewere kom haal.
- Pappabeer
- Hero Member

- Posts: 3176
- Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am
Re: Rondloperhonde.... wat sê die wet?
Nico dis heel moontlik met die enorme politieke invloed in honde jag dat dit verander het. Ek sal self wil opdateer en weet. Dit kon ook van provinsie tot provinsie verander het.
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
-
Kalaharihunter
- Full Member

- Posts: 183
- Joined: Tue Dec 31, 2013 1:36 pm
Re: Rondloperhonde.... wat sê die wet?
1. Rou lewer met n klein bietjie ii step werk wonderlik
2. Rou lewer voor n jakkels kanon werk ook goed.
2. Rou lewer voor n jakkels kanon werk ook goed.
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13583
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Rondloperhonde.... wat sê die wet?
Ek en my buurman het die laaste 2 weke ook bq hier oor gesels siende laat sy pitbull en so werfetter hond heeltyd buite in die straat rond hol en vir almal blaf. Gelukkig net voor ons mekaar bitter goed leer ken het het die pitbul iemand se bediende wat met hul baba gestap het hier voor my hek vas gedruk en die tanie lekker klomp fotos van die storie op die kokpleks se WA groep gesit.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2157
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: Rondloperhonde.... wat sê die wet?
Goeie raad met katte: vang hom en smeer hom deeglik vol sonneblomolie. Die kat moet sigself dan gaan skoonlek en loop dan elders rond. Nie dodelik nie, en hoogs effektief.
- Ratel
- Hero Member

- Posts: 1879
- Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm
Re: Rondloperhonde.... wat sê die wet?
Ek dink nog steeds die omstandighede moet in ag geneem word. As n hond per ongeluk uitkom en nie skade maak nie sou ek maar eers vir buurman bel. Maar indien dit onbekende rondloper honde is wie skape op die plaas jaag is dit n ander storie. Dan werk n Vmax mooi. Lank en kort is as jy honde wil aanhou, of enige dier, sorg vir hulle.
Maak 'n verskil