Ek het n Webley & Scott 912K O/U wat se sneller skielik net begin vas haak asof hy op "safe" is. As jy hom so een of 2 keer oop en toe maak skiet hy weer n skoot of twee dan maak hy maar weer dieselfde. Daar is niks wat snaaks voel of los is nie, safety en loop switch over werk en voel ook 100% reg.
Het iemand al n soortgelyke probleem ondervind, of weet julle dalk van n goeie GS wat sal kan hep met dit.
Ek weet nie enige GS werk op haelgewere nie.
Raad Met Haelgeweer
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2156
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: Raad Met Haelgeweer
Probeer Gunworx in Krugersdorp, hulle doen baie werk vir ons area.
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Raad Met Haelgeweer
As ons weet waar jy bly is dit gewoonlik makliker om raad te gee. Verander jou profiel en sit 'n dorp by.
Het jy dalk smering probeer? 'n Skoot spookpiepie mag dalk help (Q20 ens)
Het jy dalk smering probeer? 'n Skoot spookpiepie mag dalk help (Q20 ens)
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Hano243
- Sr. Member

- Posts: 292
- Joined: Wed Jan 21, 2015 3:56 pm
-
Dawie Malan
- Hero Member

- Posts: 843
- Joined: Fri Aug 03, 2012 11:38 am
Re: Raad Met Haelgeweer
Die spesialis op daai haelgewere sit in die Wildmans Silver Lakes. Ek het 'n slagpen probleem met presies dieselfde model opgetel en die geweersmid daar het dit vir my teen 'n baie billike koste herstel so maand gelede.
- Hano243
- Sr. Member

- Posts: 292
- Joined: Wed Jan 21, 2015 3:56 pm
Re: Raad Met Haelgeweer
Baie dankie Dawie, ek gaan juis more daai rigting. Sal daar stop.Dawie Malan wrote: Mon Oct 27, 2025 9:06 am Die spesialis op daai haelgewere sit in die Wildmans Silver Lakes. Ek het 'n slagpen probleem met presies dieselfde model opgetel en die geweersmid daar het dit vir my teen 'n baie billike koste herstel so maand gelede.
Hano
